JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Thu Aug 22, 2019 7:23 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 31 posts ]  Go to page Previous  1, 2
Author Message
 Post subject: Re: Honde en Slangbyt
PostPosted: Thu Jan 16, 2014 6:47 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Posts: 505
Location: Smithfield
Gromit
Atropien werk vir Temik en al die ander giwwe wat ouens meng vir die rooihonde-dis verstommend om te sien hoe vinnig hy werk.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Honde en Slangbyt
PostPosted: Thu Jan 16, 2014 11:17 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Posts: 2662
Location: Zululand
iceman1982 wrote:
Skolla,
Hier is my raad. Ek het self n bloedspoor hond wat maar eintlik my kind is. Ek kan nie eens dink aan die moontlikheid as ek hom moes verloor nie. Ek het by my veearts teengif gekoop. Met n hond moet n mens die teengif met n drip binne aars ingee. Die teengif dek al die slange van die area, so te se pofadder, geelslang en mambas.
Ek het n jaar terug myne gekoop. Die rak tydperk is so 2 jaar en die teengif kos so R1200. So R600 n jaar , glo ek nie is te veel om te vra vir jou beste vriend nie. Die teengif moet in die ysks gehou word. As ek met klient gaan jag, dan pak ek n "Coolerbox" , een van hierdie wit visvang boue met daardie "icebricks" en dit hou so twee dae. Elke aand haal ek dit it en sit die teengif in die yskas en die "icebricks" weer in die vrieskas.
Die veearts het volhou dat ek n vinnige kursus by hulle doen, verniet, om te leer hoe om die drip in te sit en waar die hond se are die maklikste is om te kry.
Heel eenvoudig en ek weet ek is gedek. Prrat onder korreksie, maar ek dis 98% seker dat jy dieselfde teengif op mens ook kan gebruik. Mens hoef nie binneaars te wees nie.
My teengif is nog geldig tot Sept 2011.
Laat weet as jy enigiets anders wil weet.

Groete


Daar is 2 vorme van teengif in SA. Die eerste en mees algemene is die sg. Polivalente teengif wat dekmvir die 16 mees algemene slange in Suider Afrika, o.a Mamba, meeste kobras, en adders. Die tweede is spesifiek teen Boomslang gif en het n bitterkort raklewe. Dit word op aanvraag direk vanaf Onderste Poort ingevlieg na waar benodig.

Die teengif word vervaardig deur Perde met die slang gif te inokuleer, sodat hulle teenliggame maak. Hierdie teenliggame word dan weer vanuit die perd se bloed getrek en as 'n gekonsentreerde serum verpak. Dit moet in byde mens en dier intra veneus toegedien word om enigsins effektief te wees, en die dosis word per liggaams massa bepaal. In my ervaring kom 'n mens baie selde reg met minder as 4 of 5 ampules in 'n volwasse man van 70-80 kg.

UITERS BELANGRIK is dat teengif slegs gegee word indien noodsaaklik. Die serum is, soos gesê, vanuit 'n perd, en lok dus 'n geweldige immuun reaksie uit in die mens of dier se liggaam waarvoor dit gegee word. 30-50% van pasiënte gaan in Anafilaktiese skok wat aktiewe resussitasie benodig agv die teengif, en daarom word dit slegs in 'n hoë sorg eenheid toegedien, nadat die pasiënt reeds met Adrenalien en Kortisoon gelaai is. 100% van pasiënte wat dit ontvang ondergaan immuun reaksies soos velreaksies, verlaging in bloeddruk en brongospasma.

Gromit wrote:
Skolla

Praat met jou veearts. Ons dra Atropien vir ons pointers as ons vermoed daar is gif in die veld.

Ek weet nie of dit sal werk nie maar dit is moeite werd om daar a te kyk.
Dit kan moontlik vir jou tyd koop om by n veearts te kan kom.

Dit is nie duur nie. Ek dra altyd n bottle as ons op vreemde plekke jag.


Atropien word gebruik, spesifiek om die effek van Organofosfate en Karbamate teen te werk. Die neuro oordrag stof Assetiel-cholien, se reseptore word deur hierdie gifstowwe geblok en Atropien werk dit teë. Weereens word veelvuldige dosisse gegee, totdat die gifstof volgens sy plasma halfleeftyd uitgewerk het, en eindig 'n mens maklik op om vir 'n persoon met organofosfaat vergiftiging 20-40 ampules Atropien toe te dien oor 'n tydperk van ure/dae na aanleiding van die vlak van intoksikasie.

Daar is 'n rol vir Atropien in die behandeling van neurotoksiese slangbyte, maar dit is slegs deel van die ondersteunende en simptomatiese behandeling.

_________________
"I love sleep. My life has the tendency to fall apart when I'm awake, you know" - Ernest Hemingway

.177 .22 (x2) .222 .243 .250 Savage
6,5x55 6,5x57 7x57 (x2) .308 8x60S (x2)
9,3x62 .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16 Br 12 Br (x3) 9mm .44


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Honde en Slangbyt
PostPosted: Thu Jan 16, 2014 12:53 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Posts: 1031
Location: Secunda
Blikskottel Dewald, jy moes 'n dokter geword het ! ++>: ;)

Baie dankie vir die info, dis vreeslik interessant en hulpvaardig.

_________________
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Honde en Slangbyt
PostPosted: Thu Jan 16, 2014 1:08 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm
Posts: 253
Location: Caledon, Weskaap
Hy is een die pes!

al redelik vir sy pasiente gelag, hulle het die interressantste kwale!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Honde en Slangbyt
PostPosted: Tue Jan 28, 2014 9:42 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 8474
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Manne kan mens atropine oor die "toonbank" koop en dit in jou yskas hou en indien wel waar kan mens dit kry?

edit
EK sien Bayer verkoop een so ek glo ek sal dit in die hande kan kry

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Honde en Slangbyt
PostPosted: Tue Jan 28, 2014 10:36 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Posts: 2662
Location: Zululand
Dit is skedule 4, so behoort nie n probleem te wees met 'n normale voorskrif nie. Seker n veearts sal ook aan jou kan verkoop. Tien ampules behoort so R40-R60 te wees.

_________________
"I love sleep. My life has the tendency to fall apart when I'm awake, you know" - Ernest Hemingway

.177 .22 (x2) .222 .243 .250 Savage
6,5x55 6,5x57 7x57 (x2) .308 8x60S (x2)
9,3x62 .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16 Br 12 Br (x3) 9mm .44


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 31 posts ]  Go to page Previous  1, 2

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group