ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 5798
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Post by Eugene » Tue Oct 16, 2018 9:10 am

Ian ja, suiwer uit 'n "scores" oogpunt, lyk dit dalk nie baie regverdig nie, maar aan die einde van die dag is ALRHA 'n jagtersorganisasie en as sulks probeer ons sover moontlik om jag te simuleer. Daarom tel die eerste skote op elke afstand die meeste en word die telling vir raakskote minder soos jy aangaan. Ek dink ook elke organisasie is eintlik maar 'n "work in progress" en moet voordurend groei en aanpas. Verlede jaar het ons 3 of 4 voltellings gehad op die groter gonge. Dit was daarom tyd om aan te pas en te verander. Volgende jaar hoor ek is daar weer nuwe planne, wat 'n goeie ding is. Ek en James praat nogal juis Saterdag daaroor dat toe ons begin het met ALRHA, was daar aan die begin, net so 2 of 3 raakskote uit 100 skote en 20 skuts op die 1000m, deesdae mis min ouens die 1000m backing en al hoe meer plaas al 5 skote op die V-kol... Deesdae kan jy amper net op een afstand 'n fout maak, anders is jy uit die top 5 uit en dis 'n lekker gevoel. Ek dink dit raak ook dalk vervelig en afgesaag as een ou alles wen en die eintlike kompetisie is vir 2de of 3de plek...
Aim small, miss small

User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1804
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Location: Bronkhorstspruit

Re: ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Post by Smitstertjies » Tue Oct 16, 2018 9:59 am

Uit nuuskierigheid.

Hoe groot is julle gonge?Is die backing plate ook n hit? Is die V gong (Ek neem aan insert) net vir n count out of tel hy meer punte?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm

Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Location: Hamilton NZ

Re: ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Post by Sangoma (IAN) » Tue Oct 16, 2018 11:25 am

Daai gonge was tennis balle op 600m....hahaha

Is die scores al erens geplaas?

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 5798
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Post by Eugene » Tue Oct 16, 2018 3:14 pm

Smitstertjies wrote:Uit nuuskierigheid.

Hoe groot is julle gonge?Is die backing plate ook n hit? Is die V gong (Ek neem aan insert) net vir n count out of tel hy meer punte?
Ek praat onder korreksie, maar ek dink op 1000m, 900m en 700m is die backing is 2 moa groot en die insert is 3/4 moa op elke afstand. Op 600m is die gong 300mmx300mm, op 500m is dit 250mmx250mm, op 400m is dit 200mmx200mm en op 300m is dit 150mmx150mm.

Dis nie vrek klein nie, maar die kleiner gonge is vierkantig en hang soos 'n diamant vorm, met een punt na bo en as jou elevasie nie spot-on is nie, gaan die wind jou 'n poets bak...

Op 1000m, 900m en 700m, tel 'n hit op die backing as 1 punt, ongeag watter skoot en die hits op die insert, tel 5 vir 1ste skoot, en dan 4,3,2,1 vir elke daarop volgende skoot.
Aim small, miss small

User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1804
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Location: Bronkhorstspruit

Re: ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Post by Smitstertjies » Tue Oct 16, 2018 4:13 pm

Eugene. Ek dink dit is n briljante formaat wat julle daar het. Om die 3/4 MOA insert op 1000m 5 uit 5 keer raak te skiet is nie maklik nie. Dis basies n 200mm gong.

Ons moet planmaak om n Bronkies span erens volgende jaar daar by julle uit te kry.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm

Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Location: Hamilton NZ

Re: ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Post by Sangoma (IAN) » Thu Oct 18, 2018 2:35 pm

Varmint Klas

Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2579
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Location: Centurion

Re: ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Post by Jean Marais » Fri Oct 19, 2018 10:58 am

Smitstertjies wrote:Eugene. Ek dink dit is n briljante formaat wat julle daar het. Om die 3/4 MOA insert op 1000m 5 uit 5 keer raak te skiet is nie maklik nie. Dis basies n 200mm gong.

Ons moet planmaak om n Bronkies span erens volgende jaar daar by julle uit te kry.
Smittie, ry tot daar by ons in Centurion en dan kan jy saam met ons Parys toe ry volgende keer...
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1127
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Post by swc-tr » Fri Oct 19, 2018 1:57 pm

Doornkop skietbaan buite Middelburg is baie nader, met geen wind nie........................................
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."

User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5963
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Location: Vaalpark Sasolburg

Re: ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Post by Marc » Fri Oct 19, 2018 2:13 pm

Dagse

Hier is solank die uitslae namens die exco

Hunter klas

Image

Varmint klas

Image
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner

User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5963
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Location: Vaalpark Sasolburg

Re: ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Post by Marc » Fri Oct 19, 2018 2:14 pm

swc-tr wrote:Doornkop skietbaan buite Middelburg is baie nader, met geen wind nie........................................


Waar's die uitdaging in dit ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1127
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Post by swc-tr » Fri Oct 19, 2018 2:16 pm

Jy het mos al daar geskiet, jy sal weet!
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."

User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5963
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Location: Vaalpark Sasolburg

Re: ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Post by Marc » Fri Oct 19, 2018 2:16 pm

Ammion wrote:Kondisies was baie moeilik, maar het dit baie geniet. Het wel geleer dat as jou eerste 3 skote hits is - het jy nie noodwendig die resep nie en moet jy maar aanhou kyk wat die wind maak.

Baie dankie aan die manne wat gehelp het met raad en advies. Ek onthou net voordat ek 1ste skoot op 500m skiet het die RO (dink dit is Marc) vir my gevra of ek bewus is dat gonge op 537m is en nie 500m nie - sonder daai hulp sou my telling anders gelyk het.

Groot plesier, toe ek sien julle manne range nie kon ek dit darem nie net daar los nie ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner

User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5963
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Location: Vaalpark Sasolburg

Re: ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Post by Marc » Fri Oct 19, 2018 2:17 pm

swc-tr wrote:Jy het mos al daar geskiet, jy sal weet!
Ja ja elke baan het sy uitdagings ! Trek net jou been
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner

User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3426
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Location: Kempton Park

Re: ALRHA Skiet Dag 13 Oktober 2018 - Parys

Post by JPS » Fri Oct 19, 2018 5:44 pm

Ja nee Schalk stem saam Doornkop het nooit wind nie.

Wanneer ek daar skiet is dit meer storms. Sommer so dat afstande gekanseleer word omrede die teiken rame breek ++>: ++>:

Post Reply

Return to “Long Range Shooting and Hunting/Langafstand Skiet en Jag”