JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Thu Aug 22, 2019 7:37 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 24 posts ] 
Author Message
 Post subject: Jaghonde opleiding
PostPosted: Wed Sep 04, 2013 7:26 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Tue Sep 03, 2013 12:28 pm
Posts: 79
Location: Roodepoort, Helderkruin
Goeie dag

ek het 2 weimaraners wat ek graag wil oplei vir jag. Die reen is 10 mnde en die teef 9 mnde oud. Ek sal die reen graag vir bloedspoor sny wil oplei aangesien iets trugbring nie vir hom is nie en die teef vir voel jag. kan enige iemand raag gee.

Dankie


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Sat Sep 07, 2013 10:18 pm 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm
Posts: 20
Location: Christiana
Naand Jakkalspietersielie
Dit lyk of jy nog nie reaksie op jou vesoek gekry het nie
Van voeljag weet ek nie veel nie maar kan dalk van hulp wees met die bloedspoor opleiding
Net eers n paar vrae wat jy asb vir my moet antwoord:
Word jou honde se ouers gebruik vir jag
Hoe sterk is jou honde se jag instink en
Hoe hoog is hulle intelligensie vlak
Is hulle reeds opgelei in basiese dissepliene
Bly jy op n plaas of in n dorp of stad


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Sun Sep 08, 2013 11:22 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Tue Sep 03, 2013 12:28 pm
Posts: 79
Location: Roodepoort, Helderkruin
Dankie vir jou reaksie

1)ja altwee ouers van altwee honde se ouers word gebruik vir bloedspoor sny
2)hulle het al n hele paar duiwe hier in die erf plat getrek. die reen gee n mooi point maar as ek die duiwe dan skiet stel hy nie veel belang om trug te bring nie( dis hoekom ek hom eerder vir bloedspoor wil gebruik) dwaar die teef dadelik sal optel en trugbring.
3) die reen is biterlik inteligent en tel goed wat jy hom leer baie vinnig op
4)ja altwee is reeds opgelei vir basiese dissipliene en ek is tervreede met die reen se dissepliene so dat ek dink mens sy opleiding verder kan vat maar ek hou steets aan met dissipliene opleiding by n honde skool
5)ek bly in die dorp op die wesrand


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Tue Sep 10, 2013 4:24 pm 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm
Posts: 20
Location: Christiana
Klink of jy al die grooste deel van die werk nl. basiese dissepline reeds gedoen het . Daar is heelwat maniere om hulle op bloedspoor te leer maar gaan ek jou net die basiese riglyne gee van hoe ek dit doen .
Eerstens net gou n opmerking :Alhoewel ons praat van bloedspoor vat is daar in die meeste gevalle waar honde se hulp ingeroep word met die opsporing van n gekweste dier weinig of geen bloed nie . Dit is eerder
die sterk ferromoon (reuk) wat deur n dier afgeskei word wanneer hy in n toestand van stres verkeer wat deur die hond gevolg word. Dit is belangrik dat jy die hond in die begin eers op n leiband leer . Ek sit gewoonlik n klein klokkie aan die hond se halsband net voor ek met hom n spoor begin werk . Dis verbasend hoe gou n intelligente hond agterkom dat daar van hom verwag word om n spoor te vat wanneer hy die klokkie aan het. Die klokkie help ook later wanneer jy hom laat vry hardloop op n spoor om
hom te kan volg. Ek vra gewoonlik van my jagmaats om vir my urine en vars velle te hou wanneer hulle gaan jag wat ek dan in 30x30cm stukke opsny en in lugdigte plastiek sakkies vries .Die urine hou ek ook in n skoon
glas bottel wat goed seel in die yskas. Nou vir al die moets en moenies:
Jou hond moet nie aan enige toestande wat stres kan veroorsaak blootgestel word voor en tydens opleiding nie.
Sorg dat hy reeds gemaklik is daarmee om in of op n voertuig te ry.
Soek n oop stuk veld waar daar nie ander diere is of naby aan iets wat sy aandag kan aflei nie
Moet nie n hond laat werk kort nadat hy geeet het nie. Bietjie honger is beter.
By die veld gekom maak jy die stukkie vel wat jy voor die tyd uit die vrieskas gehaal het om te ontdooi aan n tou vas wat weer aan n langerige stok (ek gebruik sommer n ou visstok) vasgemaak is .
As dit n stuk Rooibok vel is sal ek so n paar druppels van die bok se urine ook daarop drup maar is dit nie n noodsaak nie.
Ek gebruik rubber handskoene om seker te maak dat daar nie van die vel of urine se reuk aan my kleef nie
Maak seker dat jy of die persoon wat die reuk hanteer en die spoor moet le ten minste 100m of verder windaf is van die voertuig waar die hond nie kan sien of ruik wat gedoen word nie . Die vel moet dan sover moontlik van jou eie spore af oor die gras of grond gesleep word .Ek le gewoonlik die spoor tussen twee maklik erkenbare bakens . Lei nou rustig die hond dat hy dwars van die kant af op die spoor inkom .
Jy kan dit ook vir dietoekoms onthou wanneer jy in werklike spoorsny situasies kom . As jy die hond direk op n spoor aflaai bestaan daar n goeie kans dat hy die spoor verkeerd om kan vat (backtrack) veral as die spoor nog baie vars is . Hou die hond se liggaams houding dop sodra jy naby die spoor wat gele is kom veral sy kop en stert(as hy een het) . As die hond n koue neus het of die reuk wat gele is baie sterk is sal hy reeds die reuk optel (lugspoor) voordat hy by die plek kom waar die spoor gele is veral as jy die spoor van die windaf kant nader. wanneer jy agterkom dat hy die spoor ruik kan jy hom saggies aangemoedig terwyl jy hom op die spoor lei .As hy by die eindpunt van die spoor waar die vel gelos is kom en aan die vel ruik word hy geprys .Ek plaasgewoonlik ook n paar stukkies vleis bo op die vel om n assosiasie van vergoeding (kos) by die eindpunt van die spoor te skep. Na elke spoorsny sessie laat ek die hond gewoonlik rustig vir ten minste drie dae sonder enige ander opleiding of blootstelling aan vreemde dinge dat die les in sy brein verwerk en vasgele kan word . Die spoor wat gele word kan stelselmatig verder en moeiliker gemaak word deur die tydsduur tussen die le van die spoor tot wanneer dit gevolg word te verleng . Ek is van mening dat die spoorsny sessies nie meer of minder as een keer per week gedoen moet word nie . Daar is n paar dinge wat altyd in gedagte gehou moet word met die opleiding van spoorhonde . Hulle verstandelike vermoe is gelykstaande aan die van n drie jarige kind . n Spoorhond se reukvermoe ontwikkel geleidelik tot op n ouderdom van tussen 5 en 7jarige ouderdom . As n spoorhond oud begin word kan sy sig en gehoor verswak maar bly sy reuksin gewoonlik goed tot sy dood.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Tue Sep 10, 2013 4:28 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Posts: 2954
Baie goeie stuk wat jy hier geskryf het vertel maar gerus meer
Beretta


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Tue Sep 10, 2013 4:53 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Posts: 5951
Location: Piet Retief, Mpumulanga
10/10 vir 'n uitstekende skryfstuk

_________________
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Tue Sep 10, 2013 5:50 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Posts: 485
Location: Prieska NK/Pretoria GP
Turfjak

... jy het my en ek dink nie jy moet nou ophou nie asb!!

Ek kan sommer hoor jy geniet die honde ding vreeslik.

Groete
JAS

_________________
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Tue Sep 10, 2013 6:42 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Tue Sep 03, 2013 12:28 pm
Posts: 79
Location: Roodepoort, Helderkruin
baie dankie vir die advies. dit word regtig waardeer


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Thu Sep 12, 2013 11:45 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Fri Apr 01, 2011 10:03 am
Posts: 12
lekker raad thanks turfjakkals


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Mon Sep 16, 2013 3:23 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Posts: 5772
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie
Turfjakkals, ek het jou stuk hierbo mooi gelees en dit baie interessant gevind. Ek het 'n 3 jarige Beagle, as klein hondjie, vir my kids gekoop en het agtergekom dat die hondjie belofte toon as 'n moontlike bloedspoor hond. Is dit te laat om hom nou te begin oplei? Hy het basiese dissipline, maar hy lyk ongelukkig soos dowe hond as sy neus eers begin werk...

_________________
Aim small, miss small


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Tue Sep 17, 2013 8:48 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Mon Sep 16, 2013 9:42 am
Posts: 148
Location: Pretoria
Goeie artikel, ek het 'n Duitse Jagdterrier ingebring wat reeds so bietjie spoor kan vat.

Ongelukkig kom ek met tye nie so gereeld uit as wat ek sou wou nie. Mens kan seker die oefeninge maar in en om die huis ook doen?

Wat sou jy se is die basiese dissipline vereiste ?


Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Tue Sep 17, 2013 10:06 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Tue Sep 03, 2013 12:28 pm
Posts: 79
Location: Roodepoort, Helderkruin
In my persoonlike opienie is basiese dissipline.
loop lanks jou sonder om te trek, sit, le en staan lanks jou. wag op in plek en jy kan wegloop sonder dat die hond beweeg in al 3 posiesies. kan op n afstand (ongeveer so 25m) laat sit, staan en le word.
enige iemand is welkom om hul opienies ook te gee


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Wed Sep 18, 2013 9:56 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Posts: 239
Location: Steynsrus, Vrystaat
Hallo Almal

Jy moet jou hond kan terugroep onder alle omstandighede, help nie hy jaag die verkeerde bok, vang n skaaplam, ensovoorts nie. Beheer oor die hond hê sonder n leiband. Hy moet net reageer op jou bevel in die jagveld. Vra maar die ouens wat dit al oorgekom het watse frustrasie en verleentheid dit is tussen ander jagters.
Het julle al vir "Fenton" op Youtube gesien. Jy wil nie dit hê nie. Leer alles wat jy kan om die situasie te vermy want glo my dit gebeur en veral wanneer jy dit die minste verwag.

Groete

Ferdi Bam

_________________
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Wed Sep 18, 2013 11:37 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Posts: 2954
Die groot ding is jy moet baie tyd en aandag aan die hond gee. Hy moet lyster en los of terug kom as jy hom roep as hy nie die basiese goed kan doen nie gaan jy baie sukkel.
Beretta


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Wed Sep 18, 2013 11:56 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Posts: 1292
elektriese ore werk goed as die hond nie luister nie maar ek hou nie van die gebruik nie


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Wed Sep 18, 2013 3:13 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Posts: 1213
Location: Nelspruit
ek het myne van kleins af geleer met bloed wat ek drup en haar dan laat volg met vleis aan die einde .

het haar ook geleer van kleins af om nie verder as 30m van my af te gaan nie . dit leer jy hulle deur met hulle te loop sonder halsband in n oop stuk as sy te ver gaan moet nie agter haar aan nie maar verander rigting die oomblik wat hulle leer dat die sports by jou is kyk hulle die heele tyd of jy by is . my gsp het nou die dag op n gekwesde bosbok by ons gebly terwyl ons hande vier voet deur die rivier bos .

ek laaik die raad oor vel en urine sal defenitief met die kleintjies wat dec kom een so begin leer

_________________
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Thu Sep 19, 2013 11:18 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Mon Sep 16, 2013 9:42 am
Posts: 148
Location: Pretoria
Ek hou van die idee dat die hond nie verder as n sekere afstand vooruit mag hardloop nie.
Dis moeilik om n hond op band te hou wanneer hulle spoor vat.

Ek het die brak op 9 maande gekry met so bietjie opleiding.
Die vorige eienaars het glo op dieselfde manier opgelei.
Ek is nog net nie gelukkig met die dissipline nie. Sal haar moet uitvat en werk sonder die leiband.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Thu Sep 19, 2013 2:43 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Posts: 239
Location: Steynsrus, Vrystaat
"Ek is nog net nie gelukkig met die dissipline nie. Sal haar moet uitvat en werk sonder die leiband."

Shaker,
Ek is nie seker wat jy bedoel met die 2 sinne nie. My advies is dat jy die hond eers onder streng dissipline kry en totdat jy tevrede is met die standaard wat jy vir jouself(maw die hond) gestel het voordat jy haar regtig laat werk. In die veld sou ek op hierdie stadium aanbeveel dat jy sag met haar is en haar in n mate vryheid van beweging gee om aan te pas. Ongelukkig het jy het die hond laat gekry in die sin van opleiding wat jammer is maar sy is nog jonk en sal steeds vinnig leer as jy jou dissipline opleiding gekontroleerd hou. Werk haar in jou erf totdat jy die deurbraak maak maar sy moet ook in die veld kom om vertroud te raak met reuke van die veld.

Onthou as die hond se dissipline nie op standaard is nie is dit nie haar skuld nie maar die opleier sin. Sy is net n dier en sal nie self aan haar dissipline werk nie. Dis te lekker om net n hond te wees wat uiteraard nie verkeerd is in haar verwysingsraamwerk nie.

Groete en sterkte met die opleiding. Geniet.

Ferdi Bam

_________________
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Fri Sep 20, 2013 11:48 am 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm
Posts: 20
Location: Christiana
More Eugene
Jammer dat ek nou eers na jou toe terug kom.
Beagles is een van die spoorhonde met n hoe ingeteelde jag instink en soos jy opmerk is dit nie nodig om
hulle te leer om hulle neuse te gebruik nie . Dit is nooit te laat om n hond te leer nie is net harder werk as met n jong hond . Baie Beagles het ook pragtige beuel stemme en gebruik dit goed op n spoor (open mouthed) en kan hulle maklik deur die jagter gevolg word . As jy gereeld en lank genoeg met die hond jag sal jy later deur net na die hond se verandering in stemtoon kan bepaal hoe vars die spoor is wat hy werk en of hy die gekweste dier opgespoor of vasgepen (bay) het.
Dit is ongelukkig ook so dat n spoorhond gewoonlik so gefokus is op die jag dat hy baie moeiliker op opdragte reageer as onder normale omstandighede en kan mens baie maklik beheer verloor oor die hond
Dit is dus baie belangrik dat hy van die begin af geleer word om tydens kunsmatige spoorsny sessies ook dadelik op opdragte te reageer.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Fri Sep 20, 2013 12:09 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Posts: 825
Location: Mariental, Namibia
Turfjakkals

Hoe sal jy voorstel om byvoorbeeld n Jack Russel te leer, om n jakkals wat jy in die nag geskiet is op te spoor?

Skolla


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Fri Sep 20, 2013 3:30 pm 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm
Posts: 20
Location: Christiana
Hallo Skolla
Ek dink nie die grootste probleem is om jou Jack Russel te leer om die jakkals wat jy geskiet het te kry nie, maar eerder om hom te leer om stil te sit op die voertuig dat jy nie die jakkals mis skiet of kwes nie.
Spoorhonde en brakke is oor die algemeen baie energiek en is dit maar n gesukkel om hulle te leer om stil te le op die voertuig . n Jakkals wat jy sopas geskiet het se reuk hang gewoonlik nog lekker sterk in die lug en is dit gewoonlik nie moeilik vir n hond om hom te kry behalwe as die wind sterk waai of dit begin reen nie. Ek gebruik een van my windhonde om die jakkalse vir my te gaan haal en was dit seker makliker omdat hy reeds geleer was om jakkalse in die nag te jag en hy ook die natuurlike instink wat jy by sekere windhond bloedlyne kry om die dooie jakkals bakkie toe te bring het. Al wat ek gedoen het was om iemand te kry om vir my op die plek waar ek die jakkals geskiet met een van daai laser liggies te lig (Die plan by Jaques Botha gekry) Dan klim ek af en stap in die rigting van die jakkals en moedig die hond aan om in die liggie se rigting te soek . Dis net baie belangrik dat jy stadig stap en as hy te ver in n verkeerde rigting hardloop gaan staan en wag tot hy na jou toe terug kom voordat jy weer nader aan die plek waar die jakkals le beweeg . Ek bly gewoonlik stil as die hond in n verkeerde rigting beweeg en moedig hom eers weer aan om te soek as hy in die regte rigting beweeg . Al kan ek sien waar die jakkals le wag ek eers tot die hond self die jakkals gekry het voor ek stadig nader gaan en hom prys . Ek moedig hom gewoonlik ook aan om die dooie jakkals so bietjie te byt maar as hy net vir hom wil staan en blaf is dit goed en word hy ook geprys . Moenie met die hond raas as hy die jakkals wil byt terwyl jy hom terug dra na die voertuig toe nie . Die beste hond is gewoonlik die een met die meeste ondervinding so moenie eers wag tot jy sukkel om n jakkals te kry voor jy hom gebruik nie. Jy sal ook die meeste gesukkel om die hond te leer om stil te le uitskakel as jy hom al by die huis gewoond maak om nie op jou roep apparaat se geluide te reageer nie .
Ek gaan gewoonlik alleen uit as ek roep en skiet en is nou al lekker bederf met my hond wat die jakkals gaan haal en op die bakkie laai .Ek het deesdae net die probleem dat hy klaar van die bakkie afspring as die skoot klap en kan dit moeilikheid maak as daar twee jakkalse tergelyker tyd inkom . Dit het tot op hede nog net een keer gebeur en was ek toe gelukkig dat hy die jakkals kon platloop en vang . Dit was net moeilik gewees om die lig wat op my geweer gemonteer is die heeltyd op die jakkals te hou.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Fri Sep 20, 2013 4:50 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Posts: 825
Location: Mariental, Namibia
Turfjakkals

Dankie, seker moeilik om te glo, maar die spesifieke Jack Russel is baie gehoorsaam en sit doodstil tot ek afklim en beweeg.
Dit lyk net vir my of hy nie seker is wat hy moet soek nie.

Skolla


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Fri Sep 20, 2013 6:20 pm 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm
Posts: 20
Location: Christiana
Skolla
Ek hoor en verstaan wat jou probleem is. Wat jy eintlik wil weet is wat ons in plat afrikaans noem hoe om n hond warm te maak. Daar is heelwat verskillende metodes wat ek om voor die hand liggende redes nie hier wil bespreek nie maar as jy daaroor dink sal jy self op n werkbare antwoord uitkom. Die maklikste weg is natuurlik om uit te vind of daar nie manne in jou nabye omgewing is wat met windhonde jakkals jag nie . Gaan dan eers n paar keer saam met hulle en as jy behulpsaam is en help bydrae (brandstof) met die jag is daar n goeie kans dat hulle jou op n gereelde basis sal saamnooi op die jagte en jou behulpsaam sal wees om jou hondjie warm te maak


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jaghonde opleiding
PostPosted: Fri Sep 20, 2013 8:12 pm 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm
Posts: 20
Location: Christiana
Skolla.
Stuur vir my jou adres op PM. Ek wil vir jou n dvd stuur
Groete Turfjakkals


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 24 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group