JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Sep 22, 2019 10:25 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 3 posts ] 
Author Message
PostPosted: Fri Aug 30, 2019 2:21 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Wed Jul 13, 2016 8:54 pm
Posts: 69
Goeie dag almal,

Ek is in die mark vir n goeie betroubare tweedehandse diesel dubbel kajuit bakkie.
My begroting is om en by so R220,000.00 na R250,000.00 wat ek beoog om te finansier so die voertuig kan nie ouer as n 2010/2011 model wees nie.

Tans oorweeg ek die volgende,
- Ford Ranger 3.0TDCi
- Ford Everest 3.0TDCi (nie n bakkie nie maar sal ook die doel dien)
- Isuzu KB300 D-Teq LX
- Mitsubishi Triton 3.2DiD

My voorkeur is n outomatiese ratkas.
Dubbel kajuit en kappie is n moet.
4x4 sal n bonus wees maar nie n vereiste nie.

Die beoogde gebruik vir die bakkie sal wees naweek ritte en die 4 of 5 kamp geleenthede in n jaar.
Daar mag dalk later n klein (onder 650kg) sleepwaentjie aangeskaf word om kamp toerusting mee rond te karwy maar vir nou niks beplande sleep werk nie.
Vroulief sal ook op rotasie met haar eie motor die bakkie elke tweede week gebruik vir kinders by die skool aflaai en daarna werk toe en herhaal, gelukkig sal sy nie aan verkeer blootgestel word nie en n standaard daaglikse roete is nie meer as 5 - 10km vir haar nie.

Ek het vandag n 2012 Isuzu KB300 LX AUTO D/C 4x2 met kappie gaan toets bestuur en was onmiddellik verlief.
Die spesifieke bakkie het maar 106000km op die klokke en is n 1 eienaar voertuig.
Daar is n volle diens rekord en n verlengde 2 jaar AA waarborg wat saam met die bakkie kom vir R248,000.00 BTW en op die pad kostes ingesluit, asook die handelaar is Hayes Motors in Stikland wat ek glo en vertrou ken hulle Isuzu's.

Met die plaas van die draad hoor ek graag julle meninge, raad en waarskuwings toedoen met enige van die bogenoemde fabrikate en modelle, veral so ver as wat die motors en ratkaste betref as dit by betroubaarheid en deins lewering kom.

By voorbaat dankie.

Groete
Richard


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Aug 30, 2019 6:17 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am
Posts: 805
Location: Kimberly
https://www.cars.co.za/mobile/searchVeh ... mission=on

Ek like om te window shop op cars.co.za

Hier is n link vir n 2.2 double cab auto 4x4 ford

As jy 4x4 uithaal en manual vat dat kan jy vir nie te baie n lekker bakkie kry


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Aug 30, 2019 11:08 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Posts: 22
Ek het n 2010 Triton, automaties dubbel kajuit 4x4 3.2L

Ek ruil hom nie in vir enige iets anders nie, dis my dans-kerk-werk-jag-toer voertuig, 2010 model met 210 000km.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 3 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group