Dermlose droewors

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
WILLEBEES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 370
Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am

Dermlose droewors

Post by WILLEBEES »

More al die manne

Ek het 'n ruk gelede een oggend vroeg rustig in my boma gesit met 'n beker warm boeretroos in my hand, en bietjie aan die dink gegaan.
Met skaapderm wat so erg duur begin raak, moet daar 'n alternatiewe manier wees om droewors sonder derms te maak, het ek geredeneer.

Ek het 'n pen en potlood gaan haal en begin sketse maak totdat ek seker was hierdie moet 'n werkbare plan wees. Ek het die nodige aanmekaargesit en ek wil dit graag met julle deel.

Ek het my plan nog nie op die proef gestel nie, ek sal eers weet wanneer ek rondom 19 Junie terugkeer van my jag trip af en my eerste dermlose droewors maak. Ek is egter daarvan oortuig dat dit sal werk.

Die plan is om reghoekige screens te gebruik wat dmv skroewe aan die kante horisontaal aan 4 kettings hang, dus kan jy tot 14 sulke screens onder mekaar hang met voldoende ventilasie.

Dermlose wors kan nie hang nie, dus moet dit horisontaal droog word.

Die wors vang jy met 'n stuk dun aluminium angle profile soos dit uit die stopper tuit uitkom, dump dit op die screen en spasieer met 12mm dowel elke keer wat jy die volgende stuk wors op die screen neersit, totdat die screen vol is.
Dan hang jy die screen aan die 4 kettings en maak die volgende screen vol ens tot jou mengsel klaar is.

Ek skat die wors gaan BAIE vinniger droog word te danke aan geen derm, en die screen sal boonop ook uiters geskik wees vir die droog van droewors patties en ook vir chilli bites of bacon bites.

Die screens het ek gemaak van 20mm pine sparre, met 20% skadunet gespan en vasgekram (staple) aan die een kant, ook met koue lym op die hout geplak sodat die skadunet nie uitrafel nie.
2 x dun aluminium angle profiele dien as versterkings in die middel. Mates is 900mm x 600mm.

En wanneer die screens gestoor word, dan hang ek hulle net aan 2 skroewe op 2 kettings, uit die pad uit tot ek dit nodig kry.

Enige kommentaar is welkom!
WP_20160126_17_23_55_Pro.jpg
WP_20160126_17_25_10_Pro.jpg
WP_20160126_17_32_10_Pro.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A

Sola Gratia ~ Deur genade alleen
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Dermlose droewors

Post by andre007 »

Ek glo dit sal werk, ek maak gereeld droeëwors balletjies (droeëworsmince in ghoen grote balletjies gerol en op sif geplaas om droog te word) min of meer dieselfde prinsiep
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Re: Dermlose droewors

Post by 6mmMusgrave »

Dit klink na n goeie plan ek moet dit definitief die jaar probeer. En ja skaapderms raak nou so duur n mens kan dit amper nie meer bekostig nie. En die sintetiese derms proe darem nie dieselfde nie.
WILLEBEES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 370
Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am

Re: Dermlose droewors

Post by WILLEBEES »

6mmMusgrave wrote:Dit klink na n goeie plan ek moet dit definitief die jaar probeer. En ja skaapderms raak nou so duur n mens kan dit amper nie meer bekostig nie. En die sintetiese derms proe darem nie dieselfde nie.
Ek het nog 'n hele geseelde boks vol sintetiese derms. Gaan dit gebruik soos nodig as ek te veel wors mengsel vir die screens het.

My ondervinding met sintetiese derms is dat die derm self maklik van die droewors verwyder of afgetrek kan word as jy dit eet. Ek doen dit altyd - hou nie van die sintetiese derm se smaak nie.
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A

Sola Gratia ~ Deur genade alleen
karoo.vellies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Sat Jul 11, 2015 5:43 pm

Re: Dermlose droewors

Post by karoo.vellies »

Plaaslike slaghuis maak al my droeewors op die manier, dit proe nogal baie lekker so sonder die dermpie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Dermlose droewors

Post by Pappabeer »

Daar is n makliker manier.

1m sagte silicon tube of tuinslang aan die stopper nozzle. Soos iemand draai trek hy hom net oor jou screen op en af en hy word daar droog. Het dit al gesien en dit werk goed.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1616
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Dermlose droewors

Post by Gian_dP »

Boer by wie ons in Namibia jag het ook sulke screens, werk baie lekker vir biltong patties, chilli bytes ens. droogmaak. Dink jou plan gaan goed werk.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Dermlose droewors

Post by Johnnie De Wet »

As kind het ons sulke screens gehad waarop ons vrugte gedroog het, behoort te werk. Hoe maak hulle chutney wiele en picknpay se chilli stix?
Johnnie
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1616
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Dermlose droewors

Post by Gian_dP »

Johnnie De Wet wrote:As kind het ons sulke screens gehad waarop ons vrugte gedroog het, behoort te werk. Hoe maak hulle chutney wiele en picknpay se chilli stix?
Chutney wiele: stop mengsel in polonie "casing", vries en sny slywe. Droog op so screen.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
willers
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Mon May 21, 2012 6:43 pm

Re: Dermlose droewors

Post by willers »

Hier het ek een dag box ( derms) gekry wat amper soos papier is was nog al nie duur nie, dit werk regtig goed en het al my uit gehelp as my skaapderms op raak het op die vuur ook gewerk.was so dom het die box weg gegooi.
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: Dermlose droewors

Post by mossie »

Wiele kan nog makliker gemaak word deur die mengsel in n gesmeerde pyp (110 mm) pvc lekker styf te druk dan mooi uit te stoot en versigtig te vries en dan skywe te sny.
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1985
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Dermlose droewors

Post by sako 30-06 »

Om wiele te maak gebruik ek sommer die patty drukker.
Vat klein balletjies mince en druk mooi plat, so 2mm dik.

My kinders is mal oor dit.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Dermlose droewors

Post by Jean Marais »

Ek het dit al heelwat kere gedoen, en dit werk uitstekend. Deur die worsstopper op 'n melanien bord wat met 'n klein bietjie spary & cook gespuit is, sulke lekker lang rye, en dan van daar op 'n droograk.

Die wors val ook gladnie uitmekaar nie, want daar is tog 'n mate van bindmiddel in die speserye.

Dis soos jy sê, met derm wat nou so duur geword het, kos dit jou al reeds ongeveer R15-R18/kg, en dan is daar nog nie eens 'n stopsel vleis in hulle nie.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Post Reply