.375H&H Restorasie en herbou projek

Guys who collect arms can have a chat here/Versamelaars kan hier vergader.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sat Nov 02, 2013 7:03 pm

.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 3710
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Frederik » Sat Nov 02, 2013 7:22 pm

Ek is elke keer verbaas aan die hoeveelheid tyd wat jy bestee met die restorasie jy het baie baie geduld.

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sat Nov 02, 2013 7:46 pm

Dankie Frederik, die laaste drie weke het maar rof gegaan aan my kant, ek kon regtig nie meer tyd spandeer aan die bou projek nie. Die volgende paar weke behoort meer tyd vir myself op die program te wees. Ek wil die 1/4 rib en claw mounts klaar maak voor Desember begin.

Ek moet Kaap toe om by die familie te gaan kuier. Dan sal ek myself besig hou deur die SAQA vereistes vir die kwalifisering van `n wapensmit modules uit te werk en dit in `n bundel saam stel dat ek dit kan inhandig as `n portefeulje om te registreer vir `n applikant- wapensmit.

Oor twee jaar wil ek my Vaktoets(trade test) by Olifantsfontein gaan skryf. Dan behoort ek te slaag en te kwalifiseer vir `n wapensmit. Maar daar is `n paar dinge wat nog in plek moet val. Ek sien dat die wapensmit kursus deur SAQA tot en met 2015 hardloop, alle inskrywings moet voor die tyd ingehandig wees. Ek wonder net wat gaan daarna gebeur... ::) ::) :):
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sat Nov 02, 2013 8:02 pm

Frederik, het jy al toe gevorder met jou beplanning vir `n swaar kaliber wat jy wou bou? Wat het jy besluit, watter kaliber gaan jy bou?
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 3710
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Frederik » Sun Nov 03, 2013 7:41 am

Gert, met al die gesoekery en kopkrappery gaan ek die makliker roete van 458 Lott gaan doppe is vrylik beskikbaar en sal maklik my doel bereik om kombinasie te kry wat oor 5000 foot pound se energie oorskry.

Hoe klink dit is jy lus om so iets aanmekaar te slaan ?

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sun Nov 03, 2013 8:01 am

Frederik. dit is altyd lekker om antwoorde te kry wat vir `n man werk. Ek het nog net goeie dinge gehoor van die .458 Lott, daar is glo `n storie agter die storie, waarom die kaliber nodig was om te ontwikkel, `n olifant/bufffel het klaarblyklik die man gestorm en hy kon hom nie plat kry met ``n .416 Rigby nie, die man was glo baie terleurgesteld in die .416 Rigby se werksvermoee tot in so `n mate dat hy absoluut gedwonge gevoel het om die .458 Lott te bou...

Ek sou natuurlik net gesorg het dat ek my skootplasing meer op standaard is en dat ek liewers met `n .404 Jeffery die skietwerk gedoen het, `n tweede skoot sou nie eers nodig gewees het nie...wat nog te se `n ontwerp van `n nuwe kaliber... :): ;D ;D

Net om veilig te wees as jy op die spoor gaan van die grotes en die ongeskiktes met horings en tanne, neem maar `n goeie ou wat `n .404 Jeffery het saam vir back-up as daar gestorm word...moet net nie in die "Dicky-bird" mode ingaan nie, die back-up met die .404 Jeffery kan jou dalk raak skiet ..... ++>: ++>:

Ek het `n rukkie terug geskiet met `n Ferlac dubbel o/u .458 , dit was sekerlik die lekkerste skietwerk, 20x skote om die geweer te reguleer, wat ek nog mee geskiet het, ek sal sonder om `n rede te soek `n .458 koop....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Location: Pretoria

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by NEGE3 » Sun Nov 03, 2013 9:24 am

Gert jy vorder mooi.
As ek so na die fotos kyk dan dink ek terug aan my vakleerling dae . Ons moes vir 12 maande op die bank werk net met handgereedskap voor ons in ons 2e jaar met masjiene kon leer werk.
Ek het nou nog my bankskroef en hamer wat ons uit 'n soliede blok staal moes vyl.
Sterkte met jou projek.
Groete,
Koos de Beer

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sun Nov 03, 2013 12:45 pm

Koos, dan tel jy onder die "Grotes", die manne wat hulle vakleerlingskappe nog op die harde en moeilike manier gedoen het, daarom is julle manne so goed met wat julle doen, Johan Greyling het ook nog sy bankskroef wat hy ook uit soliede staal moes vyl en saag met die hande. Ek gaan juis vir my begin klein winkelhaakies, waterpas blokkies en kraspen-afmerk blokke bou om fyner afmerk en uitmerk werk te kan doen. Soos jy sien in die fotos die miniatuur bankskroef kom nou tot sy reg, ek werk nou die hele tyd net op hom om die kleiner items uit te vyle en af te werk.

Ek is nou opsoek na `n stel hangemaakte houtbeitels om kolf afwerking te doen, ek wil baie graag `n swaar kaliber kolf met die hande uit `n "blank " maak. Al elektriese item sal dan `n handboor wees wat ek sal gebruik. Selfs vyle , maar kwaliteit vyle is moeilik om nou te bekom, swak kwaliteit Chinese items is aan die orde van die dag....

Dit sal wees om die definisies van kolf mates te verduidelik en te bespreek in die SAQA vereistes en uitkomste vir `n wapensmid vakleerlingskap waarvoor ek vroeg volgende jaar wil registreer.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Location: Pretoria

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by NEGE3 » Sun Nov 03, 2013 1:12 pm

Gert ek het al van daardie gereedskap in Pandjies Winkels raakgeloop. Hulle is gewoonlik erg verniel maar met bietjie skuur en 'n slypsteen kan mens hulle weer maak werk. Hulle het nog hout handvatsels met 'n staal of geelkoper band gehad wat keer dat die hout nie bars as hy jy hom agter liggies met 'n blokhamer klop nie. Sal bietjie rondkyk en laat weet.
Sterkte.
Groete,
Koos de Beer

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sun Nov 03, 2013 4:32 pm

Dankie Koos, ek gaan Desember Kaap toe en die keer gaan ek in die pandjies winkels rondloop daar in die Kalkbaai -Vishoek omgewing, daar is nog baie ou winkels, Stellenbosch gaan ek ook plat loop en deur al die ou winkels gaan om te kyk vir handwerk gereedskap wat nog goeie staal het.

Is daar een item is wat ek vir myself gaan bou wat sterk gaan wees is dit `n ystersaag, dit is regtig `n moeilike item om te kry wat regtig nog stewig en sterk is en hard mee gesaag kan word. Deesdae is dit `n item wat baie swak vervaardig word.

Vyle is nog `n probleem, dit wat deesdae gekry word smeer die staal geweldig vinnig teen af, dit lyk of die kap van die vyle al die vylsels opneem /smeer en nie wegwerk nie, maak nie saak watter tipe kap die vyle het nie, fyn, grof en vermeng, die staal smeer af aan die vyle, al smeer ek gereeld bord kryt op die vyl vlakke , dit help min.

Ek wil regtig stelselmatig te werk gaan en `n versameling van goeie kwaliteit handgereedskap bymekaar maak, ek wil nie net gaan koop omdat dit so maklik is om in `n winkel in te stap en `n item van die rak af te haal nie. Kwaliteit gaan die keer prioriteit kry.

Die soektog bly lekker...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Mon Nov 04, 2013 8:07 pm

.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1064
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Location: Brits

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by matewis » Mon Nov 04, 2013 8:29 pm

Ek is nou al so nuuskierig ek kan myself nie meer inhou nie!! Dit gaan baie spesiaal wees as daai eerste bok val met die erfstuk. Werklik iets besonders!

Groete

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Mon Nov 04, 2013 8:43 pm

Matewis, ek waardeer jou positiewe opmerkings, dit is altyd heerlik as lede belangstel in die bou proses, daar is nie `n plan of mates wat ek kan volg nie, ek neem `n besluit, vra dan vir Johan wat hy dink dan probeer ek Johan se raad en dit wat ek graag wil doen bymekaar bring, partykeer werk dit ander kere nie, dan moet ek weer oor begin.

Ek was gelukkig met die dat die v-visier se hoogte baie dieselfde is as my korrel voor. Gelukkig het ek die hoogte van die verskillende visier en korrel reg uitgewerk toe ek die korrel begin bou het. My "ghost ring " is ook baie mooi in lyn met die v-visier , so ek kan die v-visier en die ghost ring gebruik as ek uit die vuis uit wil skiet. Die "ghost ring" gaan goed met die BASA skiet kompetisies werk, op kort afstande is die tipe visier dodelik.

Ek behoort as ek elke dag tyd spandeer vir die volgende twee weke die claw mounts klaar te maak, die teleskoop ringe gaan `n redelike tydjie neem, ek wil graag dit als klaar kry voor ek Desember Kaap toe gaan.

Dan moet ek nog die kolf- magasyn in die agterste onderste deel van die kolf inbou wat so vier rondtes gaan vat.

Alles word dan uitmekaar gehaal om finaal afgewerk te word en geblou te word. Ek wil die kolf nog so vyf lae True Oil opsit dan sal ek tevrede wees.

Die lekkerste deel is dan om `n lading vir my geweer uit te werk...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1829
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Location: Nelspruit; Mpumalanga

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Johan Nel » Tue Nov 05, 2013 6:11 am

Gert,
Een vraag, as jy nou jou geweer se visiere korrreleer met 'n bepaalde lading en koeel, beteken dit jy moet altyd met daardie lading en koeelkombinasie skiet? Hoe kompenseer jy wanneer jy met 'n ander lading en koeel/grein kombinasie wil skiet, maar wat or 'n ander plek val as die zero van jou oorspronklike lading? Met 'n teleskoop is dit maklik, so ook met verstelbare visiere, maar ek het dit dat hierdie klappiesvisiere nie verstel kan word nadat jy dit ingevyl het vir jou aanvanklike lading nie.

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Tue Nov 05, 2013 2:55 pm

Goeie dag Johan
Ek het die klappies visiere vir twee doeleindes. Eerstens is dit daar vir estetiese waarde, die 1/4 rib en v-visiere vorm saam `n eenheid.Ek sal oop visier op beperkte afstande skiet soos tot op 75 meter in die bos.

Tweedens met die .375 H&H Magnum wat op kort aftande , 25, 50, 75, 100 tot 150 meter baie plat skiet, en ek wat in elke geval nie met oortuiging kan se dat ek sover met oop visier kan skiet nie(daar is baie manne oor 40 wat met dieslfde probleem sit as ek) sal nie die geweer reguleer verder as 100 meter nie, enige lading en punt wat jy uit die .375H&H Magnum op afstande 25-100 meter skiet behoort nie ver uitmekaar te groepeer nie. Juis omdat die kaliber so plat skiet.

Die 1/4 rib en v-visier dien in die geval as die platvorm vanwaar my claw mounts sal inskuif met `n swaelstert om my teleskoop te monteer, met die teleskoop kan ek redelik tot op 200 meter skiet(scout scope) die geweer is dus `n klassieke bos kaliber wat op `n "scout rifle" beginsel gebou is.

Die ghost ring is ook nog op die geweer wat my instaat stel om verskeie tipe visiere te gebruik in verskillende omstandighede...

Ek glo dit antwoord jou vraag voldoende. Ek hoor graag van jou.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1829
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Location: Nelspruit; Mpumalanga

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Johan Nel » Tue Nov 05, 2013 7:55 pm

Hallo Gert,
Ek is bewus van die ghostring visiere wat jy reeds gemaak het en en 'detachable' teleskoop 'mountings' wat jy op die geweer gaan monteer. Ek het net gewonder oor die regulering en gebruik van die klappies visiere spesifiek.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Tue Nov 05, 2013 8:18 pm

Goeie naand Johan
Ek verstaan dat baie jagters wat nog goeie oe het baie akkuraat kan skiet met v-visiere en dat die klappies visiere wat jy van die rak af koop deur die persoon wat dit op sy geweer aanbring ook maar`n beperking het met die regulering van die visiere. Maar jy kan die visiere reguleer om baie akkuraat op langer afstande te wees volgens jou as jagter se vermoeens en jou sterkte van jou sig speel absoluut `n sleutel rol met die regulering van die tipe visier.

Alhoewel die klappies visier wat op my 8x57 JS was tot en met 500 meter gemerk, is daar sommige Mauser gewere se klappies visiere wat tot en met `n 1000 meter gemerk en opgestel is, wat natuurlik wens denkery is.

Ek glo dat daar manne is wat tot en met 200 meter+ kan skiet (akkuraat) met die visiere en dan behoort `n mens die tipe punte en ladings aan te pas om die tipe akkuraatheid te weeg te bring.

Alhoewel ek nie die nut daarvan kan insien nie, soos nuwe tegnologie inkom kan enige mens met `n teleskoop skiet dit is dus nie meer nodig om verder as bos jag afstande met oop visiere te skiet nie, selfs Ivan Carter gebruik nou die nuutste "Aimpoint" skiet toestel op sy Heym dubbel wat `n mens nogal laat dink dat daar nie meer plek is vir jag met klappies visiere is nie, esteties kan daar nog plek wees maar dit is waar dit stop, dit is suiwer net my opinie. Ek glo daar is mens wat met my sal veskil.

Ek kan nie meer akkuraat skiet met die tipe visiere nie, my bril laat dit nie toe nie. Tot op 100 meter behoort ek dit nog te kan doen, op papier maar nie op `n lewendige bok nie.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sat Nov 09, 2013 4:57 pm

.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sat Nov 09, 2013 9:22 pm

.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 3710
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Frederik » Sun Nov 10, 2013 8:18 am

Lekker om te sien die jong man speel lekker saam.

baas
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm
Location: Bloemfontein

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by baas » Sun Nov 10, 2013 8:28 am

Magtig Gert dis darm n mooi roer daai!!!!
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sun Nov 10, 2013 8:32 am

Frederik, ja dit is lekker om nog my seun saam met my sulke projekte te doen, Ruan is nou oppad met die geweerbou dinge, hy het gister self al die werk op die kolf gedoen.

Die .308 werks kolf/geweer lyk nogal mooi en kompak, Ruan moet vorentoe `n ou .308 soek dat hy vir homself `n geweer op sy naam te kry dat die Israeli Mauser weer in my kluis kan staan.

Hy sal tien teen een dan vir homself `n langafstand jag geweer bou. Hy moet nou eers alles van `n .308 leer en self leer laai en ladings uitwerk wat goed in sy geweer skiet.

Dan eers kan hy na `n volgende kaliber kyk...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sun Nov 10, 2013 8:34 am

baas wrote:Magtig Gert dis darm n mooi roer daai!!!!


Baas ek is nou versigtig om te vra, my geweer of Ruan se geweer waarvan jy so baie hou.... :laugh: :laugh: ++>: he,he,he...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1829
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Location: Nelspruit; Mpumalanga

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Johan Nel » Sun Nov 10, 2013 12:20 pm

Dalk is hier ook nou reeds die volgende geslag se geweersmid/bouer in wording...? Wie weet! ^-^
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sun Nov 10, 2013 1:30 pm

Johan, dit sal goed wees, die kinders moet net altyd bereid wees om meer van iets te wil wees, dan is hy/sy oppad om `n studendt te word...die lewe is gewoonlik makliker vir sulke kinders...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

Post Reply

Return to “Arms collectors/Wapen Versamelaars”