JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sat Oct 19, 2019 6:11 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 23 posts ] 
Author Message
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 11:14 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Posts: 1788
Location: Bronkhorstspruit
So is ons Vrydagaand die 2de Oktober weg uit Bronkies.Ek en my broer en 4 van my beste vriende. Wat voorle is 10 dae in Mozambiek teen die Cahorra Bassa, op n 360 000 hektaar konsessie, waar ek en my broer buffel gaan loop soek en die ander manne lekker gaan tiervis vang.

Ons was so 3 uur die oggend op Beitbrug. 6 Ure later is ons eers daar deur.Om met gewere deur Beitbrug te gaan is nie aan te beveel nie, al was al ons permitte weke tevore al uitgesort.

Ons het die eerste aand net suid van Harare by lake Chivero geslaap en die volgende oggend 4 uur was ons weer voort deur Mukumbura grenspos na Mague in Mosambiek. Daar het ons laaste diesel gekry en die 3 ure grondpaadjie (50km) na die kamp aangedurf. Die aand is die paadjies met die bakkies en afgekapte mopanie bome gesleep, sodat ons die volgende oggend vars spore kon optel.

Maandagoggend 3 uur is ons uit die kooi en 5uur in die veld. Ons het vars buffelspore gekry en begin loop op die spoor. Ek en my PH pel John, die spoorsnyer en 2 manne met AK47's van die Mosambiek se anti poaching span. So 11hoo die oggend het ons die trop van so 50 buffels sterk ingeloop. Ons het hulle bekruip en tot so 20 meter van hulle gekom waar ons seker n uur gesit het en die trop deurgekyk het. Die wind was perfek in ons guns.Daar was 1 baie groot bul in die trop, maar John het gereken dat hy nog jonk is en in die prime van sy teeldier stadium is. ons het besluit om verby te hou en te soek vir n tipiese ou daggaboy. Teen 13hoo het die kwik reeds op 42 grade Celsius gestaan, en is ons kamp toe. Die volgende oggend 5 uur was ons weer in die veld. Ons het vinnig spore opgetel van 5 daggaboys wat alleen saam loop en ons was agter hulle aan. So 9uur toe kry ons hulle. Dit was verskriklik ruig gewees. Ons kon tot so 70 meter van hulle kom na ons omtrent n uur op ons kniee nader gekruip het. Daar was n baie groot ou bul onder hulle gewees. Ek en John het seker vir 20 min daai bul op die skietstok dopgehou, want die ruigtes het verhoed dat n regte skoot hom voordoen. Op n stadium het die bul so halwe meter vorentoe geloop en kon ek die skoot vat. Die 416 Rigby het gebrul en dit was asof oorlog uitgebreek het. Die takke en bosse wat gebreek het toe daai 5 bulle daar wegtrek is iets wat my altyd sal bybly.Ons het hulle n halfuur gegee en gaan kyk waar hy gestaan het.

Op die plek waar die ou bul gestaan het, het ons baie bloed gekry en ook n klein stukkie long. Ek was dadelik opgewonde. Ek het die teleskoop van my geweer afgehaal en ons het met die opvolg begin.Ek was vrek baie op my senuwees gewees met die opvolg. Jy kon regtig net 5 meter voor jou sien. Teen 13h00 het ons halt geroep. Dit was seker so 44 grade Celsius op daai stadium en die spoorsnyers( en ons jagters) kon net nie n tree verder loop nie. Ons het die plek met GPS gemeet en is terug kamp toe.

Die volgende oggend is ons weer 5 uur terug veld toe en was ons so 6 uur by die spoor wat ons gemerk het. Ons het verder op die spoor geloop. Daar was nog bloed gewees. Na n ruk se loop van voetjie vir voetjie het die spoorsnyer voor ons ewe skielik agteruitgehardloop asof hy n spook gesien het. Die bosse voor ons het opgebreek en die gewonde bul het so 15 meter voor ons verby gestorm. Ek en John kon albei vinnig n skoot inkry voor die bul in die ruigtes verdwyn het. Nou was ons nerwe lekker flenters gewees. Daai bul was sommer baie kwaad gewees. Ons het weer voetjie vir voetjie op daai spoor geloop, en weereens het die hitte sy tol ge eis.Ons het die spoor gemerk met die GPS en is kamp toe. Die volgende dag het ons n paar uur op die spoor geloop waar ons later die spoor verloor het. My hart was baie seer oor daai buffel. n Jaar se beplanning en oefen het in hierdie jag ingegaan.Die meeste was ek kwaad oor n dier wat ly agv die swak skoot wat ek geskiet het. Ek het daai skoot seker n duisend keer weer in my kop oorgespeel. Ons het tot die gevolgtrekking gekom dat ek net te hoog geskiet het en die tip van die long geraak het.

By die kamp aangekomp het die nuus gebreek dat n seekoei bul n n klomp makorros op die meer aangeval het digby n nedersetting en daar is n skade permit vir die seekoei uitgereik. John het my gevra of ek die seekoei wil skiet en ek het ja gese. Die volgende dag is ons na die nedersetting waar die locals die moelikheidmaker uitgewys het waar hy in n baai geswem het. Ek het hom bekruip en kon agter n boom langs die meer skuiling neem. Ek moes my timing regkry want hy het sy kop net elke nou en dan bo die water gelig. Toe die skoot klap het ek sommer geweet dit was n goeie skoot, tussen die oor en oog, en was ek lekker verlig gewees. Na 2 ure het die seekoei begin dryf en is die locals met hulle makorros en toue in om die seekoei uit die water te trek.Die local vrouens wou my sommer oopbek soen so bly was hulle dat ons van die ou moeilikheidmaker ontslae geraak het. En natuurlik was hulle net so bly oor die vleis.Van die kinders in daai village het nog nooit n witman gesien nie en het hulle verkyk aan ons.

Die volgende paar dae het my broer n baie mooi buffel koei geskiet en het ons lekker tiervis gevang.

Hierdie was n awesome paar dae in n baie afgelee deel van Afrika wat ek nooit sal vergeet nie.

Ek dink as ek 40 jaar oud word (oor 2 jaar) moet ek maar daai bul of sy pel weer loop soek daar.Dit is werklik verslawend.


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

_________________
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 11:26 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am
Posts: 534
Location: Pretoria
Weldone... baie dankie vir die storie en baie geluk met die seekoei... Jammer oor die buffel maar dis jag, gebeur met ons almal.

Vertel bietjie meer oor jou broer se buffel? :)

weereens geluk!

_________________
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 11:38 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Posts: 5993
Location: Piet Retief, Mpumulanga
Ai Martin,

Ek weet regtig nie wat om vir jou te sê nie.

Jammer man, dis vreeslik, ek ken daai gevoel van daai eerste nag wat jy weet hy is nog iewers in die bos.

Vriende van my se vrou het ook nou onlanks 'n buffel bul verloor.

Moenie dat mense jou laat sleg voel nie, as jy nog nooit op daai tydstip daar was en self die skoot moes trek nie het jy nie 'n idee waaroor dit gaan nie.

Baie geluk met die seekoei.

Ek hou vir jou duim vas dat daai volgende een sommer vining gaan kom.

_________________
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 11:40 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Posts: 730
Location: Krugersdorp gauteng
Baie mooi storie en dis n jammerte oor die groot man maar ja ongelukkig is dit ook deel van jag en ons almal het al iets met n nare ondervinding in die veld agter gelaat. Geluk met die onbeplande seekoei.

Groete

_________________
................
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.6 XC Varmint Howa
.300WM Sako
.9.3x62 Voere
.12 Boor H&R
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 11:45 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Posts: 2293
Location: Limpopo
Meeste van ons ken die gevoel waarmee jy worstel, almal wat al baie gejag het het al gekwes.

Skuif jou fokus na die volgende 2 jaar. Dink net hoe lekker gaan dit wees as jy jou buffel kry op 40, dit gaan dit net nog meer spesiaal maak!

Geluk met die Seekoei.

_________________
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 11:49 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Sun Nov 03, 2013 1:02 pm
Posts: 157
Location: kaapstad
Ek het die storie geniet baie dankie en jammer oor die bul, al se mens wat jy weet dit sal jou maar ongelukkig nog lank pla, weet net dat jy nie alleen in dit is nie, dis is tog een van afrika se gehardste diere vir goeie rede.

Mag ek dalk vra, jy se julle is elke dag omtrent 13:00 terug kamp toe agv die hitte, is daar n rede wat julle nie laat middag die bul opgevolg het nie? (bang donker vang julle dalk?)

_________________
francois


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 11:53 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Posts: 3046
Location: Citrusdal
Stertjies, ek voel vir jou verlies. Ek het ook al so gevoel, veral as 'n mens seker was die skoot het reg geloop. En dit was nie eers 'n buffel nie.

Nogtans blyk dit dat die omgewing en die seekoei 'n wonderlike ervaring was. Dankie vir die deel.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 11:59 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Posts: 1788
Location: Bronkhorstspruit
Dankie almal. Dit is glad nie lekker om buffel in die veld te los nie.

Die temperature was nog oor die 40 grade teen 5 uur die middag. Selfs die locals reken hulle het nog nooit so iets in Oktober beleef nie. Hulle reken 33 grade is die norm die tyd van die jaar. Daar was geen manier dat ons die middag nog kon loop of selfs teruggaan nie. Dit het omtrent 2 ure geneem net om na die voertuig terug te keer elke dag. Die jag area is geweldig groot en die paadjies baie beperk. Ons was almal goed gekit met Camelbacks en baie water.

Die ander probleem is dat daar n geweldige droogte is. Die groot bome het geen blare nie, so daar is nie n skaduwee in sig gewees nie waar jy net n bietjie kan afkoel nie. Ek het baie hard aan my fiksheid vir die jag gewerk. Maar ons almal was onkant betrap deur die hitte.

_________________
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 12:07 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Posts: 1211
Location: Secunda
Martin,

Ai ek voel vir julle, ken self vir John goed en was saam hom op skool, weet daai man los nie sommer nie
Baie geluk met daai seekoei dis darem seker n skrale troos, maar soos jy se die beste manier is om weer op die fiets te klim as jy afgeval het

Groetnis

_________________
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 12:22 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 6354
Location: Paarl
Baie dankie, Smitstertjies. Mooi vertelling van 'n avontuur waaroor baie van ons net droom.
Skiet volgende keer met 'n 7 mm Tombi ><) ><)

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 12:34 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Posts: 4271
Location: Durbanville, WesKaap
Pragtig vertel en dit is maar hoe hy soms loop al doen jy alles in jou vermoë


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 12:56 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Posts: 1044
Location: Vryburg
Dankie vir die deel Martin.
Dis nog my wens om so trip te doen, baie geluk met die seekoei en jammer dat daai bul weg gekom het, maar ek glo dat dit die volgende een net soveel meer spesiaal sal maak.
Ek was al in Mozambiek in Januarie net na n sikloon, ek het nog nooit so warm gekry nie. Ek kan myself net indink hoe dit moes voel om in daai hitte so lank in die bos moes stap agter daai bul aan.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 3:09 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Posts: 1112
Location: Pretoria
Smitty

Baie geluk!

Geluk met n groot avontuur, met die mooi vertel en dat jy die guts het om daai nare gevoel en hartseer met ons te deel

As jy nog nie n buffel verloor het nie, sal jy nie weet waarvan ek praat nie. Dis anders!(seker maar omdat n mens so verskriklik baie uitsien daarna, en nig meer so, as dit jou eerste een is. Om nie eers van die finansiele implikasie te praat nie)

Ek het self een agtergelos, na drie dae se moordende, senutergende opvolg. Dis n bitter groot terleurstelling.

Dit is egter wat ons sterk maak en en herhinneringe bou. Jammer ou maat, maar volgende keer!

Groete

Ps. Was die seekoei vir jou ook n totale anti klimaks?

_________________
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 3:33 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Posts: 1788
Location: Bronkhorstspruit
Thanks Ronald (Dit wat nie doodmaak nie maak ons sterker!)Shht, moet net vir niemand se nie, maar die seekoei was soos om indian mynahs agter in die tuin te jag!

_________________
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 5:31 pm 
Offline
Administrator
Administrator

Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Posts: 6336
Location: Waterkloof, Pretoria
Hallo Martin

Ai man dit is nie lekker nuus nie. Bitter jammer om dit te lees. Ek kan my absoluut indink oor hoe jy moet voel. n Werklike rollercoaster as dit kom by emosie en n mens wil seker kort kort jou self wakker forsseer aangesien dit n slegte droom moet wees waarin jy verkeer. Maar die realiteit is dit het gebeur en n mens moet ook na die positief kyk. Hierdie gebeure maak van jou n beter karakter sowel as jagter, of jy dit wil glo of nie. Kom ons hou duim vas vir jou veertigste!

Geluk met die seekoei wat oor jou pad gekom het. Ek deel wel absoluut jou sentiment oor die jag van die dier in water.

Groetnis
Wout

PS Nooi my oor twee jaar net vroegtydig!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 8:24 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Posts: 3701
Location: Pretoria
Dankie vir die deel van jou storie buffel bly maar taai en moeilik jy moet nie amper mooi raak skiet nie jy moet daardie nari seer op die regte plek skiet. En dan wonder mense hoekom hulle nie met .308 kan buffel jag nie want dit skiet mos 'n bees morsdood.
Ek is baie bly dat jy die regte Afrika kon ervaar soos wat ons gesels het. Dit is jammer dat jy jou buffel verloor het maar die storie en ondervinding sal altyd by jou by bly.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Oct 13, 2015 9:04 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Posts: 1706
Location: Randburg, Gauteng
Mooi storie, Smitstertjies. Daardie buffel wat weggekom het, gaan jou volgende jagtog soveel soeter laat smaak. Die herinneringe dra jy saam met jou vir die res van jou lewe en geen geld kan dit koop nie. Ons woon op 'n wonderlike vasteland.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 14, 2015 9:06 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Posts: 1481
Location: Greenstone Hill (Edenvale)
Well done, jammer oor die bul, maar alles gebeur met n doel, en hy is dalk eers bestem vir jou 40ste! Ek hoop ook om myself so te spoil vir my 40ste, nog 6 jaar om te gaan...

Ten minste kan jy die avontuur met ons deel...buffel jag, seekoei jag en tiervis vang! Jy doen dit in n week, sommige mense wag n leeftyd...

_________________
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
FAB.NAT. (Browning) .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Oct 15, 2015 8:44 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Posts: 3129
Location: Agter 'n roer of 'n handlebar
Dankie vir die deel.

_________________
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 16, 2015 1:46 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm
Posts: 346
Location: Durbanville
Skiet volgende keer met 'n 404 (koes)

_________________
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Oct 17, 2015 7:36 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am
Posts: 235
Baie dankie Smitstertjies vir die storie,dit het vir my gevoel asof ek saam met jou op die safari was. Nooit lekker om 'n dier gewond agter te laat in die veld nie maar dit is ook iets wat maar met enige iemand op 'n tyd kan gebeur. Baie geluk met die Seekoei!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Oct 17, 2015 11:06 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Posts: 2293
Location: Limpopo
Klink my die son en hitte en geen skaduwee was n groot vyhand gewees en het jou moontlik jou buffel gekos. Ek hoop nie dit klink na n dom oplossing nie maar my vrou het vir my n ruk terug n ding gekoop om vinnig mee af te koel. Dit kom neer op n water spuitbottel met sterk elektriese waaiertjie op. Jy spuit jou kop nat dan waai die waaier dit koel. Ek het dit al in ons moordende son gebruik en op bote, as mens se kop afgekoel is voel jy dadelik beter, mens spuit en koel af terwyl jy loop.

Ek weet nie hoe julle vloeistof inname was nie, ek glo julle het voorsiening gemaak maar as mens genoeg mense het wat goed ook kan dra dan werk gevriesde bottels water vir ons, mens moet genoeg kan he dat jy soveel kan drink as wat jy wil en sommer oor jou gesig kan gooi, maar dit moet koud wees. Ek was al onverwags agter n kwes kudu bul aan in die somer waar ek nie beplan het om so ver en lank te loop en oor berge te klim nie, sonder n hoed en sonder water, ek was amper dood van ontbering, en die geheim is om water te drink al voor jy dors is, teen die tyd wat jy kwaai dors is het ontwatering reeds plaasgevind.

_________________
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Oct 18, 2015 3:43 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm
Posts: 120
Dankie vir die deel! Jammer oor daai agterlaat! Sterkte!

_________________
_____________________________________________
.22 Cz455 Varmint Fluted barrel
6mm Musgrave
7x64 Musgrave Field de Lux
308 Krico
30-06 Bruno
375 Custom Built
416 Rigby semi custom


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 23 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group