450 Watts

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger

Moderator: Global Moderator

Post Reply
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2638
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Location: Centurion

450 Watts

Post by Jean Marais »

Ek is tans besig om 'n vriend van my te help met die ladings op sy pas voltooide 450 Watts. Dit was 'n 30jaar projek gewees, maar die geweer is klaar, die kolf is pragtig en nou wil ons skietbaan toe. Daar is ongelukkig bitter min inligting op die internet beskikbaar oor die Watts, en derhalwe het ons maar as maatstaf die laaidata van die 458 Lott gebruik.

Die totale doplengte is 2.8505" (Lott lengte is 2.800")
Koeëlgewig: 475gr
Lading: 70gr S335

Die matryse wat ons gebruik het vir die doppe was die Lott s'n, maar ek's onseker of die dop taper dieselfde is op die Watts, na aanleiding van die uittreksel in blou hieronder.

Is my logika m.b.t. die herlaai en vorming van die Watts veilig genoeg om 'n skoot te gaan aftrek, of is dit terug tekebord toe?

To all intents and purposes the .450 Watts and .458 Lott are the same cartridge, and originated in the early 1950’s in the USA. Essentially, the .450 Watts is a .375 case blown out to accept a .458 diameter bullet. This gives a slightly tapered case of approximately 2.85" length. Original loading data developed by the noted gunsmith, P.O. Ackley, lists the .450 Watts as driving a 500 grain bullet at 2500fps.~
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6942
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: 450 Watts

Post by Wouter Roets »

Hallo Jean

Dit is waar dat die twee eintlik dieselfde rondte is. Jy sal baie keer vind dat van die Lott kamers ook n dop kan vat wat 2.85(72.5mm) lank is so dit is absoluut akedemies as jy wil stry oor die twee. Om hierdie rede is daar baie mense, ek inkluis, wat voel dat Jack Lott eintlik geen erkenning moes kry vir die 458 Lott nie, aangesien die 450 Watts al klaar bestaan het.

Jy kan die 458 Lott se herlaai data net so gebruik in jou vriend se 450 Watts. Ek het n hele stuk al hier geskryf oor die herlaai van die 458 Lott en ek sal jou aanraai om dit mooi deur te lees. S335 is eintlik n bietjie te vinnig verbrandend vir die rondte en die idiaal is iets wat presies brand soos S355 maar met laer digtheid per cm3. Ek het hierdie pad destyds gevat om S355 te laai en sal dit nog steeds sterk aanbeveel veral met 500gr koeels.

Daar sal ook geen probleem wees om die Lott se matryse te gebruik vir die Watts nie. Moet hulle net nie opstel sodat hulle raak aan die skoen nie. Hierdie vat einlik so bietjie tyd aangesien jy hom wil opstel sodat hy net die regte vorming vir jou gee om te kamer en nog steeds genoeg greep op die koeel het. Hierdie geld vir die Lott ook want jy sal vind as jy hom op die normale manier opstel vir full lenght resize jou dop daar waar jy die koeel seat n duidelik bulge maak wat sommer hiper tos lyk. Dit lyk kompleet of jy ET se vingers skiet. Krimp is n moet.

Jy is meer as welkom om my te bel sodat ons daai pel van jou aan die skiet kan kry. Ignoreer net om vadersnaam die 2500ft/sek wat PO Ackley as maksimum aangee. Dit was in elk geval vir sy 450 Ackley wat n ander rondte is, maar nog steeds nie haalbaar binne sinlike drukvlakke nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10379
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: 450 Watts

Post by Capt. Oblivious »

Wouter Roets wrote:as jy hom op die normale manier opstel vir full lenght resize jou dop daar waar jy die koeel seat n duidelik bulge maak wat sommer hiper tos lyk. Dit lyk kompleet of jy ET se vingers skiet.

++>: ++>: ++>: ++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2638
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Location: Centurion

Re: 450 Watts

Post by Jean Marais »

Baie dankie Wouter. Ekt klaar 4 rondtes gelaai met S335 (70gr) Dink jy die lading is dalk te warm, of sou jy die kans vat met hulle. Ek hoor jou oor die 2500fps. Ons is op soek na so 2150 fps.

Koeël gewig = 475gr.

Dis hoe hulle uitgekom het: (Gelukkig geen ET vingers nie... ++>: ++>: )
20190518_145010a.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4296
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: 450 Watts

Post by Frederik »

Jean, wanneer sien ons julle by Basa na die mooi antwoord van Wouter en julle nou gaan regkom.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2638
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Location: Centurion

Re: 450 Watts

Post by Jean Marais »

Somme gou Frederik, sommer gou. Ekt lus vir daai muilskop teen my skouer.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6942
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: 450 Watts

Post by Wouter Roets »

Jean

Ek dink daai 70gr behoort nog oriaat te wees mits die lot S335 brand soos hy moet. Ek het eerlikwaar nie baie vertroue in Somchem se data op S335 nie, aangesien dit nie goed korreleer met ander handlydings se data met poeiers wat in daai klas brand nie. Met n 24 duim loop en S335 sal ek halt roep hier by 2200ft/sek met 475gr koeels. Wat se doppe en primers gebruik julle? Wat is die TPL van daai goene?

Groetnis
Wout
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2638
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Location: Centurion

Re: 450 Watts

Post by Jean Marais »

Wouter,

Die doppe is 458 Express doppe wat teruggesny is na 2.8505" toe, en die slagdoppe is CCI250. Die TPL van die rondte het ek nie gemeet nie, maar die patroon kamer gemaklik in die geweer. Ek het van my S335 gebruik, wat nogal die te erg varieer het van die Standaard QL data nie. Ek het net nodig gehad om 'n klein verstelling te doen op die BRF op my 303. So hopelik sal ons darem veilig wees. Ek gaan egter beslis na S355 kyk, en sal die TPL van die rondte later kom post.

As ons sukkel met Somchem se kruit, watse invoer kruit sal geskik wees vir die kaliber?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6942
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: 450 Watts

Post by Wouter Roets »

Jean

Is jy seker oor die 450 Bushmaster dop, aangesien dit n totale ander dop is as die 375 H&H?

As jy S335 se data gebruik gebruik jy n 1.2400 syfer op jou Ratio of Specific heats? Dit maak n redelike verskil in terme van druk en is die syfer wat jy moet gebruik.

Die beste oorsese kruit vir die Lott en Watts wat ek al gesien het is Winchester se 748. Ek glo nie n mens kry hom hier nie. Vir die 475-500gr koeels sal enige poeier wat in die verbrandingsklas van S355 goed werk. Loer maar net na hulle solid density sodat n mens nie uit spasie uit hardloop nie. Sal jy sommer ook die dopvolume meet as julle klaar geskiet het?

Groetnis
Wout
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1321
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: 450 Watts

Post by swc-tr »

S341 (B762) is oorspronklik ontwikkel om met Win 748 te vergelyk.
Balkruit en reguit wand doppe is egter nie goeie maats nie, die gebruik van Magnum primers word ook in die applikasie aanbeveel.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2638
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Location: Centurion

Re: 450 Watts

Post by Jean Marais »

Wouter Roets wrote:Jean

Is jy seker oor die 450 Bushmaster dop, aangesien dit n totale ander dop is as die 375 H&H?

Groetnis
Wout
Jy het my daar. Ek's nou heeltemal onseker. Al wat ek onthou is dat die dop omtrent 7mm langer was as die Watts.

Sal vanaand fotos neem en post.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1134
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Location: North Ridiing

Re: 450 Watts

Post by Rudi Fischer »

Jean Marais wrote:
Wouter Roets wrote:Jean

Is jy seker oor die 450 Bushmaster dop, aangesien dit n totale ander dop is as die 375 H&H?

Groetnis
Wout
Jy het my daar. Ek's nou heeltemal onseker. Al wat ek onthou is dat die dop omtrent 7mm langer was as die Watts.

Sal vanaand fotos neem en post.
Nie dalk 458 3” se dop nie ?
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2638
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Location: Centurion

Re: 450 Watts

Post by Jean Marais »

Rudi Fischer wrote:
Jean Marais wrote:
Wouter Roets wrote:Jean

Is jy seker oor die 450 Bushmaster dop, aangesien dit n totale ander dop is as die 375 H&H?

Groetnis
Wout
Jy het my daar. Ek's nou heeltemal onseker. Al wat ek onthou is dat die dop omtrent 7mm langer was as die Watts.

Sal vanaand fotos neem en post.
Nie dalk 458 3” se dop nie ?
Jy's toe reg Rudi. Dis 'n 458 Express wat ook bekend is as die 458 3" se dop.

Die totale TPL van die patroon is 92.71mm. Die koeël is 36.94mm en weeg 475gr.

Nouja, Saterdag is die groot dag wat ons hom gaan uitprobeer. Sal later weer kom rapporteer hoe dit gegaan het.

Dankie vir almal se advies.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Post Reply

Return to “Grootwild Kalibers/Dangerous Game Calibres”