Beste vervanging van S365

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Skietstoel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Location: Centurion

Beste vervanging van S365

Post by Skietstoel » Sat Aug 10, 2019 6:17 pm

Dagse al die herlaaiers!
Dit is seker n vraag wat al voorheen gevra is maar ek sit nou in die posisie om n ekonomies geskikte vervanging van S365 te kry wat goed sal werk in beide n Sako 30-06 asook n Sako 243 geweer. Terwyl mens van dryfmiddel verander wil mens kyk na n alternatief wat dalk beter sal vaar met ladings wat beter eienskappe het tov temperatuursensetiwiteit en dalk ook beter dopvulling sal lewer sonder negatiewe effekte op kamerdruk of trompsnelheid.

Ek hoor graag wat julle aanbeveel.

Groetnis
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.

User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4354
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Beste vervanging van S365

Post by ruaanb » Sat Aug 10, 2019 6:24 pm

kyk na Norma MRP. n vriend kry uitstekende resultate in sy 243.

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16465
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Beste vervanging van S365

Post by tripodmvr » Sat Aug 10, 2019 6:34 pm

Ek het MRP gelaai in my 243 RPR, maar nog nie geskiet nie.

Lovex lyk my gaan ons verbaas. Kyk na daardie bespreking en die groepe wat daar met 'n 308 geskiet is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1196
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Location: Kroonstad

Re: Beste vervanging van S365

Post by jankraay » Sat Aug 10, 2019 7:37 pm

Jong tor riviersand is beter as 365....

MRP en VV N550 behoort die pyp te rook. Sal nog sien hoe die Lovex doen soos ander manne hom toets.


Sent from my iPhone using Tapatalk

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1196
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Location: Kroonstad

Re: Beste vervanging van S365

Post by jankraay » Sat Aug 10, 2019 7:38 pm

ruaanb wrote:kyk na Norma MRP. n vriend kry uitstekende resultate in sy 243.
Daai roer het n vrek my groep geskiet vandag.


Sent from my iPhone using Tapatalk

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16465
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Beste vervanging van S365

Post by tripodmvr » Sat Aug 10, 2019 8:18 pm

Joe Rocket het die' groep aan my gestuur wat hy met sy 243AI en MRP geskiet het.
Joe 243AI MRP.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1196
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Location: Kroonstad

Re: Beste vervanging van S365

Post by jankraay » Sat Aug 10, 2019 8:24 pm

tripodmvr wrote:Joe Rocket het die' groep aan my gestuur wat hy met sy 243AI en MRP geskiet het.
Joe 243AI MRP.jpg
Dit is net hy waarvan ek praat Oom.


Sent from my iPhone using Tapatalk

User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4354
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Beste vervanging van S365

Post by ruaanb » Sat Aug 10, 2019 8:49 pm

netso

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 6249
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Beste vervanging van S365

Post by Arnold » Sat Aug 10, 2019 9:36 pm

jankraay wrote:Jong tor riviersand is beter as 365...Image.

MRP en VV N550 behoort die pyp te rook. Sal nog sien hoe die Lovex doen soos ander manne hom toets.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek was nog altyd baie tevrede met s365 maar ek het ook nog altyd die stadige lotte geskiet

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1196
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Location: Kroonstad

Beste vervanging van S365

Post by jankraay » Sun Aug 11, 2019 7:53 am

Arnold wrote:
jankraay wrote:Jong tor riviersand is beter as 365...Image.

MRP en VV N550 behoort die pyp te rook. Sal nog sien hoe die Lovex doen soos ander manne hom toets.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek was nog altyd baie tevrede met s365 maar ek het ook nog altyd die stadige lotte geskiet

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
As daai 365 op n warm dag heel dag in die bakkie was in die Vrystaat is dit n gemorsImage

Lot 81/84 was baas gewees. Ek kan nie iets slegs van dit se nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Skietstoel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Location: Centurion

Re: Beste vervanging van S365

Post by Skietstoel » Mon Aug 12, 2019 8:39 pm

Dankie vir al die insette manne!
Het iemand al IMR4350 op 30-06 of 243 probeer?
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.

Skietstoel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Location: Centurion

Re: Beste vervanging van S365

Post by Skietstoel » Mon Aug 12, 2019 9:14 pm

Moet se daai 5 skote van Joe Rocket lyk uiters indrukwekkend met MRP. Hoe lyk die spoed?
S365 is die dryfmiddel wat ek feitlik altyd gebruik het maar wat my vies gemaak het is dat ek elke keer van voor af moes begin met elke nuwe lot.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.

User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 2642
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Location: Paarl

Re: Beste vervanging van S365

Post by joe rocket » Mon Aug 12, 2019 9:43 pm

Skietstoel daardie lading is tussen nodes. Spoed was 3111v/sek. met 105 Amax. Let wel dis n Ackley Improved met n 28 duim loop moet dit nie najaag nie. Die hoë node is wild. Norma Mrp het meer spoed teen laer druk as Vv. Vv se druk is hoer en spoed minder as mrp in my roer.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

Skietstoel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Location: Centurion

Re: Beste vervanging van S365

Post by Skietstoel » Mon Aug 12, 2019 10:12 pm

[quote="joe rocket"]Skietstoel daardie lading is tussen nodes. Spoed was 3111v/sek. met 105 Amax. Let wel dis n Ackley Improved met n 28 duim loop moet dit nie najaag nie. Die hoë node is wild. Norma Mrp het meer spoed teen laer druk as Vv. Vv se druk is hoer en spoed minder as mrp in my roer.[/quote
Ek kry n skaflike 3264’/s met my 26” loop met 87gr V-Max as ek 42 grein S365 gooi. Dit le mooi op n node en is taamlik akkuraat. Solank ek die resultate kan dupliseer met n ander dryfmiddel, sal ek tevrede wees.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 8882
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Beste vervanging van S365

Post by Capt. Oblivious » Mon Aug 12, 2019 10:46 pm

Skietstoel wrote:
joe rocket wrote:Skietstoel daardie lading is tussen nodes. Spoed was 3111v/sek. met 105 Amax. Let wel dis n Ackley Improved met n 28 duim loop moet dit nie najaag nie. Die hoë node is wild. Norma Mrp het meer spoed teen laer druk as Vv. Vv se druk is hoer en spoed minder as mrp in my roer.[/quote
Ek kry n skaflike 3264’/s met my 26” loop met 87gr V-Max as ek 42 grein S365 gooi. Dit le mooi op n node en is taamlik akkuraat. Solank ek die resultate kan dupliseer met n ander dryfmiddel, sal ek tevrede wees.

Daai is omtrent die spoed wat Rocket n 105gr nou skiet met MRP. Norma se MRP is n lekker kruit in die groter 6mm doppe veral met die 105gr koels maar ek dink die 87s kan dalk bq lig wees vir MRP. Node met my SLR en 105gr VLD was ook so by 3250fps, met n 115gr Dtac raak dit ook lekker
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

RevA
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm
Location: Boshof

Re: Beste vervanging van S365

Post by RevA » Tue Aug 13, 2019 6:44 am

IMR 4350 werk nogal goed vir my as plaasvervanger. N550 werk baie goed in my geweer in die plek van S365, soveel so dat ek dit eerder as S365 gebruik (moet seker ook erken dat dit gerieflik is om net by Wildman/Xtreme/kloppers/ Gerrie Coetzee te kan instap en 'n houer te koop, eerder as om vir weke te bel en te vra of daar al S365 is).
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500

Skietstoel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Location: Centurion

Re: Beste vervanging van S365

Post by Skietstoel » Tue Aug 13, 2019 3:09 pm

Het iemand met n 30-06 enige ervaring van ingevoerde dryfmiddels? Ek wil graag 168gr ELDM’s teiken toe jaag @ so 2860’/s
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 8882
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Beste vervanging van S365

Post by Capt. Oblivious » Tue Aug 13, 2019 3:23 pm

Ek skiet N550 in my 30.06 agter n 215gr Berger en sal nooit weer n ander kruit gebruik nie maar dit kan bq stadig werk vir n 168gr.
H4831 behoort ook te werk en imr4064 is n baie gewilde kruit in die 30.06 met 168 tot 180gr koels.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3184
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Location: Grunau, Namibië

Re: Beste vervanging van S365

Post by tau » Wed Aug 14, 2019 8:07 am

Skietstoel wrote:Het iemand met n 30-06 enige ervaring van ingevoerde dryfmiddels? Ek wil graag 168gr ELDM’s teiken toe jaag @ so 2860’/s
EK laai N560 met 180gr Interbond, maar baie stadige bos lading.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.

Skietstoel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Location: Centurion

Re: Beste vervanging van S365

Post by Skietstoel » Wed Aug 14, 2019 2:05 pm

Dankie vir die inligting! Gewaardeerd.
Ek soek na iemand wat al eerstehands 1000 meter ladings ontwikkel het vir 168grein ELDM’s met ingevoerde dryfmiddels. Nou nie dat ek n wafferse langskoot skieter is nie...
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.

User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 2642
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Location: Paarl

Re: Beste vervanging van S365

Post by joe rocket » Wed Aug 14, 2019 3:45 pm

Skietstoel wrote:Dankie vir die inligting! Gewaardeerd.
Ek soek na iemand wat al eerstehands 1000 meter ladings ontwikkel het vir 168grein ELDM’s met ingevoerde dryfmiddels. Nou nie dat ek n wafferse langskoot skieter is nie...
Jy sal maar self moet gaan toets. Gaan skiet n mini ladder op 800m en kyk dan self waar jou roer se node band lê. 8 skote is al wat jy moet skiet.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

Skietstoel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Location: Centurion

Re: Beste vervanging van S365

Post by Skietstoel » Thu Aug 15, 2019 9:53 pm

Dankie vir almal se insette. Ek sal alle inligting bietjie herkou en n besluit maak. Ek sal toetsladings se resultate hier deel. Daar is n paar alternatiewe dryfmiddels wat kan werk soos Lovex, MRP, IMR, VV. Nou gaan dit om die beste waarde vir geld te kry sodat ek my 243 sowel as my 30-06 optimaal kan voer - verkieslik met dieselfde dryfmiddel as dit moontlik is. Dis waar S365 goed gewerk het vir my.

Groetnis
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.

Skietstoel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Location: Centurion

Re: Beste vervanging van S365

Post by Skietstoel » Sat Sep 07, 2019 11:44 am

Het Hodgdon H4350 in die hande gekry en paar ladings gaan toets op my 243 asook my 30-06.
243 met 87grein V-Max het die volgende getoon: 41gr @ 3274’/s; 41.5 gr @3306;
42 gr @ 3334’/s. Doppe en primers lyk goed. Ek het 26” loop en punte is .3mm van lande af. Tpl 66.70mm. ES lyk goed (2 met 42gr lading en 9 met 41 gr)
Groot vraag is om keuse te maak waarmee gaan ek verder toets? Dink ek sal met 41.5 verder speel en kyk hoe dit groepeer. Enige raad of opmerking sal verwelkom word.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16465
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Beste vervanging van S365

Post by tripodmvr » Sat Sep 07, 2019 12:41 pm

Gaan kyk hier vir ladings, maar let streng op die spoed verkry.

https://www.hodgdonreloading.com/data/rifle

My simulasie in QL het nou wel nie jou dopvolume nie, maar met die spoed van 3334 vps is jy myle hoër as die berekende 3093 vps wat QL vir 'n 87Vmax en 42gr dryfmiddel toon. Dit dui op 2 moontlike dinge :-
1. Jy is in die lande met die koeël, wat die ekstra druk en spoed voortbring.
2. Die spoed wat jy gemeet het is verkeerd.

Met 'n spoed van 3334vps bereken druk as 70K psi. Kyk of jy die spoed kan lees met 'n ander betroubare apparaat. Indien jy seker is oor die spoed kan jy of die TPL korter maak met 2mm of 38.7gr laai en mik vir 3133vps.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

Skietstoel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Location: Centurion

Re: Beste vervanging van S365

Post by Skietstoel » Sat Sep 07, 2019 3:03 pm

Dankie vir jou terugvoer Tripod. My spoed was gemeet met Magnetospeed. Ek het juis weg beweeg van die Chrony af omdat ek al die error lesings verpes het. Sal weer kyk na my afmetings maar ek het die Hornady tool gebruik en die “jump” is maar wat ek al vir jare gebruik het. Daar kan n moontlikheid wees dat my lyman skaal se kalibrasie uit is....
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.

Post Reply

Return to “Long Range Shooting and Hunting/Langafstand Skiet en Jag”