CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Pieter E

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Pieter E » Sat Feb 07, 2009 11:44 am

Ek ondersteun jou ten volle, Lukas.

Ek sal graag wil hoor watter reaksie, indien enige, jy kry. Ons boer nie langs 'n nasionale pad nie, maar wel teenaan 'n teerpad en sal dieselfde doen en kyk of ons reaksie kry.

Na my mening is ons heeltemal te sensitief vir potensi?le negatiewe kritiek, terwyl die groenes hulle net nie daaraan steur nie en eenvoudig voortgaan met hulle disinformasie.

Groete

Pieter

tafjak

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by tafjak » Sat Feb 07, 2009 3:15 pm

Pieter
Het julle die SABC2 nuus gesien gisteraand, m.b.t. die R 2 000 000 standbeeld van die luiperd wat hulle gemaak het uit slagysters? Ek sal graag wil weet hoe die standbeeld soveel werd kan wees! die statistieke wat die SAUK daar aangehaal het, kom net so uit die betrokke organisasie se webblad.
Ek dink dan onwillekerig aan die ou SWA en die weermagdae, nadat die duisendjarigevrede aangebreek het in 1989 is hulle nou-nog besig om die koekblikke wat jou wiele afbyt op te spoor. Wonder wie gaan eerste klaar wees, SWA of Bobbejaankloof?  :-X

Ons moet nie (ek mag miskien verkeerd wees, net miskien) veel aan negatiewe mediaberigte steur nie, as jou storie reg is, is hy reg en niemand kan dit verdraai nie. Ek sal vir myself 'n advertensiebord met kennisgewingbord langs die N1 opsit in privaatgrond. Op die kennisgewingbord kan die fotos van alle gevangde goed oor 'n tydperk verskyn. Statistieke kan opdatum gehou word met 'n bietjie jakkals- en skaapwors om nuuskieriges die kans te gun om vir hulself te kies wat die lekkerste is. Daar is baie padstaleienaars wat my goedgesind is en die oefening saam met my sal deurmaak. Daar is maniere om die storie te vertel.

Wat van R10 'n jakkals van die "brood en botterjagters" en flintergatte kan teen R12/jakkals ook deelneem om so iets aan die gang te kry. :D :D :D

Lekker naweek

Taffie

N.S. Kan dit ook by petrolstasies doen en en en..... met sekerheidskameras om groenes uit te vang.

User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Location: Jansenville

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Kruger » Sat Feb 07, 2009 4:35 pm

Ek weet nie presies wat die detail daaromtrent is nie maar RSG het 'n webblad waar jy jou fotos kan oplaai vir ander om daarna te kan kyk. Dit sal dalk goed wees om daardie webblad of iets soortgelyks te oorvloed met fotos van gevangde vee. Die punt is net ons moet genoeg fotos he om dit te kan doen. Ek het baie onlangs eers begin fotos neem van skade, het julle genoeg fotos?
Winners never quit - Quitters never win.

tafjak

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by tafjak » Sat Feb 07, 2009 4:50 pm

Kruger

Jy's reg, laat ons fotos neem en soveel ons kan. Groter diere soos beeskalwers is seker van die beste.

Taffie

johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by johan » Sat Feb 07, 2009 5:14 pm

Ek het n paar mooi fotos,maar hellkom is vreeslik stadig met fotos oplaai.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."

Ambessa

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Ambessa » Sat Feb 07, 2009 9:58 pm

Hallo daar

Ja, die gevoel is sterk om diere (beide die wat vermink is en die wat gevang het) aan die publiek te wys. Kom ons gee nie toe aan sulke drange nie. Die grusame fotos wat op internet/koerante/TV gewys word stoot meeste dorpenaars/stedelinge af. Ek vermoed meeste van hulle gru ook vir die persoon of persone wat dit gewys het. In kleiner groepe waar owerhede/leiers wel beinvloed kan word, kan die teendeel van erg verminkte skape/bokke/kalwers/koeie/wild gewys en die nodige balans wel geskep word. In opwelling van emosies se die ouens (wat so graag die verminkte groot katte aan die publiek wys) dat die aanvalle van wilde roofdiere op makgemaakte vee maar net in die roofdier se aard is?

Pogings om die impak van roofdiere se skade te verminder aanvaar dat die beste toerusting in onervare of onkundige hande onaanvaarbare of swak resultate lewer. Hoe groter die kundigheid en ervaring hoe beter is die sukses.

Ambessa

johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by johan » Sat Feb 07, 2009 11:57 pm

Ons skade is meestal tot lammers beperk,Ambessa ???
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."

User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Location: Jansenville

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Kruger » Sun Feb 08, 2009 7:39 am

Ambessa, ja ek hoor wat jy s?, maar tans word net fotos van dooie katte en jakkalse vertoon en ons as boere word voorgehou as die barbare wat die arme roofdiertjies sonder rede so vermink. Al wat ons wil doen is om die rede vir daardie aksies te toon. Hulle verkondig n halwe waarheid en deur stilswye aanvaar ons deel daarin.
Winners never quit - Quitters never win.

LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by LMB » Sun Feb 08, 2009 7:52 pm

Ambessa,

Die publiek weet nie wat in die binnekamers  aangaan waar die kleiner groepe is nie. Dit is juis  die oningeligte publiek wat misbruik word deur :  (wat so graag die verminkte groot katte aan die publiek wys). Daarom is dit my mening dat mens alles moontlik moet doen om hierdie "onreg wat aan die kleinvee gedoen word" onder almal se aandag te bring. Dit is eintlik nie meer net kleinvee nie. Die "holistiese benadering" het nou so "gestabiliseer" dat selfs die wildboer nou begin kla!

Ek wil ook met jou saamstem met jou laaste opmerking dat kundigheid en ervaring nodig is om die impak te verminder, daarom is dit belangrik dat ons almal se aandag vestig op die probleem sodat meer gedoen kan word om werklike kundiges betrokke te kry sodat die werklike probleem doeltreffend aangespreek kan word.
Daar is diegene wat reken ons skep ons eie probleme, ons kan die teendeel net met kundigheid bewys. Daar is ook grondeienaars wat nie oor kundigheid beskik nie, en geen behoefte het om kundig te word of kundiges te kry nie, ook die probleem moet aangespreek word  met behulp van kundiges.

Groete
Lukas

Ambessa

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Ambessa » Sun Feb 08, 2009 10:37 pm

Hallo Lukas/LMB/Kruger en alle "Naglopers"

Daar is 'n sentimentele stroom wat baie sterk probeer om veeboere in 'n swak lig te stel? Dit is so dat veeboere ook hulle saak moet/kan/wil/behoort te stel. Sonder om in die sentimentele ouens se uitlokkende strikke vas te val behoort elkeen daar waar hy/sy die saak positief kan beinvloed dit met oorgawe te doen.

Lukas is reg - baie of meeste boere weet moontlik nie werklik wat agter die skerms aangaan nie. Hierdie forum maak 'n sinvolle bydra deur inligting korrek deur te gee. En ek meen beide kante toe. Ouens beweer die gebrek aan inligting (op 'n groot skaal) oor skade onder vee en die resultate van opvolgaksies (jag, ens) is een van die sake wat dringend reggestel moet word. Hoe kan daar sonder goeie inligting beplan word? Goeie inligting is nodig om woema te gee aan pogings om met oplossings na vore te kom. Die "Naglopers" van die forum kan reeds 'n sinvolle bydrae tot die poel van inligting maak?

Ambessa

User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Location: Bloemfontein

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Caller » Mon Feb 09, 2009 10:51 am

Die ophang van dooie roofdiere aan heining van openbare paaie sowel as  openbare tentoonstelling van gejagte roofdiere, gaan deur Vrystaat Natuurbewaring in die Vrystaat verbied word in hulle nuwe Provinsiale Wetgewing. >:( >:( >:(

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.

User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 736
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by MEERKAT » Mon Feb 09, 2009 12:41 pm

Heinrich

Almal in die Wes Kaap weet seker al teen die tyd hoe die permit stelsel werk. Permitte word op hierdie staduim links en regs uitgereik.
In die verlede het ons tog almal gesien dat die jakkalse wat die skelmste is die meeste skade aanrig oor 'n periode. Ek glo die vernaamste rede vir skelm jakkalse is dat hulle al onder patrone uitkom, nou almal van ons kan tog foute maak maar indien die skiet toerusting en manier van jakkase benader op standaard is, is die kanse vir foute maak tog minder.

Permitte is uitgereik aan jagters wat met wit bakkies jag , tuinstoele gebruik en nie bereid is om 'n enkele sent te spandeer aan toerusting nie.

Kan Natuurbewaring nie 'n vraelys saamstuur aan voornemende jagters om te voltooi rakende hul toerusting nie.

Al wat op hierdie staduim verander het met die permit stelsel is die R80.00 en die papier waaop dit geskryf is

Was die oorspronklike gedagte agter die permitte nie om op 'n georganiseerde manier ongediertes te beheer nie.

Help my reg waar ek fouteer
Meerkat

User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Location: Bloemfontein

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by JACQUES BOTHA » Mon Feb 09, 2009 1:06 pm

MEERKAT EK HET DAREM BAIE JAKKALSE MET MY WIT BAKKIE GESKIET HOOR..?Nee ek spot sommer , want toe het ek duur betaal vir die camo nette om hom toe te maak en baie tyd spandeer  om op te pak en af te saal voor ek begin roep.
Caller:
Is daar n termyn of tyd gekoppel oor hoe lank jy nie n gejagte roofdier mag wys vir die mense nie...Ek wou nog altyd nog n rooikat vol opstop, sal jammer wees as ek hom nie mag uitstal nie..
groete my vriend..
Shoot straight and tell the truth!

tafjak

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by tafjak » Mon Feb 09, 2009 1:28 pm

Meerkat
Permitte is uitgereik aan jagters wat met wit bakkies jag , tuinstoele gebruik en nie bereid is om 'n enkele sent te spandeer aan toerusting nie.
Jong dit is maar moeilike een darie, as jy 'n boer is moet jy vreeslik op jou nerwe wees as dit in jou omgewing plaasvind. As die jakkalse ingeroep en geskiet word is dit seker ok, maar as hy eers 'n paarkeer misgeskiet is, is daar dan verseker perre. Het jy al gehoor hoe skrou jakkalse as jy by die staanplek aankom en die voertuig idle nog. 80% van die tyd het hulle al 'n wit/ligte bakkie gesien.

As jy 'n jagter in die omgewing is, moenie bekommer nie, daar sal altyd iets/genoeg wees om te skiet. :( :(

Taffie

Pieter E

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Pieter E » Mon Feb 09, 2009 1:45 pm

Ek het toe aan die SAUK 'n skrywe gerig oor hul berig. (kon nie die plek kry om foto's op te laai nie en gesukkel om enigsins hul kontakbesonderhede te kry).

Hier is die skrywe:
""Ek verwys u na u nuusuitsending op SABC2 Afrikaanse Nuus, gedurende verlede week, waartydens u 'n berig uitgesaai het oor die beeld van 'n luiperd wat uit slagysters gemaak is.
Tydens hierdie nuusberig is 'n paar wilde onbevestigde stellings gemaak oor boere wat, onder andere, kwansuis 1 000'e onskuldige diere doodmaak en slagysters na willekeur stel.

Klaarblyklik het u verslaggewer nie belang gestel om die inligting wat hy/sy weergegee het te bevestig met iemand uit die kommersi?le boerderysektor nie.  Die sogenaamde statistieke wat opgehaal is, kan net so op 'n webblad gekry word van die "Landmark Foundation" wat reeds sedert September 2008 daarop is.

Boere in SA word geteister deur probleemdiere tot so 'n mate dat dit onwinsgewend raak om verder met kleinvee te boer. Selfs wild en grootvee word deesdae aangeval.

Verder is baie boere opgelei om slagysters te gebruik of probleemdiere te jag en word dit definitief nie net na willekeur gedoen nie. Uit eie ondervinding kan ek getuig dat bitter min, indien enige, onskuldige diere gevang word met slagysters of gejag word.

Daar is ook 'n aksie aan die gang deur o.a. CapeNature, gesteun deur o.a. die "Landmark Foundation" om slagysters en die nagjag van probleemdiere te verbied. U hoor klaarblyklik egter slegs hulle kant van die verhaal. Ons kan vir u baie foto's verskaf van onskuldige lammers, ooie en ander vee wat selfs lewend deur probleemdiere gevang en gevreet word. Ten einde nie hierdie e-pos te ver uit te reik nie, wil ek volstaan met die volgende voorstel.

My voorstel in verband hiermee is ,dat u, alvorens berigte soos hierdie uitgesaai word, die ander kant van die storie ook probeer uitvind. U kan 'n verskeidenheid persone kontak in die kommersi?le boerdery sektor en verwante bedrywe, wat u die geleentheid sal gee om 'n gebalanseerde berig uit te saai. Verder is daar 'n klomp hoogs opgeleide professionele probleemdierjagters wat u verdere perspektief van hul kant af kan gee. Daar is ook 'n probleemdierforum in SA waarop die meeste betrokke sektore verteenwoordig word, wat gekontak kan word vir inligting.

Ter afsluiting, wil ek u herinner daaraan dat INDIEN DIE VEEBOERE IN SA NIE ONDERSTEUN WORD NIE, SAL DIE PUBLIEK NOG BAIE DUURDER VIR 'N LEKKER TJOPPIE OF 'N "STEAK" MOET BETAAL, OF DIT DALK LATER GLAD NIE MEER TE KOOP KRY NIE!

Kontak my gerus indien u verdere inligting in verband hiermee verlang.""

Dis maar my poging om iets daadwerkliks aan die saak te doen. AS hulle my terug kontak sal ek laat weet.

Groete

Pieter E

Ambessa

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Ambessa » Tue Feb 10, 2009 1:19 pm

Hallo Pieter E / almal daar

Goed gestel aan die SAUK.

Dit is jammer dat jy nie met iemand spesifiek kon praat nie. Hou aan met jou pogings om kontak te maak.

Ek argumenteer steeds dat ons nie fotos van "stukkende" vee op oop wwebwerwe laai nie. Dit kan/mag misbruik word.

Ek volg jou pogings met groot aandag.

Ambessa

Pieter E

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Pieter E » Tue Feb 10, 2009 5:08 pm

Ambessa

Interresantheidshalwe, mens kan net vir die nuusafdeling 'n e-pos stuur (sover ek kon uitvind) en dan is die e-pos adres op hul website nog verkeerd ook. Ek het 'n "read receipt" gekry van hulle af gister, maar niks verder nie.

Ek het ook nie enige foto's gestuur nie, want ek glo nie dit sou enige doel dien nie.

Groete

Pieter E

Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1248
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Location: Laingsburg/Somerset-Wes

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Dawie » Thu Feb 12, 2009 5:00 pm

Pieter E

Hoop maar net die SAUK kontak nie RPO,  NWKV of Agri Weskaap nie ?????

Dawie

Pieter E

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Pieter E » Fri Feb 13, 2009 9:42 am

Dawie

Ek gaan eerder nie daarop kommentaar lewer nie. Netnou kwoteer iemnd my weer in LBW daaroor en kry ek weer moeilikheid van hulle af!

(Moet s? ek sukkel maar om met jou te stry!)

Dit lyk darem of daar baie beweging in verskeie van die organisasies is hieroor. Al ons geklaery help darem lyk dit my. Ek sien die NWKV maak probleemdiere een van hulle hoof fokusse vir hierdie jaar.

Groete

Pieter E

Pieter E

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Pieter E » Fri Feb 13, 2009 9:44 am

Dawie en julle ander

Ek het vergeet, wou ook net s?: doodse stilte van die SAUK. ek heet 'n "read receipt" gekry, maar lyk my nie hulle weet waar is die "reply" knoppie nie. Dalk soek hulle nog iemand wat Afrikaans kan lees!

Pieter E

User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Contact:

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by WillJak » Fri Feb 13, 2009 9:56 am

Ek hoor oor die bostelegraaf die manne reik permitte uit vir elkeen wat vra en sommer vir die wat nie vra nie ook. En hulle speel blind vir die manne wat jag, permit of nie. Blykbaar is die ouens op die grond net so keelvol vir die storie en het dit 'n baie negatiewe impak op hulle - boere wat hulle tevore ondersteun het met bewaring en navorsings projekte jaag hulle nou van die plaas af - so nou sien niemand niks, want dan is daar niks. Of is dit miskien dat niemand nou niks sien nie want anders is daar niks?
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...

projag

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by projag » Sun Feb 15, 2009 3:30 pm

Is daar al iets konkreets ten opsigte van akkreditasie, opleiding van jagters, ens.

User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1661
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Location: Philippolis

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by jaracal » Sun Feb 15, 2009 6:05 pm

projag
Nog niks op die stadium. Daar gaan blykbaar 'n afvaardiging CN besoek op 27 Febr om die saak uit te klaar.
Sal dan seker sien waarmee CN vorendag kom.

Groete

Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter

User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 876
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Yalair » Wed Feb 25, 2009 10:27 pm

boere wat hulle tevore ondersteun het met bewaring en navorsings projekte jaag hulle nou van die plaas af
Laat my dink aan die twee boere wat destyds moeg geraak het vir die kolonie in die kaap. span toe os in en trek die onbekende in. Twee aande later span hulle na sononder langs 'n rivier uit, maar daars vreeslik leeus. Hulle besluit toe om in te span en aan te beweeg. Met die inspan in die donker is die os vreeslik op gecharge. Toe hulle wegtrek laat waai die os en se vir mekaar hy's seker bly om van die leeus weg te kom. Toe die son breek sien hulle hulle het 'n groot leeu mannetjie ingepan. Hulle kykvir mekaar en die een se als goed en wel ons het hom ingespan, maar hoe span ons hom uit........

Ambessa

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Ambessa » Thu Feb 26, 2009 10:18 pm

Hallo Hein/Projag/almal

Ry baie rond - more in Suid-Vrystaat - Hein se possie? Moeilik om met die debat by te hou? Enige verwikkelinge oor die gesprek more (27 Feb) met CN? Wie is die afvaardiging? Wat is die doelwit/wat wil bereik word?

Hou ons asb op hoogte?

Stem saam met die onlangse gedagtes - daar moet nou werkbare planne op die tafel geplaas word.

Elke jagter is seker op sy manier suksesvol? Tog word die omvang van roofdierskade op die groter skaal nie minder nie? Is daar genoeg skerp jagters om werklik 'n duik te maak? Elke jagter (voltyds) kan net 'n sekere gebied (boere se plase) dek? Wat gebeur op die aangrensende plase? Wat word nadat daar gejag is om die kwaaddoeners uit te haal? Kan 'n grondeienaar toegelaat word om onverskillig te staan teenoor roofdierskade (as hy nie self vee het nie)?

Hoe moet dinge beter gedoen word sodat die veeverliese oor die korter en medium termyn wel afneem?

Te veel vrae en te min antwoorde. Hoe lyk dit?

Ambessa

Post Reply

Return to “Wes-Kaap/Western Cape”