Verwikkelinge in Noord Kaap

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3192
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Verwikkelinge in Noord Kaap

Post by Christo » Tue Feb 24, 2009 9:56 pm

Tafjak

Meer duidelik- Ek kan nie dink dat boere die reg ontneem moet word om hulleself teen jakkels en sy kat tjommies te beskerm nie en dat die voortbestaan van ons as boere dan deur permitte en wetgewing aan 'n paar gekose jagters toegeken kan word nie.

Ek is dit eens dat daar pro's moet wees en dat die manne in elk geval die meeste van die werk doen. As ek reg lees dan keur sommige manne dit nie goed dat 'n boer daardie reg behou om homself en sy eiendom te beskerm nie.

Wat Hein betref dink ek dat dit benydenswaardig is om iemand te h? wat so 'n platform/forum skep en waar hy sy en ander se objektiewe kundigheid nie net tot hulle self beperk het nie. Ek kan nou aanhou "jam" smeer maar sy optrede en doel spreek vanself.

Hoop ek het dit nou duideliker gemaak.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.

tafjak

Re: Verwikkelinge in Noord Kaap

Post by tafjak » Tue Feb 24, 2009 11:53 pm

Christo

Dan het ek reg verstaan, dankie tog. Ek is baie trots op my self aangestelde werk en sal dit vir niks verruil nie.

Ek glo nie dat 'n profesionele jagter nie by 'n boer wat self roep sal gaan jag nie. Die voorwaarde is natuurlik, en help my reg, dat die boer sy werk ken en dit dan volgens die reels doen. Daar is baie plekke om te gaan oefen om tegniek onder die knie te kry. So moenie iemand anders blameer as jou tegnieke nie op standaard is nie. Hein se kursus is 'n wegspringplek en opvolg kursusse is ook dan baie belangrik nadat jy al 'n onderonsie met 'n paar jakkalse gehad het.

Niemand wat ek ken (profesionele jagters) sal tegnieke en raad weerhou van boere wat self jag en dit ordentlik doen en bereid is om raad te volg nie. Daar is wel gevalle waar jy weet dit die verkeerde ding sal wees om nou raad te gee as die roeper nog nie eers in staat is om te begin jag nie. Jy kan nie vir babas lemmetjies gee om mee te speel nie. Dit is hoe gevaarlik roepery vir jou kan wees as dit nie reg begin word nie. Ek spel gou my siening uit: Jakkalse kan tot 14jaar oud word en 'n stel wat slim raak kan jou dan vir omtrent 10 jaar terroriseer wat jou dan ook R30 000 per jaar uit die sak sal jaag. Maak net seker jy los nie so 'n stel vir jou aftrede of opvolger wie jou seun of dogter mag wees nie. Daar sal altyd weer 'n stel opdaag maar kan goedkoop uit die weg geruim word as hulle soet gehou word.

Daar is 'n paar reels waarby ek bly en Hein se kursusse en dvd's is vol hiervan. Hou by dit en jy maak die wereld baie makliker vir die profesionele jagter en net miskien sal die jakkals- en kilometerpryse nie so heftig styg nie.
Ek is dit eens dat daar pro's moet wees en dat die manne in elk geval die meeste van die werk doen.
Ek glo dit nie omdat daar te veel werk is en te min jagters. En net voor ek vergeet die reels as Hein my tog sal vergun:
1. Bly weg of maak plan as jakkals windaf antwoord.
2. Skiet net as jakkals gedood sal word
3. Hou op roep as jakkals windaf inkom.
4. As jakkals misgeskiet is, wag 15 min, pak op en gaan ver van sy omgewing en bly weg vir ten minste een maand.
5. As jakkalse jou geruik het terwyl jy roep handel dieselfde as punt 4
6. Moet nooit, nooit 'n jakkals onderskat nie.
Hierdie eenvoudige reels hou my aan die lewe en my kliente op hulle grond.

Jakkalsjagters het 'n baie ondankbare werk, min erkenning en is maar meeste van die tyd sy skuld as die jakkalse die boer opvreet. Ek hoop ek het myself duidelik verstaanbaar gemaak en voorspoed met die jakkalse, hulle sal nooit teleur stel nie en ons moet maar op ons hoede wees.

Groete

Taffie

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3192
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Verwikkelinge in Noord Kaap

Post by Christo » Wed Feb 25, 2009 5:58 pm

Tafjak

Ek sal die 14de by wees in Bloem. Ek het ook nog nie geroep nie en die paar wat ek geskiet het was in die dag en toevallige raakloop gewees.

Ek het nie deel van die forum geword om vyande te maak nie ( daar genoeg van hulle wat jy in elk geval verniet kry), maar eerder om te leer waaroor dit alles gaan. Sal ook nie gou my nering in die lewe ruil vir iets anders nie, met alles wat gebeur is dit steeds lekker om 'n boer te wees.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.

tafjak

Re: Verwikkelinge in Noord Kaap

Post by tafjak » Wed Feb 25, 2009 7:14 pm

Christo

Ek dink jy verstaan my verkeerd as jy dink ek soek 'n fight of redekawel. Ek is regtig ten gunste van boere wat roep om sporadiese gevalle of dan die volle verantwoordelikheid te aanvaar om self sy beheer toe te pas. Die bietjie/min profesionele jagters het in elk geval bestaande kliente en het regtig nie die tyd om ander probleem gevalle op te los nie. Daar is baie selde tyd om iemand anders se jagte ook te doen.

Ek het sopas gejag waar boere self roep en die sukses was groot. Ons lot verstaan mekaar goed en daar is ook nie geheime tussen ons nie.

Ek kan nie meer wag om die manne te ontmoet nie! Dit sal sekelik 'n belewenis wees om soveel mense bymekaar te sien wat dieselfde belangstelling deel. Ek hoop ook dat ek myself duideliker gestel het en dat daar nie skade gedoen is nie. My wagwoord in die lewe is "saamstaan".

Taffie

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3192
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Verwikkelinge in Noord Kaap

Post by Christo » Wed Feb 25, 2009 7:51 pm

Tafjak

als reg. Sien mekaar dan

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.

User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Location: Bloemfontein

Re: Verwikkelinge in Noord Kaap

Post by JACQUES BOTHA » Thu Feb 26, 2009 8:13 am

Taffie ek sien jy het die goue reel 7 uitgelos...
reel7  : LEES WEER REEL 6...........................................STADIG EN DEEGLIK
Shoot straight and tell the truth!

tafjak

Re: Verwikkelinge in Noord Kaap

Post by tafjak » Thu Feb 26, 2009 9:32 am

Jakes

Jy kan dit weer se.

Taffie

Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1248
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Location: Laingsburg/Somerset-Wes

Re: Verwikkelinge in Noord Kaap

Post by Dawie » Wed Jun 03, 2009 11:25 pm

AANDAG Noord Kaapenaars!!!!!!!!!

Lees asseblief "NCNCA 2009 - DRAFT REGULATIONS" vannaf bl 33 aan NB!!!!!!!!

?????????

Ambessa

Re: Verwikkelinge in Noord Kaap

Post by Ambessa » Thu Jun 04, 2009 3:32 pm

Hallo Dawie

Waarna verwys jy? Kan jy dringend 'n kopie aanstuur?

Ambessa

Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1248
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Location: Laingsburg/Somerset-Wes

Re: Verwikkelinge in Noord Kaap

Post by Dawie » Thu Jun 04, 2009 4:33 pm

Ambessa

Ge E-mail.    Gekry??

D

Ambessa

Re: Verwikkelinge in Noord Kaap

Post by Ambessa » Thu Jun 04, 2009 8:00 pm

Hallo Dawie

Dankie. Sal later vanaand lees (80 pp). Ook terugvoering gee.

Ambessa

Ambessa

Re: Verwikkelinge in Noord Kaap

Post by Ambessa » Fri Jun 05, 2009 5:43 am

Hallo Dawie

Wie gaan almal die werkswinkels bywoon?

Dit is 'n baie lywige dok en ek werk nog daaraan.

Dit bevat goeie elemente, maar tipies van baie soortgelyke dokumente word hier ook gepoog om alles te reguleer. Waarom?

Die uitvaardiging van soveel (dik) regulasies en die effektiewe implementering daarvan is eenvoudig nie prakties haalbaar nie, veral nie met huidige beperkte hulpbronne (mannekrag en fondse) nie.

Hou ons op hoogte.

Ambessa

Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1248
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Location: Laingsburg/Somerset-Wes

Re: Verwikkelinge in Noord Kaap

Post by Dawie » Fri Jun 05, 2009 10:54 am

Hallo Ambessa

Ek sit innie Weskaap,  die brokkie is aan my geforward.  Ek het ook nie 'n idee wie gaan die ding bywoon nie ek het gehoop van die Noord Kaap manne weet iets of kan s? wat aan die gebeur is daar.

Die sad ding van dik,  onnodigge regulasies is dat dit maak op die ou einde 'n bespotting van die ander regulasies waar dit eintlik moet saakmaak.  Lyk my in bewarings kringe waar daar te veel boom gerook word,  in 'n blindheid vir realiteite gehandel word en by iemand of organisasies brownie points gescore wil word die regulering van probleemdier-beheer nou 'n band-wagon storie raak!!

Die besigheid moet innie kiem gesmoor word.

As ek iets te hore kom sal ek laat weet.

Dawie

Ambessa

Re: Verwikkelinge in Noord Kaap

Post by Ambessa » Fri Jun 05, 2009 4:41 pm

Hallo Dawie en ander

Kyk verder onder vir lede alleenlik...

Ambessa

Post Reply

Return to “Noord-Kaap/Northern Cape”