Duifskiet kompetisie navraag

Post Reply
Polla1983
Full Member
Full Member
Posts: 222
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm
Location: Kathu

Duifskiet kompetisie navraag

Post by Polla1983 » Tue Mar 17, 2015 2:01 pm

Middag forum people.

Ek het sopas verneem dat ons jaarlikse duifjag kompetisie in Jagersfontein naby Zeerust gekanseleer is.

Dit is tradisie dat ons span elke jaar inskrywe, en die manne is teleurgesteld oor dit 1 van die hoogtepunte vd jaar is.

Ek weet dat Koster Gekombineerde skool ook soortgelyke naweek doen, maar ek sukkel om informasie tekry tans. Ek sal die skool direk kontak more.

Weet iemand dalk van alternatiewe kompetisies wat iewers plaasvind in NW/Limpopo/vrystaat???

Enige info sal waardeer word!

Dankie

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16269
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Duifskiet kompetisie navraag

Post by tripodmvr » Tue Mar 17, 2015 2:20 pm

Op watter grondslag geskied die kompetisie. As dit op getalle baseer is gaan jy totale weerstand ervaar vanaf selfs die gewone publiek. Jy verkoop nie soiets as hulp aan die boer nie, maar word gesien as jou poging om jou moordlus uit te leef. Die meeste jag organisasies is ook teen die' gebruik gekant.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

Polla1983
Full Member
Full Member
Posts: 222
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm
Location: Kathu

Re: Duifskiet kompetisie navraag

Post by Polla1983 » Tue Mar 17, 2015 8:44 pm

Oom Tripod.

Ek stem tot n mate saam met jou oor jou stelling! Die publiek is nie ten gunste van klomp dinge wat temake het met wapens en of jag/skiet nie, daarom rig ek die vraag hier 'om die vuurtjie' en nie in die koerant nie.. Ek wil ook graag byvoeg dat in die afgelope 20 jaar wat ek die tiepe sport doen, het ek vele mense gesien vanaf verskillende jag/sportskiet organisasies...

Die tendens is dat dit op n punte stelsel werk, so nie noodwendig op getalle nie. Nog elke keer waar betrokke was, was die nodige permitte vanaf natuurbewaaring in plek. Die boer self baat daaruit deur skade te beperk op sy opbrengs,die instansie bv skool/kerk/bike club deur die fondse, die geweer winkel, en dan die skut...

In my opinie sien ek nie fout daarmee nie...

User avatar
stan man
Hero Member
Hero Member
Posts: 1312
Joined: Thu Mar 22, 2012 1:52 pm
Location: hennenman

Re: Duifskiet kompetisie navraag

Post by stan man » Tue Mar 17, 2015 9:07 pm

naand maters

soos julle seker weet bied ek elke jaar duif skiet geleenthede aan.
as daar n vraag daarna is ,sal ek die plek verskaf vir so n geleentheid. sou daar enige gelde by betrokke wees vir n skenking sal ek dit graag wou skenk aan ons 2 ouetehuise in die distrik. ekself kan nie op hierdie stadium pryse bewillig nie ,maar ek sal my hulp aanbied met so n projek.
ek het nou net met natuur bewaring in ons distrik gepraat en hulle verlang geen permit nie maar wel n vrystaat jag lisensie. dan vra hulle net dat die boere op wie se grond daar geskiet word moet net toestemmings briewe voorsien. verder is daar sekere vereistes vir gemerkte duiwe.
en dan is ek seker ons sal n kampeer terrein op die plaas daar kan stel vir die manne wat moet oorbly.
sou daar n behoefte wees na so n kompetisie, kan julle maar gerus praat.

Post Reply

Return to “Bird Hunting”