JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sat Aug 24, 2019 7:57 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 11 posts ] 
Author Message
 Post subject: Maak van Oepsies
PostPosted: Mon Jul 22, 2019 12:58 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Posts: 441
Location: Pietersburg Limpopo
Ek is nou nie seker of Oepsies die regte naam is nie, maar ek praat van die dun (so kwart duim) stukkies droewors wat sonder dermpie is.

Ek kan nie verduidelik hoekom nie, maar my kinders hou vol dis lekkerder as droewors, en ek wil amper saamstem (ek sal dit nie hard-op erken nie).

Ek het dit nog nooit self gemaak nie, en sal jul advies waardeer.

Ek gebruik Crown se Safari drywors speserye, het jul ander voorstelle?

Hoeveel % brisket saam met wildsvleis? (kg vet per kg wild)

Stopper se tuit grootte?

Die goedjies moet seker op 'n sif le om droog te word??


Indien iemand bereid is, deel asb. sommer jul resepte en metode.

Groete
Johan

_________________
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak van Oepsies
PostPosted: Mon Jul 22, 2019 1:19 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Posts: 104
Location: Pretoria
J le Roux wrote:
Ek is nou nie seker of Oepsies die regte naam is nie, maar ek praat van die dun (so kwart duim) stukkies droewors wat sonder dermpie is.

Ek kan nie verduidelik hoekom nie, maar my kinders hou vol dis lekkerder as droewors, en ek wil amper saamstem (ek sal dit nie hard-op erken nie).

Ek het dit nog nooit self gemaak nie, en sal jul advies waardeer.

Ek gebruik Crown se Safari drywors speserye, het jul ander voorstelle?

Hoeveel % brisket saam met wildsvleis? (kg vet per kg wild)

Stopper se tuit grootte?

Die goedjies moet seker op 'n sif le om droog te word??


Indien iemand bereid is, deel asb. sommer jul resepte en metode.

Groete
Johan

Ek het al met left-over droëwors "mince" gewone droë "patties" gemaak. Ek het nie 'n sif gebruik nie. Ek het hulle net met my hand gevorm en platgedruk op 'n gewone skoon plat stuk plastiek ('n roomysbak se deksel werk lekker). Dit sit vas, maar dis OK. Na 24 uur voor 'n waaier het ek net 'n eierspaan gevat en hom van die deksel afgesteek (soos 'n eier wat amper-amper vasgebrand het), omgedraai en nog 24 uur gelos. Het goed gewerk. 2 dae toe is hulle droog genoeg vir my. Ek reken nog 2 dae sou hulle op "crispy" gehad het.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak van Oepsies
PostPosted: Mon Jul 22, 2019 1:38 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Posts: 1682
Location: Randburg, Gauteng
Interessant . . . ek ken weer "Oepsies" as daardie klein sosaties wat o.a. spek en bietjie vrugte ook in het - my kleindogter is weer baie lief daarvoor. Weet iemand waar die betrokke naam vandaan kom?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak van Oepsies
PostPosted: Mon Jul 22, 2019 1:47 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Posts: 4195
Location: Durbanville, WesKaap
die kan mos ook werk.
https://www.youtube.com/watch?v=UaTcToUwQO4


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak van Oepsies
PostPosted: Mon Jul 22, 2019 1:59 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Posts: 441
Location: Pietersburg Limpopo
Julle mag nie na ruaanb se youtube link kyk nie, >:D dit gaan AL die aandag van my post se vraag aflei.



PS, kyk maar...

_________________
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak van Oepsies
PostPosted: Mon Jul 22, 2019 2:20 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Posts: 4195
Location: Durbanville, WesKaap
sorry net gedink dit is 'n maklike manier om dit te maak. :angel:


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak van Oepsies
PostPosted: Tue Jul 23, 2019 11:48 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Posts: 55
Ek het dit nog nooit gemaak nie maar ek sou dink jy sit die worsmengsel in die wors stopper en dan vat jy houtbord of ding om dit op te vang en draai hom stadig en druk die wors in reguit ry uit. Dan sny jy hom in 5 of 10 cm stukkies en rol hom op 'n sif uit en sit voor 'n fan. As jy hom dan wil plat druk kan jy dit ook dan doen. As hy droog is kan jy hom in klein stukkies sny.

Ek maak oor 2 weke weer wors vir on Augustus maand vakansie. Gaan die een probeer en ook die pattie idee. Moet net sif gaan koop.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak van Oepsies
PostPosted: Tue Jul 23, 2019 12:26 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Posts: 2183
Location: Upington
Magier Ruaan jou video het my noou behoorlik honger.
Methos Ek is nie seker ek weet wat jy daar sien as poepsies nie, maar ek het al dermlose droëwors gemaak deur 'n kuiken ogiesdraad te vat, dit op 'n houtraam gespan. dan is daar 'n stukkie tuinslang opgekoppel aan worsstopper en toe druk ons die maalvleis uit op ogiesdraad en laat dit droogword. die stukkie tuinslang het ek weggegooi want ek kon dit nie skoonkry nie, sal vir volgende keer eerder silikon buis probeer.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak van Oepsies
PostPosted: Tue Jul 23, 2019 1:25 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Posts: 441
Location: Pietersburg Limpopo
Alec, daai wat jy maak is wat ek wil probeer, dankie.

_________________
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak van Oepsies
PostPosted: Tue Jul 23, 2019 3:36 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Posts: 55
Gaan kyk gerus die een. Dis wat ek bedoel het:

viewtopic.php?f=181&t=49300


Cheers


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Maak van Oepsies
PostPosted: Tue Jul 23, 2019 7:09 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Posts: 441
Location: Pietersburg Limpopo
Dis hy daai Methos, dankie.

_________________
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 11 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group