JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Mon Oct 14, 2019 6:47 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 
Author Message
PostPosted: Thu Jul 11, 2019 9:48 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Posts: 270
Location: Johannesburg
Dag Manne

Ek oorweeg sterk die Vortex 3.5-10x50 vir n CZ550 met die hog back styl kolf...

Ek is net bekommerd oor natuurlike cheek weld met die 50mm front lens...

Sal julle wat die hang gat kolwe het sê dit werk of moet ek fokus op n 40mm na 44mm front lens?

Almal met 25mm tubes.

_________________
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, .308 Win 32" loop, 7X64 Brenneke, 450 Rigby, Browning O/U 12g, CZ P07 9mm Parabellum, BUL M5 9mm Parabellum

Geskei met: .243 Win, 6.5 Creed,
30-06 Springfield, .338 Win Mag, 308 Win


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 12, 2019 6:49 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Posts: 570
Max, met die cz gaan jy dalk dieselfde ring hoogte vir 40mm of 50mm objective nodig hê. Die probleem is gewoonlik tussen die slot en die oogstuk, n 40mm mag dalk op baie lae ringe die loop clear en n lekker cheekweld gee maar dan kap slot teen oogstuk . Beste is maar om in winkel te meet en pas. Vir beter cheekweld plak ek van daai rolletjie spons wat kan vasplak bo-op kolf tot regte hoogte en trek dan van die swart rekbare patroon houer oor kolf bo-oor die spons. Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 12, 2019 9:30 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Posts: 531
Location: Stella
As die 50mm lens veroorsaak dat jy hoe"r ringe moet opsit sal ek voorstel om eerder n kleiner lens te gebruik.

Die hangkolwe maak dit soms moeilik - hulle het ontstaan toe die gewere oop visiere gehad het, en gevolglik maak n teleskoop dit moeilik.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 12, 2019 11:42 am 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm
Posts: 291
Location: Blou Bul HK
Ek kan beaam wat Lamtjop hierbo se. Ek het 42mm objektief teleskoop op maar moes medium hoogte ringe gebruik a.g.v. die slot. Ek het toe maar die Beartooth Comb Raising Kit opgesit en dit werk baie lekker vir my.

_________________
Novus Vitae - 2 Kor 5:17


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jul 12, 2019 9:25 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Posts: 1301
Location: Noord-Transvaalse Bosveld
Max, uit my persoonlike ondervinding glo ek daai Beierse styl kolf werk net goed met oop visiere en uit die vuis. In enige laer skietposisie vergroot die kolf-vorm die aanvoelbare terugskop. My eie geweer se kolf het ek verkoop en 'n sintetiese (glasvesel) kolf met reguit kam opgesit. Nou is die geweer 'n plesier om te skiet. Behalwe vir die skopgewoonte, sit die kam op my reguit kolf hoër en kan ek my wang op die kolf vasdruk, wat my oog mooi oplyn met die teleskoop. Met dieselfde monterings en ringe was die kam van die sog-rug kolf heeltemal te laag. Maar dis my ondervinding. Jou omstandighede en behoeftes mag verskil.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group