Nimrod 9.3x72R 12ga combination gun

Guys who collect arms can have a chat here/Versamelaars kan hier vergader.
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 799
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Location: Ermelo
Contact:

Re: Nimrod 9.3x72R 12ga combination gun

Post by Ralph Badenhorst » Sun Mar 16, 2014 7:25 pm

Goeie naand manne

Ek't die aksie van die Nimrod geCase Harden. Ai ek kan myself skop. My Canon kamera is altyd saam my en neem altyd fotos af in die werkswinkel - toe ek eers by die huis kom vanmiddag toe besef ek die kamera le in die toolroom. So ek kan nie fotos van die loop wys nie. Ek't toe die ou mik en druk nader gesleep vir die aksie - jammer vir die swak kwaliteit. So 4 fotos geneem toe is die ding se battery ook pap - los maar vir more.

Groete

Ralph jr.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/cch%20nimrod/N8_zps017e64a3.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/cch%20nimrod/N7_zps45a1a2b6.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/cch%20nimrod/N9_zps40357293.jpg[/image]

User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 799
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Location: Ermelo
Contact:

Re: Nimrod 9.3x72R 12ga combination gun

Post by Ralph Badenhorst » Tue Mar 18, 2014 9:56 pm

Naand manne

Ai dinge gaan mal by die werkswinkel vir HUNTEX - ons is intussen ook besig om n nuwe toolroom te bou vir ons nuwe Switzerse CNC mill wat in SA land na HUNTEX.

Die Nimrod se loope is kla en lyk heel spogerig - Ek't die tradtionele "Birmingham blacking" metode gebruik om die loope af te werk. Die afwerking wat ek aangewend het word deur die groot kanone soos H&H, Purdey , Piotti ens. gebruik. Die loope het n hoe glans afwerking - amper soos moderne chemical bluing. Ek sal more n foto neem van die loop en aksie aanmekaar.

Eks ook tussen als besig om n kolf te maak vir n .22 Anschutz wat gebreek het. Die geweertjie het een van daai "integral silencer" en vereis dat die loop se fit en inlet grooter uitgekerf word.

Groete

Ralph jr.

PS: hierdie fotos is geneem gedurende die proses
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/rust%20blueing/IMG_9100_zpsc6478834.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/rust%20blueing/IMG_9141_zps38560e86.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/rust%20blueing/IMG_9112_zps47345dc6.jpg[/image]


User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 799
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Location: Ermelo
Contact:

Re: Nimrod 9.3x72R 12ga combination gun

Post by Ralph Badenhorst » Wed Mar 19, 2014 10:04 pm

Goeie naand manne

Hier is so bietjie mooier foto van die loop.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/308%20te%20koop/IMG_9154_zps042b4bf1.jpg[/image]

Manne ek't in 23jaar baie snaakse gewere gesien wat deur geweersmede op ged()ner is - maar hierdie een vat die koek vir my. Ekt hierdie .22 Anschutz se kolf vandag kla gefit en ingele en is tans besig om die kolf se vorm te rasper/fyl. Vir interessantheid het ek die "integral silencer" uitmekaar gehaal en n hartaanval gekry toe ek sien wat daar aangaan.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/308%20te%20koop/IMG_9152_zpsa91479f5.jpg[/image]

Hierdie .22 Anschutz se loop is AFGESNY!! Ek besit 3 custom 3 Posisie ISSF .22 Anschutz gewere waarmee ek vir 7jaar die wereld vol geskiet het. Nou wat ek weet van Anschutz is dat hulle .22 lope voor ge-choke is en daarom is hulle so bitter akkuraat. Hierdie wapensmid het hierdie loop afgesny op 11 duim.... Na die eerste 5 duim vanaf die kamer is is daar drie 2mm gate regdeur die loop geboor -"porting" soos dit bekend staan - wat nou die gas herlei in die silencer in.
EISH

Foto van die kolf in wording
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/308%20te%20koop/IMG_9183_zpsdf45122e.jpg[/image]

Groete

Ralph jr.

Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1283
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Location: Hamilton NZ

Re: Nimrod 9.3x72R 12ga combination gun

Post by Sangoma (IAN) » Tue Sep 30, 2014 1:06 pm

Baie nice, bring die fotos

Post Reply

Return to “Arms collectors/Wapen Versamelaars”