.416Ruger ideale koeelgewig

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger

Moderator: Global Moderator

User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 502
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Location: Virginia

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Aceofspades »

Hugov wrote:Nee feite PB, Ek is tans aan die warm kant en hoes om 2350fps met n 400gr te kry met die alaskan.
Hugo, onthou net dis 380gr ook. Soos ek geloer het op QL kan hy nog so paar voete by sit, maar ek dink 2400fps is pikant.

Maar natuurlik met CFE223 gaan hy oop loop.

Kriek
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4296
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Frederik »

Mooi roer Geno en lekker koeel spoed kombinasie maar my ore skree al klaar as hulle daardie muzzlebrake sien. Ons RO's by BASA kan bevestig ons haat die goed op die baan.

Maar vir jag gaan hy mooi loop.
User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12690
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Geno »

Ek kan ongelukkig nie sonder die brake skiet nie. Die kolf gaan moontlik weer kraak...
Dra maar oormowwe...
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4296
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Frederik »

Geno, ek sal net seker maak ek staan direk agter jou as jy kom skiet dit is maar die beste wat ons kan doen oormowwe en al. Dit is meer die muzzle blast as jy langs die skut staan wat pla as die klank. Hoop die kolf hou want dit is 'n netjiese kolf.
User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12690
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Geno »

Ek het darm eergister die .416 bloedgesmeer so 15km buite Bloemfontein.
So raps oor 100m uit die vuis uit, in die hardloop.
Die skoot is skuins van agter in en uit op die oorkantste blad.
380gr Kriek soft met n beginlading (75gr S355 @2150fps)

Die vark het 54.3kg uitgeslag en 95kg lewende gewig geweeg.

https://i.imgur.com/BYACNiK.jpg

https://i.imgur.com/TAhq4AN.jpg

https://i.imgur.com/QMZOw36.jpg

https://i.imgur.com/A29S6n8.jpg

https://i.imgur.com/2NUK3Ah.jpg
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6481
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by DWB »

GOEIE OT!!!!!!!!!!!!!!

Geluk ou maat! Bly maar lekker om die otte met groot klippe te gooi!

Monster vark!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6942
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Wouter Roets »

Lekker Geno! Bitter mooi ot waarmee jy die 416 ingelyf het.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4296
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Frederik »

Mooi ot geluk.
Thunderhead
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 378
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Location: Louis Trichardt Limpopo

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Thunderhead »

Baie mooi vark. Ek het nie gedink hulle raak so swaar daar nie.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10379
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Capt. Oblivious »

Baie netjies Geno
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4913
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by ruaanb »

Netjies man, hoe lyk die vleis rondom die uitgangswond? Ek is net nuuskierig.
User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12690
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Geno »

Baie min skade en heel aanvaarbaar.
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!
User avatar
Doomslayer
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Doomslayer »

Waar is die liefde vir die Swift Aframes?

Ek skiet 400gr uit my .416 Rem. Baie min vleisskade en die bokke is nie lus vir verder hardloop nie...

Spoed so 2250fps.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190616/51892f047b77211417ff5dc6dd0a8271.jpg
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 2838
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Pappabeer »

Doomslayer wrote:Waar is die liefde vir die Swift Aframes?

Ek skiet 400gr uit my .416 Rem. Baie min vleisskade en die bokke is nie lus vir verder hardloop nie...

Spoed so 2250fps.

[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201906 ... 0a8271.jpg[/IMG]
A-frames werk goed. Ek skiet 350gr teen 2400fps uit my .416 Ruger. Ek kon nog nie een herwin nie. Die 350&400gr se krimpgroef sit op dieselfde plek van voor af, wat te veel skag in die dop los met die 400gr (maw erge kompressie van dryfmiddel)




Sent from my iPhone using Tapatalk
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x3) 9mm(x2) .44
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3489
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Location: Grunau, Namibië

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by tau »

Geno wrote:Ek het darm eergister die .416 bloedgesmeer so 15km buite Bloemfontein.
So raps oor 100m uit die vuis uit, in die hardloop.
Die skoot is skuins van agter in en uit op die oorkantste blad.
380gr Kriek soft met n beginlading (75gr S355 @2150fps)

Die vark het 54.3kg uitgeslag en 95kg lewende gewig geweeg.

https://i.imgur.com/BYACNiK.jpg

https://i.imgur.com/TAhq4AN.jpg

https://i.imgur.com/QMZOw36.jpg

https://i.imgur.com/A29S6n8.jpg

https://i.imgur.com/2NUK3Ah.jpg
Dammmmmmit well done.

Het jy nog standaard sights op? Want dan is 100m skoot groot.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12690
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Geno »

Ja mater. Standaard visiere.

Sent from my SM-G975F using Tapatalk
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4296
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Frederik »

Ek het self 'n dik vark geskiet die naweek was nou met my 375. In die gras en bosse dog ek dit was 'n beer toe loop sy in my 300gr koeel vas op 30 meter.
Lyk of die diere mooi dik is na die jare se droogte en beter reen die jaar. Sy het 36kg uitgeslag vir 'n sog.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply

Return to “Grootwild Kalibers/Dangerous Game Calibres”