JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Thu Jul 18, 2019 8:12 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 8 posts ] 
Author Message
PostPosted: Tue Jul 02, 2019 8:38 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am
Posts: 188
So gaan jag ek laas week in Alldays. Op pad kom ek agter dat my .30-06 se knaldemper skoonveld is. Dis ‘n groot probleem aangesien ek graag my seun iets wil laat skiet, maar die .30-06 bloots skop darem vietjie te erg! En synde dat hy op die baan geoefen het met die knaldemper op wou ek hê dat hy so ook gaan jag.
Ry toe by Safari Outdoor aan en koop nuwe Aimzonic die Sondag. Kom by die huis en knaldemper wil nie pas nie!
Maandag vertrek ons jagveld toe en stop in Polokwane - ek gaan by nog ‘n geweerwinkel aan en koop nog ‘n silencer. Hy pas maar wil nie heeltemaal vol op die skroefdraad draai nie. Ek vra toe by geweerwinkel of daar geweersmid is wat hulle kan aanbeveel. Hulle stuur my na JP Gunsmithing - en watse plesier was dit nie!

Die kort en die lank is hulle pasmaak een van hulle Mamba knaldempers om soos handskoen te pas op my skroefdraad. Hulle neem kneldemper wat ek gekoop het by winkel in Polokwane oor en verrig met die ruiltransaksie diens in effek gratis en verniet.

‘N uur later is ek weer op pad met bielie van knaldemper en die slagoffer van uitstekende diens!

Attachment:
IMG_1865.jpg


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 02, 2019 12:38 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Posts: 77
Location: Pretoria
Liefste aarde ja dit IS goeie diens! Het seuna toe iets gekry?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 02, 2019 1:44 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am
Posts: 188
Ongelukkig nie by Alldays nie - veld was maar baie ruig.
Maar ons het blesbokke gaan skiet by Carolina Saterdag en hy het darem een laat bakkie ry met mooi bladskoot op 330m met my .260.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 02, 2019 2:10 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Posts: 77
Location: Pretoria
Ja ons het dieselfde probleem gehad die laaste twee naweke. Dis so ontsettend ruig ons sien baie, maar kan nie skoot kry nie. Ek moes kans vat om my rooibokkie te kry en dit was amper-amper lelik gewees.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 02, 2019 3:09 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am
Posts: 188
Ja nee my enigste kans was “Texas Heartshot” op rooibok wat ek nie gevat het nie.
Die ander een was 3 bwb wat teen 120km/h oor die pad gehardloop het teen skemer. Ek het daai een ook maar wyslik laat verbygaan...[emoji3061]


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 02, 2019 3:17 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Posts: 77
Location: Pretoria
Eerste keer wat ek hoor van 'n "Texas heart shot". Het baie van daardie geleenthede laat verbygaan die week. My volgende jag laai ek met monos en dan sal ek die kans vat met hulle!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 02, 2019 3:31 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Posts: 2980
Location: Roodepoort
Toxxyc wrote:
Eerste keer wat ek hoor van 'n "Texas heart shot". Het baie van daardie geleenthede laat verbygaan die week. My volgende jag laai ek met monos en dan sal ek die kans vat met hulle!


Wynand,

ek sal nie eers met monos daai kans vat nie. As daai koeel in die maag vassit dan gaan jy ook maar lank soek na die bok.

_________________
Frederick

Quote:
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 03, 2019 7:12 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Posts: 77
Location: Pretoria
FCLoretz wrote:
Toxxyc wrote:
Eerste keer wat ek hoor van 'n "Texas heart shot". Het baie van daardie geleenthede laat verbygaan die week. My volgende jag laai ek met monos en dan sal ek die kans vat met hulle!


Wynand,

ek sal nie eers met monos daai kans vat nie. As daai koeel in die maag vassit dan gaan jy ook maar lank soek na die bok.

Ja ek het al bietjie meer gedink daaroor en dink nie ek sal ooit nie. Dis baie makliker om net bietjie hoër te mik en die kopskoot te vat.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 8 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group