Bisley op elektroniese skywe

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1122
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Bisley op elektroniese skywe

Post by swc-tr » Fri Feb 08, 2019 11:23 am

21ste eeu Tegnologie word nou ingespan by Bisley in Suid-Afrika.

Die afgelope naweek Saterdag 2 Feb 2019 is die eerste provinsiale Bisley kompetisie in die RSA geskiet op elektroniese skywe tydens die Mpumalanga Ope Bisley te Doornkop-skietbaan, buite Middelburg.

Daar is gebruik gemaak van 4 elektroniese SMT skywe, waarop die TR (gaatjie visier) skuts geskiet het, oor afstande vanaf 300m tot 900m.
Die SMT stelsel gebruik 4 sensors op elke hoek van die skyf, (elke sensor het 2 akoestiese mikrofone) wat die klankgolf van die koeel opvang, en die posisie van die skoot bepaal.
SMT electronic target frame.jpg
SMT SOLO stelsel.jpg
Die skuts sien hul skote op n monitor (tablet of slimfoon) by hom op die vuurpunt, die posisie, telling en oorblywende snelheid word aangedui.
ET SMT Kiss display.jpg
Die dag was 'n reuse sukses met die elektroniese skywe, geen problem of haakplekke was ondervind nie.
Dit maak dat skyftrekkers nou oorbodig word, en dat die skiet baie vinniger, merkery meer akkuraat en regverdig vir almal is.

Nog fotos van die dag volg hierna.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1122
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: Bisley op elektroniese skywe

Post by swc-tr » Fri Feb 08, 2019 11:26 am

Nog fotos van die elektroniese skywe en rame.
ET frames prep.jpg
2019 MP TR ETs.jpg
ET display monitor.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1122
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: Bisley op elektroniese skywe

Post by swc-tr » Fri Feb 08, 2019 11:32 am

Nog fotos.
SMT SOLO Display.jpg
Frame AN1.jpg
Monitor.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."

User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3423
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Location: Kempton Park

Re: Bisley op elektroniese skywe

Post by JPS » Fri Feb 08, 2019 11:51 am

Soos altyd was julle skiet goed georganiseerd Schalk, geluk weereens aan die MP span.

Vir eens het jy nie die waarheid te snaaks gepraat toe jy se daar word min wind gereel nie ++>: ++>:

Baie geluk ook met julle inisiatief om die kinderhuis betrokke te kry en geld in te samel vir hulle op die dag. Baie groot van julle.


Die nuwe elektroniese skywe is ongelooflik en ons by Gauteng Bisley is sterk oppad om dieselfde te implimenteer (synde al ons baan se skywe geskenk is aan een of die ander skroot werf :-X )

dit is baie leker om op 'n teiken te skiet en jy kry onmidelike terugvoer van waar jou skoot getref het. die stelsels is spesifiek ook gemaak vir individue. Dink net watse mooi leertjie toetse jy nou oor lang afstand kan skiet en al die data sommer op jou tablet stoor of selfoon....

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1122
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: Bisley op elektroniese skywe

Post by swc-tr » Fri Feb 08, 2019 12:07 pm

Dankie Jan

So paar fotos vir julle gebreklike blindes....... >:D >:D
F1.JPG
F-TR.JPG
F-Ope.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1122
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: Bisley op elektroniese skywe

Post by swc-tr » Fri Feb 08, 2019 12:34 pm

Dankie ook aan Herme en Johan van CMH Precision wat ons gehelp en bygestaan het met die SMT elektroniese stelsel.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."

User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5963
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Location: Vaalpark Sasolburg

Re: Bisley op elektroniese skywe

Post by Marc » Fri Feb 08, 2019 3:15 pm

JPS wrote: Die nuwe elektroniese skywe is ongelooflik...
Die SMT Solo teikens is absoluut net in hulle eie klas en daar is geen twyfel dat hierdie die toekoms is nie !

Dit was my derde geleentheid om hulle in aksie te sien tydens kompitiese en ek kan nie wag om hulle by elke byeenkoms in gebruik te he nie.

Dankie Herme en CMH vir die harde ure wat julle insit om skietdae soveel gladder, gemakliker en effektief te laat verloop. Self die ontwikkelaars in SA gehad om die sagteware te optimiseer na ons behoeftes, julle is ysters vir wat julle doen vir ons skiet gemeenskap
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner

Post Reply

Return to “Long Range Shooting and Hunting/Langafstand Skiet en Jag”