JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Sep 22, 2019 10:15 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 67 posts ]  Go to page Previous  1, 2, 3  Next
Author Message
PostPosted: Wed Sep 11, 2019 3:08 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Posts: 6136
Location: Brackenfell
Ek dink iets wat dalk bietjie oorsien word is die ekonomie. Ouens wat 'n R20k slotaksie geweer kon koop trek swaar maar die ouens wat die dubbels kan bekostig kan dit nogsteeds doen.
As ek dus in bemarking was sou ek fokus op die marksegment wat die geld het. Verkoop minder duur gewere as om te sukkel om die getalle vir die goedkoper gewere bymekaar te maak.

Hoeveel waarheid hierin steek is seker debateerbaar maar 'n mooi hout kolf op 'n slotaksie of dubbel was nog nooit lelik nie :P


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Sep 11, 2019 3:17 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Posts: 1765
Location: Bronkhorstspruit
Jake1 wrote:
Ek dink die ding is maar as jy R80 000 of meer het om 'n buffel te skiet wil die ouens die duurste geweer koop, dis gewoonlik dubbels, maar ja ek stem saam met jou, 'n ordentlike pushfeed soos die zkk602 loop mooi
Zkk602 pushfeed?


Sent from my iPhone using Tapatalk

_________________
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Sep 11, 2019 3:18 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Posts: 83
Ek het seker maar die verkeerde boeke gelees toe ek 'n laaitie was, maar ek het geen begeerte aan 'n dubbel nie! Ek vat enige dag 'n swaar kaliber op 'n Mauser aksie oor 'n dubbel.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Sep 11, 2019 5:35 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Posts: 1765
Location: Bronkhorstspruit
DWB wrote:
Ek moes nou ook eers kyk of Ronald 'n nuwe video gepost het voor ek hier kon kommentaar lewer :D :D :D :D

Dit is virseker baie meer algemeen om meer mense met dubbels as voorheen te sien, meeste PHes self in SA het dubbels op die videos.

Ek sien myself maar as 'n slotaksie ou. En ek hou daarvan om te dink dat ek vinniger is met my slotaksie as die algemene ou, maar dit kom ook net deur oefen oefen oefen.

Ek dink as mens fisies die tyd van 'n gemikte 2de skoot vat op 'n dubbel, is 'n vinnige slotaksie man nie baie vêr agter nie.

Ek dink ook die algemene ou wat nou onlanks 'n dubbel gekry het gaan uit die bus val met skoot 3 en 4. Want nes die slotaksie kom daai "muscle memory" met baaaie oefening.

Ek persoonlik glo daar is meriete daarin om 'n vinnige opvolg skoot te kan skiet.

Maar ja Baas Wout, as Ruger dubbels gebou het het ons seker nie nou hierdie gesprek gehad nie :D

Ek sal wel van so vriendelike kompetiesie hou waar 'n klomp vinnige slotaksie manne teen 'n klomp vinnige dubbel manne waar daar tyd gemeet word om so bietjie statestiek op te bou :D
Deon. Dis eintlik maklik. Trek bietjie top 10 ouens op BASA se rankings en kyk hoeveel is dubbels. Daar tel tyd, skootplasing en energie so alles is mos gelyk. Dan vergelyk jy daardie ratio met die totale dubbels in die veld. Ek wonder of Frederik dalk daai info het ?


Sent from my iPhone using Tapatalk

_________________
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Sep 11, 2019 7:41 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Posts: 1206
Location: Pretoria Oos
Ds J sê n raak ding of twee en die japies wat so imige bewus is maar wat dit is.....maar die lewe is kort en jy weet nie wat môre bring nie.
so as dit jou droom is om 'n mooi dubbel te hê en dit maak nie jou finansiële verpligtinge seer nie dan is my 1/2cent - go-for-it en geniet hom !

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

_________________
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Sep 11, 2019 8:37 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Posts: 1383
Location: Weskus
Al voordeel wat n dubbel het, as jy hom n scope wil opsit hoef jy nie 2 keer sy prys uithaal op brille nie. :laugh:

DD


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Sep 11, 2019 9:13 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Posts: 3690
Location: Pretoria
Martin, ek sal vir Katvis bietjie vrae vir die info maar oor die algemeen was daar die laaste 10 jaar net een man wat behalwe vir laasjaar omdat hy nie 4 shoots kon doen nie altyd top 10 en meeste van die tyd no.1 met sy 500 NE Krieghoff non ejectors.

Verder was dit slotaksie manne al die pad alhoewel die dubbles begin optel is daar nou nog 'n man wat nou sy dubbel mooi verstaan en top 10 gaan kry die jaar. As hy mooi skiet die 28st Sept het ons dalk vir die eerste keer 1st en 2de plek dubbels.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Sep 11, 2019 11:15 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Posts: 1629
Location: NOORD TRANSVAAL (PRETORIA)
Ek loer elke nou en dan na die topic en dink daar is baie opinies en die sogenaamde yuppie jagters en wapen keuses. Dit kan wel die geval wees maar vir my persoonlik gaan dit oor die wense na die ou dae en n klassieke era. Van n redelike jong ouderdom het my hart getrek na Ruger No1’s en kon nooit daarby uitkom tot so 7 jaar terug nie. Die gogga hetgebyt en het al n hele klomp enkelskote op my naam gehad. n Dubbel is vir my ook daai klassieke dier wat anders is as die normale en wil amper se waar jy jou eie identiteit he en nie die massas volg nie. Ek geniet my twee slotaksies maar daar is net daai iets anders wat in jou borrel as jy n mooi dubbel of enkelskoot dra...

Met n enkelskoot maak jy trippel seket van jou skootplasing en tot n mate moet jy dieselfde doen met n dubbel want jy het nie daai 4 wat in die kamer wag nie. Een van my grootste drome was om n buffel te jag en dit is toe bewaarheid twee jaar terug en dit met n 470 dubbel. Die ervaring sal ek nooit vergeet nie en indien dit my beskore is gaan ek dieselfde met my enkelskoot 416 ruger doen.

Elke man het sy voorkeure en beide slotaksies en dubbels kan die ding doen. My aanbeveling sal wees volg jou hart en jou passie want n man lewe net een keer.

_________________
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 4:38 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Posts: 2260
Location: Limpopo
Hansieslim wrote:
Jake1 wrote:
Ek dink die ding is maar as jy R80 000 of meer het om 'n buffel te skiet wil die ouens die duurste geweer koop, dis gewoonlik dubbels, maar ja ek stem saam met jou, 'n ordentlike pushfeed soos die zkk602 loop mooi


Jake 1
Volgens wat ek al slim ouens hoor praat het, loop push feed en gevaarlike wild nie saam nie.

'n ZKK602 is ongetwyfeld 'n controlled feed aksie.


My fout, jys reg ja

_________________
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 11:10 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Posts: 141
Location: Pretoria
Vriend van my het sopas (so halfuutjie terug) buffel gejag. Slotaksie met 'n teleskoop. Ek dink nie hy's dood nie :)


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 12:58 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Posts: 1020
Location: Pietersburg
Die buffel?

_________________
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 1:28 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Posts: 1583
Dink dit was so 3jaar terug by die Boer vs Brit te Ellisras wapenfees waar die dubbel span heelparty voor die semi-auto span hul valplate plat gevee het
Die semi-auto span was wel monetêr ver beter af

_________________
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 2:50 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Posts: 77
Dubbels is maar nog altyd mooi en lekker.

Dubbel brandewyn en coke!

Dubbel D borskas!

Dubbel loop grootkaliber!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 3:13 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Posts: 141
Location: Pretoria
Hansieslim wrote:
Die buffel?

Koffie op my skerm, sleutelbord en selfoon. Baie mooi.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 4:43 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Posts: 3690
Location: Pretoria
Supacow wrote:
Dink dit was so 3jaar terug by die Boer vs Brit te Ellisras wapenfees waar die dubbel span heelparty voor die semi-auto span hul valplate plat gevee het
Die semi-auto span was wel monetêr ver beter af


Supacow, jy moet ook onthou dit vat mooi skiet met semi en 55gr koeeltjie om die valplate om te gooi terwyl die 500gr + goene maar net moet raps vang. Maar daar die dubbel manne het lekker seer skouers gehad daardie aand ;D Onder andere was Stuart daar wat so goed met sy dubbel skiet en ek genoem het wat so baie 1st overall was oor die laaste 10 jaar. Hierdie jaar is hy weer 1st ek kan nie sien dat iemand om gaan verby vat tensy ek al twee die volgende shoots wen nie en hy een nie lekker skiet nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 5:03 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 15914
Location: Vereeniging
Die regulering van dubbelloopgewere maak hulle nie so maklik om voor te herlaai nie. Die slotaksies kan ook hoër drukvlakke weerstaan en met die nuwe ligter monos kan spoedvlakke aansienlik opgejaag word. Soos ons weet kan 'n vinnige koeël deur die longe en hart soms die diere netso laat neerslaan. Vir langer skote het die platter trajek en beter optiese visiere ook groot voordele.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Sep 13, 2019 10:00 am 
Offline
Administrator
Administrator

Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Posts: 6312
Location: Waterkloof, Pretoria
Capt. Oblivious wrote:
Wouter Roets wrote:
Cappy

Koop jy n 6 en 6.5 Creedmoor dan koop ek twee dubbels, hoes daai vir n deal? Sully en Ronnie wil in elk geval nie meer saam met my jag nie, hulle se dit is net pha en die aksie is verby. Blykbaar n moerse nadeel van n slotgeweer volgens hulle...

Groetnis
Wout



Jy gaan daai Rugers van jou nog baie jare skiet


;D ;D ;D ;D


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Sep 13, 2019 1:11 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Posts: 3690
Location: Pretoria
Voordele Slot Aksie VS Dubbels

Slot Aksie
1. Akuraat om nog op 200 meter te kan raak skiet
2. Magasyn kapasiteit is gemiddeld 4 rondtes
3. Kan maklik lading ontwikkeling doen en dan ook met verskillende koeel gewigte speel
4. Nie so swaar vir die jagveld nie
5. As jy nie oorboord gaan nie bekostigbaar vir meeste
6. Doppe en patrone gemiddeld goedkoper
7. Monolitiese koeels kan gebruik word

Dubbels
1. Onmiddelike opvolg skoot
2. Klassiek maak mooi fotos en videos
3. As daar sou fout gaan met een loop se slagpen het jy darem nog 'n skoot
4. Ekstra loop gewig help teen terugskop

Heg maar aan as julle nog het maar onthou net voordele.

Terloops ek gaan more baan ofisier wees by die BASA baan op DGS ons gaan Olifant baan hardloop 8 skote. Ek gaan probeer om bietjie informasie bymekaar te kry tussen die 100+ skuts en dan die verskillende punte tellings kry tussen dubbels en slot aksies.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 16, 2019 1:41 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Tue Jun 02, 2015 9:09 am
Posts: 54
Location: Cullinan, Oos van PTA.
ha ha, ek wou eers biekie omgekrap raak oor die "onderskeid" maar sien nou die punt in die gesprek.

Of ek nou met n dubbel .470, .404 Jeffery op K98 aksie of Musgrave (pushfeed).458WM agter n Olifant, buffel, seekoei of leeu aan is, voel ek n veer wat n volgende persoon se of dink, solank my selfvertroue in die geweer my bene kan laat stilstaan as die pap spat is wat vir my saakmaak. Ek gee ook nie regtig om wat n ander person se voorkeur is nie, solank hy dit geniet of gelukkig is.

Dis maar soos om met n mooi of lelike vrou getroud te wees. Kan maar een of ander tyd pap en drama verwag, die een kos meer as die ander maar altwee kan die lewe baie lekkerder maak.

_________________
375 H&H
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 16, 2019 2:30 pm 
Offline
Administrator
Administrator

Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Posts: 6312
Location: Waterkloof, Pretoria
Boys

As ek reg onthou het Pierre van der Walt in sy boek African Dangerous game cartridges so n tabel gehad van tye tussen dubbels en slotaksies en daar was regtig nie veel te kies tussen die twee nie.

Groetnis
Wouter


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 16, 2019 2:42 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Posts: 878
Location: North Ridiing
Noem my maar snaaks maar ek sal more my 375 H&H en 458 3” en 470 NE enkel skoot verkoop en n dubbel in 500 NE koop en net bosveld met hom jag.

Daar is net iets van n dubbel wat my hart snare trek.

Kan nie wag vir die lisensie vir my 303 Dubbel nie.

_________________
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 16, 2019 3:09 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Posts: 5978
Location: Piet Retief, Mpumulanga
Wouter Roets wrote:
Boys

As ek reg onthou het Pierre van der Walt in sy boek African Dangerous game cartridges so n tabel gehad van tye tussen dubbels en slotaksies en daar was regtig nie veel te kies tussen die twee nie.

Groetnis
Wouter


Jip! Het gister daarna gekyk!

_________________
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 16, 2019 5:02 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Posts: 3690
Location: Pretoria
My observasie na die DGS Saterdag op die Basa baan oor die algemeen het meeste manne met dubbels baie slegter gescore as die slot aksies.

Behalwe vir 2 manne met dubbels was die dubbel manne selfde spoed of stadiger as slotaksies oor die baan.

Laat ek gou baan veruidelik laai 1 skiet frontale olifant brein oor Chrony.
Beweeg loop, kruip of hardloop na punt B laai 5 as jy kan skiet olifant dwars breinskoot en hart dan skiet olifant wat weg beweeg van jou heup skoot elke kant en rugstring.
Beweeg dan na punt C laai twee en skiet frontale olifant nog twee brein skote. Tyd stop na 8ste skoot.

As meer van die dubbel manne bietjie meer oefen om te herlaai en doppe te eject sal hulle beter vaar. Maar die baan was definitief vir beide gebou dubbel of slot dit was die manne agter die roere wat beter moes doen.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 17, 2019 8:13 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Posts: 3119
Location: Agter 'n roer of 'n handlebar
Iemand wat nie van 'n dubbel hou nie ry seker 'n 2.5 Isuzu enkelkajuit, laai sy kinders agter in die kappie en hou vakansie teen 'n droeë rivierloop met vistokke met sardyn as aas. Genot is nie op sy lys van dinge nie. Hy eet piesangs wat in die son gelê het vir 8ure, op sy kar se dash Januarie in die kalahari vir pret en kam sy hare met 'n ontkoppelde wit WAHL skeermasjien.

As ek kon sou ek al my wapen ruil vir een dubbel. Dit is mooi, prakties vir stap jag en jy voel soos Sullivan.

Ek het my eerste Gemsbok met 'n nat nuwe Krieghoff .375 Dubbel geskiet. Ek droom nou nog daarvan.

_________________
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 17, 2019 9:33 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 8568
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
hahahahahaha

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 67 posts ]  Go to page Previous  1, 2, 3  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group