JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Oct 20, 2019 5:48 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 26 posts ]  Go to page 1, 2  Next
Author Message
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 11:29 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Posts: 12206
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
More manne,

Ek en 'n pel van Oostenryk was verlede week Hoedspruit toe om elk 'n buffelkoei met die boog te skiet.
Hy met sy custom Hoyt Katera wat 830gr pyle teen 280fps gooi, en ek met my Bowtech 82nd Airborne wat 660gr pyle teen 237fps skiet.

Gé sou een skiet, maar kon agv. werk nie daarby uitkom nie. Daarom dat die ander G van G&G toe maar moes gaan!

Redge by Archer's Edge het my gehelp met pyle bou, en ek het van ons Viking Broadheads gebruik in 200gr.

Ek het vooraf met my standaard setup tot 100y geskiet, en die buffelpyle gecheck tot 40y, wat ek as my max afstand beskou vir buffel met die boog.

Woensdag het ons rustig gery tot by Hoedspruit, laaste inkopies gedoen, en na ons blyplek toe.

So 'n rustige sundowner...
Image

Die Europieers vat brandewyn sonder ys, in 'n kortglas. Ek kannie... :confused:
Image

Ons het op die plaas aangekom Donderdag-oggend, en is dadelik veld toe.
Eers het ons in 'n boogskuiling gesit.
Wolf was nie lus vir te voet jag nie, omrede sy tweeling dogters saam was. As iets sou skeefloop, wou hy nie sy kinders dit laat sien nie.

Lila het my ook 'n "talk" gegee oor buffeljag te voet met die boog en dat sy nie alleen wou kind grootmaak nie, toe sê ek vir haar is reg, ek sal met die boog uit 'n skuiling skiet.

Terug na die buffels toe...
Die buffels het ingekom, maar heeltyd op 55m+ rondgehag, behalwe vir die 46" bul, wat sommer op 20m kom lusern vreet het.

Hulle is daar weg, toe gaan soek ons hulle met die Kawasaki side x side.
Ons het die trop gekry, en sommer maklik 'n 27m skoot vir Wolf gekry. Die pyl het in vlug 'n takkie gevang, en af ondertoe geskram. Die resultaat was 'n sny op die buffelkoei se knie, wat sy skaars agtergekom het.

Ek sê toe vir Wolf ek sal die koei vat vir myself, en haar te voet met die geweer skiet. Hy kan dan 'n ander een kry met die boog.

Ek en die PH, Tinus, is agter die trop aan, en na 'n ruk toe kry ons hulle oorkant die rivier op omtrent 130m. Ek vat toe dooierus op sy skouer, en skiet die lig-gekwesde koei op die skouer met Tinus se .375H&H gelaai met 300gr Swift A-Frame koeëls.
Sy struikel, en is tussen die riete in.

Tyd: 11h30
Net voor die riete, kry ons die eerste bloed, en is positief...
Image

So begin 'n kat-en muis speletjie in die riete, en in die res van die plaas.
Sy was heeltyd voor ons, en soms agter ons op ons spoor... 'n Regte egte buffeljag, soos ek nog altyd van gehou het! Ek het dit meer geniet as my eerste buffel in 2007.

Image
Image

Teen 16h00 het die plaas-eienaar met sy .500NE dubbel opgedaag om te help.
Hy het die koei gesien in 'n pad af draf, en haar van agter geskiet. Die koeel is net onder die vel in, en weer uit. Sy is terug in die riete in.
Daar het ons weer opgevolg.
Die slag het die boer sy .458Lott laat kom en sy .500 vir 'n pel van hom gegee.
Ek met die .375 (die slag met 286gr PMP solids) en Tinus met sy .458Lott.

Na so 50m, het ons die koei gesien, en die man met die .500 skiet haar 2 skote.
Sy hol toe nog bietjie.

Ons los die man met die .500 en vir Tinus op die koei se spoor, en ek en die plaaseienaar is langs die kant om.
Ons kry haar 8 tree van ons af waar sy die manne op haar spoor inwag om hulle te storm. Ek tel die roer op, soek haar nek, en druk die sneller en sy val. Terselfde tyd klap Tinus se .458Lott.

Daar gekom, sien ons my skoot op die blad het mooi longe gevag, maar dat sy 5ure na die tyd nog sterk was, wys jou net hoe taai die goed regtig is!

My laaste skoot het haar nek gebreek.
Die boer se eerste skoot is skrams in en uit op die kruis.
Die .500 se 2x ander skote is een op die voorbeen laag op die blad, en ander een op die agterbeen.
Tinus se skoot het die nek skrams van onder gevang.

Die skuimkol is my eerste skoot oor die rivier gewees.
Image

Image


Vervolg....

_________________
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 11:38 am 
Offline
Administrator
Administrator

Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Posts: 6336
Location: Waterkloof, Pretoria
Magtig Geno!

Jy se n mens niks! Ek dog jy sit ewe hoog en droog op kantoor en nou sien ek dat jy agter die groot spore aan was. Geluk man! Bly dit het mooi uitgewerk vir jou en dat dit nog so opwindend as wat kan kom was.

Groetnis
Wout


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 11:40 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Posts: 12206
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Wolf se buffel:

Vrydag het ons sonder sukses gejag.

Saterdag het ons die trop gekry, en Wolf kon op 22m 'n skoot kry.
Die skoot was egter net-net agter die hart (die hart sak was oopgesny).

Ons het haar 2 ure gegee, en opgevolg.
Wolf en die plaasboer het haar op 4m gekry in die riete, waar sy met nog 'n pyl geskiet is.
Sy is dieper die riete in...

Hier staan ons en maak planne in die reen...
Sy was direk agter die boom in die regterkant van die foto...
Image

Ons het ombeweeg, en die PH's en plaasboer is saam met Wolf is op die spoor.
Ek het agtergebly, omrede ek nie ongewapen agter sulke goed instap nie.

Na wat soos 'n ewigheid voel, hoor ons 3 skote gelyk klap, toe nog een met 'n pistool, en 'n laaste een met die geweer...
Na 5min, het die boer ons geroep, en is ons daar in.

Die buffel het hulle bestorm, en hulle het haar op 4m gehoor brul, en haar 1m van die boer se voete af platgeskiet.

Ons het die manne maklik opgespoor. Almal het gestaan en sigarette dubble-clutch ;D

Image

Sal ek weer 'n buffelbul wil jag? Nie sommer nie. Koeie gee jou net so veel opwinding, vir 1/3 die prys!

Ons maak reeds weer planne om terug te gaan....

_________________
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga


Last edited by Geno on Mon Sep 07, 2015 11:49 am, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 11:42 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Posts: 748
Location: Centurion
Aag lekker man

_________________
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 11:46 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am
Posts: 534
Location: Pretoria
Dankie vir die storie en fotos!!

_________________
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 11:51 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 8656
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Lekker man, geluk met n bitter lekker jag. Man moet maar jou ottie lekker hoog op trek in daai riete agter n buffel aan

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 11:54 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Posts: 3416
Location: Helderkruin - Wes Rand
Baie geluk! Daai eerste skoot lyk vir my heel mooi!


(As dit nou 'n 6.5 was het julle baie gouer gelaai....)


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 11:55 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Posts: 349
Location: Pretoria
Mooi Man!!

Baie geluk!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 12:04 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Posts: 3701
Location: Pretoria
Netjies dankie vir die storie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 12:09 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Posts: 4272
Location: Durbanville, WesKaap
netjies nou lekker saam gelees


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 12:16 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Posts: 1216
Location: Centurion
Dankie mooi storie vir "Blou Maandag" op kantoor. Dankie vir die koei storie, dit gee my ook hoop om miskien ook so te maak.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 12:32 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Posts: 5993
Location: Piet Retief, Mpumulanga
Geluk Gedoons!

Bly julle kon reg kom!

_________________
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 2:04 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4605
Location: Rustenburg
Geno, eerstens baie geluk en dis 'n mooi storie vir 'n Maandag middagete.

Dan,..... mens kan sien jy is nog jonk getroud en hunker nog na die wetteloosheid van "batchelor" dae. Hierdie halwe waarhede kan jou in groot moeilikheid laat beland by die Minister van "Fun & Games" (Sports en Ontspanning) ;D
Geno wrote:
Lila het my ook 'n "talk" gegee oor buffeljag te voet met die boog en dat sy nie alleen wou kind grootmaak nie, toe sê ek vir haar is reg, ek sal met die boog uit 'n skuiling skiet.


Geno wrote:
Ek sê toe vir Wolf ek sal die koei vat vir myself, en haar te voet met die geweer skiet

Hier begin jy leer ;)
Geno wrote:
Ek het agtergebly, omrede ek nie ongewapen agter sulke goed instap nie.

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 2:06 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Posts: 12206
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Ek het mos gesê ek sal nie te voet MET DIE BOOG skiet nie. Daarom dat ek die roer gevat het ;D

_________________
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 2:14 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Posts: 3701
Location: Pretoria
Kyk as dit nou die Dasher was, was die koei eenskootmorsdoodskietfontein toe gewees.
Buffels bly maar taai of jy nou 'n liggies wond of swaar wond kom die regte buffel eers na vore.
Stem saam met jou meer aksie as jy die vroulike weergawe soek en jag.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 2:16 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Posts: 12206
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Frederik,
As dit die Dasher was, sou ek die eerste skoot oor die bipod vat, en haar in die oor skiet. Ek is 100% seker ek sou haar platskiet daar!

_________________
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 3:05 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Posts: 343
Location: Pretoria Oos
Baie dankie vir die lekker lees.

Ek raak sommer opgewonde hier agter die rekenaar skerm.

Geno baie geluk met jou mooi skoot op haar en die res van die jag.

_________________
.22 LR Webley & Scott Xocet
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
Glock 19


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 3:05 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Posts: 5120
Location: Paarl
Geno wrote:
Frederik,
As dit die Dasher was, sou ek die eerste skoot oor die bipod vat, en haar in die oor skiet. Ek is 100% seker ek sou haar platskiet daar!

Geluk maat.
Ek hoor 'n manne wat so jag dra nie onderbroeke nie. As jou ghoenne so groot is, sukkel jy maar om een te kry wat nie skaaf nie. ;D

_________________
Dont make expensive noise! Make the first shot count!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 07, 2015 4:42 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Posts: 1632
Location: NOORD TRANSVAAL (PRETORIA)
Geno

Baie geluk mater, dit was nou n lekker storie. Daar was natuurlik so bietjie komedie ook betrokke.Nou lekker gelag oor die minister.....

_________________
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 08, 2015 12:27 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Posts: 3129
Location: Agter 'n roer of 'n handlebar
Geluk. Mens sal seker nooit verstaan hoe so dier met 'n dubbel longskoot nog 4 ure kan aangaan nie.

_________________
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jun 20, 2016 3:09 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Posts: 12206
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Manne,
Ek het geleendheid om weer te gaan buffelkoeie jag hierdie seisoen teen R23,000.00 elk.
Ek beplan om in September te gaan. Belangstellendes kan my PM of mail, dan maak ons so!

Groete
Eugene

_________________
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jun 20, 2016 3:13 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4605
Location: Rustenburg
Ek wag nog vir my groot kaliber liksens :(

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jun 20, 2016 3:34 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Posts: 3719
Location: Tsumeb, Namibia
Lekker gelees aan jou jag Geno - baie geluk! ;)

_________________
Francois


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jun 20, 2016 3:56 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Posts: 3416
Location: Helderkruin - Wes Rand
Geno wrote:
Manne,
Ek het geleendheid om weer te gaan buffelkoeie jag hierdie seisoen teen R23,000.00 elk.
Ek beplan om in September te gaan. Belangstellendes kan my PM of mail, dan maak ons so!

Groete
Eugene


... ek wonder of ek my toegewyde status plus 'n lisensie voor September kan kry.....?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jun 21, 2016 2:46 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Posts: 350
Location: WORCESTER
Ek het my 2 seuns April vanjaar na dieselfde plaas toe gevat.Die eienaar het ons self uitgevat en ek kan julle belowe dit was die beste jag van my lewe.Hy het regtig die kinders op die hande gedra en gesorg dat hulle altwee 'n buffel skiet..Ek het weer bespreek vir 2018 en kan nie wag om weer daar te gaan kuier nie.As julle dalk twyfel of dit die moeite werd is of nie,ek kan julle belowe dit is.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 26 posts ]  Go to page 1, 2  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group