Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger

Moderator: Global Moderator

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6481
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by DWB »

Oom Jan,

Hoe maak daai 255gr Sakos?

Ek het seker amper 400 van hulle wat ek nog wil begin toets, maar geen idee hoe hulle presteer op wild nie?
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 696
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Location: Pretoria

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by knipmes »

More
Ek het net wild tot op koedoe grootte (net 1 Koedoe koei) geskiet Heelwat springbokke en blesbokke 120 tot 180 m Vleisskade was aanvaarbaar Ek sal moet naslaan wat die ladings vir die 255 gr Sakos was. Sommer terloops, Ek het ook van die 293 gr RWS TUG koeels gebruik. Hulle het ook akkuraat uit my geweer geskiet. Hoofsaaklik vir koedoes en blou /w/ beeste gebruik. Die TUG koeels het ook n dubbel kern soos die Pro Amm Was baie tevrede met die hierdie koeels Ek kon my dit verbeel het maar dit was asof daar meer skok oorgedra was op die bokke te oordeel aan die reaksie van die diere.
kudu375
Full Member
Full Member
Posts: 169
Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm
Location: CENTURION

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by kudu375 »

DWB wrote: Fri Feb 15, 2019 9:26 am
JAGTERSREG-JRM wrote:
DWB wrote:Die meeste manne wat 375 herlaai moet hoop en bid hulle word nie gechrony voor die jag nie....
;D ;D ;D ;D lekker lag ek nou. Is daar banges daar buite?
Ek het nou al baie ouens se spoed en ladings gekyk, meeste hang hier by 2300fps rond....
Het ek myself ook met n skok agtergekom. gn wonder my vleis skade was so min nie...
Court Schilbach

44 Ruger SBH 7.5", 375 H&H Winchester pre64 mod 70, 243 Savage AxxisII, .22 Norinco Jw
ThinusS
Full Member
Full Member
Posts: 128
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by ThinusS »

Hier is 'n paar 9.3mm koeëls wat uit wild uit herwin is. Die twee links is 286gr Hornady Interlock en die vyf aan die regterkant is 250gr Hornady GMX. Die 286gr koeël is teen 2250fps geskiet en die 250 greiners teen 2500fps. Die notas onder die koeëls is die dier (waterbok, Blouwildebees en eland), die afstand waar op geskiet en die % gewig wat die koeël behou het.

Image
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 696
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Location: Pretoria

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by knipmes »

Ek het n bietjie in my ou aantekeninge gaan grawe vir inligting oor die 9,3 255 gr Sako koeels se prestasie in my geweer. Dit sal heelwaarskynlik verskil van hoe dit in ander gewere presteer.
Koeel: 255gr Sako
Dop : Norma
Slagdop: CCI 250
Dryfmiddel: S335 Lot 137
Ladings: 55 gr-- 2440 vt p sek
56 gr-- 2470 "
57 gr-- 2520 "

Die 55 gr lading akkuraatste .5 " op 100m
Sommer nuttelose inligting: 1988 het ek R 80 betaal vir n boks van 50
ThinusS
Full Member
Full Member
Posts: 128
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by ThinusS »

Knipmes, ek het onlangs 'n vlakvark geskiet met een van die 272gr, 9,3mm PMP "solids" wat ek by jou gekry het. Die vark het 60m gehardloop en 'n goeie bloedspoor gelos. Nie sleg vir 'n koeël wat nie oopmaak nie.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6481
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by DWB »

Dankie Oom Knipmes
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
RugerBoy
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Tue Nov 11, 2014 5:09 pm

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by RugerBoy »

ThinusS wrote: Tue Jul 14, 2020 1:18 pm Hier is 'n paar 9.3mm koeëls wat uit wild uit herwin is. Die twee links is 286gr Hornady Interlock en die vyf aan die regterkant is 250gr Hornady GMX. Die 286gr koeël is teen 2250fps geskiet en die 250 greiners teen 2500fps. Die notas onder die koeëls is die dier (waterbok, Blouwildebees en eland), die afstand waar op geskiet en die % gewig wat die koeël behou het.

Image
Hallo Thinus

Baie intersant, kan jy die ladings onthou ?
ThinusS
Full Member
Full Member
Posts: 128
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by ThinusS »

Ruger Boy.
Die 286gr Hornady IL is met 54.0gr VV N540 gelaai.
Die 250gr GMX met 60.0gr VV N540.
Norma doppe en CCI200 slagdoppies is vir beide ladings gebruik.
Die geweer (Howa aksie en Truvelo loop) het 'n 22" loop.
Die ladings gaan nie noodwendig akkuraat of VEILIG wees in 'n ander roer nie.
MyLani
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Sun Jun 25, 2017 10:51 am

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by MyLani »

The 375 H&H is still the minimum caliber is most provinces if I remember correctly.
I did take local clients last month for 2 Buffalo Cows. The son used my 375H&H with Barnes TTSX, but the father asked if he could use his father's old Mauser 9.3 that he inherited, and has passed down to his son. He shot a 250gr Swift A Frame at 2500fps,which put the cow down on the spot. Recovered bullet was somewhere in the 80% weight retention region.
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 810
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Location: Kuils Rivier Kaapstad

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by Jurgen Visser »

Nou sien jy , wat was die skoot skoot afstand Mylani ?
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
MyLani
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Sun Jun 25, 2017 10:51 am

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by MyLani »

85m
We prefer closer for Buffalo, but we had to work with what we were given
User avatar
Philip_L
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Tue May 19, 2015 8:21 pm

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by Philip_L »

Norms_and_Standards_for_Hunting_Methods staatskoerant.pdf
Ek het toevallig vanoggend op hierdie afgekom op n ander forum.
Die 2009 regulasies in die staatskoerant verwys na minimum kalibers vir spesifieke wild, maar in 2011 was daar n nuwe publikasie waarna slegs na koeel gewig en konstruksie vir dikvellige diere verwys word.

As hierdie al 9 jaar terug gepubliseer is waarom is dit nie meer bekend nie en verwys meeste mense steeds na die minimum kalibers? Ek het gesoek, maar kon nie nuwer regulasies sien nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Carlc
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Location: Brakpan

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by Carlc »

Dis baie interessant. Dan is 'n kaliber soos die 338WM met n 250gr punt ook wettig om mee buffel te gaan jag. Alhoewel ek seker is die 338 sal die werk kan doen sal ek verkieslik maar nog steeds n kaliber wat met n 4 begin op buffel wil gebruik.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10379
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by Capt. Oblivious »

Lekker 250gt Atip in n 30.06 is net die ding vir Sannie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6481
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by DWB »

Sannie like blykbaar van 'n horing in sy h#l ook...
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10379
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by Capt. Oblivious »

++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2177
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Location: Melmoth

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by Nico Harris »

DWB wrote: Thu Sep 10, 2020 8:51 am Sannie like blykbaar van 'n horing in sy h#l ook...
Ag deon wat groot stories maak van beeste skiet. My .223 met 60gr vmax sal hom drop soos n stuk slap 💩.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Howa mini action
6mm Dasher , Howa varmint ss
30-06, Sauer mod 90
300wsm, Tikka T3 super varmint
9.3x62, Mauser Obendorf A tipe
12ga, Mossberg boltaction
9mm, PO7 Duty
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6481
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by DWB »

Onthou! Jy klim langer aan 'n boom as die res van ons!!!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2177
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Location: Melmoth

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by Nico Harris »

DWB wrote: Thu Sep 10, 2020 10:07 am Onthou! Jy klim langer aan 'n boom as die res van ons!!!!!!
Jy boom klim🤣 ek sal geld betaal om dit te sien.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Howa mini action
6mm Dasher , Howa varmint ss
30-06, Sauer mod 90
300wsm, Tikka T3 super varmint
9.3x62, Mauser Obendorf A tipe
12ga, Mossberg boltaction
9mm, PO7 Duty
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6481
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by DWB »

Dit moet 'n dik boom met trappies wees!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4296
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by Frederik »

Kyk na die laaste paar opmerkings lyk dinge so opgesom:
Ja, jy kan met 9.3 gevaarlike wild skiet maak net seker daar is boom wat klimbaar is naby. :laugh:

Is daar nie beter rede om jouself te oortuig om nog 'n roer by te koop met groter pyp nie dit is nou glas half vol optimisme of wat dink julle?
MyLani
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Sun Jun 25, 2017 10:51 am

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild

Post by MyLani »

The Norms and Standards published above is just for minimim bullet weights.
There is still the minimum calibers as far as I know.
Eg, 375 for Giraffe, Buffalo etc
Think it was a 6.5mm for kudu sized animals etc
Post Reply

Return to “Grootwild Kalibers/Dangerous Game Calibres”