JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Mon Oct 14, 2019 6:47 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 444 posts ]  Go to page Previous  1 ... 13, 14, 15, 16, 17, 18  Next
Author Message
PostPosted: Fri Nov 15, 2013 9:03 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Ek is die afgelope twee dae besig om weer aan my .375 H&H Magnum te werk.Ek het weer `n verandering/besluitneming te weeg gebring.

Ek het die claw mounts eers op ys gesit. My nuwe gedagte is dat ek `n stud draai en direk in die plat vlak van die 1/4 rib tap en dan die Lynx teleskoop ringe direk op die studs vas draai soos wat jy dit op `n gewone teleskoop basis sal doen.

Dit gee `n baie sterk konsep en skoon lyne, ek het gaan kyk en gesien dat die spasie waar die claw mounts sou opkom te nou is en die claw mounts soos lego blokkies gaan lyk wat opgestapel is....die nuwe manier sal die geweer se voorkoms mooi skoon en eenvoudige lyne gee.

Soos ek voorheen dit gestel het, daar is nie `n plan waarvolgens ek werk nie, ek werk van punt tot punt. En verander as ek sien dinge pas nie volgens my nie. Die claw mounts sal ek klaar maak en op `n klassieke Mauser sit wat ek vorentoe gaan bou, met `n snabel, wangrus, ens. Ek sal more fotos oplaai van die studs wat ek sover gedraai het, more sal ek die tapwerk op die 1/4 rib doen.

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Nov 16, 2013 8:05 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Ek is nog steeds besig met die pasmaak van die ringe en basis. Ek maak nou eers `n action block waarop ek die .375 H&H Magnum se aksie en loop wil op vasbout sodat ek meer akkuraat met die freesmasjien die teleskoop ringe(Lynx stud rings) se gate kan boor en tap.

Die blok met die aksie en loop op vasgebout word nou in die freesmasjien se bankskroef vasgedraai en dan boor ek die gate vir die "studs" waarop die teleskoop ringe vasgeskroef word. Dit behoort die teleskoop baie mooi akkuraat en reguit op te lyn.

Ek sal fotos oplaai van die proses, het ook vandag die mates van die .375/404 Jefferry dop gemeet, alles het mooi uitgewerk, nou kan ek die .375 H&H Magnum se doppe ook vir my .404 Jeffery gebruik. ;D ;D

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Nov 20, 2013 8:42 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Ek is amper klaar met die blok waarop die aksie en loop monteer gaan word , maar Eskom het vandag weer krag besparings maatreels in plek gestel, terwyl ek nog op die frees masjien besig was het daar `n krag onderbreking ontstaan wat omtrent die hele dag geduur het.

Ek sal more fotos oplaai van die staal staaf waarop die aksie en loop monteer gaan word om baie akkurate lyne op te stel sodat ek die Lynx basis ringe se inskroef studs se gate kan boor en tap.

Die staal staaf gaan nou in die toekoms as `n baie nodige werkstuk gebruik word om aksies op vas te skroef sodat freeswerk op die aksie en lope gedoen kan word.

Ander alternatief is om die aksie en loop direk in die freesmasjien se bankskroef vas te knyp wat skade aan die loop en aksie kan veroorsaak. Dus is die staalstaaf opset `n baie veiliger en meer stabiele platvorm om vanaf te frees.

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Nov 22, 2013 5:22 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Fotos van die aksie/loop monterings blok:
Image
Image
Image
Image

Sal vanmiddag fotos oplaai waar die aksie en loop monteer is op die staaf in die freesmasjien bankskroef vir belyning van die "stud "gate.

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Nov 26, 2013 6:34 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Ek is nog besig met die belyning van die twee studs waarop ek die Lynx teleskoop ringe gaan monteer. Ek sal vandag die oplynwerk in die freesmasjien doen. Ek moet ook die afmetings van die
FX-II Scout IER 2.5x28mm gebruik om die spasie tussen die twee studs te bepaal.
Image

Ek het gister weer gekyk na die voorste korrel en basis wat ek gemaak het, ek sal moet die voorste korrel basis moet laer frees omdat ek die ghost ring en die v-visier wil oplyn. As ek die voorste korrel basis laer maak kan ek lae tot meduim teleskoop ringe monteer wat die scout teleskoop baie laag op die 1/4 rib sal kan laat staan wat die ideaal is as dit kom by die montering van `n teleskoop.

Ek kan dan moontlik die hele voorste korrel/basis afhaal en `n nuwe ontwerp bou, wat vir my weer `n beter opsie by die hantering van die geweer sal gee om vinniger met die geweer te skiet op kort bos afstande en tydens BASA kompetisies. Ek dink byvoorbeeld aan die Blenheim visier wat baie voordele het as dit by vinnig skiet kom om `n teiken vinnig op te lyn.

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Dec 05, 2013 8:42 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Ek vorder fluks met die nuwe korrel, en het nou weer `n ander ontwerp wat my meer gaan help as ek oop visier gaan skiet, `n duidelike korrel wat kan inskroef vir die dag en een wat kan inskroef vir nagskiet met `n helder gloeiende groen florecence balletjie om varke in die nag mee te skiet.

Die kluis sluit more om reg te maak vir volgende week se Gelofte fees aktiwiteite. Ek gaan botter karring met `n karring wat ek in my kleintyd mee gekarring het toe ek en Tannie Anna Louw botter vir die Kerk bazaar en huislike gebruik gemaak het.

Die nuwe jaar sal ingelei word met die bou van ons vuurvaste oond waarmee ek color case hardening op aksies en parte van gewere en handwapens gaan doen. Ons het `n volledige oond met al sy bakstene wat nou net gebou moet word.

Hierdie Geloftefees is `n proeflopie wat volgende jaar meer intensief benader sal word.

Geseende Kerstyd vir al die lede , mag julle `n voorspoedige nuwe jaar beleef en al julle mooi wense waar word. Baie dankie aan julle almal wat die proses gevolg het en nog volg, al die op en aanmerkings wat altyd positief is, word regtig baie waardeer.

Groete

Gert Odendaal

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jan 24, 2014 11:18 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Goeie Naand Lede
Ek het vandag weer vir die eerste keer `n kans gehad om te werk aan my .375 H&H Magnum. Ek het die eerste korrel afgehaal en begin om die nuwe korrel pas te maak .Die korrel wat ek eerste op gehad het was te hoog om die v-express en die ghost ring sights te skiet. Nou sal die twee visiere mooi werk. Ek sal eers die geweer oop visier skiet, al die BASA kompetisies die jaar dan sal ek volgende jaar die scout sope monteer en jag met die geweer. Ek sal weer begin fotos oplaai van dit wat ek doen. Die eerste BASA kompetisie skiet ek die 1 ste Maart, ek sien nogal biae uit daarna... ;D Ek sal my .404 Jeffery ook dan skiet om te kyk hoe die Jeffery skiet.

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Feb 05, 2014 9:25 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Ek het nou weer tyd gekry om op die voorste korrel te werk. Soos ek genoem het het ek die voorste korrel heel eerste gemaak en daarna die v-visier. Dit het veroorsaak dat die voorste korrel te hoog was en dat ek die v-visier en ghost ring nie optimaal kon gebruik nie , nou het ek `n nuwe voorste korrel en basis begin maak. Ek is van plan om `n redelike groot geel koper korrel (bead) te draai en te soldeer as `n permanente korrel. Die rede is dat ek die BASA kompetisies gaan skiet met my v-visier en ghost ring. Die jagwerk gaan ek doen met my scout scope wat ek nog sal monteer. Hier is `n paar fotos van die korrel en basis waarmee ek besig is. Sommige fotos is met `n ou selfoon geneem, verskoon asb. die swak kwaliteit, my kamera se geheue kaart gleuf se kontakpunte is gebreek.

Ook van die v-visier en 1/4 rib en van die ghost ring...
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Feb 06, 2014 6:37 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Posts: 3698
Location: Pretoria
Sien jou by Basa


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Feb 06, 2014 11:01 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Reg so Frederik, ek hoop om die .375 ook saam te bring. My .404 Jeff gaan definitief saam, ek hoop ek gaan my punte betyds kry want die poskantoor se mense staak weer. Ek sal maar deur ry Pretoria toe en die punte gaan optel.

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Mar 02, 2014 10:10 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Lyk of my lewe weer normaal is en of ek weer meer by die bou projek gaan uitkom. Die afgelope twee weke was maar rof met dood in die familie. As `n mens voor `n oop graf staan en jy beleef die hartseer van die gemis na `n geliefde saam met wie `n mens `n pad gestap het vir vyf en dertig jaar dan besef `n mens hoe nietig ons as mens is.

Dit dring ook dan deur tot `n persoon dat jy moet gebruik maak van elke geleentheid wat op jou pad kom, want die geleentheid gaan nie `n tweede keer verbykom nie. So `n oop graf laat `n onsekerheid in my los, vrae wat ek nie wil beantwoord nie, miskien omdat ek nie kan nie, om eerlik met jouself te wees is ook nie altyd moontlik nie, want waaraan meet ek die vrae wat in my opkom wanneer emosie in jou kom sit en jou laat wonder?

So `n oop graf dring jou ook tot nuwe voornemens om miskien te probeer regmaak met hulle wat in die onlangse verlede nie dinge gesien het soos jy nie en wat in `n nuttelose argument ontaard het, ook dan nog nader aan jouself om meer verdraagliker teenoor jou naastes te wees. Om te probeer verander wat jy kan en te laat staan dit wat jy weet jy nie kan verander nie...om te aanvaar,te berus ...om miskien dinge en mense anders te benader, meer toeganklik te wees en ruimte te skep waarin jou opinie en `n ander man se oortuiginge dieselfde gewig dra .

Wanneer die oopgraf toegegooi word dring die besef van finaliteit hard en seer tot jou deur, dring dit binne diep in jou waar net jy is, alleen en geslote vir ander mense se opinies en starende blikke.
Die finale besef, hy gaan nie meer in sy stoel sit met `n boek in sy hand nie, sy kenmerkende glimlag op sy stil gesig in nie meer daar nie, die versekeing van sy teenwoordigheisd is nie meer met jou nie. Jy onthou grepe uit die verlede , oomblikke wat jy gedeel het, dit is al wat jy nou het, miskien al wat jy nodig het want hy het voor geloop, gewys hoe dit is om waardig te wees , om om te gee vir ander en nooit jou eie belang te soek nie....

Wanneer jy wegdraai van die graf af is dit al wat jy kan saam neem, dit wat was is nou verby...

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Mar 02, 2014 10:16 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Posts: 1396
Location: Pretoria
Sterkte Gert. Dit bly maar moeilik en net tyd bring berusting.

_________________
Groete,
Koos de Beer


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Mar 02, 2014 11:32 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Dankie Koos, ja dit is maar `n pad wat elkeen van ons sal moet stap, maar dit bly maar `n gemis ...
Ek het nou weer begin om die voorste korrel te voltooi. Ek behoort die korrel binnekote klaar te maak. Ongelukkig het my kamera se geheue kaart kontakpunte op een of ander manier afgebreek en ek moet nou staatmaak op selfoon kwaliteit fotos wat al se die slim manne anders, net nie dieselfde kwaliteit as `n ordentlike kamera het nie....nuwe tegnologie kan nie `n ordentlike kamera se helder beeld vervang nie, punt.

Ek was so bevoorreg om stap vir stap saam met Johan Greyling `n nuwe Walther.404 loop voor te berei om skroefdraad vir die loop (55 grade skroefdraad ) met die korrekte kopsspasie te sny sodat die loop pragtig pas en die slot met die korrekte druk oor die rondte toemaak. Ek kon duidelik sien dat die Walther loop in `n klas van sy eie is, die Duitsers mag maar.

Johan verwag die ander vier Walther lope binnekort. Daar word nou in alle erns gebou aan die .404 Jeffery gewere. Die tyd wat nou voorle gaan regtig vir my van groot belang wees, spesifiek waar ek soos gister die praktiese uitvoering aan `n teoretiese aspek soos "kopspasie" kon gee en verstaan wat dit behels om die korrekte kopspasie vir `n geweer daar te stel.

Dit is `n voorreg om so`n talentvolle wapensmit soos Johan Greyling in aksie te sien, en dan het hy nog die tyd om na gelang van my vrae `n sinvolle verduideliking te gee deur die praktiese sny en bepaling van die skroefdraad en korrekte kopspasie.

Ek sal so gou moontlik my kamera moet herstel om weer die nodige fotos op te laai vir lede wat belangstel om die prosesse te kan volg met die toelug van fotos om `n beter perspektief te verleen aan die prosesse.

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Mar 09, 2014 8:31 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Ek was gelukkig om 6mm swaelstert freesmasjien snybeitels op te spoor. Dit is `n item wat baie skaars is, daar is gelukkig nog so ses in voorraad wat ook so vinnig as moontlik gekoop moet word vir toekomstige gebruik, die tipe item is dood eenvoudig nie bekombaar in Suid Afrika by SOMTA nie....net vanaf 11mm .

Ek kan nou voortgaan om die voorste korrel en basis te frees sodat die korrel kan inskuif in die basis . So dit lyk of ek weer oppad is om die projek te voltooi. Die week sal ek moet konsentreer om die .404 Jeffery se doppe gelaai te kry, en om aan die .375 H&H Magnum te werk. Afgelope weke was net te deurmekaar om by die kluis uit te kon kom.

Sal so gou moontlik fotos oplaai.

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Mar 12, 2014 10:59 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Ek en Ruan my seun het gister drie ure spandeer om die korrel van die voorste visier te frees en af te werk. Die swaelstert snitte sal vandag gedoen word, ek sal ook weer fotos oplaai van die swaelstert freeswerk. Die koper korrel(bead) sal vandag ook gedraai word. Ek het besluit om weer `n nagskiet korrel te maak wat kan plat slaan vir nagskiet op bosvarke.As die voorste visier klaar is dan moet nog net die finale afwerking en blouwerk gedoen word.

Heel laaste sal ek die scoutscope ringe/basisse monteer op die 1/4 rib v-visier se plat basis.

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Mar 19, 2014 8:29 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Ek is amper klaar met die voorste visier en korrel. Ruan help my met die werk, jammer ek kan nie fotos plaas nie maar my kamera se geheue kaart slot is aan skerwe...ek moet die kamera binnekort gaan ingee dat ek darem weer fotos kan oplaai, `n skakel sonder fotos is soos `n mooi storie boek sonder goeie prentjies... ;D ;D

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 21, 2014 8:07 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Ruan het vandag die voorste koper korrel op die draaibank vir my gedraai. Ek het vandag die voorste visier voltooi en die koper korrel op die visier vas gesoldeer nadat ek `n 1 mm gatjie geboor het om die skag van die koper korrel in te druk en vas te soldeer.

Ek sal more die visier op die "barrel band " silversolder en dan moet die kroon gesny word, die kroon is nie konsentries nie en my veroede is dat ek `n baie beter groepering sal skiet met die kroon wat weer mooi gesny gaan word.

Ek oorweeg dit nou ook om die patroon kolf magasyn in die kolf inte bou, dit sal regtig `n klassieke voorkoms verleen en ook vier rondtes kan stoor wat ook die kolf swaarder sal maak en die terugskop sal verminder...selfoon fotos is maar van swak kwaliliteit....
Image
Image
Image
Image

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Mar 22, 2014 8:37 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Ek en Ruan het vandag `n tromp reamer gefrees om die .375 H&H Magnum te sny , ek moet nog die lemme skerp maak en verhard, Johan Greyling het my deur elke stap geneem om die reamer te kon maak. My .375 H&H Magnum is nou baie na aan voltooi.

Ek gaan nou definitief `n kolf magasyn in die kolf van die .375 H&H Magnum inbou. Die voorste visier en korrel het regtig baie mooi uitgekom...ek sal Maandag fotos oplaai.

Die bouproses sal binnekort afgehandel wees.

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Mar 24, 2014 6:49 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Posts: 4021
Location: Moreleta Park; Pta
Daai kolfmagasyn in die fotos lyk sommer baie bakgat!! Ek reken dit sal verseker n ekstra stukkie eie aan jou geweer verleen.

_________________
Veiligheid eerste manne!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Mar 24, 2014 7:01 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Dankie Pierre
Ek gaan die kolf magasyn insit om `n klassieke voorkoms aan die geweer te gee. Dit gaan my sommer meer tyd agter die freesmasjien gee. Ek wil regtig die paar dae gebruik om afrondingswerk te begin doen.

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Apr 04, 2014 9:31 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Posts: 251
My bek water nou behoorlik! Desember moet aankom! Baie netjies oom Gert! Vir interresantheid, hoeveel uur +- het oom tot dusver spandeer op daai geweer?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Apr 04, 2014 9:50 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Rommel, ek fokus nie regtig op die hoeveelheid ure nie, ek gebruik die tyd wat tot my beskikking is, in die begin wou ek net klaar kry, maar later het ek stadiger gewerk omdat ek ook ander werke in die kluis begin doen het soos grip caps, masjiene regmaak, ander items frees en draai op die draaibank.

As Johan met `n spesifieke werks prosedure besig is het ek saam met hom dit gedoen om my kennis ook op te skerp en te leer. As ek dan tyd het werk ek aan die geweer. Hierdie is `n totale leerproses wat ek mee besig is, ek het ook my seun Ruan hierby betrek en hy werk al slim op die draaibank en freesmasjien, ons doen dinge saam en hy leer baie vinniger as ek.

Ek weet die geweer gaan klaarkom, ek weet ek gaan eers alles op die geweer doen wat ek graag wil doen, as die geweer dan klaar is, sal ek tevrede wees. Die geweer sal nooit verkoop word nie, dit sal na my seun Ruan toe gaan en aan sy seun gegee word omdat ek en hy soveel ure saam spandeer het. Tyd is nie `n faktor in my lewe nie, niks jaag my nie, daar is tyd vir alles en elke proses werk ek aan op my tyd.

Hierdie is my geweer op my tyd gebou, ek geniet elke oomblik want dit gaan ook verby. Ek kan noem dat ek nou meer as twee jaar besig is, maar nie net op die geweer nie, maar met vele ander fasette in die kluis, die wapenwinkel van Johan Greyling my mentor.

Ek begin binnekort met `n Turkse Okkerneut kolf vir my .404 Jeffery, ek wil die oorspronklike kolf afhaal en wegpak in my kluis, die kolf is te lank, Johan het gese ek moet nie aan die kolf sny nie maar liewer `n nuwe kolf bou wat presies `n replika van y .375 H&H Magnum gaan wees, die kolf gaan net sterker en swaarder wees en lekker hanteerbaar wees.

Dankie vir die belangstelling, dit word waardeer.

Gert

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Apr 05, 2014 8:06 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Posts: 3698
Location: Pretoria
Gert hoop ek sien jou volgende week.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Apr 05, 2014 9:41 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Frederik, ek het al die .404 Jeffery doppe "gesize" om mooi in die kamer te pas, hierdie keer behoort ek makliker die slot te "cycle". Sover is alles in plek om my eerste BASA te skiet. Ek sien uit daarna. Daar sal seker `n tyd wees om te braai na die skietwerk? Ek wil darem met die gesig agter die forum gesels... :laugh: :laugh:

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Apr 05, 2014 9:44 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Hierdie week wil ek fokus op die afronding van die voorste visier/korrel basis. Die visier/korrelbasis moet "gesilver solder" word. Dan moet oortollige "silver solder" verwyder word en die geweer se v-visier moet ingeskiet word op vyftig meter.

Ek gaan die .375 H&H Magnum zero op vyftig meter , die eerste klappie visier op honderd meter en die tweede klappie visier op twee honderd meter wat nie regtig relevant is nie want op daardie afstand sal die scout scope die werk doen. My ghost ring sal van vyf meter tot op vyf en sewentig meter gezero word. Hierdie geweer sal uitsluitlik vir my BASA skiet dae gebruik word.

Ek sal vroeg volgende jaar die Leupold Scout scope aankoop en op .375 H&H Magnum sit.

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 444 posts ]  Go to page Previous  1 ... 13, 14, 15, 16, 17, 18  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group