JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Jun 16, 2019 11:05 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 27 posts ]  Go to page 1, 2  Next
Author Message
 Post subject: Plan vir n biltongkas
PostPosted: Thu Oct 30, 2014 7:02 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Posts: 301
Location: Mosselbaai
Naand manne!
Het iemand dalk erens n plan vir bou van n biltongkas?
Groetnis

_________________
Gooi kole!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Oct 30, 2014 8:11 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Posts: 3187
Location: Koue Bokkeveld
Carel wrote:
Naand manne!
Het iemand dalk erens n plan vir bou van n biltongkas?
Groetnis


Goedkoop een.

Ou yskas, alles uitgehaal. Ou rekenaar waaier in dak, 60w gloeilamp onder in. Behoort temp so op 22-24 grade te kry. Drie tot vier dae droogtyd sonder enige vlieë.

Of

Ou muskiet rame vir vensters x 4. En plywood plank vir dak met hakkies ingedraai. Geen vlieë. Werk amper orals maar sukkel in die Kaapstad omgewing. Te klam daar.

_________________
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Oct 30, 2014 8:13 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Posts: 3187
Location: Koue Bokkeveld
Ek het al die verimark spin dryers vir wasgoed ook beloer, hy kan dalk ook werk en het ook 'n net om.

Anders Kalahari.com adverteer een vir minder as R300.00

_________________
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Oct 30, 2014 8:25 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Posts: 2129
Location: Upington
My biltong kas, alhoewel eenvoudig werk, 4-7dae afhangend van joe droog jy hou van jou biltong, kas gebou met 10mm plywood dimensies 90x35x 160cm. Gat onder vir rekenaar waaier gekoppel aam rekenaar kragvoorsiener, maar selfoon charger koppeling werk ook. 60W gloeilamp met 9kettinkies wat binne loop om biltong aan te hang. Werk vir so 3kg vleis om 2kg biltong te gee. Sit net koerantpapier onder vir mors van sous.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Oct 30, 2014 9:54 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Posts: 301
Location: Mosselbaai
Dankie solank!

_________________
Gooi kole!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Oct 30, 2014 10:09 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Posts: 1046
Location: Bloemfontein
Ek het n gewone dubbel deur staal kabinet gekoop op n veiling.2 x16w waaiers in gesit en ook 2 gloeilampe.Alles skroef maklik in die staal vas.Het toe 2 rakke gemaak uit 10mm roundbar en 25mm hoekyster vir die droewors en biltong hangplek.Dit pas mooi op die verstelbare hakkies waarop die gewone staalrakke gepas het.
Die kas is duur as jy nuut koop maar as jy 2ehands regkom kan die kas jou onder R500 uitwerk.het n paar gate in geboor vir goeie lug sirkulasie wat met gaas toegemaak is.
Nou kan ek reg die die jaar biltong he.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 31, 2014 7:26 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Posts: 419
Location: Pietersburg Limpopo
Hierdie een is baie goedkoop en maklik: Kry een van die stewige "regop" karton bokse waarin Yskaste kom. Sny deur aan die voorkant, waaiertjie suig aan die bokant en 60w gloeilamp onder, met bodem bedek met foelie.

Dowels of ander dwarslatte versterk die kas, terwyl dit ook kan dien vir ophangplek. Vir duursaamheid kan die kas ook versterk word met 'n hout raamerk. Selfs op sy eie is dit verbasend stewig.

Dit klink te maklik en eenvoudig, maar kan 'n hele paar seisoene hou as dit droog gehou word.

Dis darem ook nou nie net goedkoop nie, maar ook baie maklik: geen gereedskap nodig nie.


Laat weet maar as iemand dit probeer het.

_________________
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 31, 2014 8:30 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Posts: 2129
Location: Upington
J le Roux wrote:
Hierdie een is baie goedkoop en maklik: Kry een van die stewige "regop" karton bokse waarin Yskaste kom. Sny deur aan die voorkant, waaiertjie suig aan die bokant en 60w gloeilamp onder, met bodem bedek met foelie.

Dowels of ander dwarslatte versterk die kas, terwyl dit ook kan dien vir ophangplek. Vir duursaamheid kan die kas ook versterk word met 'n hout raamerk. Selfs op sy eie is dit verbasend stewig.

Dit klink te maklik en eenvoudig, maar kan 'n hele paar seisoene hou as dit droog gehou word.

Dis darem ook nou nie net goedkoop nie, maar ook baie maklik: geen gereedskap nodig nie.


Laat weet maar as iemand dit probeer het.


My oupa het so biltong gedroog in 'n TV boks :)


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 31, 2014 8:41 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Posts: 5741
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie
Ek het by 'n klient 'n lekker plan gesien en wil dit nog bou voor volgende jaar. Hy het een van daai staal skryfbehoefte kaste gekoop op 'n veiling vir R300. Die rakke uitgehaal en gate in die kant gesny vir waaiers en bo en onder gloeilampe ingesit. Daar is vaste "spore" in die kante waarin die rakke hak en hy het net gewone roundbar gebruik en die punte plat gekap en gebuig. Dan is jou hangplek verstelbaar en jy kan na die tyd weer die rakke terugsit en jou biltonggoed daar bêre. Die waaiers wat hy gebruik het, is gewone "server fans" en kos blykbaar so R50 stuk. Kan lekker in jou garage of op stoep staan en kan sluit ook!

_________________
Aim small, miss small


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 31, 2014 8:47 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Posts: 5885
Location: Piet Retief, Mpumulanga
Ek het dieselfde gedoen Eugene,

Het 2 klein fans aan die kante en 'n badkamer extractor fan bo op.

Met 5 gloeilampe op verskillende plekke.

Breuk droog in 5 dae.

Ek hang my eies so 3 dae.

_________________
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 31, 2014 8:53 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Posts: 4255
Location: Kempton Park
Hier is goeie ideas viewtopic.php?f=1&t=21421&hilit=BILTONG+KAS
en hier
viewtopic.php?f=1&t=21421&p=269635&hilit=biltong+kas#p269635

_________________
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 31, 2014 9:03 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am
Posts: 785
Location: Terug in die beskawing... Pretoria
junglejulian wrote:
Ek het n gewone dubbel deur staal kabinet gekoop op n veiling.2 x16w waaiers in gesit en ook 2 gloeilampe.Alles skroef maklik in die staal vas.Het toe 2 rakke gemaak uit 10mm roundbar en 25mm hoekyster vir die droewors en biltong hangplek.Dit pas mooi op die verstelbare hakkies waarop die gewone staalrakke gepas het.
Die kas is duur as jy nuut koop maar as jy 2ehands regkom kan die kas jou onder R500 uitwerk.het n paar gate in geboor vir goeie lug sirkulasie wat met gaas toegemaak is.
Nou kan ek reg die die jaar biltong he.


Gee jy my nou n plan, het nou so 2 ou staalkabinette wat gaan mooi werk, laaie trek uit en dan net lang genoeg dwarsstokkies kry om die biltong aan te hang.

Nou moet ek net plek kry vir die goed om te staan !


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 31, 2014 9:46 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Tue Aug 13, 2013 3:13 pm
Posts: 58
More meneer

Ek het gevind hierdie een werk baie lekker, is goedkoop, en neem min plek in beslag.

Indien die foto's nie deurkom nie sal ek dit e.pos.

Groete.


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

_________________
Glock 26 G3 (Roni Carbine)
Glock 19 G3
Kufstein Voere 30-06
DM4 AR15 18"


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 31, 2014 11:26 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am
Posts: 110
Location: Randburg
Ek dink hier is 'n paar van ons wat biltongkaste bou in die volgende maand of so met hierdie idees.

Ek hou baie van die staal kabinet idee.

Dankie kêrels!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 31, 2014 1:17 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Posts: 417
Location: Kathu
Nou wat het geword van die ou manier om biltong en droe wors in die dak op te hang?

_________________
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 31, 2014 1:33 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Posts: 349
Location: WORCESTER
Ek gebruik ook al jare so 'n dubbeldeur skryfbehoefte kas.Vir Chillibytes het ek 'n kuikensif rakke gemaak waarop ek die stukkies uitpak.werk soos 'n droom.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 31, 2014 2:25 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Posts: 301
Location: Mosselbaai
Dolf
Dit werk nie so lekker by die see-moet ietsie ekstra doen anders muf hy

_________________
Gooi kole!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 31, 2014 2:45 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Posts: 616
Location: Paarl
Manne,

Moenie die wiel probeer herontwerp nie - gebruik wat beskikbaar is!

Standaard enkeldeur "steel locker" - haal die een boonste rakkie uit en sny gat volgens jou extractor fan grootte in die bokant. Kyk by die plaaslike ko-operasie vir die 220v waaiertjie.

Boor 6mm gaatjies teenoor mekaar op die sye af - nie meer as 4 gespasieer langs mekaar nie en sit "thread bar" deur met 'locktight" moertjie weerskante.

Onder bedraad jy die spulletjie met 2 "bajonet sockets" vir 100w gloeilampe.

Haak die vleis met gewone "paperclips" en hang op. Dis binne 4 dae droog en reg vir die volgende lot.

Kan sowat 12 - 15kg nat vleis op 'n slag vat

Hoop die fotos gee 'n idee van die beskrywing.

Attachment:
Kas biltong.jpg

Attachment:
Kas waaier.jpg

Attachment:
Kas ligte.jpg


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

_________________
" My idea of gun control is using BOTH hands!"


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 31, 2014 2:48 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Posts: 4255
Location: Kempton Park
2 Filing cabinets met te groot fans wat af blaas bo-op met
gate met gaas oor onder.

Hou die goggas van die vleis af weg en maak die vleis in so 3-4 dae droog.

Image

_________________
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Nov 03, 2014 9:46 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Posts: 455
Is daar van julle ouens wat van hierdie bogenoemde staal kaste as omgeskep het in rokers?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Nov 04, 2014 8:35 pm 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Mon Oct 21, 2013 3:03 pm
Posts: 23
Location: JHB
Christo wrote:
Carel wrote:
Naand manne!
Het iemand dalk erens n plan vir bou van n biltongkas?
Groetnis


Goedkoop een.

Ou yskas, alles uitgehaal. Ou rekenaar waaier in dak, 60w gloeilamp onder in. Behoort temp so op 22-24 grade te kry. Drie tot vier dae droogtyd sonder enige vlieë.

Of

Ou muskiet rame vir vensters x 4. En plywood plank vir dak met hakkies ingedraai. Geen vlieë. Werk amper orals maar sukkel in die Kaapstad omgewing. Te klam daar.

Christo, om nou 'n stupid vraag te vra... hou jy die ou yskas ingeplug of los jy hom net so in 'n koellerige plekkie?

_________________
Sako 243; TRG-22 (308); AR-15 (300 Blackout), Glock 19, 34 (9mmP), Benelli M4... met 'n 375HH/Ruger in die kous.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jun 01, 2016 9:44 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Sun Feb 02, 2014 9:41 am
Posts: 116
Location: Krugersdorp
Danksy hierdie 'topic" het ek nou vir my 'n biltongkas van 'n ou rekenaar "server" kas gebou. Kompleet met vier suigwaaiers en 'n versonke lig in die dak. Die rame waaraan ek die biltonghakies hak, het ek self gesweis en toe laat "powdercoat". Ek sal later foto's opsit.

_________________
.177 Bsa .22 Norinco .300 Win Mag Ruger/Mauser, 12br CBC, 9mm Glock 26.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jun 02, 2016 7:14 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Posts: 5000
Location: Paarl
Sybrandz wrote:
Danksy hierdie 'topic" het ek nou vir my 'n biltongkas van 'n ou rekenaar "server" kas gebou. Kompleet met vier suigwaaiers en 'n versonke lig in die dak. Die rame waaraan ek die biltonghakies hak, het ek self gesweis en toe laat "powdercoat". Ek sal later foto's opsit.

Dagsê.
Ek wil nou nie onnodig op jou uitstap parade reën nie, maar waarvoor is die lig, bo in die kas?
Indien jy wil sien wat binne in die kas aangaan is dit dood-dollies, maar indien jy die hitte van die gloeilamp wil gebruik om die vog te help verdryf, moet hy verkieslik onder in die kas wees. Warm lug styg op.

_________________
Dont make expensive noise! Make the first shot count!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jun 02, 2016 8:09 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 6269
Location: Paarl
viewtopic.php?f=1&t=21421&hilit=BILTONG+KAS#p266994

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jun 02, 2016 8:16 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Posts: 1298
Location: Noordhoek
ZKK wrote:
Is daar van julle ouens wat van hierdie bogenoemde staal kaste as omgeskep het in rokers?

Ek het myne gebou as n koue rooker en biltong droer terselfde tyd.

Om hitte te verskaf het ek n oond (stoof) element met skakkelaar gekoop wat redelik goedkoop was. Nou kan ek die hitte verstel met die skakkelaar.
Dit is nie nodig vir n fan want die hitte veroorsaak genoeg beweging van die lug.

Droog ook 3 tot 4 dae teen die see, geen probleem.

Groete
Henning

_________________
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 27 posts ]  Go to page 1, 2  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























cron
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group