Canting - Vraag vir die wiskundiges

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
Klein Chris
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 393
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Location: PTA - Mountain View

Canting - Vraag vir die wiskundiges

Post by Klein Chris » Thu Nov 02, 2017 6:48 am

Dag Almal,
In gesprekke oor canting is daar verskillende opinies/mietes oor wat gebeur met die impak punt. Dit het my laat wonder of wiskunde nie dalk n antwoord sal kan gee nie
Hier is n vraag vir die wiskundiges op die groep

As ek my windbuks (HW97K) hou teen n 30 grade hoek, wat gaan die afwyking in mm wees op 50m?
Kal = 4,5mm
Tiepe koeel = ronde neus
BC (GA) = 0,0275
Begin Spoed = 232 m/s
Spoed op 50m = 192 m/s (volgens chairgun)
Vlug tyd = 0,238 sekondes (volgens chairgun)
Scope hoogte (middel punt van loop tot middel punt van scope - 30mm buis) = 6.5 cm
Zero afstand = 25m

Hoor graag van julle
Last edited by Klein Chris on Thu Nov 02, 2017 8:37 am, edited 3 times in total.
Ek hou van my 30-06

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1176
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Location: Kroonstad

Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges

Post by jankraay » Thu Nov 02, 2017 6:54 am

Klein Chris

JPS op die forum het nie te lank terug so n toets gedoen nie en ek glo hy sal later n foto of twee kom plaas.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1250
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Location: Durbanville

Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges

Post by Gian_dP » Thu Nov 02, 2017 7:42 am

Klein Chris wrote:Dag Almal,
In gesprekke oor canting is daar verskillende opinies/mietes oor wat gebeur met die impak punt. Dit het my laat wonder of wiskunde nie dalk n antwoord sal kan gee nie
Hier is n vraag vir die wiskundiges op die groep

As ek my windbuks hou teen n 30 grade hoek, wat gaan die afwyking in mm wees op 50m?
Kal = 4,5mm
Tiepe koeel = ronde neus
BC (GA) = 0,0275
Begin Spoed = 232 m/s
Spoed op 50m = 192 m/s (volgens chairgun)
Vlug tyd = 0,238 sekondes (volgens chairgun)

Hoor graag van julle
Ek is nie so wiskundig aangelê nie, maar dink jy moet teleskoop se hoogte bo loop, en zero afstand ook gee om berekinge te doen.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308

Klein Chris
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 393
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Location: PTA - Mountain View

Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges

Post by Klein Chris » Thu Nov 02, 2017 8:22 am

Gian_dP wrote: Ek is nie so wiskundig aangelê nie, maar dink jy moet teleskoop se hoogte bo loop, en zero afstand ook gee om berekinge te doen.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Dankie, scope hoogte en zero afstand bygesit
Ek hou van my 30-06

Fano
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm
Location: Vaalpark

Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges

Post by Fano » Thu Nov 02, 2017 8:37 am

As jy altyd op dieselfde manier gaan skiet (30 grade gekantel op 50 m) sal jy hom kan instel dat hy tref waar jy mik. Probleem gaan inkom as jy teen verskillende hoeke op verskillende afstande skiet. Ook 50 m is miskien bietjie aan die kort kant om 'n groot effek te sien.

Vir lang afstand skiet (800 m +) is dit baie belangrik dat die teleskoop presies opgelyn is met die horizon omdat mens behalwe vir gravitasie ook vir koriolis effekte moet kompenseer.

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16420
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges

Post by tripodmvr » Thu Nov 02, 2017 8:45 am

Canting of dan kanteling, veroorsaak dat die impakpunt na die teenoorgestelde kant skuif van waar jy dink dit gaan gebeur. Die ordegrootte dink ek nie is belangrik nie, maar dat dit wel 'n effek het. Sonder om jou kop te breek oor die wiskunde moet jy dus sorg dat jou teleskoop loodreg op die loop senter is en dan dat die horisontale kruishaar waterpas is. Nou skakel jy die fout uit. Daarom die gebruik van 'n "bubble level" op die teleskoop om kanteling te verhoed.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1250
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Location: Durbanville

Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges

Post by Gian_dP » Thu Nov 02, 2017 8:48 am

Fano wrote:As jy altyd op dieselfde manier gaan skiet (30 grade gekantel op 50 m) sal jy hom kan instel dat hy tref waar jy mik. Probleem gaan inkom as jy teen verskillende hoeke op verskillende afstande skiet. Ook 50 m is miskien bietjie aan die kort kant om 'n groot effek te sien.

Vir lang afstand skiet (800 m +) is dit baie belangrik dat die teleskoop presies opgelyn is met die horizon omdat mens behalwe vir gravitasie ook vir koriolis effekte moet kompenseer.
Klein Chris vra oor n luggeweer. 50m met n windbuks is meer as genoeg om effek van kanteling te sien.

Weet nie of hy FT skiet nie, maar hulle skiet uit verskeie posisies. Uit kniel posisie kan jy meer stabiel wees deur geweer te kantel.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308

User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 5169
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges

Post by Gawie(13mm) » Thu Nov 02, 2017 9:11 am

Julle manne is; of nuut; of lui; of julle geheue laat julle in die steek. Ons het so lekker die onderwerp deur-trap, dat Koos sover gegaan het om onderste bo te skiet! ;D

Gaan loer op die skakel:Effek van kanteling van roer, op teiken en mikpunt
Dont make expensive noise! Make the first shot count!

User avatar
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 6419
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Location: Paarl

Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges

Post by PWV » Thu Nov 02, 2017 9:12 am

Dit kan nie te moeilik wees om dit fisies te toets nie?
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster

User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2098
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Location: TUSSEN LETABA & GRAVELOTTE

Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges

Post by Swede » Thu Nov 02, 2017 9:52 am

Gawie(13mm) wrote:Julle manne is; of nuut; of lui; of julle geheue laat julle in die steek. Ons het so lekker die onderwerp deur-trap, dat Koos sover gegaan het om onderste bo te skiet! ;D

Gaan loer op die skakel:Effek van kanteling van roer, op teiken en mikpunt
Die manne is lui en styf na al die betoog ;)
And as thy days, so shall thy strength be

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16420
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges

Post by tripodmvr » Thu Nov 02, 2017 10:08 am

Met 30 grade kanteling na links skuif die loop-as 3,25cm na regs en dit lig met 0,87cm (32,5 en 9mm). Die effek op hoogte sal met afstand toeneem soos spoed daal.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

Klein Chris
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 393
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Location: PTA - Mountain View

Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges

Post by Klein Chris » Thu Nov 02, 2017 10:41 am

Dankie julle
Gian, jy is heeltemal korrek, ek skiet FT
Gawie, dankie vir die link. Dit beantwoord my vraag
Vir FT is die "kill zone" 40mm op 50m - volgens die link teen n 10grade hoek skuif impak +- 36mm. As ek in die middel korrel dan is ek uit die "kill zone"

Dankie vir al die moeite

Groete
Ek hou van my 30-06

User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3444
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Location: Kempton Park

Re: Canting - Vraag vir die wiskundiges

Post by JPS » Thu Nov 02, 2017 8:19 pm

jankraay wrote:Klein Chris

JPS op die forum het nie te lank terug so n toets gedoen nie en ek glo hy sal later n foto of twee kom plaas.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het ongelukkig nie meer die betrokke fotos nie, het foon vervang maar die toets wat ek gedoen het het nogal my oë oopgemaak van hoeveel werklik dit die impak punt verander. Dit is genoeg om in F klas jou punte te kos.

Post Reply

Return to “Airguns/Windbukse”