Page 1 of 1

Ammunisie versamel

Posted: Tue Aug 06, 2019 8:33 am
by Swede
Watter proses word vervolg om magtiging te kry om ammunisie te versamel?

Re: Ammunisie versamel

Posted: Tue Aug 06, 2019 9:20 am
by saswart
Wil jy lewendig versamel? Ken 'n paar manne wat versamel en hulle vat net basies die dop en punt. Geen kruit en slagdop dan is als wettig.

Re: Ammunisie versamel

Posted: Tue Aug 06, 2019 9:26 am
by Swede
saswart wrote:Wil jy lewendig versamel? Ken 'n paar manne wat versamel en hulle vat net basies die dop en punt. Geen kruit en slagdop dan is als wettig.
Vir 'n vriend, het nou artikel 18 gelees en blyk dit dat hy 'n lid moet word van 'n geregistreerde assosiasie en dan aansoek doen vir due permit.

Re: Ammunisie versamel

Posted: Tue Aug 06, 2019 9:50 am
by Jaco vdW
Jy moet n opbetaalde lid wees van n vereniging soos bv RSA Cartridge Colletors Assoc.
Die aansoek (SAPS 520C) lyk maar baie soos n wapen aansoek. Die vereniging help met fyner detail vir die motivering.
Dan kry jy n permit om ammunisie te versamel.
Ek weet ek het baie lank gewag vir my permit. Dit is nie n algemene aansoek nie, so van die DFO reg deur tot in PTA krap hulle bietjie kop, maar as jy uiteindelik daardie paier kry, is dit nogal lekker!

Re: Ammunisie versamel

Posted: Tue Aug 06, 2019 10:15 am
by saswart
Jaco geld dit nie net vir lewendige ammunisie soos gedefineer die wet nie (ammunition means primer or complete cartridge)? Doppe en punte word mos gekoop sonder lisensie?

Re: Ammunisie versamel

Posted: Tue Aug 06, 2019 11:53 am
by andre007
My seun versamel, ek het ook. ons boor maar n gaatjie in die dop en gooi die kruit uit, dan n druppel of so olie om die ontsteker dood te maak.

Ek het aan die begin die koelle getrek met n kinetiese hammer, probleem is om dit weer te set, man gaan nooit al daai patrone setmatryse hê nie.

Hoe wettig my manier is weet ek nie, maar dis maar hoe ek dit doen.

Re: Ammunisie versamel

Posted: Tue Aug 06, 2019 1:35 pm
by Plaashaas
andre007 wrote:My seun versamel, ek het ook. ons boor maar n gaatjie in die dop en gooi die kruit uit, dan n druppel of so olie om die ontsteker dood te maak.

Ek het aan die begin die koelle getrek met n kinetiese hammer, probleem is om dit weer te set, man gaan nooit al daai patrone setmatryse hê nie.

Hoe wettig my manier is weet ek nie, maar dis maar hoe ek dit doen.
Ek is bevrees dat dit onwettig is omrede:
1. Voor die boor was jy reeds onwettig in besit
2. Na die kruid verwyder is, is jy nogsteeds onwettig in besit van amunisie omrede die primer.

Die boor klink ook nie vir my enigsins na n goeie idee nie.

Re: Ammunisie versamel

Posted: Tue Aug 06, 2019 1:49 pm
by andre007
Plaashaas wrote:

So verstaan. Die boor metode maak dit nie wettig nie, die patrone word nie uitgestal nie, dis in houers, die dryfmiddel word deur die gaatjie verwyder en die slagdoppie gekill ingeval die houers val en die skerp punte van sekere koelle nie n ontsteker afsit nie.

Re: Ammunisie versamel

Posted: Tue Aug 06, 2019 3:33 pm
by Jaco vdW
saswart wrote:Jaco geld dit nie net vir lewendige ammunisie soos gedefineer die wet nie (ammunition means primer or complete cartridge)? Doppe en punte word mos gekoop sonder lisensie?
Inderdaad is dit die metode vir lewendige ammunisie

Sent from my iPhone using Tapatalk