JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Mon Oct 21, 2019 8:12 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 30 posts ]  Go to page Previous  1, 2
Author Message
PostPosted: Tue Nov 26, 2013 8:50 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Posts: 1441
Gert
Jy het my gevra om kommentaar te lewer oor die vorming van die doppe.
Dis een ding om 'n dop te meet wat een keer gevuur is en iets heel anders om sulke doppe gereeld te gebruik en hulle herhaalde male te herlaai. Ek is nog nie oortuig dat 'n mens dit moet doen nie. Miskien word ek heeltemal verkeerd bewys.

Ek weet net as ek 'n .404 gehad het sou ek regte .404-doppe daarin gebruik het.
Sterkte met jou projek.
Mooi loop


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Nov 26, 2013 1:45 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Dankie Koos, meeste manne het dieselfde opinie as jy, wat verstaanbaar is, dit was `n interessante eksperiment.

Ek dink ek het bereik wat ek wou en dit is dat `n mens eers maar dinge prakties moet uitwerk voordat `n teoretiese besluit gemaak /oordeel /gevolgtrekking gemaak word. Nadat alles gese en gedoen is is ek oortuig dat dit werklik `n werkbare oplossing is onderhewig aan `n absolute te kort /onverkrygbaarheid van .404 Jeffery doppe. Ander doppe kan ook gevuur vorm word om ook in die .404 Jeffery te pas .

Ek sal in elke geval liewer .404 Jeffery doppe aankoop om my .404 mee te skiet. As daar eendag regtig vorentoe glad nie meer .404 Jeffery doppe vervaardig word nie (wat nooit sal gebeur nie want ek dink die .404 Jeffery kaliber is hier om te bly, CZ en ander maatskappye maak die kaliber . Ek dink daar gaan definitief `n toename in die beskikbaarheid van doppe wees.

Dit is amper maar dieselfde toe daar `n groot tekort net na die tweede wereld oorlog/depressie jare was dat mense sulke eksperimente gedoen het want nood leer bid.... ;D ;D

Miskien die grootste les wat hier uit geleer kan word is dat alles is moontlik, baie dinge wat onmoontlik lyk kan vermag word as daar `n wil is , is daar `n weg. Net omdat jy as persoon nie `n spesifieke metode probeer het nie , is dit nie te se dat dit nie gedoen kan word nie, ook omdat jy as persoon baie kennis op een gebied het beteken nie dat jy as persoon absoluut alles van daardie gebied/item/prosedure weet nie. Ek hou altyd hierdie idee/gevolgtrekking in my agterkop sodat ek nie `n ander persoon afskiet wat anders as ek redeneer of dink nie, `n fout wat deur ons almal te maklik gemaak word.... ;D :laugh: Maar ek trap nog steeds in daardie gat.... :( ;D :o

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Nov 26, 2013 2:12 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Posts: 1441
Gert
Jy is reg, nood leer bid. En as jy .375-doppe kan gebruik dan is dit goed so. Hoop dit werk alles mooi uit vir jou. Almal wag nou net in spanning vir die foto's van die bokke wat jy gaan jag.
Mooi loop


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Mar 22, 2014 8:31 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Vir die manne wat belangstel, ek en Johan Greyling het weer vandag .375 H&H Magnum doppe begin vuurvorm, ons het nou `n groot hoeveelheid .375 H&H Magnum doppe beskikbaar en het MP200 , 15gn kruit en mieliemeel gebruik om die eerste fase vuurvorm te doen. Ek draai nou `n bus wat .44 Magnum(.429") gietpunte na .423 " diameter gaan vormdruk(swage). Die punte druk ek met die loskop senter deur die bus , wat in die vaskop vas geklem is .

Dan kan ek die punte net seat en die finale vorm proses doen deur weer MP200 , 15gn en mielemeel die punt uit te skiet om `n finale gevuurvormde dop te kry. Ek sal ook "annealing" doen voor ek die laaste vuurvorm werk doen.

Hierdie doppe gaan ek gereeld skiet om te kyk hoe lank die lewensduur gaan wees voor die doppe se nekke skeure begin kry.

Dit sal die finale fase van hierdie eksperiment inlei. Dan behoort ek met sekerheid te se hoe geslaagd die proses is en of die proses volhoubaar is...Enige vrae is welkom as iemand meer oor die eksperiment wil hoor....ek wil uitwys dat die proses onder beheerde toestande geskiet en dat alle nodige veiligheids maatreels nagekom word...

Ek het ook dan vandag my .404 doppe mooi "gesize" dat hulle perfek in my .404 Jeffery se kamer pas, Johan het my daarmee gehelp. Ek het nou die resize dies mooi vasgestel op die mates en sal nou elke keer dieselfde dop mates kry.

Vandag het ek en Ruan tyd spandeer om `n tromp reamer te frees waarmee ek my .375 H&H Magnum se tromp gaan sny, al die verduidelikings het met sketse vanaf Johan gekom, ons twee (ek en Ruan ) se eerste poging was nie suksesvol nie maar die tweede poging het baie goed uitgewerk, pa en seun samewerking is heel suksesvol... :laugh: :laugh: Ek sal selfoon fotos oplaai van die proses....

Ek geniet werklikwaar die tyd wat ek in die kluis spandeer en leer elke dag iets nuuts van Johan Greyling, dit is werklik `n voorreg...

Ek hoor graag van julle....

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 09, 2014 8:50 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Sommige drade/posts het opvolg stories soos die een.... ;D ;D Ek het vandag 47x .375 H&H Magnum doppe na .404 Jeffery wat reeds `n vorige keer half gevuurvorm was vandag finaal gevuur vorm...dit was regtig heerlik om die .404 Jeffery 47x keer vandag te skiet...ek het al die vuur vorm werk uit die vuis uit gedoen en die .404 Jeffery is werklik baie akkuraat...ek sal fotos oplaai van die doppe want hulle is nou eers in die tumbler .....nou kan ek mooi boekhou van hoeveel keer ek die doppe kan herlaai voor daar enige krake en stukkende merke in die doppe voorkom...hierdie is `n eksperiment wat redelik baie keer opdateer gaan word...

My volgende projek sal wees om .300 H&H Magnum doppe te vuurvorm na 8x68 S doppe...ek dink selfs daaraan om weer die .375 H&H Magnum doppe ook vir die 8x68S vuurvorm werk te doen...

Image
Image
Image

Die twee doppe regs is reeds uitgeblaas, die regterkant se rondte is nog half pad gevuur vorm...ek sal beter fotos oplaai as die tumbler werk klaar is en die doppe skoon is...

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 30 posts ]  Go to page Previous  1, 2

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group