JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Tue Feb 19, 2019 1:47 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 10 posts ] 
Author Message
 Post subject: 9mm Lading ontwikkeling
PostPosted: Wed Feb 13, 2019 8:17 am 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Tue Jun 27, 2017 8:30 am
Posts: 373
Location: Pretoria
More Manne vinnige vraag,

Met QL en die 9mm meet julle ook sekerlik die spoed? Ek het net n magneto speed so kan dus nie my pistool spoed so meet nie. Nou wonder ek moet ek maar net eerder ladings laai tussen die min en stadig op na die max en kyk wat group en cycle die beste of wat stel julle manne voor?

Kyk my doel met die 9mm is maar net om SD te oefen.

Luister graag..

_________________
Ex - Corporal British Army - General Purpose Machine Gunner
.22LR CZ 452 Lux - SUSTAC BW1032
6.5 Creedmoor Howa M1500 Varmint Multicam - FDE - SUSTAC BW3040TT-LNG
.30-06 Tikka M695 SS
9mm Para Glock 17 GEN 5


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Feb 13, 2019 8:26 am 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Posts: 308
Location: Bloubergstrand
Ek het spoed gemeet met 'n gewone ProChrono, maar baie mense begin laag en laai net tot hy betroubaar "cycle".

_________________
Wynand

300WM; 30-06; 6XC; 12br x3; 40S&W


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Feb 13, 2019 8:30 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Posts: 1933
Location: TUSSEN LETABA & GRAVELOTTE
Jy gaan jou tyd mors met QL en pistool ladings. Raadpleeg Somchem se boekie en laai stelmagtig op en chrony jou rondtes. Moet nooit meer spoed laai as die wat somchem behaal met die tipe kruit en koel. Dit mag gebeur dat die lading(gr) wat jy gooi meer as die van somchem is maar die belangrikste faktor is die spoed, moet nooit die max spoed oorskry nie.

_________________
And as thy days, so shall thy strength be


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Feb 13, 2019 9:06 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Posts: 568
Location: Kaapstad
Ek het nog altyd sukses gehad deur eenvoudig net die Somchem resep op die webtuiste te gebruik en die gemiddeld tussen die maks en min lading kruit te gebruik.

_________________
Of so iets


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Feb 13, 2019 9:53 am 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Tue Jun 27, 2017 8:30 am
Posts: 373
Location: Pretoria
Dankie manne,

Waardeer die insette!

_________________
Ex - Corporal British Army - General Purpose Machine Gunner
.22LR CZ 452 Lux - SUSTAC BW1032
6.5 Creedmoor Howa M1500 Varmint Multicam - FDE - SUSTAC BW3040TT-LNG
.30-06 Tikka M695 SS
9mm Para Glock 17 GEN 5


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Feb 13, 2019 10:35 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm
Posts: 241
Location: Secunda
In my ondervinding is die boekie glad nie akuraat nie. Dis maak spesifiek vir sekere vervaardiger van dop en punt ens... Veral met S121 kom jy nie naby die nodige spoed met aanbevole ladings nie. Chrono sal 1ste prys wees maar ander se ladings was vir my baie meer werd as die boekie met my pistool. As jy nie spesifiek n faktor wil maak vir kompetisie nie, maar net wil skiet en seker maak hy stoor nie is die verskil van een man se G17 na ander of selfs van G19 na G17 of CZP09 na G17 nie n groot verskil nie. Sal jou kan help met n goeie begin waarde... jy is welkom om n PM te stuur.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Feb 13, 2019 11:30 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Posts: 222
Vir handwapens begin ek laag en laai toetsrondtes tot ek so in die middel tussen Somchem se minimum en maksimum ladings kom. Die enigste verskil wat ek agterkom in 'n .45 is dat die laer ladings effens minder terugskop het en dus minder stremming en slytasie op die pistool plaas.

Met 'n lading wat so in die middel val tussen die minimum en maksimum is daar dus 'n veilige speling vir wanneer jy groot hoeveelhede ammunisie laai. Met 'n pistool is die effek op akkuraatheid weglaatbaar klein en geringe afwykings hoër of laer bly steeds in die veilige area.

Die pistool moet net betroubaar lood gooi met die minimum stremming op die wapen.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Feb 13, 2019 12:15 pm 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Tue Dec 18, 2018 10:05 am
Posts: 9
Location: Faerie Glen, Pretoria
Is ook in proses om vir my P07 te herlaai met 124gr RN vir teiken\oefen. Het ladings by iemand gekry wat reeds herlaai ook vir P07 en wat binne riglyne van Sonchem tabelle val .

As ek nou vir selfverdediging laai, kan ek selfde tipe "verminderde" ladings gebruik of moet ek dit opstoot? Ek wil nie die persoon vol bloukolle skiet as ek in noodweer myself moet verdedig nie.

My vraag dus, is daar min aanvaarbare spoed vir selfverdediging ammo?

Sent from my SM-N960F using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Feb 13, 2019 1:20 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Posts: 222
Daardie "blou kolle" gaan vorm langs die wondkanaal wat strek vanaf die ingangswond tot by die uitgangswond.

Kyk gerus na Paul Harrell se YouTube videos op die "meat target" wat hy saamstel. Dit is verstommend hoe selfs 'n .22 penetreer, so sterkte vir diegene wat dink iemand gaan jou net kwaad maak as hy jou daarmee skiet. Dit is gewoonlik die holpunte wat minder penetreer en meer skade veroorsaak as die spoed opgejaag word. Hoe meer die energie, hoe groter maak die koeël oop en die groter frontale area gee meer skade maar minder penetrasie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Feb 13, 2019 4:21 pm 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Tue Dec 18, 2018 10:05 am
Posts: 9
Location: Faerie Glen, Pretoria
Dankie vir die terugvoer.
Het gaan kyk na hom op Youtube en dit maak sin.
Sal klompie vir SD laai en dit deur kronie skiet... of eerder bo-oor :-)

Sent from my SM-N960F using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 10 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group