Page 1 of 1

Iemand

Posted: Fri Oct 10, 2014 7:10 pm
by Speelmansjagter
Daar dalk iemand hier naby of in die Baai wat 'n 'partner' soek om saam mee te skiet?

''Nie daaaaai soort 'partner' nie, ek is gelukkig getroud met 3 kinjers.'' :P
Ek wil graag met iemand in aanraking kom wat graag skietbaan toe gaan, herlaai en dalk so nou en dan, of al klaar, oor langer afstande wil skiet.
My vriend wat altyd die dinge saam my gedoen het, het 'n paar jaar terug na Loui Trichardt verhuis.
Het 'n paar pelle by die jag-klub, maar hulle is nie groot op herlaai of baie skiet nie.
Ook 'n lid by P.E. se skiet klub.
Dit is nie so lekker om die dinge alleen te doen nie, en die seuns is nog baie jonk.

Laat my maar weet.
dankie...