JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Sep 22, 2019 9:40 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 16 posts ] 
Author Message
 Post subject: Watter 6.5...
PostPosted: Wed Sep 11, 2019 9:37 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Sat Mar 07, 2015 6:33 pm
Posts: 10
Hallo mede lede.

Ek wil graag opinies hoor rondom watter 6.5 kaliber gaan beste werk vir my toepassing en ook om in ag te neem watter kalibers ek reeds besit.

Ek het 'n .270, .308 en 30-06 (ook .22 maar is nvt in die argument).

Ek wil vir my 'n geweer kry wat my seun meestal sal gebruik (9 jaar oud). Hy gaan klein wild skiet (vark, rooibok ens) en ook nie oor ver afstande nie.

Ek voel dat die 6.5 Grendel goed gaan werk (ligte recoil sonder suppressor), maar dink die 6.5 Creedmoor mer 'n suppressor kan ook werk (ook ligte recoil).

Maak dit sin om 'n 6.5 Creedmoor te kry as mens reeds 'n.270 en .308 het. Ek het reeds twee.30 kalibers wat naby mekaar is en wil nie nog iets he wat te naby aan die.30 kalibers is. Ek moet byvoeg dat die .308 my baan geweer is met swaar loop ens, so nie regtig jag geweer nie

Wat sal julle aanbeveel? Ek weet die jong man gaan vinnig groot word en wil iets kry wat hy nou kan gebruik en vir jare om te kom.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Wed Sep 11, 2019 9:53 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 15914
Location: Vereeniging
My kop gaan toe direk na 'n 243. Bitter lekker platskieter met min terugslag. Ek is maar een wat wegskram van 'n knaldemper vir algemene jag - dit maak die geweer swaarder en balans is daarmee heen.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Wed Sep 11, 2019 9:59 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Sat Mar 07, 2015 6:33 pm
Posts: 10
243 sal mooi in pas tussen die kalibers wat ek reeds het, maar vir bos jag (kort afstand) is die 243 nie bietjie rof met vleis skade nie?


Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Wed Sep 11, 2019 10:05 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 15914
Location: Vereeniging
Skiet kopskote of gebruik monometaal koeëls om die vleisskade te beperk.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 6:26 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Posts: 518
Location: Stella
Jou vraag is basies oor n geskikte kindergeweer, wat dan so n bietjie vir jouself ook moet kan werk.

Dan is dit eintlik net belangrik dat hy nie terugskop nie, en aanvaarbaar is waar julle gaan jag.

Ek self is skepties oor n 243, maar genoeg het my al verkeerd bewys ;)

As jy by 6.5 wil bly kan jy ernstig kyk na die 6.5 Grendel - dit is basies n 223 met n turbo. As jy dalk die loop en kolf kan verkort vir die kinders kan dit mos stoutlekker raak.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 6:36 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Posts: 3014
Location: Boesmanland, Tussen Kliprand en pofadder
Nee wat diebstelling van n demper wat die balaans op voeter hou nie meer in my mening water noe. Met di3 nuwe Aluminum mini dempers kom jy noe eers agter daar is iets vooraan nie. Ek sou ook nie kopskote vir n kind aanbefeel nie.
Kaliber gewys sou ek ook verseler se 243 met n dempertie. Ek reken dat die 6.5Grendel dalk net so bietjie meer veelsydig gaan wees. Jy kan 95gr Vmaxse tee 2800fps skiet en 140gr pitte teen 2200fps. Hy kry ook natuurlik n demper op.
Groetnis


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 7:05 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Posts: 340
Location: Pretoria Oos
Ek stem saam met oom Tripod, 'n 243 met 'n 80gr Barnes sal ek enige tyd in die bos skiet op enige van daai wild en dan kan jy vir jouself ook iets kry wat lekker plat skiet in die karoo vir springbokke.

Ek soek juis vir daai rede ook 'n 243 wat ek vir langer afstande kan gebruik en iets wat my vroutjie met gemak kan skiet.

_________________
.22 LR Webley & Scott Xocet
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
Glock 19


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 7:08 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Posts: 296
Location: Zastron
Ek dink die 6.5 gaan jou n beter all rounder gee. Ek skiet beide 243 en 6.5CM.
Wat ek hou van die 6.5 is die groot verspreiding van punte, van 85gr Speer tot 160gr Norma, met n baie goeie middelgrond, soos wat die manne getoets het.

https://www.gunsandammo.com/editorial/r ... oor/250266

Ek sou kyk na ligte punte vir n begin met die roer, iets rondom die 100gr klas punt en soos wat jou seun ouer word en bietjie grootter wild wil begin skiet of kans sien vir die bietjie meer recoil kan jy die punte begin swaarder maak.
Ek stem wel saam met n klein demper gaan terug skop minimaal wees met die ligter punte, sonder om die balans van die geweer uit te gooi.

Dis my 2c

_________________
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 8:44 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Posts: 1583
6.5x47 met n lang pyp
basies n klein doppie 270 wat op sy beurt n kleiner dop 300 is
dus 6.5x47 +-=300 >:D

_________________
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 8:50 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 8568
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Ja maar hy kan basies net een van die rak af koop in Sabati en die laatie gaan nie vreeslik lekker met daai roer in die bos jag nie

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 9:40 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Posts: 1020
Location: Pietersburg
Omdat ek 'n CZ 6.5x55 Swede het, sal ek hom graag wil aanbeveel. Dis al waarmee ek jag, hy maak n wildebeest/koedoe plat, min terugslag, nie vol nonsense met herlaai nie en hy werk in die bos. Ek gaan ook nie sy loop in my leeftyd uitskiet nie. As mens nog hierdie kaliber in 'n ligter loop Howa kry, sal ek hom oorweeg vir 'n bosgeweer. Ja ek weet eks bevooroordeeld, maar hierdie kaliber het my nog altyd net verras met sy ...kom ons noem dit doodmaakvermoeë.

Ek dink 'n 6mm sal 'n beter keuse wees (in jou geval) as ek kyk wat jy reeds het, maar ek sou nie noodwendig in die rigting van 'n .243 gedink het nie. Eerder iets soos 'n 6BR, met 'n kleiner kruitkolom en klaarblyklike goeie looplewe. Dis my opinie.

_________________
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 9:45 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Posts: 1583
Daars rumours wat rondloop dat n twenytotovifffty n bok makliker en doder skiet as n 6br. Al van paar manne gehoor wat sukkel om n bok dood te kry met 6br

_________________
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 10:08 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 8568
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
wbuys, wil jy n geweer bou of een koop en soek jy n groot swaar geweer of n stap jag dalk bakkie skiet all roundertjie?

6.5x47 sou ek ook aan beveel hier as mens hulle oorals en in verskillinde fabirekate kon koop maar net soos met n 6BR is dit n "spesialis" kaliber en jy kyk na Sabati en Savage sou jy so geweer wou koop. Die roere gaan in die omgewing van 8 tot 9kg weeg met 28" en 30" lope in die Savage 6BR se geval.
Die 6BR savage is n enkel skoot geweer so jou laatie gaan moet oefen om met die 30" loop in die bos te jag veral as hy van plan is om n opvolg skoot te vat, natuurlik kan jy n 243 oor sny na BR toe maar ek dink jy gaan die wiel probeer herontwerp hier veral vir n geweer wat jy wil gebruik om te jag.

Ons neem ook nou aan jy herlaai self want jy gaan nie somer fabrieks ammo vir die 2 kry nie en as jy kry gaan jy hoes vir daai prys

Die 6.5, basies enige een wat jy van hou behoort mooi te werk vir wat jy wil doen, kyk een wat se naam en dop vir jou die oulikste is en werk van daar af. Die 6.5SnipeMoor se komponente is lekker volop nou maar die 6.5x55 en die 260 doen op die einde van die dag selfde nog meer so as jy net jag met die roer.

Die grendel is n baie lekker kaliber vir n jong man as hy begin ek voel net mens word dalk bq gelimit met hom, jy kan jou groot 6.5 altyd af laai na die grendel se performance toe maar jy gaan nooit die grendel laai om n 140gr koel teen 2700fps te skiet nie.

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 3:18 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Sat Mar 07, 2015 6:33 pm
Posts: 10
Baie dankie vir al die interessante perspektiewe. Ek laai self, so gaan bietjie navorsing doen oor reduced loads vir die 6.5 Creedmoor.

Ek hou van die Grendel idee, maar stem saam dat hy moontlik 'n mens maklik kan limit.


Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 9:42 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Posts: 3404
Location: Kempton Park
Ek het 260rem. Hy sal mooi werk vir jou doel.

Maar ek moet eerlikwaar sê ek kyk ook baie na ‘n 6.5 grendel geweerkie vir bosjag. Vlakvark, rooibok ens.

Die mini aksies met lekker kort 18-20” loop en as jy wil ‘n warrior shorty demper opsit gaan dit steeds ‘n bitter lekker stapjag geweerkie wees. En as ek nou ‘n koedoe koeitjie of iets dergliks raakloop gaan ek maar net mooi seker maak van die skoot plasing.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Watter 6.5...
PostPosted: Thu Sep 12, 2019 10:07 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Posts: 299
Location: Sunland
Hier is baie goeie raad met al die skrywes. Na ek die Jagter/Hunter weergawe van Jan 2018 gelees het waar Koos Barnard 'n artikel oor die Grendel gedoen het , moes ek net eenvoudig een aanskaf. My hoof rede was vir Bos jag tot Rooibok grootte wild, ekt wel al 'n Koedoe koei so op 80 m gelos want ek was maar versigtig....ek was op 'n stadium spyt omrede ek nie eerder 'n ander 6,5 gekoop het wat ek kon aflaai om die Grendel na te boots nie, MAAR dan interveer hy met my ander kalibers. Ekt my Grendel al gebruik met 'n Springbok voorsit jag ook en het nie te sleg gevaar nie, het nie langer as 200m skote geskiet nie....Sterkte met jou keuse!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 16 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: fbarraza28 and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group