JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Thu Oct 17, 2019 12:41 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 71 posts ]  Go to page 1, 2, 3  Next
Author Message
 Post subject: In Hemmingway se spore
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 1:51 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Posts: 1112
Location: Pretoria
Die voorreg om ‘n stukkie van Hemmingway,Livingstone en ander uit dieselfde era , se ervaringe en wedervaringe te kan beleef, is iets wat nie oor elkeen van ons se pad kom nie. Ek was egter bevoorreg om ‘n smakie (baie gering) daarvan te kry. Vir die afgelope veertien dae, kon ek elke dag,met ‘n geweer oor my skouer rondloop, soos ‘n kolonialis bederf word, en drome van my kinderdae, uitleef. (met ‘n bietjie hedendaagse uitvindsels om dinge meer gemaklik te maak)

Loyd Yearman,’n Zimbawiese “PH en outfitter”, was my gasheer.Bestemming Mosambiek.
Loyd se konsessie,’n 60 000 ha area aan die ooste kant van die Gona re zou park, grens aan die Save rivier in die Noorde, Gona re zou in die weste, Sy oostelike grens is die SA- Cahora bassa kraglyn , en ‘n tweespoor pad, ongeveer 60km Suid van die Save rivier, in die suide.
Die area lyk identies aan die area tussen Nelspruit en Malelane. Heuwelagtig, met reuse kremetarte,rotsformasies, en die grootste bome, wat ek in ‘n lang tyd gesien het.
Beste van als, daar is geen drade nie, en nie een van die diere daar het naampies,oortags of sy horinglengte op sy boud getatoeer nie.

Die kamp area le bo-op ‘n heuwel,ongeveer 5km van die samevloei van die Lundi en Save- riviere af, met feitlik 360 grade asemrowende uitsigte.Die paaie bestaan amper nie en mense is vriendelik en gewillig om die witman daar te he!
Image
Image

Op my lys was Olifant ,2buffels,en seekoei

Die oggend ritueel het begin,4am,met ordentlke Zim uitvoer koffie en roosterbrood, waarna ons die veld in is. Watergate is gefynkam vir vars spore,beoordeel en die spore dan gevolg.

Image

Op dag drie het ons ‘n belownde spoor van ‘n “dagga bul” gekry en gevolg. Na 3 en ‘n half uur se stap en ongelooflike spoorsny werk, het ons met die bul opgevang,waar hy onder ‘n jongerige boom le en rus het. Die spoorsnyer het hom eerste gewaar, en gaan sit,terwyl hy die skiet stokke vir my oopvou.daar was ‘n grooterige vaalbos tussen ons en die bul, en toe ek bo-oor loer het die bul ongeveer 20tree voor my gele.
Dinge het vining gebeur, ook my hartklop het die haastiger tempo gekies en toe ek deur my teleskoop kyk,kon ek net sy kop sien. Die bul het reguit na my toe gele en skielik opgekyk.Ek wou nog my teleskoop terug draai na ‘n laer vergroting, maar het besef die tyd is om. Die kolletjie van my ghostring kruishaar,het op sy blink snoet gestop (want dit was die reguitste lyn na sy hart toe) en die magtige dreuning van my 500Jeff , het die wereld se rustigheid,met disrespek geskud. Die bul het opgevlieg,twee tree in ons rigting gegee, regs geswenk en weg van ons gehardloop. Boddington se wyse woorde “don’t admire your shot” het deur my kop geflits, ek het die slot “gecycle” en ‘n tweede skoot in sy rigting gestuur!.

Die tyd wat nou verby gaan, voel soos ‘n ewigheid, en die emosionele warboel wat deur mens se kop gaan, is seker wat mens so veslaaf maak aan die situasies.Jy begin twyfel in jou skoot, jy wonder oor jou koeels, jy prober onthou wat die dier se reaksies was, en jy kyk soekend na die bosse voor jou, om te sien of daar dalk enige teken van ‘n “comeback” is.
Teen die tyd, vloei die adrenalien vrylik deur jou are en van tyd tot tyd dreig dit selfs om uit te borrel!

Na Loyd se sigaret opgerook is en vele besprekings, besluit ons toe, dis nou tyd. Geweer belt af, teleskoop op 1X vergroting en 4x 570gr Barnes solids bo op mekaar ingepak, begin ons toe treetjie vir treetjie vorentoe, die ruie bosse in beweeg. Dit is hier, waar jy die waarde van adrenalien besef. Jou sintuie gaan skielik oor in “Stereo mode” Jy hoor elke dingetjie, sien in 3D ruik die ongelooflikste goed en selfs jou maag stuur nou en dan ‘n ligte rooksein, om jou reaksies te beproef!

Na omtrent 15 meter, het ek die bonkige swart gestalte omtrent 50m voor ons,regop op sy bene sien le. Weer het als vining begin gebeur, en toe die derde skoot hoog deur sy blaaie seil, het die bul oor gegee en op sy sy gaan le.
Image

Die emosies wat dan deur mens gaan,is weereens ongelooflik. Skielik verander dit van baie nederig en versigtig na vol bravade en high five’s. Dan onthou jy weer, hoe seker jy was van jou skoot, en dat daar geen beter koeel as ‘n Barnes TSX is nie.Meeste van als, besef jy, hoe taai die diere is. Om ‘n 570 gr TSX op jou snoet te vat, en dan nog ‘n entjie te draf, vat bietjie meer as Pierre Spies se blink geflexte biceps.
Image

My eerste skoot het die bul mooi op sy snoet getref en met die afslag,kon ek sy roete mooi volg, deur sy nek,bo-oor die hart,deur die longe en uiteindelik tot in sy pankreas, waar ek die koeel gekry het. Die tweede skoot het die bul op sy regter boud getref,deur sy pens, ook deur die bokant van sy longe, deur sy nek en uiteindelik in sy sinus holte tot ‘n stop gekom. Die penetrasie van die koeel was ‘n goeie 2m.
Image

Image

Image

Ons deurentyd vir ‘n Olifant gesoek en op dag 8 weer na ‘waterpan om vir spore te fynkam, toe ons skielik in ‘n ou dagga bul vasgeloop het. Die spoorsnyers het my besduie om nader te kom, en toe ek om ‘n bos kom, het die bul,omtrent 150m van ons af, in die oopte, maar aan die anderkant van ‘n pan, geloop en wei. Ek was die keer rustiger en het my tyd gevat om die stokke reg te skuif, toe die bul skielik opkyk. Ek moes gou skiet, en die skoot het hom knap agter die blad getref. Die bul het in sy spore verstar en sy kop in die gras laat sak.

Image

Ek het weer geskiet en die die keer het die skoot hoog op sy blad getref,waarna die solid,’n groot stofwolk anderkant die bul opgeskop het. Die bul het twee tree vorentoe gegee, gaan le en sy doodsbulk gegee. Die eerste skoot het sy hart in flarde geruk en ek kon die koeel onder sy vel uitsny!
Image

Image

Image

Image


Daardie selfde oggend is ons toe na ‘pan in die omgeweing, met ‘n redelike seekoei populasie,om my seekoei te skiet. Iets wat ek nie sommer weer sal doen nie, tensy dit ‘n PAC dier is. Die hoof spoorsnyer het my vertel van ‘n seekoei wat baie aggressief was en gevra of ons hom dalk sou skiet. Daar gekom, het ons ‘n rukkie rondgeloop voor ons enige seekoeie gewaar het, en nadat een van die manne die water in is, het ‘n klompie skielik in ons rigting begin beweeg. Een van hulle het skielik vining vorentoe gekom en begin storm terwyl hy bokant die water uitgekom het en 'n wal water voor hom uitgestoot het,soos ‘n land cruiser by watercrossing . Dit was duidelik die agresiewe dier. Hy het tot ongeveer 50m van ons af gevorder, voor hy weer omgedraai en terug beweeg het.

Image

Hy het terug beweeg tot omtrent 120m van ons af, waarna ek my gemaklik gemaak het op die skietstokke, langs ‘n boom, en met my regter elemboog teen die boom gestut. Ek het baie “steady gevoel, en uiteindelik die seekoei op 130m met my 500 Jeff, in sy oor geskiet het, waarna hy gesink en ‘n uur later begin dryf het.
Image

Die gidse is die water in ,en het hom uitgesleep,tot hy naby genoeg was om met die cruiser se “whinch” uit te trek.

Image

Image



Die gidse het dadelik sy stert afgesny en terug gegooi in die water.Hulle glo dat indien hulle dit nie doen nie, daar ‘n droogte sal volg.

Image

Image

Ek was nie vreeslik in ekstase oor die seekoei nie, en het so bietjie die gevoel gekry van ‘n bleshoender op ‘n dam skiet. Ek glo egter dat die prentjie sal verander indien mens hulle in die nag,op land kan jag. Dan behoort die adrenalien te vloei!

Image

Die res van die tyd het ons spandeer om ‘n Olifant te soek,maar uiteindelik moes ons opgee. Ten minste was die “scenary” ongelooflik, en kan ek darem weer in November terug gaan om my Olifant te kry.
Image

Image

Image

Image

_________________
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!


Last edited by kopskoot on Tue Sep 02, 2014 10:16 am, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 2:02 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Posts: 3699
Location: Pretoria
Twee prag bulle dankie vir die deel.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 2:09 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Posts: 1632
Location: NOORD TRANSVAAL (PRETORIA)
Geluk ou maat dit lyk na n baie lekker "safari" en n man kry sommer daai rustigheid as mens na die natuurskoon kyk

_________________
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 2:13 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm
Posts: 575
Location: Schweizer Reneke
Ronnie

Fantasties. 100 %

Lekker gelees.

Flip


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 2:13 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Posts: 1828
Location: Nelspruit; Mpumalanga
Sjoe Ronald, veral die eerste buffel is baie mooi. Baie geluk met jou diere en dankie dat jy hierdie gebeurtenis met ons kom deel het. Dis 'n heerlike storie.

_________________
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 2:27 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Posts: 5989
Location: Piet Retief, Mpumulanga
Awesome Ronnie! Weereens baie geluk!

Hoekom is jy nie saam die man in die water in dat die seekoei jou storm nie :D

_________________
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 2:28 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Posts: 1706
Location: Randburg, Gauteng
Baie mooi vertel. Geluk met die groot sukses en deel gerus met ons hoe die vlg jagtog verloop.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 2:35 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Posts: 4503
Location: Wes-Tvl Christiana
Uitstekend, baie geluk

_________________
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 2:37 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Posts: 2215
Location: Vanderbijlpark
Baie geluk.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 2:38 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Posts: 1786
Location: Bronkhorstspruit
Ek is groen man, groen van jaloesie! Baie geluk!

_________________
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 2:39 pm 
Offline
Administrator
Administrator

Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Posts: 6335
Location: Waterkloof, Pretoria
Ronnie

Ek kan maar net weereens vir jou se geluk met n besonderse jag! Ek kan nie wag vir November nie en glo ons gaan n awesome trip he! Tel al die slapies af soos n skoollaaitjie!

Groetnis
Wout


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 2:50 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 8649
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Ongelooflike storie Meneer SAKO veral daai eertse bul!
Baie geluk Ronald nie baie van ons sal so n trip in ons lewe sien nie

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 2:55 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Posts: 3046
Location: Citrusdal
'n Droomtrip!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 3:10 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Posts: 1044
Location: Vryburg
Ek stem wat n droomjag!
Klink of jy daai eerste bul baie geniet het, ek kan nie dink hoe lekker moet dit wees nie.
Baie dankie vir die deel en baie geluk!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 3:13 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Posts: 2091
Location: Grootfontein, Namibie
Baie geluk met 'n asemrowende jag en vir die voorreg om onsself in jou skoene te kan plaas deur die besonderse fotos. Toe jy vertel van daai buffel wat skielik opkyk hier 20 tree voor jou toe spring my nekhare spontaan regop!

Ek sien met afwagting uit na episode twee in November


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 5:05 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 16051
Location: Vereeniging
Daardie is nou buffelhorings met karakter - nie die osse wat nou plaaslik geteel word nie.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 5:18 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Posts: 2075
Location: Durbanville - Weskaap
Ongelooflike lekker ondervinding en dankie vir die deel met ons. Dis voorwaar iets wat jy aan die kleinkinders eendag kan oorvertel.

Groetnis

Dawie

_________________
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 01, 2014 6:12 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Thu May 30, 2013 4:39 pm
Posts: 96
Location: Kasane , Botswana
Goed gedoen Ronald.

Wat `n ervaring is dit nie en baie mooi storie , eendag as ek groot is.

Groete.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 02, 2014 8:26 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Mon Dec 10, 2012 7:44 am
Posts: 65
Location: Kaapstad
More, Ronald

Baie dankie vir die deel van jou fantastiese ervaring. Ek dink my werks dag is verby, nou droom ek net.

Cheers,

John


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 02, 2014 10:46 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Posts: 1197
Location: Welkom, Free State
Die ervaring van n leeftyd

_________________
.22 Blackpowder Pistol
CZ .22lr
Howa .223
Webley & Scott 30-06
Boito .410 Single shot
Franchi 12ga Semi-Auto
FN Browning 9mm HP
Hoyt Rampage 72#


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 02, 2014 11:11 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Posts: 3129
Location: Agter 'n roer of 'n handlebar
Geluk. Dit laat mens wonder as 'n 570gr koeel nie die outjie neersit nie, dan is hulle darem anderkant taai.

_________________
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 02, 2014 11:14 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Posts: 3617
Location: Pretoria (oorspronklik Schweizer-Reneke)
Geluk ou maat! Dis waarlik n droom jag gewees daai....

Tau daai is die waarheid....

O ja, en nog n ding, dis darem lekker as n man n storie kan kom vertel waar hy n perfekte skoot op 151m op n buffel EN n perfekte skoot op 130m op n seekoei skiet met dieselfde geweer waaroor sekere manne hier so lekker gek geskeer het n rukkie terug.....laat n man wonder......

_________________
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 02, 2014 11:52 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Posts: 5989
Location: Piet Retief, Mpumulanga
Ja laat mens nogal wonder hoekom is hy so bang vir die goed dat hy so vêr weg staan?

:D :D :D

_________________
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 02, 2014 10:19 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Posts: 1142
Location: Fourways
Baie geluk. Ek het lekker gelees aan die storie.

Waarom het jy op die 500Jeff besluit vir die jag? Het jy oorweeg om jou nuwe dubbel te Skiet?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Sep 03, 2014 7:54 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Posts: 12204
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Lekker storie Ronald. Geluk my Maat!

Wout, gaan jy uiteindelik 'n buffel jag wat nie in 'n mielieland loop nie?
Jy gaan dit bitter baie geniet! Die saadjie oor die .416Ruger wat jy geplant het die naweek begin ontkiem. As Lila my los oor ek trougeld blaas trek ek by jou en Ann in! ;D

Groete,
Eugene

_________________
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 71 posts ]  Go to page 1, 2, 3  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group