Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post Reply
User avatar
bosjagter
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Dec 29, 2010 8:46 am
Location: Potgietersrus

Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by bosjagter » Fri Oct 04, 2013 9:37 am

Dagse Almal,
Ek was op soek na 'n een-kaliber jaghond waaroor mens kan skiet. Daarby bedoel ek nou nie 'n hond in die windhond klas wat sy eie wild gaan vang nie. Ek wil voeljag en wild jag met die hond - met wild moet die hond bloedspoor goed kan vat- terwyl die normale geld in die voeljag soos met GSP. Verder wou ek he dat die hond sy "werk-afstand" aanpas by die ruigtheid van die bos, en dat hy graag swem. D.w.s in die oopte moet hy werk soos 'n GSP, en in die bos moet hy naby genoeg aan my bly om my heeltyd in die oog te hou. Uit persoonlike voorkeure was daar nie 'n ras in SA wat ek wou gebruik het nie. Hierdie moet asb ook nie 'n vergelyking tussen rasse word nie - ek wil net graag net mense se opinie he oor wat hulle dink van die Cesky Fousek op sy eie. Ek is in die proses om vir my 'n hond in te voer van die Czech Republiek - en wonder of ek dit moet oorweeg om met die hond te teel om my onkostes te dek - of om die kostes af te skryf aan persoonlike voorkeur.
Links:
http://www.en.wikipedia.org/wiki/Cesky_Fousek
http://www.newzealand.ceskyfousek.org/faq

Julle terugvoer word waardeer - behalwe vir die ouens wat gaan se die honde is @%###$ lelik

Groetnis

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4611
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by Carl » Fri Oct 04, 2013 9:57 am

Bosjagter,
Ek ken die hond ras glad nie. Het ook nog nooit gesien in SA nie. Maar hy is so na as demmit aan 'n Draadhaar Duitser. So ek gee geen kommentaar oor sy werk vermoë nie.
Ek sou lugtig wees om so unieke ras in te voer en te probeer teel. Is hier reeds sulke honde hier, tewe ens? Wat is hulle jag reputasie? Onthou jy kompeteer direk met GSP's, Draadhaar Duitsers en Weimeraner. Almal baie gevestigde rasse en almal met 'n baie goeie reputasie in SA. Hoekom gaan ek so hondjie by jou koop? Wat maak die hond beter as die GSP?
'n Goeie GSP teef van Duitsland kos so R30-50K geland. Wat kos so hond jou om in te voer?
Hierdie is soos 'n skaars kaliber geweer ou Mauser 8.5x57 of so iets. Dit gaan jou meer kos om om die selfde ding te doen maar jy gaan uitstaan as uniek.
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12278
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by Geno » Fri Oct 04, 2013 10:02 am

Gaan jou hond weghol elke keer as jy vir iemand vertel watse ras dit is?

"Foesek!" ;)
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by Beretta » Fri Oct 04, 2013 10:08 am

Geno
Ek wou dit ook se maar jy is weer skerp arme hond ;D ;D ;D ;D. Koop maar gerus n GSP daar is nie n beter hond nie. Onthou dit is wat jy insit in die hond met sy opleiding dit is wat jy gaan uitkry. Fousek maar die hond wil nie inkom nie ;D ;D ;D
Beretta ;D

User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Location: Tzaneen, Limpopo

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by Riaan Beeslaar » Fri Oct 04, 2013 10:39 am

Geno wrote:Gaan jou hond weghol elke keer as jy vir iemand vertel watse ras dit is?

"Foesek!" ;)
;D ;D ;D ;D

User avatar
Manus1
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Tue Oct 08, 2013 3:52 pm

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by Manus1 » Thu Oct 31, 2013 9:31 pm

Bosjagter, ek het nog net 2 fouseki's gesien in n "training kliniek" maar kan ongelukkig niks goeds van die twee vir jou vertel nie. Die Draadhaar is veronder om n "versatile" jaghond te wees maar ek kan jou ook se die definisie van "versatile" is so wyd soos al die Jaghond lyne. Ek gaan hieronder n webskakel plaas wat jy kan volg na n blad van n kanadees wat die jaghonde navors en fotografeer. Ek weet jy wil nie hoor van die ander rasse nie maar wat ek met jou kan deel uit my ervaring met die weims is dat hoe kleiner die genepoel in die land is hoe moeiliker is dit om n goeie hond te vind. Ek glo dat die GSP's die beste waarde is aangesien jy goeie honde kry vir nie te duur nie en hulle is aanpasbaar. Ek is mal oor die engelse pointers se lyne maar die ding verdwyn oor die horison en dan is hy soek en als weg. Die weims en vizlas en britanies - Daars goeis in ons land maar jy gaan soek. Sinones en setters het maar meestal in skou honde ontaard. Die alternatief is weer iets soos n die spaniels(HFR honde) maar bly weg van die skou soort.

Dink jyt klaar jou hart op n fouseki verloor...
Hier is die web skakel

http://pointingdogblog.blogspot.com/
BSA METEOR Mk2 4.5mm
Evanix blizzard S10 5mm
Weirach HW 50 5.5mm
Inferno 225lb kruisboog
Brno ZKK601 270win
Ruger M77 mk1 .338 win mag
Zabala Eibar S/S20Br
Astra S/S 16Br

Graham W
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Fri Apr 01, 2011 10:03 am

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by Graham W » Fri Nov 01, 2013 8:42 am

manus is dit struisbaai se tail op jou foto
graham

User avatar
bosjagter
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Dec 29, 2010 8:46 am
Location: Potgietersrus

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by bosjagter » Fri Nov 01, 2013 9:52 am

Hi Manus, Dankie vir die terugvoer. Ek dink nie daar is enigiets fout met GSP's, WGP's, Weims, Engelse Pointers etc etc nie. Elkeen het sy plek. As ek op die Hoeveld, Dullstroom of die Vrystaat gebly waar daar oop vlaktes was het ek LANKAL een van hulle gehad! Ek 1. verkies draadhaar honde - en 2.in die digte doring ruigtes waar ons meeste van die tyd jag voel ek persoonlik 'n draadhaar sal ook beter vaar. Natuurlik sal daar ander honde wees wat dit ook sal hanteer - maar dan herhaal ek weer rede nommer 1. So van die vertrekpunt dat ek 'n Draadhaar soek is my keuses nie so wyd nie. GWP, Stichelhaar, Wire-haired Visla, Korthal Griffons en Cesky. Beide die GWP en Stichelhaar word aangedui dat hulle nogal geneig kan wees om te byt (reg of verkeerd). Omdat ek 'n besige kleinkind het, is hulle dus vir my dadelik uit. Was dit nie die geval nie sou ek heel moontlik vir die GWP gesettle het omdat daar GWP's in Suid Afrika is. Die ander drie is die een so skaars soos die ander - maar my finale keuse het ek gemaak oor van die looks en "algemene" neigings van die Cesky, en dit is om hulle jag-afstand automaties aan te pas by die omgewing(sonder opleiding), hulle bloedspoor bekwaamheid (natuurlik met opleiding), en hulle "skerpheid" teenoor ondiere. Ek voer glad nie aan die Cesky's is die "volmaakte" hond nie - hulle digte hare wat hulle so bestand maak teen die dorings maak hulle ook baie warm - so hulle sal nooit soos GSP's kan area "cover" nie - maar ek glo dit gaan my behoeftes bevredig. Verder verneem ek ook dat hulle indien nie reg gesosialiseer word nie, soos die GWP ook maar moeilik kan raak - maar weereens is die "algemene geneigdheid" minder omdat dit juis een van die teel strategiee was. Indien ek sou teel met die teef, sou ek die beste reuns internationaal identifiseer, en sou ek semen invlieg - ek was nie van plan om plaaslik reuns te soek nie. Dit sou my dieselfde genepoel gegee het as menige ander rasse in SA. Die terugvoer dui egter dat ek nie sal teel met die honde nie - ek sal hulle kry bloot net vir my eie voorkeur en plesier.
Groetnis

User avatar
Ferdi Bam
Full Member
Full Member
Posts: 241
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Location: Steynsrus, Vrystaat

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by Ferdi Bam » Fri Nov 01, 2013 5:34 pm

Hallo Bosjagter,

Dis mooi tipe jaghond wat jy wil invoer. Het jy al gedink hoe gaan een lyk met n lang stert in SA. Jy moet by dr Bingle of Botha gaan hoor of hulle "docking" doen want dit sal maar sad wees as so n rasegte jaghond met n langstert op die vlakte rondhardloop. Jy sal hom darem maklik kan sien in die lang gras. Net n (Engelse) Pointer word verskoon en mag n langstert hê.

Jag jy maar hoofsaaklik op die Vlakte? As jy die hond gekry het kontak my, ek sal graag so hond in lewende lywe wil sien.

Groete

Ferdi Bam
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!

User avatar
bosjagter
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Dec 29, 2010 8:46 am
Location: Potgietersrus

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by bosjagter » Fri Nov 01, 2013 9:51 pm

Hallo Ferdi,
Gaaf om van jou te hoor. Ek dink ook hulle is mooi, maar mooi in hierdie geval is nou regtig in die hart van die kyker! Verseker gaan ek jou kontak as my hond geland het! Die sterte word normaalweg 2/5 ge"dock". Daar is egter nou 'n neiging in Nederland om die sterte lank te los - maar ek gaan my hond uit die Czech Republiek kry waar daar nie sulke issues is nie. Definitief gaan die lang stert nie werk nie. Omdat jy ook in die vlakte jag, glo ek jy weet presies waarvan ek praat as ek van die digte doring plate praat. Dit is ook asof die fisante goed verstaan dat die honde nie sommer daar ingaan nie. Al my jagte sover was op die vlakte en om die Nyl. Ek het gehoor jy het Pietersburg toe geskuif? Dis darem nog naby genoeg om by jou te kom kers-opsteek met die opleiding
Groete

KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 782
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Location: Kathu

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by KalahariKlong » Fri Nov 01, 2013 10:27 pm

Lekker om jou 'n slag te sien gesels.
Ek het natuurlik vir jou die perfekte oplossing - jy het 'n pm.

Groete

User avatar
Ferdi Bam
Full Member
Full Member
Posts: 241
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Location: Steynsrus, Vrystaat

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by Ferdi Bam » Sat Nov 02, 2013 1:55 pm

Bosjagter,

Jip ek bly nou 2 maande in Pietersburg. Dis lekker om nie meer elke oggend 5 uur op te staan en 60 km werk toe te ry nie.
Stel jou voor n GSP of hond soos wat jy koop met n lang stert. Noudie dag sien ek n pragtige Dobermann met n lang stert. My hart wou breek hieroor en ook in Stellenbosch noudie dag weer n GSP met n lang stert. Dit pas net nie by sekere honde nie maar dis weer n ander topic wat ons eendag op die Forum kan bespreek.

Dis reg die winter kom en die dae gaan weer met n hengse spoed verby. O ja as die jaginstink diep ingeteel is is die hond nie bang vir die bosse nie. Die vere en bloedsmaak in sy bek dryf hom, jy sal sien. Dis hoekom hulle geteel is om vir ons te jag.

Groete

Ferdi Bam

NS: KhalahariKlong stuur my ook die oplossing asb.
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!

User avatar
Manus1
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Tue Oct 08, 2013 3:52 pm

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by Manus1 » Mon Nov 04, 2013 4:51 pm

Hi.
Nee kyk oor die stert debakel is daar nou maar net niks wat ons kan se nie maar ek wil sê soms wens ek my 2 weims het kort sterte gehad. Alles loop deur.
Bosjagter - Jy moet definitief n paar Kikkies stuur as die woef hier land. Ek dink Mercury Magic het ook 2 jaar terug een ingebring. Kyk maar op hul webblad.
GrahamW - Dis definitief Struisbaai se lang taile op die foto... Kan hul definitief nie hier in kimberley skiet nie :)
BSA METEOR Mk2 4.5mm
Evanix blizzard S10 5mm
Weirach HW 50 5.5mm
Inferno 225lb kruisboog
Brno ZKK601 270win
Ruger M77 mk1 .338 win mag
Zabala Eibar S/S20Br
Astra S/S 16Br

User avatar
bosjagter
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Dec 29, 2010 8:46 am
Location: Potgietersrus

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by bosjagter » Thu Oct 30, 2014 9:44 am

5 maande na ek die dragtige teef ingevoer het, is ek baie bly ek het gedoen wat ek wou. Partymaal moet mens doen wat jy dink reg is - want niemand anders het soveel daaroor gedink soos jyself nie. Al die puppies wat ek wou verkoop is weg - en dit is definitief van die mooiste honde wat ek nog gesien het. Die mense aan wie ek die hondjies verkoop het is net so gelukkig met hulle.
Ek het ook met die teef begin jag - en is nie vir een oomblik spyt nie. Vir mense wat open-minded is - kan na my website gaan kyk om te sien dat daar ander interessante rasse is. Ek probeer ook glad nie honde verkoop nie - en sal seker eers weer in 2016 teel. www.ceskyfousekza.co.za
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by blaser » Thu Oct 30, 2014 11:46 am

amper mooier as my britanies

waarvoor het jy verkoop

User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4309
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by ruaanb » Thu Oct 30, 2014 11:58 am

Ek hou nogal van die hond se voorkoms snaaks genoeg.

User avatar
bosjagter
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Dec 29, 2010 8:46 am
Location: Potgietersrus

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by bosjagter » Thu Oct 30, 2014 12:08 pm

Hi Remington,
Weet nou nie of ek hulle "mooi" sal vergelyk met 'n Brittany nie - maar die Cesky's het vir my 'n rowwe mooi. Brittany's se mooi is heel in 'n ander klas.
Die hondjies het gegaan vir R6000.00.

blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by blaser » Thu Oct 30, 2014 12:31 pm

dis n goeie prys vir daai honde die ou wat nou die Brittany's in bring van amerika vra R10000

User avatar
bosjagter
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Dec 29, 2010 8:46 am
Location: Potgietersrus

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by bosjagter » Fri Oct 31, 2014 10:59 am

Ek moet eerlik wees dat ek eerder baie minder wil teel en meer sal vra as andersom. Miskien omdat ek nie eintlik die teel tipe is nie. Ek wou 'n Cesky gehad het - die teel het maar net bygekom om 'n gedeelte van die kostes te dek. Wat ek ook baie moeilik gevind het is wanneer die kleintjies na hulle nuwe huise gaan. Jou huis voel regtig of jou kinders nou net weg is!! Die invoer ding kos ook maar baie geld hoor. Dis nie net die 30-50k nie. In my geval is hier nou ook geen reuns in SA nie (ek het dit van die begin af geweet) - so vir die volgende teling sal ek semen moet invoer. So ek stel maar uit. Tel al die goed bymekaar, plus die puppies wat rotgif ge-eet het en moes veearts toe, plus naelbreuke en die totaal klim en klim. Die registrasie, micro-chipping en alles tel ook maar net op. Van week 4 af voer ek ook die kleintjies met Ideal melk aanvulling, en van week 6 af sardientjies. Dis miskien net ek - maar dit kos heelwat. Ideal melk kos nou al R26 'n blikkie.

Wat belangriker as die kostes is - is dat wanneer jy so hondjie koop - jy weet jy het kwaliteit. Daarby bedoel ek nou jou Brittanies, sowel as my honde en goeie lyn ingevoerde honde. Die tewe is top diere - en die reuns ook so wat getoets en bewys is!!! Ja - jy kan "cheap" hond hier in SA koop ('n ander soort:)) wat goed kan werk - MAAR jy staan 'n baie groot kans om 'n dud te kry. Ek hoop om oor 10 jaar net goeie Cesky's in Suid Afrika te sien! Al moet dit beteken dat ek minder van hulle sien.....
Last edited by bosjagter on Sun Nov 02, 2014 2:31 pm, edited 1 time in total.

blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by blaser » Fri Oct 31, 2014 12:01 pm

ja ek stem saam my top hond is in die vsa gemaak en is die ma ingevoer
ek het ophou somme maak oor kostes want die honde is alless in my lewe hou meer van die honde as van die vrou

User avatar
bosjagter
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Dec 29, 2010 8:46 am
Location: Potgietersrus

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by bosjagter » Fri Oct 31, 2014 1:59 pm

Ha ha - vir honde hoef jy slegs met jou keuse saamleef vir so 10-14 jaar.

Kaptein
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:43 pm
Location: Ficksburg

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by Kaptein » Sun Nov 02, 2014 8:13 am

Bosjagter
As jy weer teel sal ek een wil koop asb

User avatar
bosjagter
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Dec 29, 2010 8:46 am
Location: Potgietersrus

Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?

Post by bosjagter » Mon Nov 03, 2014 11:10 am

Hi Stoorlam,
Dis reg so. Hou maar die web-site dop - ek sal daar aandui wat aangaan met die telery en wanneer ek weer moeg is vir rus en vrede by die huis. So met tyd sal ek ook die aansoek vorms klaarmaak en dan kan jy sommer so jou details vir my aanstuur

Groete

Post Reply

Return to “Jaghonde/Hunting Dogs”