9.3x62 Revolusie

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2456
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Location: Otavi, Namibia

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Flip Nel »

Smitstertjies wrote: Tue Mar 31, 2020 3:56 pm Middag manne. Ek moet n 9.3 aan die skiet kry en die 2 poeiers tot my beskikking is S365 of N540. Dit is vir n 286gr Swift Aframe. Nou QL wys belowende resultate vir S365 asook N540 (ek sit die screenshots van QL by). My bekommernis is dat die enkele data op die draad wat ek raakloop oor S365 heeltemal verskil met QL se voorspellings. Ek dink spesifiek aan Nico Harris se lading baie vroeer in die draad. Ek weet die manne gebruik graag S355, maar om eerlik te wees gee S365 beter dopvulling teen nogsteeds matige druk en goeie spoed volgens QL.

Kyk ek iets mis?
Ek het 365 in 3 verskillende 9.3x62 gewere getry, beste spoed wat ek kon kry is 2300 fps, dis met die dop voller as vol, meestal draai dit so by 2250 fps.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2438
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Apie »

Ek dink die N540 gaan beter werk as die 365(ek dink nie jy gaan die spoed met 365 kry wat QL voorspel nie maar baie minder)


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1939
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Location: Bronkhorstspruit

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Smitstertjies »

Dankie almal. Ek gaan met die N540 gaan. 50gr as min lading en 55 as maks. Sodra ek by 2350 fps kom sal ek briek aandraai. 24 duim loop
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2438
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Apie »

Smitstertjies wrote:Dankie almal. Ek gaan met die N540 gaan. 50gr as min lading en 55 as maks. Sodra ek by 2350 fps kom sal ek briek aanslaan. 24 duim loop
Laat weet hoe gaan dit!


Sent from my iPhone using Tapatalk
RugerBoy
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Tue Nov 11, 2014 5:09 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by RugerBoy »

Middag Manne

Wonder sommer wie het al Sako se 286g Hammerheads gebruik en wat is julle terugvoer.

Ek gebruik hulle die laaste paar jaar en nog sover baie gelukig. Al n hele klompie goed met hulle gejag en kon nog net die punte uit n buffel koei herwin. Al n paar rooiboke, klomp varke, BWB, Nayla bul en Waterbok bul met hulle gejag.

Groete,
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2456
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Location: Otavi, Namibia

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Flip Nel »

RugerBoy wrote: Mon Apr 06, 2020 12:38 pm Middag Manne

Wonder sommer wie het al Sako se 286g Hammerheads gebruik en wat is julle terugvoer.

Ek gebruik hulle die laaste paar jaar en nog sover baie gelukig. Al n hele klompie goed met hulle gejag en kon nog net die punte uit n buffel koei herwin. Al n paar rooiboke, klomp varke, BWB, Nayla bul en Waterbok bul met hulle gejag.

Groete,
Middag, ek het op so 2 pakke uitgeskiet toe my herlaai stel nog in Suid - Afrika was, was baie happy met hulle, koeels het bymekaargehou en hulle was akkuraat in my geweer, as ek nie herlaai het nie sou ek heel gelukkig met hulle gejag het of selfs gebruik het om mee te herlaai. Ek het 'n klomp Proams lank terug goedkoop gekry en gebruik hulle vir herlaai, is happy met hulle maar dink die hammerheads is so 'n kort kop beter.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6942
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Wouter Roets »

Rugerbooi

My broer het lank met ProAmms gejag met uitstekende resutate. Ek wat glad nie n PMP fan is nie en nog minder een wat hou van konvensionele koeels moes prys gee dat sy resutate werklik uitstekend was met die koeels. Die lae spoed(2200ft/sek) uit sy 20 duim fullstock CZ is verseker die rede hiervoor. So 3-4 jaar terug kry hy n klomp Sako Hammerheads te koop. Hy koop n pak en toets hulle vir akkuraadheid en toe hy sien dit groepeer goed toe koop hy die lot op my aanbeveling, want dit is mos n oordentlike koeel. Hy sit toe met seker 30 pakke wat hom n hele ruk sal hou.

Wel die eerste blouwilde bees wat hy met hulle skiet gaan gemaklik 150m na n perfekte hartskoot. Hierdie is vir hom iets nuuts aangesien stompie werklik bekend geraak het vir n roer wat willebeeste veral werklik nie ver laat vorder na n skoot nie. Wel op daai trip het n rooibok hom ook laat sweet en nog n blouwillebees met beide goeie skote. Hy het nog n trip of twee met hulle geskiet toe hy die Hammerheads verkoop het aan n ou wat hy nie baie van hou nie en ten duurste weer ProAmm aangeskaf het.

Nou ek se nie die Hammerheads is swak nie, maar ek dink spesifiek in sy kortloop geweer is hy beter af met konvensionele koeels as premuim koeels. Laasgenoemde het dalk heel moontlik n probleem om genoegsaam te omplooi teen sy lae snelheid. Nou glo my hierdie pyn my om dit te se maar hy is verseker beter af met die ProAmm's.

Groetnis
Wouter
Desperatezulu
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Fri Oct 03, 2014 3:21 pm
Location: Bryanston, Jhb

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Desperatezulu »

Presies dieselfde ervaring met ProAmms - akkuraat en doeltreffend in die 9.3! Ek het baie Norma Oryx gekoop maar ek sien geen voordeel op normale PG nie. My 2c
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4913
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by ruaanb »

Die probleem is S365 brand nie soos wat QL voorspel nie. Jy sal nie weet voor jy nie 'n ;ading of twee geskiet het nie.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4769
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Carl »

Ek het ook so kort lopie...............9.3 :angel: . Aangesien ek nog goed kan bekruip is die skote gewoonlik kort afstand. Dit is lekker om so teen 2200vps te skiet en die Pro-Amms doen alles wat nodig is. Ek is bly ek het nie daai tyd my geld op GSC HV gemors nie of selfs Barnes.

Ek is so lus om daai geweer op te tel en te gaan stap!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 557
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Location: Pretoria

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Johan van Wyk »

Ek het onlangs Norma 203-B probeer in my 9,3. Dit werk, in een word, uitstekend. Ek het geen probleem gehad om 2 360 vps te kry met `n 286gr Woodleigh of PPU koeel uit `n Norma dop met CCI-200's nie. Ek het ook `n Norma fabriekslading uitmekaargemaak en die die dryfmiddel daarin het vir my dieselfde gelyk, so ek sal nie verbaas wees as Norma self 203-B gebruik in die fabriek nie.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4296
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Frederik »

Johan, sonder om die post the hijack maar ek het uitstekende resultate gekry vir vriend se 375 H&H met Norma 203B dink hy werk soos wat S355 moet wees en dalk rapsie vinniger.
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 557
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Location: Pretoria

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Johan van Wyk »

Frederik wrote: Tue Apr 07, 2020 12:49 pm Johan, sonder om die post the hijack maar ek het uitstekende resultate gekry vir vriend se 375 H&H met Norma 203B dink hy werk soos wat S355 moet wees en dalk rapsie vinniger.
S335 is veronderstel om dieselfde ding te wees as 203-B maar ek kry die indruk dat 335 so raps vinniger brand. 203-B werk ook uitstekend in ou grootkaliber dubbels omdat die dryfmiddel se brandtempo feitlik identies aan die van kordiet is. Met S335 is enigiets egter moontlik as gevolg van die verskillende lotte. Terloops, 203-B is presies dieselfde ding as Alliant Reloder-15. Dis bloot Bofors-vervaardigde 203-B wat herverpak en in die VSA verkoop word.
Skier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Apr 15, 2011 11:02 am

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Skier »

S335 = +- N201
S355 = +- N203B

S335 is beduidend vinniger as Norma 203b
S355 = +- Norma 203b
S355 was die optimale keuse vir veral 286gr en swaarder koeëls in my
9.3x62’s. N203b is uitstekend vir die kaliber en dieselde resultate en beter word daarmee behaal.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2177
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Location: Melmoth

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Nico Harris »

Gaan haar die jaar bietjie oop visier jag.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Howa mini action
6mm Dasher , Howa varmint ss
30-06, Sauer mod 90
300wsm, Tikka T3 super varmint
9.3x62, Mauser Obendorf A tipe
12ga, Mossberg boltaction
9mm, PO7 Duty
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1274
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Lategan1 »

Pragtig!

Laat hy val.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Dale SH
Hero Member
Hero Member
Posts: 1503
Joined: Mon Dec 02, 2013 9:02 pm
Location: Johannesburg

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Dale SH »

Beautiful rifle.
C775 Pre B
Brno No 2 .22LR
Tikka LSA55 .243 Win
Voere 6.5x55
Brno ZKK600 Deluxe 7x57
Ruger 77MK2 30-06
Rossler Titan(6) 8X57JS
Ruger Hawkeye African 9.3x62
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6942
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Wouter Roets »

Nico pratige geweer!
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2177
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Location: Melmoth

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Nico Harris »

Dankie julle.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Howa mini action
6mm Dasher , Howa varmint ss
30-06, Sauer mod 90
300wsm, Tikka T3 super varmint
9.3x62, Mauser Obendorf A tipe
12ga, Mossberg boltaction
9mm, PO7 Duty
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6481
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by DWB »

Damn sexy!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4769
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Carl »

Baie mooi geweer Nico. Dit is darem 'n lekker gevoel om 'n geweer so sonder ekstra hakplekke bos toe te vat.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4296
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Frederik »

Nico jy gaan lekker jag!
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 391
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Hennie Oelofse »

Ek het n vraag vir die slim 9.3 manne wat dalk kan help met n quickload sommetjie of twee:

Ek gaan baie mootlik later hierdie jaar n geleendheid kry om n buffel bul te gaan jag in Namibië as gevolg van die Covid19 pandemie wat veroorsaak dat sommige van die janks nou kanselleer.

Ek sou bitter graag wou gebruik gemaak het van my 9.3x62 maar Namibië se wet rondom gevaarlike wild stippileer dat die Joules energie van die kaliber ten minste 5400 moet wees. Ek het nou al so bietjie rond gespeel maar lyk nie vir my dit is mootlik nie.

Ek het n 24 duim CZ 550.

Miskien is daar n paar manne war kan raad gee?

Groete,

Hennie Oelofse
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
Boomstomp
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Wed Jun 04, 2014 3:40 pm
Location: Eikestad

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Boomstomp »

Hennie Oelofse wrote: Wed Apr 15, 2020 8:51 am Ek het n vraag vir die slim 9.3 manne wat dalk kan help met n quickload sommetjie of twee:

Ek gaan baie mootlik later hierdie jaar n geleendheid kry om n buffel bul te gaan jag in Namibië as gevolg van die Covid19 pandemie wat veroorsaak dat sommige van die janks nou kanselleer.

Ek sou bitter graag wou gebruik gemaak het van my 9.3x62 maar Namibië se wet rondom gevaarlike wild stippileer dat die Joules energie van die kaliber ten minste 5400 moet wees. Ek het nou al so bietjie rond gespeel maar lyk nie vir my dit is mootlik nie.

Ek het n 24 duim CZ 550.

Miskien is daar n paar manne war kan raad gee?

Groete,

Hennie Oelofse
Ek dink nie jy gaan sommer by 5400 Joules kan uitkom met 'n 24" loop nie.

Hiers 'n goeie website as jy wil rondspeel:
http://www.shooterscalculator.com/bulle ... energy.php
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 557
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Location: Pretoria

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Johan van Wyk »

Hennie Oelofse wrote: Wed Apr 15, 2020 8:51 am Ek het n vraag vir die slim 9.3 manne wat dalk kan help met n quickload sommetjie of twee:

Ek gaan baie mootlik later hierdie jaar n geleendheid kry om n buffel bul te gaan jag in Namibië as gevolg van die Covid19 pandemie wat veroorsaak dat sommige van die janks nou kanselleer.

Ek sou bitter graag wou gebruik gemaak het van my 9.3x62 maar Namibië se wet rondom gevaarlike wild stippileer dat die Joules energie van die kaliber ten minste 5400 moet wees. Ek het nou al so bietjie rond gespeel maar lyk nie vir my dit is mootlik nie.

Ek het n 24 duim CZ 550.

Miskien is daar n paar manne war kan raad gee?

Groete,

Hennie Oelofse
Laai goeie koele soos Woodleigh Protected Point, Swift of wat ookal jou motor laat hardloop, saam met `n paar goeie solids vir back-up, en gaan skiet die buffel. Derduisende buffels is al oor die jare met 9,3's geskiet. Maak seker jou eerste skoot is op die regte plek, en jy is huistoe.
Post Reply

Return to “Grootwild Kalibers/Dangerous Game Calibres”