JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Thu Jun 27, 2019 6:10 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 22 posts ] 
Author Message
 Post subject: Rooibok vleis dalk af?
PostPosted: Thu Jun 30, 2016 9:44 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Thu Jun 30, 2016 9:14 pm
Posts: 5
Naandsê Almal.

Ek soek asb bietjie raad. Hierdie is my 3de keer wat ek vleisbewerk en ek verstaan iets glad nie. Bietjie agtergrond:
Ek en my swaer het onlangs gaan saamjag, ek het n jong kudubul geskiet en hy het n rooibokkie geskiet. Albei wild was op dieselfde dag geskiet (5 dae terug). Ek was gelukkig met my skoot en het die kudu vol in die hart getref, hy het 20m ver beweeg en het geval. Die plaaseienaar het gesê dat ons eers so 5 min moet wag voordat ons na die dier kan gaan (vir ingeval hy opspring en weghol). My swaertjie se skoot was heelwat verder en die rooibok het soos n sak aartappels geval, ons moes ook sowat 5 min wag voordat ons na die rooibok kon gaan. Die skoot op die rooibok was egter toe nie goed gewees nie, dit was n pensskoot en 'n gedeelte van die koeël het afgebreek en die dier se rugwerwels getref, dis hoekom hy net daar geval het. Die dier was 100% by sy bewussein toe ons daar aankom en die boer het hom van kant gemaak deur n mes agter in sy kop te druk. Van daar het ons met die 2 diere agter op die bakkie vir seker 3 ure gery en is toe gehang. Die pens, ens van die diere was uitgehaal en die karkasse was gewas met water. Ons kon ook bepaal dat die lewer van die rooibok daarmee heen was en die ander organe was nie getref nie. Die diere was eers die volgende dag vel af gehaal en in stukke gesny om beter vervoer te word. Dit was Sondag.

Sedertdien was albei die bokke Maandag ontbeen en die biltongvleis van die kudu was opgehang.
Dinsdag was al die droëwors vleis van beide diere gemaal.
Woensdag was so 40kg van die kudu gestop
Vandag (Donderdag) is die res van die kudu gestop en ek wou begin met die rooibok, maar die rooibok ruik af.

Dis nou die rede vir die laaaank aanloop tot die vraag. Albei diere is presies op dieselfde plek gestoor (koelkamer). Hulle is op dieselfde tydgleuf ontbeen en gemaal. Albei het 25% brisketvet by tog makeer die kudu absoluut niks en die rooibok het n reuk. Albei karkasse was deeglik gewas en daar was nie mis in die rooibokkarkas voordat dit ontbeen was nie. Die rooibok se vleis het wel vir my n "wilder reuk" gehad toe ons die vel afgehaal het. Ek ken glad nie die reuk van kudu- of rooibokvleis nie, is dit normaal?

Hierdie ding verstaan ek glad nie. Kan die reuk wees a.g.v 'n pensskoot, die lewer wat gebars het, self adrenalien wat die karkas vol is omdat die bok vir seker 5 min nog gelewe het? Is die vleis nog eetbaar?

My vrou beskou die reuk dieselfde as diè van gekookte eiers. Vir my ruik dit net af.
Enige hulp sal waardeer word.

Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jun 30, 2016 11:41 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Posts: 2637
Location: Zululand
Pensmis kontaminasie van jou vleis. Die bloed en pensmis, met die bakteriëe in die mis beweeg in die weefsel lae ( fascia plains) en sprei verbasend vêr. In die paar dae kry jy oorgroei van die bakteriëe in die beskutte plekke met verritting van jou vleis.

Enige bladskoot bok waar die koeël wel die diafragma kruis en mens getref word behoort dadelik geslag en blaaie oopgemaak te word om die hele oksel onder die skapula te ontblood en die mis en bloed moet uitgewas en uitgesny word. Die koeël traktus moet ook skion gesny word.

_________________
"I love sleep. My life has the tendency to fall apart when I'm awake, you know" - Ernest Hemingway

.177 .22 (x2) .222 .243 .250 Savage
6,5x55 6,5x57 7x57 (x2) .308 8x60S (x2)
9,3x62 .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16 Br 12 Br (x3) 9mm .44


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 3:00 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Thu Jun 30, 2016 6:55 pm
Posts: 2
Pappabeer wrote:
Pensmis kontaminasie van jou vleis. Die bloed en pensmis, met die bakteriëe in die mis beweeg in die weefsel lae ( fascia plains) en sprei verbasend vêr. In die paar dae kry jy oorgroei van die bakteriëe in die beskutte plekke met verritting van jou vleis.

Enige bladskoot bok waar die koeël wel die diafragma kruis en mens getref word behoort dadelik geslag en blaaie oopgemaak te word om die hele oksel onder die skapula te ontblood en die mis en bloed moet uitgewas en uitgesny word. Die koeël traktus moet ook skion gesny word.


Ek verskil nie van jou pappabeer. Dit klink heel teg. Nog n teorie is die melksuur opbou. Die bok het vir 5min gespartel, Adrinalien is in hoe volumes vrygestel. Dit het ook n groot invloed op die vleis/

Julle manne wat meer weet kan asb hieroor uitbrei. Sal self meer hieroor wil te wete kom


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 4:21 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Posts: 4051
Location: Durbanville, WesKaap
Dis daai 3 ure se ry voor bok geslag en pens uitgehaal is. met n pens skoot beter jy daai pens so vinnig moontlik uit kry en karkas gewas kry.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 6:04 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Posts: 1421
Location: Kuilsrivier
Die pensmis kan jy uitwas en jy sal die vleis kan red. Die murg in die been waar dit stukkend geskiet is, is die een wat gou vrot raak. daai gedeelte moet so gou as moontlik uit gesny word en ook uit gewas word. Vat maar n spuit kannetjie met asyn saam as jy gaan jag en spuit dit liggies op die karkas. Dit hou ook die brommers weg en voorkom dat die vleis muf vlekke kry.

_________________
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 TOMBI; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 6:21 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am
Posts: 835
Location: Pietermaritzburg
Net 'n idee ivm met die was van die vleis: 'n Aantal slagters is daaroor gevra en die algemene antwoord is die:

No. You'll just encourage bacterial growth. If you need to clean the cavity of a deer that's been gut shot, make sure you dry it thoroughly. When I'm processing a deer, I use paper towels to clean any clots, hair, etc. They work better than washing anyway. No washing needed.

Net iets om aan te dink.

_________________
I'd rather be hunting!

Ruger No.1 Varmint 6.5 Creedmoor
Howa 22-250 Rem
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Anshutz .22LR


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 7:01 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm
Posts: 255
Location: Western Cape
Eks ene ore. Wat met die rooibok se vleis gebeur het het ek ook ondervind met n Springbok vroeer die jaar.

_________________
"the more I practice, the luckier I get'


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 7:09 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4580
Location: Rustenburg
Soos genoem. Hoekom 3 ure rond ry.

Net so ander punt. 5 min wag is bitter min en in my boek die rede hoekom baie manne (so 8-10 BWB hierdie seisoen) se "kwes" bokke hardloop en dan dood gaan erens anders.

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 7:30 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Thu Jun 30, 2016 9:14 pm
Posts: 5
Steppenwolf wrote:
Eks ene ore. Wat met die rooibok se vleis gebeur het het ek ook ondervind met n Springbok vroeer die jaar.


Kan jy dalk uitbrei oor wat gebeur het tussen die jagplek en die vleistafel?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 7:33 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Posts: 865
Location: Goudveld - Virginia omgewing
Ek vee as 'n reel enige pensskoot of bok wat nie mooi uitgebloei het , af met 'n asyn lappie. Weet nie of dit regtig help nie maar dit wil so voorkom...

_________________
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 7:40 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Thu Jun 30, 2016 9:14 pm
Posts: 5
Carl wrote:
Soos genoem. Hoekom 3 ure rond ry.

Net so ander punt. 5 min wag is bitter min en in my boek die rede hoekom baie manne (so 8-10 BWB hierdie seisoen) se "kwes" bokke hardloop en dan dood gaan erens anders.


Ek het nog nie so baie gejag soos julle manne nie.
Hierdie 5 min wag storie het ek nie regtig verstaan nie. Oom sê dat 5 min bitter min is, hoe lank is die ideale wagtyd en hoekom?

Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 7:53 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4580
Location: Rustenburg
Borriez wrote:
Ek het nog nie so baie gejag soos julle manne nie.
Hierdie 5 min wag storie het ek nie regtig verstaan nie. Oom sê dat 5 min bitter min is, hoe lank is die ideale wagtyd en hoekom?
Groete

Ek weet Robbie van Wildshoekie het ook eenkeer genoem hier. Met 'n pens skoot, sny jy alle velis weg wat net lyk of dit pensmis op het. Goedkoper as die hele bok. As daar 3 ure kontak was gaan jy net soveel meer moet wegsny.

Borriez. My onderviding met BWB koei laas jaar: Pel se seun skiet koei, goeie skoot skoot op so 100m. Ons wag 15min. Beweeg stadig nader, kry bloed volg spoor. Ek dink sy sal nou al amper dood wees. So 80m in die bos in, kry ons haar, sy vlieg op en gee nie skoot nie. Ons soek nog 4 ure kry min bloed. Sy't verdwyn in rivier oewer bos. 2 dae later kry ek haar, so 200m weg reguitlyn gehardloop.
Die jaar skiet 'n vriend 'n gemsbok bul met sy 9.3, mooi skoot 140m net so links van die pad. Ons hou die bul dop, ek sien hy gaan staan net in die bos in. Ons wag 10, 20, 25min toe hoor ek sy asemhaling (longskoot). Ek begin stadig nader stap na 30 min sien ek die bok lê. Sukkel om skoot te kry, maar einde ten laaste kry ek 'n 243 koeltjie deur die brein. Daai bok was nog bitter sterk op sy voete, as ek binne 5min by hom was, het hy nog vêr gehardloop.

Tensy 'n bok val van lyfskoot - gewoonlik dan rugwerwel of ander swak skootplasing loop ek nie dadelik nader nie. As die skut sê ooooo hel pens of boud dan is dit ander saak, dan moet jy so vinnig moontlik lood begin gooi ;D

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 8:02 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 8308
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Om n paar min te sit en wag is n goed met enige wild, ek het baie bokke gesien wat van dood na lewindig gegaan het omdat n bakkie of klomp mense op hom af storem en weg hardloop. n Paar min se wag sou daai bokke nie later beweeg het nie, baie ouens wil dadelik nader storem seker maar om seker te maak die bok is dood maar dit is goed om net n bq rustig te raak en die dier ook tyd te gee

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 8:06 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Posts: 457
Location: Bloemfontein
Kombinasie van pensmis en water! Gebruik eerder asyn om die mis af te vee, water is vol bakterië en vererger net die situasie. Kom ook maar in die gewoonte om dadelik pens uit te haal, selfs al is die pens nie raakgeskiet nie.

_________________
Gooi lood!!!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 8:25 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Thu Jun 30, 2016 9:14 pm
Posts: 5
Baie dankie vir almal se bydraes, ek het heelwat hieruit geleer.
Is daar n manier om die vleis te red of moet als maar weggegooi word?

Ek het gedink om asyn by te voeg. Kan dit help?

Is die reuk van n rooibok anders as dié van n kudu?
Soos reeds genoem, was daar n "wilder reuk" aan die rooibok of was dit maar a.g.v die kontaminasie van die vleis?

Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 8:30 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Thu Jun 30, 2016 9:14 pm
Posts: 5
Carl wrote:
Borriez. My onderviding met BWB koei laas jaar: Pel se seun skiet koei, goeie skoot skoot op so 100m. Ons wag 15min. Beweeg stadig nader, kry bloed volg spoor. Ek dink sy sal nou al amper dood wees. So 80m in die bos in, kry ons haar, sy vlieg op en gee nie skoot nie. Ons soek nog 4 ure kry min bloed. Sy't verdwyn in rivier oewer bos. 2 dae later kry ek haar, so 200m weg reguitlyn gehardloop.
Die jaar skiet 'n vriend 'n gemsbok bul met sy 9.3, mooi skoot 140m net so links van die pad. Ons hou die bul dop, ek sien hy gaan staan net in die bos in. Ons wag 10, 20, 25min toe hoor ek sy asemhaling (longskoot). Ek begin stadig nader stap na 30 min sien ek die bok lê. Sukkel om skoot te kry, maar einde ten laaste kry ek 'n 243 koeltjie deur die brein. Daai bok was nog bitter sterk op sy voete, as ek binne 5min by hom was, het hy nog vêr gehardloop.

Tensy 'n bok val van lyfskoot - gewoonlik dan rugwerwel of ander swak skootplasing loop ek nie dadelik nader nie. As die skut sê ooooo hel pens of boud dan is dit ander saak, dan moet jy so vinnig moontlik lood begin gooi ;D


Baie dankie, dit maak nogals sin.
Daar word gesê dat al wat vinniger as n BWB kan hardloop, is n BWB met 3 bene...


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 8:50 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4580
Location: Rustenburg
Askari wrote:
Kombinasie van pensmis en water! Gebruik eerder asyn om die mis af te vee, water is vol bakterië en vererger net die situasie. Kom ook maar in die gewoonte om dadelik pens uit te haal, selfs al is die pens nie raakgeskiet nie.

;D Ek dink nie daar is meer bakterië in drink water as in pensmis nie anders het jy 'n ander probleem... Wat die water wel doen is om die bakterieë lekker deur die karkas te versprei en dan gebruik sommige nog hoë druk ook. Water het ook 'n verdunnings van konsentrasie tot gevolg, dis nie net sleg nie.

Dr sal kan help maar asyn het geen ontsmetting kwaliteit nie, dit sal wel help om die smak beter te maak. Ek dink Robbie hulle gebruik een of ander skoonmaak middel wat verdun is om karkas te was.

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 10:46 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm
Posts: 151
Location: Bellville
Askari wrote:
Kombinasie van pensmis en water! Gebruik eerder asyn om die mis af te vee, water is vol bakterië en vererger net die situasie. Kom ook maar in die gewoonte om dadelik pens uit te haal, selfs al is die pens nie raakgeskiet nie.


Askari - dit maak vir my 100% sin. Ek het wel gehoor van n boer wat kla dat mens jakkelse lok as jy die pens so in die veld los. Is dit jou ervaring dat meerdere boere so dink of is hierdie n enkel boer met n hoorse storie? En as mens dit nie in die veld los nie - hoe vervoer n mens dit - is mos maar n morsige storie?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 11:00 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 8308
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Carl wrote:
Askari wrote:
Kombinasie van pensmis en water! Gebruik eerder asyn om die mis af te vee, water is vol bakterië en vererger net die situasie. Kom ook maar in die gewoonte om dadelik pens uit te haal, selfs al is die pens nie raakgeskiet nie.

;D Ek dink nie daar is meer bakterië in drink water as in pensmis nie anders het jy 'n ander probleem... Wat die water wel doen is om die bakterieë lekker deur die karkas te versprei en dan gebruik sommige nog hoë druk ook. Water het ook 'n verdunnings van konsentrasie tot gevolg, dis nie net sleg nie.

Dr sal kan help maar asyn het geen ontsmetting kwaliteit nie, dit sal wel help om die smak beter te maak. Ek dink Robbie hulle gebruik een of ander skoonmaak middel wat verdun is om karkas te was.



EK soek nou na n stuk wat Oom Piet geskryf het toe hy nog n slaghuis gehad het oor n produk wat hy gebruik het om vleis af te was wat bakterie dood gemaak het

Hiers hy
viewtopic.php?f=1&t=45612

Quote:
Toe ek nog slaghuise gehad het, het ek n bekende pastytjie besigheid voorsien van vleis. Hul voorwaarde was dat hul een maal n maand onaangekondig swab toetse kom neem het by my slaghuis en mikroskopies ontleed word by n laboratorium. Ek het met normale chloor gebaseerde slaghuis skoonnmaakmiddels skoongemaak en met my eerste toets na ek aangese was dat hulle kom, en skoongemaak het, n 32% syfer gekry. Ek was geskok aangesien ek n pyn in die gat was as dit by skoonmaak kom. Ek is aangeraai om n produk te gebruik wat by "Health and Hygiene" aangekoop kan word. Die De Greaser was F919 en die ontsmetmiddel was F10.

Dit is aanvanklik duur om aan te koop, maar omdat jy dit verskriklik baie verdun, hou dit jou meer as n jaar en werk dit dan baie goedkoop uit per skoonmaak.

Die resultate was verstommend, my volgende toets het hulle onaangekondig kom doen sonder dat ek eers skoongemaak het, en my uitslae was 98.8%. (Die laboratoruim en die mense wat die toetse uitvoer het glad geen verbintenis met die firma "Health and Hygene" wat die produk voorsien, so die toetse was heeltemal geloofwaardig)

Ek het op daardie tydstip 21 beeste per dag ontbeen en verwerk, en het met verskriklik baie bene gesit. Die murg in die bene, sowel as die gelotien op die gewrigte is n baie hoe proteien en gaan baie vinnig af en veroorsaak gou n reuk in n slaghuis as jy dit nie baie goed koud hou, en verwyder. Nadat ek die bogenoemde produkte begin gebruik het, het ek nooit weer enige reuke in my slaghuis gehad nie, wat toon dat daar geen bakterieele groei was.

Die produk is absoluut veilig vir menslikke inname, en kan sommer oor die vleis gespuit word sonder dat dit enige nadelige gevolge het.

Om te wys hoe goed dit werk is ek gevra om twee voorkwarte van dieselfde bees op te hang, en een daarvan liggies te spuit met die F10, en hulle vir n onbepaalde tyd te laat hang in die koelkamer. Na 9 dae teen 2 grade Celcius
het die ongespuite voorkwart plek plek begin effens smetterig voel soos die normale bakteriee wat in vleis voorkom wat vleis ryp maak, en naderhand vrot maak sy gang gegaan het. Die gespuite een het vir 21 dae gehang sonder enige teken van smetterigheid. Die F10 het die natuurlikke bakteriee totaal doodgemaak.

Beide produkte word kwaai verdun met water en met n gewone rugsak spuit op alle werksoppervlakte en vloere gespuit.

Ek waarborg dat enige reuke uit die slaghuis en koelkamer sal verdwyn binne enkele dae na gebruik. As jy meer wil weet daarvan, bel my gerus en ek sal kyk of ek nog hulle kontak besonderhede vir jou het.

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 11:12 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4580
Location: Rustenburg
Jammer ja dit was oom Piet. Dankie

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 11:17 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm
Posts: 523
Location: Bloemfontein
Ek wil ook graag my straaltjie in die pot kry.

Jy noem van die lewer wat m@er toe is. Kanse is dus goed dat galblaas ook stukkend is. Dai gal laat ook vleis erg wild ruik.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 01, 2016 11:18 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Posts: 1657
Location: Randburg, Gauteng
Honda, neem maar 'n streepsak of iets dergeliks saam om die pens en ander binnegoed apart saam te dra. Jy kan ook die toe sak saam met die oop karkas in die koelte plaas (soms met takke op gepak) as dit 'n rukkie gaan duur om die voertuig te kry. Die ideaal is maar om die pens onmiddellik uit te haal en 'n skoon karkas in die koelkamer te kry. Sommige jagplase is taamlik onge-erg oor so 'n proses. Dring daarop aan, want jy betaal vir alles en dan moet jy dit nog eet ook!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 22 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group