Ruger Mini-14 raad nodig

Anything to do with SemiAutomatic Firearms will go here/Enigeiets met vuurwapens wat self herlaai hoort hier
Post Reply
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 744
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Location: Piet Retief

Ruger Mini-14 raad nodig

Post by PaulM » Fri Aug 26, 2016 8:45 pm

Naandsê manne,

Ek hoop iemand kan my help met 'n probleem wat nou onlangs by my Mini-14 kop uitgesteek het. Die geweer skiet eenmaal, gooi die leë
dop uit, maar tel nie die volgende rondte uit die magasyn op nie. Dit lyk asof die sluitstuk nie ver genoeg terugkom nie, en land dan
telkens op 'n leë kamer. Ek moet elke keer die geweer met die hand oorhaal om die volgende rondte op te tel.

Ek het die gasstelsel al 'n paar keer uitmekaar gehaal en skoongemaak, selfs die regte dikte boortjies in die "gas pipe" en "gas port
bushing" ingedraai, sonder enige sukses. Dit gebeur ook met al my magasyne, wat sekerlik die magasyne uitskakel. Dit het sommer
skielik gebeur. Alhoewel die geweer nie baie werk nie, het dit op die een "3-Gun" byeenkoms 100% gewerk, en die volgende keer was
dit vol streke.

Enige raad, of dalk 'n aanbeveling van 'n kundige persoon waar ek die wapen heen kan vat? Ek sal dit baie waardeer.

Wederom,
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1313
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Ruger Mini-14 raad nodig

Post by Alwin » Sun Aug 28, 2016 2:49 pm

Paul, daar is 'n paar dinge om te kontroleer.

Ek aanvaar die gaskanale en -poorte is almal mooi oop en skoon, nadat die boor deurgedruk is? Maak maar seker.

Kyk of daar nie 'n gaslek is by die "gaspypie", waar die gasblok op die loop klamp nie. Soms is dit nodig om 'n dun "shim" (met gaatjie) tussen die loop en gaspypie te knyp, om te verseker dat hy goed seël.

Die 4 klampskroewe by die gasblok moet ook mooi vas wees. Sover ek kan bepaal, het die skroewe standaard metrieke skroefdraad op.

Kyk vir vrye beweging van die suier en gewig onder die loop. Enige kontak met die loop of voorlaai kan wrywing veroorsaak wat die werking sal belemmer.

Het die geweer 'n buffer in? Indien wel, kan die buffer die bewegende dele se beweging beperk. Gewoonlik help dit om so 3 krulle van die terugslagveer af te knip.

As niks wil help nie, is dit moontlik om die gaspoort in die loop effens groter te boor. Hierdie modifikasie is egter nie omkeerbaar nie, dus moet jy 110% seker wees dat daar nie ander foute is nie. Siende dat die geweer voorheen mooi gewerk het, sou ek eerder die fout soek.

Sterkte.

User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 744
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Location: Piet Retief

Re: Ruger Mini-14 raad nodig

Post by PaulM » Sun Aug 28, 2016 6:22 pm

Alwin, baie dankie vir die raad. Ek sal weer al die punte
wat jy noem, nagaan.
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3590
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Location: Tulbagh

Re: Ruger Mini-14 raad nodig

Post by Hein M. » Sun Aug 28, 2016 10:24 pm

Wat het van my post geword?

User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 744
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Location: Piet Retief

Re: Ruger Mini-14 raad nodig

Post by PaulM » Mon Aug 29, 2016 5:59 am

Hein,

Dis eintlik my skuld. Ek het aanvanklik die poste oorspronklik hier onder 'SemiOuto' geplaas, maar dit is deur baie min mense gelees. Ek het dit toe onder 'Vuurwapens - Algemeen ' ook gaan plaas, waar jy dit toe gesien het. Ek moes eintlik hierdie een verwyder het...
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.

Post Reply

Return to “SemiAuto/SemiOuto”