Watse jaghond?

CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Location: George/Rustenburg

Watse jaghond?

Post by CarelG » Mon Jan 11, 2016 3:03 pm

Middag,

Ek dink al n rukkie daaraan om vir my seun (7jaar oud) n jaghond te koop wat hy self kan leer en waarmee hy n pad kan stap vorentoe. Die hond moet aan n paar vereistes voldoen ek ek weet nie of daar so een bestaan nie ;D

-Hy moet nie te vrek groot wees nie, spasie by die huis is redelik beperk en ek wil nie voel ek doen die hond n onreg aan nie. Daar is wel baie plek om te gaan stap maar agter erf bietjie klein.
-Hy moenie hare verloor nie....of te veel hare verloor nie.
-Vriendelik wees teenoor kinders, soek nie een wat sommer in die gesig sal hap nie, my ander lightie is amper 2
-Rustige geaardheid en nie heeldag/nag blaf en alles opvreet nie

Ek weet aandag is baie belangrik om meeste van die goed te verhoed...

Dankie kerels

Groete
Carel

blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Watse jaghond?

Post by blaser » Mon Jan 11, 2016 3:07 pm

daai klink of n brittany sal werk maar jy moet mooi dink dit is groot werk en verantwoorlikheid

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12260
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Watse jaghond?

Post by Geno » Mon Jan 11, 2016 3:08 pm

Patterdale terrier?
Jagdterrier?
Langbeen steekhaar JRT? (Verloor hare)
Wirehair terrier?

Die Brittany soos blaser hier bo beskryf is awesome honde ook. Seker een van die mooistes!
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Location: George/Rustenburg

Re: Watse jaghond?

Post by CarelG » Mon Jan 11, 2016 3:10 pm

blaser wrote:daai klink of n brittany sal werk maar jy moet mooi dink dit is groot werk en verantwoorlikheid
Ja nee ek verstaan so....dis die wat ek nog kou aan die idee. Is so hond self opleibaar of sal n mens maar die skool ding moet doen?

CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Location: George/Rustenburg

Re: Watse jaghond?

Post by CarelG » Mon Jan 11, 2016 3:10 pm

Dankie Geno, sal hulle bietjie google....

Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 1608
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Watse jaghond?

Post by Supacow » Mon Jan 11, 2016 3:12 pm

Schnauzer in die grootte wat jy verkies
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum

blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Watse jaghond?

Post by blaser » Mon Jan 11, 2016 3:53 pm

om n hond op te lei is n groot werk en sit nie in almal se broek nie
moet ook nie n jag hond kry wat dan maar n huis hond raak nie dis n onreg wat jy aan die hond doen

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4608
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Re: Watse jaghond?

Post by Carl » Mon Jan 11, 2016 4:30 pm

Hallo Carel
Watter tipe jag wil jy doen? Voëls, jakkalse, spoorsny?

Ek stem ook vir Brittany, daai honde is so sexy dis amper onwettig (jy kan girls op die strand jag met hulle). My pa het baie GSP en Engelse Pointers afgerig en geteel, so ek is lief vir beide. Maar albei is te besig vir die klein area veral die GSP.

Hy het tot Nasionale Kampioen bereik met sy Engelse Pointers. Dit verg werk om 'n hond te kry om reg te jag, maar teling maak 'n verskil. Koop 'n hond uit werkekend bloedlyn maw die honde moet werk - Field Trails of jag.
Gehoorsaamheid is krities en dit kan jy leer by die huis. Hond wat nie luister gaan in die jag veld weg raak of dalk varke jaag - 1 keer.
Om te "point" is meer instink, jy hoef nie die hond dit te wys nie ;)
Die haal van voëls is iets wat geleer moet word. Brittany's se monde is dalk te sag/lig vir groot voëls soos tarentale (hulle is nie die heel bekendste "retrievers" nie)
Spoorsny, dis harde werk om 'n hond goed te leer.

Jy kan 'n hond laat oplei, dis omtrent R30,000 het ek onlangs gehoor om die hond gun ready te kry. Maar dit wissel.

Ek trek oor so jaar plot toe, dan wil ek ook weer 'n hond kry. Dalk kan ons saam leer.
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4608
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Re: Watse jaghond?

Post by Carl » Mon Jan 11, 2016 4:39 pm

blaser wrote:moet ook nie n jag hond kry wat dan maar n huis hond raak nie dis n onreg wat jy aan die hond doen
My pa het geweier om enige van sy honde as huishonde te verkoop. Selfs as ou honde gaan aftree, het hulle nog so paar jaar se jag in hulle gehad. (hy het nooit sy eie honde uit gesit nie.)
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22

CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Location: George/Rustenburg

Re: Watse jaghond?

Post by CarelG » Mon Jan 11, 2016 4:57 pm

Hi Carl, baie dankie vir die inligting. Jong dis maar vir algemene jag en spoorsny. Ek is (nog) nie groot op die voeljag nie maar het nou met Safari se specials n haelgeweer gekoop....so die moonlikheid is daar dat die voeljag siekte gaan byt. Ja die gsp's is vir my baie aanloklik maar ek wil nie die hond frustreer met spasie nie......dalk moet ek net n groter huis koop ++>: ><)

CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Location: George/Rustenburg

Re: Watse jaghond?

Post by CarelG » Mon Jan 11, 2016 4:58 pm

Het iemand ondervinding met Beagle's?

Die Brittany's is bitter mooi....

Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Location: Durbanville

Re: Watse jaghond?

Post by Andre308 » Mon Jan 11, 2016 5:54 pm

As jy n hond soek wat iets wil leer, dan bly weg van Beagles. Ek sien meer kans om n Bullterrier te leer praat, as om n Beagle te leer rol.

Moet my nie verkeerd verstaan nie...ek dink nie n Beagle is dom nie. Hulle lang ore werk net nie as hulle moet nie.

CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Location: George/Rustenburg

Re: Watse jaghond?

Post by CarelG » Mon Jan 11, 2016 5:55 pm

Andre308 wrote:As jy n hond soek wat iets wil leer, dan bly weg van Beagles. Ek sien meer kans om n Bullterrier te leer praat, as om n Beagle te leer rol.

Moet my nie verkeerd verstaan nie...ek dink nie n Beagle is dom nie. Hulle lang ore werk net nie as hulle moet nie.
;D ;D

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4608
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Re: Watse jaghond?

Post by Carl » Mon Jan 11, 2016 6:15 pm

Ja die Beagles is slim, en hulle neuse baie goed (die Narcs/Doeane gebruik hulle op die lughawe). Dink egter nie dis jaghond materiaal nie.

Spoorsny is die GSP my 1ste keuse. Een opsie is om 'n ouerige hond te koop, klaar opgelei en msikien voel die eienaar tyd vir jonger hond, as hy kompetisie ook doen. My pa se een GSp was ongelooflik rustig, en gehoorsaam. Nooit saam met die jonger hond Sedgefield se strate of Alldays se bos verken nie.

Die kleiner terriers soos Geno genoem het kan jy oplei net vir spoorsny. Maar 'n Jack Russel gee vrek baie hare af,ek weet nie van die draad hare ens.
Nog spoorsny honde, Blueticks of 'n lekker Bloedhond :)
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22

junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1055
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Location: Bloemfontein

Re: Watse jaghond?

Post by junglejulian » Mon Jan 11, 2016 6:28 pm

Ek besit n paar wire hair terriers en n engelse pointer.vir jou aanwending sal ek n wirehair sterk oorweeg.ongelooflike hond vir kinders.sterk en hard genoeg vir rowwe laaitjies.baie goeie neus.my tefie is nie bang vir n gat nie maar die reun wel.my erf is ook nie te groot nie maar my honde werk baie.doen maklik 25-40km n week met hul.as jy my jou selnommer pm kan ek jou n paar fotos stuur.kyk ook op Ben Remington se draad vir fotos van Ruger sy wirehair reun.

junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1055
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Location: Bloemfontein

Re: Watse jaghond?

Post by junglejulian » Mon Jan 11, 2016 6:30 pm

Die wirehwairs mors omtrent glad nie hare nie.Die jack russels ens engelse pointers wel baie(meeste korthaar honde doen)

henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1298
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Location: Noordhoek

Re: Watse jaghond?

Post by henning » Mon Jan 11, 2016 7:12 pm

Dit is n goeie idee wat jy het maar n kind van 7 jaar oud is dalk te jonk vir die verantwoordelikheid om so n gesofiskeerde hond te hanteer tensy jy saam hom werk en hom saam met die hond oplei.
Voorspoed en ek wens julle alles van die beste.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim

CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Location: George/Rustenburg

Re: Watse jaghond?

Post by CarelG » Mon Jan 11, 2016 7:28 pm

henning wrote: tensy jy saam hom werk en hom saam met die hond oplei.
Thanks Henning...dis maar die plan

shanenel
Full Member
Full Member
Posts: 157
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:56 am

Re: Watse jaghond?

Post by shanenel » Mon Jan 11, 2016 7:40 pm

Ou Carel
n Jagdterrier is pure hond, maar nie vir almal nie. Hulle is soos 10 JRT met turbos in.Die hondjies stuit vir niks en is baie vocal hulle is so geteel. My teef is nou 6 maande oud en alles wat ek ek wou he en meer.Vir jou kriteria dink eerder aan iets soos n JRT of n Beagle.
Sterkte met jou soeke

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12260
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Watse jaghond?

Post by Geno » Mon Jan 11, 2016 8:24 pm

shanenel wrote:Ou Carel
n Jagdterrier is pure hond, maar nie vir almal nie. Hulle is soos 10 JRT met turbos in.Die hondjies stuit vir niks en is baie vocal hulle is so geteel. My teef is nou 6 maande oud en alles wat ek ek wou he en meer.Vir jou kriteria dink eerder aan iets soos n JRT of n Beagle.
Sterkte met jou soeke
Laat weet my asb waar jou teef vandaan kom. Ek soek al lank na een!
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Watse jaghond?

Post by blaser » Tue Jan 12, 2016 6:55 am

carl
jy het dit verkeerd oor brittanys oor die van groot voels en retrievers
hulle is van die beste retrievers wat daar is en bring kolganse en makou volgens my is dit die engelse wat swak gaan haal en nie van water hou nie
onthou n brittany en gsp is omtrend een groote

JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 1470
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Re: Watse jaghond?

Post by JohanvB » Tue Jan 12, 2016 7:03 am

Kry 'n Yorkshire Terrier..vreesloos!!!

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4608
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Re: Watse jaghond?

Post by Carl » Tue Jan 12, 2016 7:30 am

blaser wrote:carl
jy het dit verkeerd oor brittanys oor die van groot voels en retrievers
hulle is van die beste retrievers wat daar is en bring kolganse en makou volgens my is dit die engelse wat swak gaan haal en nie van water hou nie
onthou n brittany en gsp is omtrend een groote
Jy sien ek skryf alweer iets ek ek het nie 1ste handse kennis nie ;) Maar ek verskil, 'n goeie bloedlyn GSP is beslis groter - volgens Google max 32kg vs 18kg 8)

Ons het nooit die Engelse gebruik vir retrieve nie.
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22

blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Watse jaghond?

Post by blaser » Tue Jan 12, 2016 7:50 am

ja jou vriend google praat meer van die franse honde waar 95% van ons brittanys van die vsa kom wat grooter is my 2 tewe weeg 27 en 28 kg maar is evens oorgewig soos die baas
n kleiner gsp teef werk beter as n te groot hond
ek sien daar is baie kleiner gsps deesdae by van die groot shoots

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6015
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Watse jaghond?

Post by DWB » Tue Jan 12, 2016 8:26 am

blaser wrote:ja jou vriend google praat meer van die franse honde waar 95% van ons brittanys van die vsa kom wat grooter is my 2 tewe weeg 27 en 28 kg maar is evens oorgewig soos die baas
n kleiner gsp teef werk beter as n te groot hond
ek sien daar is baie kleiner gsps deesdae by van die groot shoots

Help dit met die by bly? :D :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"

Post Reply

Return to “Jaghonde/Hunting Dogs”