Swak dag op die baan

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1099
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Location: Kroonstad

Swak dag op die baan

Post by jankraay » Mon Jun 24, 2019 8:44 pm

Nou ja manne ek gaan die ys breek en die ene begin.

Ek ry volgende week die 3de Julie tot en met die 8ste Tierkop toe vir ons lang afstand jag.

Ek het seker 4weke laas aan my LA roer gevat en besluit ek sal moet seker maak al my goed is reg voor ek die jag aanpak. Ek is die naweek wat kom nie by die huis nie so dit moet in die week gebeur.

Ek ry vanmiddag uit baan toe en slaan die springbok gong op. Ry terug en sien ons is op 967m. Ek is so opgewonde soos n klein kind op kersdag oor daar nie erge wind is nie(3mph) en hy kom direk uit 9uur uit

Ek gaan le, maak seker alles is reg(DA, Azimuth, Latitude en geweer profiel) maak seker van my asemhaling en laat waai. Skoot is net bietjie regs onder die nek deur. Pas toe my wind en en hou bietjie regs vir die ekstra wind wat ons van nerens af kan sien nie. Skoot gaan af en nog geen hit nie ek bly laag.

Na skoot 12 bly daai gong so der n swart kol en hier begin ek oral fout soek. Ek het geen tools saamgevat nie so ek kan nie kyk of al die skroewe vas is nie maar nou ja, na my laaste oefen sessie so glad verloop het kon ek nie dink daar sou n fout wees nie.

Ek kom toe terug 450m en die 1ste skoot is hoog en regs maar n hit. Stel toe terug in die wind in en sak 1 click(0.1 Mil) skiet toe in die middel maar laag. Skiet nog 2 skote wat altwee in die middel is en stel toe weer vir 967m. Ek skiet toe 1ste skoot en daarsy...bok beweeg mooi skoot op die blad. 2de skoot is toe CMH en ek is gelukkig met hom ook. Die skote is toe baie naby aan mekaar.

Ek besluit toe om my 3de skoot te skiet en hier begin die gemors. Hy hit 0.8mil laag op daai afstand (77cm). Die volgende skoot slaan so 50m voor die bok die grond. Nou ja hier besluit ek toe om sommer strings te skiet want my dinges is nou mooi in n krul getrek.

Besluit toe om eerder op te pak want dit is my slegste rekord ooit. Ek skiet met amper geen wind 2/30 raak onder 1000m en dit is vir my onanvaarbaar.

By die huis vra ek n paar vriende vir raad waar een uit wys dat ek na my aksie skroewe moet kyk. Ek het toe al klaar die ringe en alles beloer en hulle almal is reg. Draai die roer om en daar sit die gemors. Die voorste aksie skroef is 2 rotasies los en ek draai hom glad met die hand.

Hier is wat ek geleer het vandag:

- Jy kan dink jou goed is reg maar maak eerder seker.
- na jou 5de skoot nie reg is nie en jy is seker gewees van elke skoot stop eerder en begin soek na die fout.
- Vat van nou af my torque wrench en skroewedraaier stel saam baan toe asook my gun vice.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Toxxyc
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Pretoria

Re: Swak dag op die baan

Post by Toxxyc » Tue Jun 25, 2019 6:55 am

Kyk ek wil nie snaaks wees nie, maar as ek net 'n bok kan skrikmaak op 967m sal ek gelukkig wees, om nie te praat van raakskiet nie!

User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 702
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Location: Brackenfell, Kaapstad

Re: Swak dag op die baan

Post by Springkudu » Tue Jun 25, 2019 7:28 am

Toxxyc wrote:Kyk ek wil nie snaaks wees nie, maar as ek net 'n bok kan skrikmaak op 967m sal ek gelukkig wees, om nie te praat van raakskiet nie!
;D ;D ;D Se ek ook mos!!!!
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7

Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am
Location: Benoni

Re: Swak dag op die baan

Post by Gbyleveldt » Tue Jun 25, 2019 7:53 am

Jy kon op kantoor gesit het en na kliente se gemoanery geluister het...

Maak nie saak hoe gagga my skiet dag was nie, ek loop altyd daar weg met n nuwe stel lesse. Dis partykeer frustrerend maar meeste kere konstruktief.

User avatar
Blitzzz
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 270
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Location: Mossel Bay

Re: Swak dag op die baan

Post by Blitzzz » Tue Jun 25, 2019 7:55 am

Om te sukkel is nie lekker nie. Aksie skroewe en voorste mount het my al lelik laat sweet. Dit maak dit effe makliker as jy weet die geweer het voorheen mooi geskiet. Met n nuwe geweer smokkel my kop altyd eers bietjie met my.
Maar ja, dit bly lekker as jy daai probleem kan isoleer en als is weer terug na normaal.

Om die draad aan te help, wat is daar als om na te gaan op die geweer?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Sako 308 Win
Winchester 30-06 Spr

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 8738
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Swak dag op die baan

Post by Capt. Oblivious » Tue Jun 25, 2019 8:57 am

Toema Jan, met Saterdag se shoot wat nou verby is sien ek ek het nog 11 gelaaide patrone oor van toe ons by Frans gaan jag het so maand en n half of wat terug en dink met die laai die week ek gaan somer die 11 in gooi vir die CBC en eerste 2 relays en laai toe nuwe vars ammo soos ek altyd maak (doppe voorbery maandag en kruit en koel Woensdag om Saterdag te skiet) vir die laaste 3 relays. Manne se mos jy moet ammo bq laat staan so daar kan seker nie te veel fout wees nie en as daar n bq verksil in elevasie is sal ek dit vinnig op die CBC sien en stel vir dit op die 1000m gong.

Eerste skoot op CBC is ek tussen 1.5 en 2MOA laag op 1000m op daai springbok gong en my tor val af en ek vergeet van die 2 batches ammo.Na n relay van net n gesukkel is ek so demoer in sonder om te dink aan wat aan gaan, ek dink ek het 2 punte gemaak op die eertse 2 realys maar so leer ons mos elke dag iets.

Natuurlik pas ek toe alles aan met 1.5moa en op die 700m met die regte ammo is ek toe weer los bo oor die tyken, gelukkig het ek rustig geraak voor daai relay en die 1.5moa af gehaal na die eerste skoot en terug na my app se nommers gegaan toe lui die goed dam weer bq
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4288
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Swak dag op die baan

Post by ruaanb » Tue Jun 25, 2019 9:45 am

Note to self....check skroewe na geweer laas week by geweersmid was.

User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 922
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Location: Springs

Re: Swak dag op die baan

Post by JacquesT (Stompe) » Tue Jun 25, 2019 10:17 am

Ja nee Jan, die hoeveelheid goed wat kan verkeerd gaan met ons sport is dikker as 'n HAT.

Ek het Saterdag met die CBC ook los bo oor die teiken geskiet met seker 'n meter. Na kop krap en terug na my App sien ek dat ek op my Creed se profile was terwyl ek met die Dasher skiet. Dit het ook al gebeur dat ek 'n verkeerde koel in my geweer profile op Sterlok gehad het (was 'n 7mm Sierra of iets ipv 6.5mm Hornady) en dit eers halfpad deur die shoot agter gekom, na ek omtrent nie 'n gong kon raak skiet nie.
The easiest part of long range hunting, is pulling the trigger.

Toxxyc
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Pretoria

Re: Swak dag op die baan

Post by Toxxyc » Tue Jun 25, 2019 10:35 am

Ek het al gesien hoe 'n oom met slegte oë aanhou bokke miskkiet, self op afstande onder 100m en oor rus. Eers na die hoeveelste misskoot sit ons hom op die baan en toe die eerste doppie uitkom sien ek ".243 Win" op die dop. Die geweer was 'n .308 Win. Hy het die verkeerde boksie ammunisie van die rak afgehaal en rondtes uitgegooi in sy sakkie wat hy saamdra veld toe, en dis maar waarmee hy die hele dag geskiet het. Hy het eenvoudig nie die probleem gesien nie, want sy oë is mos vrot, volgens hom.

User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3728
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Location: Tsumeb, Namibia

Re: Swak dag op die baan

Post by FHM » Tue Jun 25, 2019 10:46 am

Toxxyc wrote:Ek het al gesien hoe 'n oom met slegte oë aanhou bokke miskkiet, self op afstande onder 100m en oor rus. Eers na die hoeveelste misskoot sit ons hom op die baan en toe die eerste doppie uitkom sien ek ".243 Win" op die dop. Die geweer was 'n .308 Win. Hy het die verkeerde boksie ammunisie van die rak afgehaal en rondtes uitgegooi in sy sakkie wat hy saamdra veld toe, en dis maar waarmee hy die hele dag geskiet het. Hy het eenvoudig nie die probleem gesien nie, want sy oë is mos vrot, volgens hom.
.243 is mos n 'necked down' .308, so die koel sou in die .308 geweer pas - maar hel dis n lelike fout daai!
Francois

User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 543
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Location: Stellenbosch

Re: Swak dag op die baan

Post by Kallie Fernhout » Tue Jun 25, 2019 11:32 am

So n maand terug skiet ons xsssa. Ons begin die dag op baan een. Die eertse plaat staan so rondom 600m. Altwee die eerste skote is mis maar ook so naby dat en nie kon sien presies waar ek die plaat gemis het. Tweede plaat op die baan staan op 1151m. Lê toe maar weer aan en besluit as die trajek nou nie in is nie gaan ek sommer die my sagteware weer true op die ver plaat wat beter gaan wees. Op daai staduim is die wind stil so daar is maar net n bietjie spindrift betrokke so eintlik kan mens hom net mis op elevasie. Eerste skoot loop en dus raak. tweede skoot ook raak. Dink toe by my self as jy met eerste en tweede skoot op 1150m raak skiet dan moet jou trajek taamlik reg wees. So gaan die dag verder aan. Dan is ek hoog dan is dit laag. Na 12 skote van die 32 skote vir die dag sien ek toe op strelok dat ek vir my 300 WSM n 225gn Hornady skiet maar in werklikheid skiet ek n 208gn en dat die twee verskillende punte se trajek op elevasie net mooi op n 1150m mekaar kruis. Laai toe die regte punt op strelok en daar is altwee my skote dadelik raak op 1218m. Vir die res van die dag mis ek net 3 plate. Kan my gat skop maar kan jou belowe dit sal nie weer met my gebeur nie ;D
Groete Kallie Fernhout
Brno Mod 2 .22
Walther 6XC
Krieger 6XC
Bartlein 6BR
Sako TRG 300 Winmag Krieger
303 lee enfield
Haelpomp
.38 Special
9mm Glock

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1099
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Location: Kroonstad

Re: Swak dag op die baan

Post by jankraay » Wed Jun 26, 2019 8:27 am

Image

Ek sien ek het nog werk oor om seker te maak al my somme en “dope” stem ooreen met mekaar maar ek kon na die aksie skroef vas gedraai is die groep op 1200m skiet gister.

Ek moet by se dat ek die 1ste 4 skote los bo oor daai plaat geskiet het. Ek dink die skroef was met die vorige zero sessie reeds los en dit kan dalk die probleem wees. Volgens my app en spoed wat ek skiet moes ek 9.5 Mrad(32.5 MOA) op gestel het en het my hit langs die kol regs bo gehad op 9.1 Mrad(31.3 MOA).

Ek sal maar alles net bevestig so teen Vrydag se kant en seker maak die dinge is reg voor ek n skoot op n bok vat.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 1402
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Location: Weskus

Re: Swak dag op die baan

Post by Diesel Dog » Wed Jun 26, 2019 10:24 am

Mooi nou is hy weer reg.Is daai tipe doppe wat ek soek het , gelukkig by n ander raak skieter gekry.

Geniet die jag,ek toets my trajek op die dag van die jag net om seker te maak,as dit nie moontlik is nie het ek nie die vertroue om op lang afstand op bok te skiet nie.

DD

User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1435
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Location: Kuilsrivier

Re: Swak dag op die baan

Post by Heinz Petersen » Wed Jun 26, 2019 1:31 pm

Daars hy nou boeta Jan. Is darm net lekker as jy daai plaat op bel afstande tref.
Ek wag net dat Tau weer terug is van Namibia, dan vat ons ook weer daai afstande aan.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 TOMBI; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 2611
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Location: Paarl

Re: Swak dag op die baan

Post by joe rocket » Thu Jun 27, 2019 7:48 am

Appels Janneman, Springbok se kind gaan nie weet wat hom tref op daai afstand nie. Mooi geskiet. Die Leeu moet terug kom laat ons ook weer belafstande kan skiet.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

Post Reply

Return to “Long Range Shooting and Hunting/Langafstand Skiet en Jag”