Griep inspuiting - help dit?

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3048
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Location: Citrusdal

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Chevvy SS » Wed Mar 22, 2017 11:09 am

Ek, my vrou en 2 dogters neem al seker die afgelope 10 jaar elke jaar griepinspuitings. Touch wood, maar nie een van ons het al ooit ná die inspuiting of tydens die winter griep of verkoue gekry nie. Volgens my kennis (hoorsê), is dit 'n breëspektrum produk wat meeste van die griepvirusse keer/onderdruk.

User avatar
Toyrsi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Location: Kathu

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Toyrsi » Wed Mar 22, 2017 11:13 am

Johan7 wrote:Jip, ek weet baie mense en duisende rande is op die spel. Ek het self 'n 15 maande oue laaitie wat kort-kort vir inentings moet gaan. In 'n paar gevalle (dalk als) is dit nie wet dat sekere inentings gedoen moet word nie? Ek dink dis goed om die dinge te bevraagteken, en as dit nie wet is nie, gaan ek meer navorsing doen oor die goed. Tans is dit die vrou se afdeling, maar dan gaan ek meer ingryp.
Ek weet van die skole veplig jou om dit te laat doen maar in die wet staan daar niks.
Ons is nie gebonde aan sulke reels nie en ek glo as mens in die hof gaan staan sal n skool nie n keuse he om jou kind weg te wys nie.
Dan sal hulle enige persoon wat HIV is ook moet weg wys.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen

User avatar
Chris (vdB)
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 282
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Location: Bloemfontein

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Chris (vdB) » Wed Mar 22, 2017 12:52 pm

Dankie vir almal se terugvoering, ek gaan hom maar gou kry vanmiddag
BRNO - 30-06 - ZKK600
HOWA - 243 - Stainless
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2 (1968)

junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1055
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Location: Bloemfontein

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by junglejulian » Wed Mar 22, 2017 1:05 pm

Chris ek kry vir die laaste 2 jaar een en dit het my verseker gehelp.Hul bring elke jaar rondom April maand n nuwe een uit.Dit is om die nuwe Variteite(Strains) van die vorige seisoen ook te beheer.So maak net seker jy kry die heel nuutste inspuiting.Jy gaan moontlik n dag of so grieperig voel na die inspuiting maar dit is normaal.Ek vermoed dit is amper n tiepe griep waarmee hul jou inspuit wat jou liggaam dan ook self teenliggame opbou en beter kan veg as jy wel later in die griep seisoen is.

User avatar
Chris (vdB)
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 282
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Location: Bloemfontein

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Chris (vdB) » Wed Mar 22, 2017 1:23 pm

junglejulian wrote:Chris ek kry vir die laaste 2 jaar een en dit het my verseker gehelp.Hul bring elke jaar rondom April maand n nuwe een uit.Dit is om die nuwe Variteite(Strains) van die vorige seisoen ook te beheer.So maak net seker jy kry die heel nuutste inspuiting.Jy gaan moontlik n dag of so grieperig voel na die inspuiting maar dit is normaal.Ek vermoed dit is amper n tiepe griep waarmee hul jou inspuit wat jou liggaam dan ook self teenliggame opbou en beter kan veg as jy wel later in die griep seisoen is.

Dankie Julian, ek het nou bevestig met Clicks, dit is die nuwe voorraad van hierdie jaar wat nou by hulle beskikbaar is
BRNO - 30-06 - ZKK600
HOWA - 243 - Stainless
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2 (1968)

User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 2678
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Pappabeer » Wed Mar 22, 2017 10:21 pm

Goeie besluit Chris.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"I love sleep. My life has the tendency to fall apart when I'm awake, you know" - Ernest Hemingway

.177 .22 (x2) .222 .243 .250 Savage
6,5x55 6,5x57 7x57 (x2) .308 8x60S (x2)
9,3x62 .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16 Br 12 Br (x3) 9mm .44

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3590
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Location: Tulbagh

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Hein M. » Wed Mar 22, 2017 10:34 pm

Toyrsi wrote:
Johan7 wrote:Jip, ek weet baie mense en duisende rande is op die spel. Ek het self 'n 15 maande oue laaitie wat kort-kort vir inentings moet gaan. In 'n paar gevalle (dalk als) is dit nie wet dat sekere inentings gedoen moet word nie? Ek dink dis goed om die dinge te bevraagteken, en as dit nie wet is nie, gaan ek meer navorsing doen oor die goed. Tans is dit die vrou se afdeling, maar dan gaan ek meer ingryp.
Ek weet van die skole veplig jou om dit te laat doen maar in die wet staan daar niks.
Ons is nie gebonde aan sulke reels nie en ek glo as mens in die hof gaan staan sal n skool nie n keuse he om jou kind weg te wys nie.
Dan sal hulle enige persoon wat HIV is ook moet weg wys.
Dit is teen die wet. Toestemmingsvorms word hier by ons streng gekontroleer. Ek kan ook nie vir alle skole praat nie...

User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 2678
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Pappabeer » Thu Mar 23, 2017 1:26 am

Jy is heeltemal reg Hein. Die wet op kindermishandeling is bitter duidelik dat, net soos wanvoeding, fisise, sielkundige en seksuele aanrandig, en versuim tot sorg ofte wel "neglect" alles vorme van kindermishandeling is. Versuim tot gesondheidsorg, wat die WHO se immunisasie skedule op n kind se pad na gesondheid kaart insluit, is dus mishandeling.

Ek was stil optimisties vir n insiggewende gesprek oor immunologie en farmakologie, gesien in die lig van die pas gepupliseerde "infant mortality rate" oor die laaste 30 jaar van dokumentasie in Sub-sahara Afrika.

Stellinge soos benede laat my egter sprakeloos... om nie te praat van n blog van n beroemde conman by name Joseph Mercola wat as feitelike bewys voorgehou word nie.
Toyrsi wrote: Ek weet van die skole veplig jou om dit te laat doen maar in die wet staan daar niks.
Ons is nie gebonde aan sulke reels nie en ek glo as mens in die hof gaan staan sal n skool nie n keuse he om jou kind weg te wys nie.
Dan sal hulle enige persoon wat HIV is ook moet weg wys.

Ns. Giepie, ek stem met jou oopkop mentaliteit, en om dinge op meriete te sien. En ja. N diagnose, in elke industrie bly net mooi dit. n ingeligte raaiskoot, gebasseer op beskikbare inligting en odds. Soms eenvoudig soos n obvious fraktuur, en soms meer oop vir debat wanneer die beeld aanvanklik nog baie vaag is. Vergelyk dit met n werktuigkundige se diagnostics. n CV-joint wat raas is redelik maklik, maar n vae klagte van swak brandstof verbruik en minder krag gaan meer ondersoeke en soms trial en error kos.
"I love sleep. My life has the tendency to fall apart when I'm awake, you know" - Ernest Hemingway

.177 .22 (x2) .222 .243 .250 Savage
6,5x55 6,5x57 7x57 (x2) .308 8x60S (x2)
9,3x62 .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16 Br 12 Br (x3) 9mm .44

User avatar
Toyrsi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Location: Kathu

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Toyrsi » Thu Mar 23, 2017 6:41 am

Pappabeer dis hoekom ek se elke ou kan maar sy eie besluit maak. Daar is al baie navorsing gedoen en ja jy mag meskien dink die mega fabrieke het die beste belange vir jou gesondheid. Maak bietjie oop julle oe mense julle loop met oogklappe en glo alles wat die mega verskaffers vir julle se. Die volgende ding wat julle seker glo is dat suiker wat in vrugte is soos wat die Ou Grote daar bo gemaak is ook maar net suiker is. Gelukkig verskil mense. Jy is welkom om n saak van kinder mishandelik teen my te plaas, dan kyk ons hoe ver kom jy met dit. 200 minute van internet surf se jy.Hahahah. Baie geluk gewen.
Die redenasie is net soos glock VS CZ.
Lekker dag manne.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 5800
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Eugene » Thu Mar 23, 2017 7:59 am

Toyrsi, ek respekteer jou opinie en elkeen het die reg op sy opinie. Ek het maar die inentingsroete gegaan, siende dat ek self daardeur is en nie newe-effekte gehad het nie. My kids is nou 10 en 6 en geeneen het enige newe effekte gehad nie en ook nog geen ernstige siektes nie. Ons gesin moet trouens elke keer onself voorstel aan die huisdokter, want ons sien hom net 1 of 2 keer per jaar vir "minor cuts and bruises" soos die kinders val en seerkry. Daarom glo ek die inentings het gewerk. Die ander rede daarvoor, is dat vriende van ons, ook jou opinie gehuldig het. Welke ek ook gerespekteer het en nog steeds doen. Dit is hulle keuse. Dalk was hulle net vrek ongelukkig en ons vrek gelukkig, maar hulle ken al die staff by Wilmed se kinderafdeling op die naam.....

Waar ek wel met jou saamstem is dat sekere medisyne, soos antibiotika, erg misbruik word. Ongelukkig soek mense deesdae 'n quickfix en sal ander mense probeer geld maak uit die soeke na daardie quick fix.... Dis egter nie net beperk tot die mediese bedryf nie en jy sal dit orals aantref.
Aim small, miss small

User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 2678
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Pappabeer » Thu Mar 23, 2017 8:29 am

Ek is 100% oortuig daarvan dat n farmaseutiese maatskappy, net soos enige ander maatskappy, met n paar uitsonderinge, se eerste prioriteit inkomste met wins is. Net so is dit ook my eerste prioriteit. Anders sit ek op straat. Dit meen egter nie ek bepaal my daarby om kliënte leed aan te doen nie.

Jou argument is amper soos om te sê, nie net is Duitse en Oostenrykse optiese fabrikate uit om geld te maak nie, oor hulle uiters winsgewend is moet hulle nadeling wees vir jou oë ook.

Maar dit daar gelaat. Kontak net asb eendag n homeopaat of vorm van alternatiewe geneeskundige as jy of n familie-lid wel n hartaanval, beroerte, of gebarsde apendix kry. Moenie dat n westerse ICU en teater jou uitbyt met al hulle medisyne nie. En ditto vir daai soms nodige keisersnitte - laat ons nie dat tegnologie in die pad staan van peri-natale kinder en moeder sterftes in die land nie. As ons so aanhou wen ons binnekort vir Sudan, Gambië, en Etiopië.
"I love sleep. My life has the tendency to fall apart when I'm awake, you know" - Ernest Hemingway

.177 .22 (x2) .222 .243 .250 Savage
6,5x55 6,5x57 7x57 (x2) .308 8x60S (x2)
9,3x62 .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16 Br 12 Br (x3) 9mm .44

User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1134
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Location: Centurion

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Giepie » Thu Mar 23, 2017 8:36 am

Toyrsi, ek sou versigtig wees met van jou opmerkings, en oppas dat jy nie net so skuldig is aan dit wat jy ander van beskuldig. Ek ervaar uit jou opmerkings dat jy net so met oogklappe rondloop. Ek ervaar jy het gekies vir 'n ekstreme, en wil nou daarby bly en het nie die vrymoedigheid om die ander kant se voordele raak te sien nie, want net nou moet jy dalk erken jy was verkeerd. Ek mag verkeerd wees, maar dit is wat ek ervaar.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.

User avatar
Toyrsi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Location: Kathu

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Toyrsi » Thu Mar 23, 2017 10:10 am

Dankie manne. Ek waardeur julle insette. Ek vat dit soos dit kom positief en negatief.
Giepie dit is seker so ek voel maar net sterk oor my standpunt ek glo julle verstaan.
Papabeer ek het nerens gese dat alles tabo is nie, medisyne het sy plek maar ek dink wel dat ons as mens ons self so vergiftig met wat ons eet en drink en inasem dat ons al hoe meer afhanklik raak aan medisyne.
Antibotika is n ander storie ek probeer dit ook sover vermy as moontlik maar if all els fails dan gooi ek hulle.
Soos ek al baie gese het elke ou maak sy keuse goed of sleg. Dit is wat die lewe so interesant maak.
Ek dink ons het die topic nou goed ge hijack.
Lekker dag
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen

User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1805
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Location: Bronkhorstspruit

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Smitstertjies » Thu Mar 23, 2017 11:34 am

Toyrsi

n Paar posts boontoe het ek stats gegee van die siekdae by my besigheid. Oor 80 mense wat gespuit is het dit afgeneem van 9.5 dae per jaar na net oor die 5. Sekerlik nie n groot steekproef nie, maar tog groot genoeg?Verduidelik asb die fenomeen vir my?

Om dokter te swot en te kwalifiseer sit nie in elke ou se broek nie. Daarom glo ek darem Pappabeer se intelligensie is van so n aard dat die farmaseutiese maatskappye nie n rat voor sy oe gedraai sal kry nie.

Vanoggend het ek en die werkers ons spuite gekry!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm

User avatar
Toyrsi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Location: Kathu

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Toyrsi » Thu Mar 23, 2017 1:04 pm

Smitstertjies ek se nie die spuite werk nie ek se maar seker wat is in hulle.
Ek kry nooit die inspuiting nie en is die minste weg vanaf the werk omdat ek siek is. Is ek gelukkig meskien.
Ek glo dit is my leefstyl. Eet baie vrugte en probeer sover as moontlik van geprossesseerde kos af weg bly.
Ek glo ons ongesonde leefstyl is ons eie grootste vyand.
Dis mos maklik drink net n pil en dan is alles weer reg. Nee dit is nie.
1 ding wat ek al hou meer optel is die hoeveelheid antibotika wat vir mense en veral kinders voorgeskryf word.
1,2,3 siklusse dan is die kind dalk gesond. Hoe lyk jou eie immunne stelsel na dit.
Dokters van vanaf is ook nie meer dokters van ouds nie. Hier is seker 15 dokters by ons en net 1 wil verwagte vroue help.
Normale geboortes is uit want dit meng in met hulle privaat lewe en kan nie beplan word nie.
In Europa moet jy n baie goeie rede he om te keiser.
Dokter wil nie meer bystand doen nie, wat gaan aan.
Daar is nog die paar ou staatmakers maar hulle raak nou min.

Wel ek is was seker maar net teveel in die kalahari son gewees.
Manne ons kan baie praat oor die.
Ek glo elke ou sal sy eie besluite maak en daarby staan.
Dankie
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen

User avatar
Philip_R
Hero Member
Hero Member
Posts: 558
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Location: Malelane

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Philip_R » Thu Mar 23, 2017 1:38 pm

Dis nou van die topic af maar dokters se PI versekering kostes maak dat hulle sekere dienste nie lewer nie. In Worcester is nie een gynie wat nog babas vang nie. R900 000 of meer n jaar vir versekering sou my ook afskrik.


Sent from my iPad using Tapatalk
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem

User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 2678
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Pappabeer » Thu Mar 23, 2017 2:25 pm

Philip jy is spot on met jou syfer vir 2016. Dis al weer op. Werk bietjie uit teen R3652/ bevalling of Keisersnit - (Ja, baie mediese fondse, waaronder GEMS, die grootste is betaal dieselfde, ongeag die medode van die verlossing), hoeveel moet jy doen om daai versekering te dek. En raai wat. As jy aftree en jy hou op betaal stop jou dekking, maar nie jou aanspreeklikheid nie.

Ieder geval Toyrsi. Ek stem heelhartig saam met jou idee van n gesonde eetstyl en leefstyl en dat medikasie nie onnodig gegee moet word nie. Ek stem ook heelhartig saam dat dokters van vandag nie Dokters van ouds is nie. Dis omdat pasiënte van vandag nie pasiënte van ouds is nie. In 1965 het jou GP vir jou deur sy Springbok siggaret se rook gesê om in jou moer te vlieg as jy hom bevraagteken. Vandag kom een mamma met 20 bladsye uitgedruk vanaf n internet blog in ongevalle in en dring aan op n immunisasie wat nie in SA beskikbaar is nie. Na haar kom mamma twee met n tablet en Google en haar skoonsuster wat vir n jaar verpleeg het se opinie oor hoekom haar kind niks inentings mag kry nie. So nee. Die oom wat my GP as kind was en verbande met Lead&Opium oplossing op my verstuite voet gesit het en ek praktiseer eintlik nie dieselfde beroep nie.
"I love sleep. My life has the tendency to fall apart when I'm awake, you know" - Ernest Hemingway

.177 .22 (x2) .222 .243 .250 Savage
6,5x55 6,5x57 7x57 (x2) .308 8x60S (x2)
9,3x62 .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16 Br 12 Br (x3) 9mm .44

User avatar
Toyrsi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Location: Kathu

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Toyrsi » Thu Mar 23, 2017 2:48 pm

Dankie manne. Ek waardeer rerig julle insette.
Die wereld verander elke dag.
Lees so rukkie terug iets wat n professor geskryf het.
Dit lees. Die poste wat nou verlang word in die wereld gaan dalk oor 5 jaar nie eers meer bestaan nie.
Nogal iets om aan te dink.
Cheers
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3048
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Location: Citrusdal

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Chevvy SS » Thu Mar 23, 2017 3:32 pm

Terug na smitstertjies se stelling en ek sluit daarby aan: mediese fondse laat griepinspuitings gratis toe aan pasiënte. Êrens lui die klokkie by my dat hulle voorkomend optree om kostes te beperk wat spruit uit griepverwante siektes.

User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1805
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Location: Bronkhorstspruit

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Smitstertjies » Thu Mar 23, 2017 3:42 pm

Chevvy SS wrote:Terug na smitstertjies se stelling en ek sluit daarby aan: mediese fondse laat griepinspuitings gratis toe aan pasiënte. Êrens lui die klokkie by my dat hulle voorkomend optree om kostes te beperk wat spruit uit griepverwante siektes.
Net so Chevvy, Outsurance betaal vir puntsmanne oral op besige pad kruisings in die stede. Dis nie vir love and charity nie, maar wel om voorkomend teen eise te wees.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm

User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 2756
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Location: Port Elizabeth

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by LUAN » Thu Mar 23, 2017 4:01 pm

Gaan kyk bietjie die dokumenter "The vacine deception" >:+

User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 2611
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Location: Paarl

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by joe rocket » Thu Mar 23, 2017 7:22 pm

So gaan my neef so paar jaar gelede na n vrou. Hy het aanhoudende diaree en verloor gewig baie vinnig. Hierdie vrou het n masjien wat jou bloed toets. Die masjien sê toe hy toets positief vir bilharzia. Sy sit hom op n magdom homopatiese pille en goeters wat n kleinhuisie se geld kos. Na so 4maande sit ons om n vuurtjie by die see. Die man het 105kg geweeg en weet toe 69kg. Ek vertel hom toe hy is siek en hierdie homopatiese stront werk nie. Elke geval gaan sien hy n dokter, daarna n onkoloog en verwyder toe 2m van sy dikderm. Sy ma is dood aan kolon kanker. Hy is nou al 4 jaar in remussie en is gesond. So ja regte medikasie, regte dokters werk. Griep inentings werk ook, stuur al my werks mense. Nog nie een was al langer as 3dae af siek vir 15 jaar nie agv griep nie. Ek self 13 jaar laas griep gehad.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

User avatar
Doomslayer
Full Member
Full Member
Posts: 190
Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Doomslayer » Thu Mar 23, 2017 8:08 pm

Gaan kyk bietjie die dokumentêr "Die aarde is plat". Omdat iemand 'n dokumenter daaroor gemaak het, moet dit sekerlik waar wees! As jy hom koop kry jy die gratis treffer "Alle inentings is boos en dokters wil net pasiente uitbuit" verniet.

Baie insiggewende kykstof...


User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 2678
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Pappabeer » Thu Mar 23, 2017 8:40 pm

Nee feite. Kyk ook sommer al Michael Moore se dokumentêre en verkoop al jou gunne, want hy sê dit is van die bose af.

As jy dan klaar is kyk die Luthuli en Mandela kortfilm en stem summier vir die regerende party!
"I love sleep. My life has the tendency to fall apart when I'm awake, you know" - Ernest Hemingway

.177 .22 (x2) .222 .243 .250 Savage
6,5x55 6,5x57 7x57 (x2) .308 8x60S (x2)
9,3x62 .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16 Br 12 Br (x3) 9mm .44

User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Location: Lutzville, Weskus

Re: Griep inspuiting - help dit?

Post by Johan7 » Fri Mar 24, 2017 9:39 am

LMGA! ;D ;D ;D ;D ;D
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper

Post Reply

Return to “Algemeen/General”