Energie drankies of "Boosters"

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm
Location: Tarlton

Energie drankies of "Boosters"

Post by JacoJ » Wed Mar 28, 2018 4:35 pm

Middag manne

Ek wil graag hoor by die mense met meer ervaring as ek.

Deesdae is die tiepe van goed op elke winkel rak beskikbaar en ek moet sê sommige van die goed (veral bioplus vir my) help darm met die wakker en skerp bly so laat in die nagte agter op die bakkie en vroeg oggend terug hhistoe op die pad. Maar wat is die mediese implikasies van dit? Kan dit skade doen? Ek glo dit kan as dit misbruik word maar waneer word dit as misbruik geklasifiseer?

Ek hoor graag julle opinie.

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 561
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Energie drankies of

Post by Ds J » Wed Mar 28, 2018 4:57 pm

Bly weg! Google oor superkaffeine - dit het blykbaar tydens die 2de WO ontstaan met ernstige gevolge.

Daar is ander moontlikhede om wakker te bly. Een van die lastigste probleme is die druising van die enjin en die wiele. Die eentonigheid sus jou aan die slaap.

Rokers het dit makliker om wakker te bly omdat die hande aanhou beweeg en die kop moet dink. Daarom werk n sakkie wortels of appels al baie - solank jou kake beweeg bly die kop redelik helder.

En dan het ek n kunsie as student aangeleer: n koppie baie sterk koffie met n skoot suiker, en 15 minute daarna n koppie swart tee wat slegs 90sekondes getrek het. DIT WERK!!!

User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 623
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Location: Paarl

Re: Energie drankies of

Post by Viking » Wed Mar 28, 2018 4:59 pm

JacoJ,

Kaffiene is die "wakker hou middel" en meeste energie drankies het dit of iets soortgelyk.

Hier is die mening van Cyber doc wat ek onlangs raakgelees het en vir my seun gegee het om te lees -

Bioplus contains high levels of caffeine, the bioplus booster sachet contains 90mg caffeine, which is as much as about two cups of instant coffee. Which means that he could effectively be drinking up to 16 cups of coffee a day, that is if he is not drinking any extra coffee or caffeinated drinks. One can experience side effects such as nausea, stomach cramps, anxiety, rapid heart rate, palpitations (cardiac arrhythmia) and headache. You are right to be worried, I would advise one sachet a day. Ultimately the high doses of caffeine can be dangerous for his heart.

Besluit self hoe jy dit vorentoe gaan hanteer.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"

User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2257
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Location: Upington

Re: Energie drankies of

Post by alecjohnson » Wed Mar 28, 2018 6:37 pm

EK drink die goed, met party kan ek voel dit is ongesond, as dit ooit sin maak? As ek vinnige hupstoot nodig het gooi ek 'n dragon keel af, ek drink net koffie in die winter,

'n lys van die wat vir my werk
Dragon
Monster Assault
Claw

Die wat nie veel beteken
Burn
switch
Score
daar is nog baie maar kan nie nou aan hulle dink nie.

Die wat ek kan voel my lyf hou nie van nie (voel "af" na gebruik party keer naar)
Lucozade
red bull
recharge
Shark
Go
Dokta
Battery


Al die goed is sleg vir jou! Punt, Alcohol, nicotine en caffeine is "aanvaarbare stumulante" die energie drankies het egter ekstras in Ginseng, Taurine, Guarana en Carnitine. dis wat meeste in het caffeine uitgesluit natuurlik.

Ek het op skool wat ons "LAN" partytjies die goed totaal misbruik (baie na aan 'n blik elke 3 ure) een skoolvakansie 9 dae wakker gebly met 1 uur se le tyd tussen dae, vir 9 dae aan een dag 10 se een uur het in 24h verander toe ek "crash"

my persoonlike opinie is om as jy besluit om hulle te gebruik, nie meer as 2 blikke 'n dag in te neem nie en nie aan een gebruik nie.

P.S
Ek is nie 'n dok nie en weet maar ook min, maar wat nie dood maak nie maak vet en goeie goed het altyd 'n nadeel.

Ek volg...

User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm
Location: Tarlton

Re: Energie drankies of "Boosters"

Post by JacoJ » Wed Mar 28, 2018 7:31 pm

Ds J wrote:Bly weg! Google oor superkaffeine - dit het blykbaar tydens die 2de WO ontstaan met ernstige gevolge.

Daar is ander moontlikhede om wakker te bly. Een van die lastigste probleme is die druising van die enjin en die wiele. Die eentonigheid sus jou aan die slaap.

Rokers het dit makliker om wakker te bly omdat die hande aanhou beweeg en die kop moet dink. Daarom werk n sakkie wortels of appels al baie - solank jou kake beweeg bly die kop redelik helder.

En dan het ek n kunsie as student aangeleer: n koppie baie sterk koffie met n skoot suiker, en 15 minute daarna n koppie swart tee wat slegs 90sekondes getrek het. DIT WERK!!!
Ek wil nou nie arogant of uitdagend voor kom nie. Maar wat is die verskil tussen die koffie en tee se kaffienne (wat jou wakker hou) en die bioplus kafiene ( wat gelykstaande is aan 2 koppies koffies) Dit is dan tog die kafiene in albei wat mens wakker hou, so hoekom bioplus ongesond en tee en koffie gesond?

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp

User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1411
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Location: Randburg

Re: Energie drankies of

Post by LoopSoosStroop » Wed Mar 28, 2018 8:58 pm

Ek dink die grootste moeilikheid met die goed is maar die suiker. MAW as jy dit nie brand nie raak jy dik.

Ek drink redelik Red Bull, maar net as ek oefen of ver moet ry. Vir my "long runs" vat ek Red Bull en water, werk vir my baie goed. Dalk meer "Placebo Effect" as iets anders.
Pieter van Deventer
Blok Engineering

User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 727
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm
Location: Tzaneen

Re: Energie drankies of

Post by Katefbessie » Wed Mar 28, 2018 9:27 pm

My ma werk in die Toraks teater (harte en longe).... sy wil mal word as sy hoor ons drink enige "super" energie drankie. Mens sal nie glo hoe baie mense beland op die hart operasie tafel agv Steriods en Super energie drankies nie. BLY WEG.
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350

DJArlove
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Fri Mar 16, 2018 9:42 pm

Re: Energie drankies of

Post by DJArlove » Wed Mar 28, 2018 9:49 pm

Naand manne

Ek kom uit n taktiese agtergrond uit wat vir privaat sekurityd CPO close protection officer beteken en kom uit n fuksheid agtergrond uit vanaf 15 jaar oud. Ek is een van die eienaar van Excel Nutrition Africa ook wat sport middels aan Pro atlete en groot in crossfit ook is verskaf in Namibia en SA, het studeer vir Sport Nutrition en in my verlede baie van my kolegas in CPO werk gehelp met daai soort stimulante. Glo my ons ouens het enige iets probeer om energie te kry terwyl ons moes 48 + wakker bly en net 2 ure slaap terwyl ons ons kursuse gedoen het en opleiding wat oefening aan betref. Ek werk vandag elke dag met mense en atlete wat selfde gewoontes het om hulle daai edge te gee.

Bioplus een keer nou en dan maak nie skade nie, geensins as vergelyking met sekere sport supplements nie. Een koppie koffie in ons SA mark bv het 70 mg caffeine in. Die probleem kom as jy gewoond raak aan stimulant vat jy meer en meer want jou brein raak gewoont aan n sekere hoeveelheid,waneer iets gewerk het en nie meer werk nie moet jy weet dis omdat jou liggaam se sienuwee stelsel gewoont geraak het, los dit dan eers vir 2 weke.

Energie drankies is n probleem oor hulle suikers meer as caffeine, ek vat eerder die caffeine voor ek die suiker vat want daai suiker is die “refined sugar” wat jou letterlik duk maak. Dis wat meer sleg is.

Ek se nie dis okay om energie drinks te gebruik nie, maar nou en dan is dit nie n probleem nie, maar hier verwys ek eerder om te se gaan vir die redbull zero of monster zero(geen suiker).Naargeid van hulle is oor suiker inhoud wat hand en hand werk met die caffeine,dis hoekom paar gee jou naarheid.

Die ou manier was altud mense dink soetegeid gee jou energie, dis nie waar nie. Suiker gee jou spiere,orgaan,etc energie maar nie direkte mental energie nie.

Oplossing vir n beter gesonder manier is dit, vat n lekker moer koffie in n vles , lekker sterk gemaak en drink dit in die jag veld,as julle kan lekker swart ook of met melk sonder suiker, ons het dit gedoen in die aande . Moer koffie se caffeine is beter beskikbaar vir liggaam as aanmaK koffie.

In kort is suiker die duiwel in die energie drinks, dis hoekom ek verskaf energie drinks ook maar sonder suiker, jou liggaam kry genoeg suiker met die kosse wat n mens eet.

Ek se weer energie drinks nou en dan sal jou nie seer maak nie, ek is nie n voorstander om te se elke dag is okay nie.
Tikka T3x Varmint 270
Tikka XTac A1 6.5 creedmoor
Tikka T3x 260 Rem CTR
CZ P09 9mm Para


Groete DJ

OosKaapJagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Energie drankies of

Post by OosKaapJagter » Wed Mar 28, 2018 10:58 pm

Net so 'n ander denkrigting; kyk na die newe-effekte wat hier aangedui word:
https://www.caffeineinformer.com/energy ... de-effects

As die goed potensieël hartkloppings, ens kan veroorsaak, is dit bevorderlik vir akkuraat skiet? Op die jagveld sit jy nie mooi op 'n skietbank nie. Ouens wat dalk die aand te veel alkohol inneem en die volgende oggend 'n Red Bull regmaker drink, kan dalk net vir 'n duur kwesbok betaal. Dan is dit weer die teleskoop of ammunisie se skuld.

Ek self sal op die lang pad so iets drink om te help wakker bly. Dalk is dit net sielkundig. In die jagveld of op 'n skietbaan vermy ek dit weer, miskien weens 'n wanpersepsie.

marthinus100
Full Member
Full Member
Posts: 205
Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am
Location: Lichtenburg

Re: Energie drankies of

Post by marthinus100 » Thu Mar 29, 2018 8:08 am

My huisdokter het altyd gese as hy sy sin kon kry sou mens geen energie sonder n voorskrif kry nie. Ek vermy maar die goed, maar dan sien ek my skoonsuster hulle gee vir hulle kleintjies van die goed. Maak my erg die #### in.
Glock 17 Gen4
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro

User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 1966
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Location: Queenstown (Oos Kaap)

Re: Energie drankies of

Post by andre007 » Thu Mar 29, 2018 8:31 am

n Kennis van my het in ongevalle beland na n spul witdrank en Redbull, die man was amper kas toe.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za

User avatar
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 541
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Location: Pretoria Oos

Re: Energie drankies of "Boosters"

Post by Joe13 » Thu Mar 29, 2018 8:34 am

Ag nee wat ek stem saam met die manne. Dit is duidelik nie goed vir jou nie.

Wat dan van beroccas. Dit is mos dieselfde? Raak moeg as ek dit drink.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2

Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 679
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Location: Kaapstad

Re: Energie drankies of

Post by Harambe » Thu Mar 29, 2018 9:18 am

Ek sou dit net in 'n noodgeval of onder uitsonderlike omstandighede drink. Die goed is blerrie lekker en alles, maar soos die ouens hierbo al gese het, is dit baie sleg vir jou.
Of so iets

Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 679
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Location: Kaapstad

Re: Energie drankies of

Post by Harambe » Thu Mar 29, 2018 9:19 am

Joe13 wrote:Ag nee wat ek stem saam met die manne. Dit is duidelik nie goed vir jou nie.

Wat dan van beroccas. Dit is mos dieselfde? Raak moeg as ek dit drink.
Nierstene as jy te veel drink.
Of so iets

User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3729
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Location: Tsumeb, Namibia

Re: Energie drankies of

Post by FHM » Thu Mar 29, 2018 9:22 am

Ek kry ook hartkloppings van die energie boosters - gewoonlik as ek so op 3/4 kom - gaan maar eerder daai oukies los. Ek gebruik al seker 8 jaar berocca, een elke oggend voor werk toe - die goed laat my beter funksioneer (helderheid / krag) Ek hoop nie dis ook nou n taboe supplement nie?

Lyk my ons sal maar elkeen n botteltjie heuning moet saamdra ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm

Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 679
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Location: Kaapstad

Re: Energie drankies of

Post by Harambe » Thu Mar 29, 2018 9:24 am

FHM wrote:Ek kry ook hartkloppings van die energie boosters - gewoonlik as ek so op 3/4 kom - gaan maar eerder daai oukies los. Ek gebruik al seker 8 jaar berocca, een elke oggend voor werk toe - die goed laat my beter funksioneer (helderheid / krag) Ek hoop nie dis ook nou n taboe supplement nie?

Lyk my ons sal maar elkeen n botteltjie heuning moet saamdra ;)
Die enigste gevaar met Berocca is al die ekstra Kalsium wat jy inneem. Dis goed vir die bene, maar as daar te veel is, gaan jy klein skerp klippies piepie.
Of so iets

User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 1966
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Location: Queenstown (Oos Kaap)

Re: Energie drankies of

Post by andre007 » Thu Mar 29, 2018 9:28 am

FHM wrote:Ek kry ook hartkloppings van die energie boosters - gewoonlik as ek so op 3/4 kom - gaan maar eerder daai oukies los. Ek gebruik al seker 8 jaar berocca, een elke oggend voor werk toe - die goed laat my beter funksioneer (helderheid / krag) Ek hoop nie dis ook nou n taboe supplement nie?

Lyk my ons sal maar elkeen n botteltjie heuning moet saamdra ;)
https://www.youtube.com/watch?v=pMS0zBPYRBU Ek sien jou al, kyk na die verkleurmannetjie een.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za

User avatar
Toyrsi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Location: Kathu

Re: Energie drankies of

Post by Toyrsi » Thu Mar 29, 2018 9:30 am

Wat vir my die beste werk is om klomp water te drink. Dit hou jou liggaam skoon en laat jou brein werk. Ons as mens drink deesdae te min water. Die liggaam het baie daarvan nodig en nee koeldrank/koffie tel nie.
Bietjie vars koue lug en koue water werk wonders vir my.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 561
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Energie drankies of

Post by Ds J » Thu Mar 29, 2018 9:51 am

JacoJ wrote:Ek wil nou nie arogant of uitdagend voor kom nie. Maar wat is die verskil tussen die koffie en tee se kaffienne (wat jou wakker hou) en die bioplus kafiene ( wat gelykstaande is aan 2 koppies koffies) Dit is dan tog die kafiene in albei wat mens wakker hou, so hoekom bioplus ongesond en tee en koffie gesond?
Jy kan graag vra soveel jy wil - hopelik kan iemand 'n behoorlike en finale antwoord gee.

Die verskil tussen koffie en tee teenoor "geblikte kaffein" is - sover ek verstaan het - dat koffie en tee n natuurlike produk is wat dus maklik vir die liggaam opneembaar is; met matige gebruik is dit ook nie nadelig nie.

Die "geblikte kaffein" is - sover ek verstaan - nie natuurlik nie, maar kunsmatig in n fabriek geproduseer; die kaffein wat in die energiedrankies voorkom is gemaak om langer en sterker te werk as die natuurlike produkte. Die newe-effek daarvan is soos die meeste ander nagemaakte kossoorte dat dit op die lang duur die liggaam beskadig omdat die liggaam nie werklik daarmee iets kan aanvang nie. Om dit met n kar te vergelyk: jy kan n turbo op n gewone enjin sit en hy behoort vir 'n ruk baie lekker te loop met meer krag en meer spoed. Maar dit verkort sy leeftyd van 300 000km na 160 000km (argumentsonthalwe) want dit sit baie hoe"r spanning op die parte as wat aanvanklik beplan is.

Met enige van hierdie produkte (Bioplus of enige ander produk) moet n mens genoegsaam water saam met dit gebruik om nie met die hoe" konsentrate jou bloeddruk en niere te benadeel nie. Die hoeveelheid water in jou sisteem laat dan ook nie toe dat jy te lank kan slaap nie ;)

OosKaapJagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Energie drankies of

Post by OosKaapJagter » Thu Mar 29, 2018 10:32 am

Ds J wrote:
Die verskil tussen koffie en tee teenoor "geblikte kaffein" is - sover ek verstaan het - dat koffie en tee n natuurlike produk is wat dus maklik vir die liggaam opneembaar is
Dit is wat hulle van dagga ook sê. ++>:


Ek wonder soms of die bokkoors wat manne ervaar nie juis dalk vererger word deur energiedrankies nie.

User avatar
Vergo10
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Mon Jul 14, 2014 3:20 pm
Location: Western Cape, Kraaifontein

Re: Energie drankies of

Post by Vergo10 » Thu Mar 29, 2018 10:42 am

Toyrsi wrote:Wat vir my die beste werk is om klomp water te drink. Dit hou jou liggaam skoon en laat jou brein werk. Ons as mens drink deesdae te min water. Die liggaam het baie daarvan nodig en nee koeldrank/koffie tel nie.
Bietjie vars koue lug en koue water werk wonders vir my.
+1.
Het altyd na 'n lang dag se werk sakkies en gewere gepak, 800km pad gevat, alleen deur die nag om net die volgende oggend op jagplaas te kom en dan jag tot die aand. Daarna is dit eers kuier met al die vriende en nou en dan weer veld toe vroeg in die oggend. As ek baie energie drankies en "espresso's" op die pad gehad het voel ek skoon bewerig die volgende dag, dus is ek nou net op water en verbasend die peusel aan padkos van die huis af (nie Steers en Wimpy) help baie om my wakker en helder te hou.
Howa .308 Std 22", Howa .243 Bull 24", CZ 455 Evo Varmint 20.5", 300WSM Mod70 Supergrade

I was trying to daydream, but my mind kept wandering!

Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 679
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Location: Kaapstad

Re: Energie drankies of

Post by Harambe » Thu Mar 29, 2018 11:20 am

(die gebrek aan) Geld werk nogal goed om jou in die nagte wakker te hou.
Of so iets

User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1248
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Location: Durbanville

Re: Energie drankies of "Boosters"

Post by Gian_dP » Thu Mar 29, 2018 11:39 am

Kaffeien in koffie of in Red Bull is dieselfde. Die konsentrasie in energiedrankies is hoër as in koffie, tipies twee koppies koffie in een energiedrankie.

Kaffeien keer die werking van adenosien -stimuleer brain dus om wakker te voel, verhoog bloeddruk en laat jou hart stadiger klop. Dit werk ook saam met adrenerge stimulasie, gee dis net verhoging van harttempo en palpitasies-jy is dus baie meer bewus van jou hartklop.

Vir normale persoon, gaan oormaat kaffeien geen groot gevaar inhou nie. Gaan dalk naar voel.

As jy geleidingstoornis in jou hart het, kan oormaat kaffeien 'n disritmie uitlok. In iemand met vernoude kroonslagare of slagare na die brein, kan dit hartaanval of beroerte uitlok. Ander faktore soos moegheid, dehidrasie en alkohol sal die risiko verhoog.



Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308

User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm
Location: Tarlton

Re: Energie drankies of "Boosters"

Post by JacoJ » Thu Mar 29, 2018 11:44 am

Harambe wrote:(die gebrek aan) Geld werk nogal goed om jou in die nagte wakker te hou.
Absoluut die waarheid!!!

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp

User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm
Location: Tarlton

Re: Energie drankies of "Boosters"

Post by JacoJ » Thu Mar 29, 2018 11:48 am

Baie dankie aan almal se waardevolle inligting en insette.

Ek het juis die post begin omdat ek agter gekom het dat so baie mense (insluitend myself) deesdae die goed gebruik. Maar het nie regtig die kennis oor en insae in die mediese veld wat betref voordele en nadele van dit nie.

Vir my is my opsomming sover die volgende.

1. Probeer dit vermy
2. Gebruik dit as jy regtig geen keuse het nie.
3. Gebruik dit baie versigtig en pasop vir oor dosering!



Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp

Post Reply

Return to “Algemeen/General”