JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sat Oct 19, 2019 4:58 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 6 posts ] 
Author Message
 Post subject: 220 swift
PostPosted: Sun Aug 11, 2019 10:08 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Thu Dec 12, 2013 5:24 pm
Posts: 4
Location: Jeffreys Baai
Hallo Almal

My eerste geweer wat ek gekoop het was n .220 swift. Was nog baie meer onnosel as wat ek nou is, het nie te veel van gewere geweet nie, maar n ou oom het hom adverteer en op die ou end het ek hom gekoop vir R2500. Ekt gedink dis n moerse bargain, maar lang storie kort, die geweer is gebou op n portugeuse mauser aksie en die loop is natuurlik redelik klaar geskiet. Ekt nie daai tyd geld gehad nie en die geweer het in my kluis gestaan vir baie lank. Intussen het ek soos ek vroer genoem het darem so biki minder onnosel geraak en ek besit n redelike verskeidenheid gewere en kalibers. Die ou 220 wou ek nooit van ontslae raak nie omrede dit my eerste geweer was. (Ek was van klein tyd elke dag in die veld as ek nie in die koshuis was nie en was mal oor skiet en jag en die veld. Pa het my sy .22 geleen maar nooit soos my ander boerseun pelle vir my my eie geweer gekoop nie. Later jare moes ek ook hoor ek skiet sy lope klaar. Dink uit pure rebelsgeid het ek toe biki oorboord gegaan)

Uiteindelik kom ek tot die punt. In ag geneem dat dit n portugeuse mauser aksie is, dink julle dis die moeite werd om n nuwe loop op te sit, dalk n ander kolf en dan die geweer my dedicated varminter te maak. Ek besit reeds die matrysse en seker 300 doppe. Ek besit ook n .223 bull barrel wat seker maar dieselfde werk doen.

Ek hoor graag opinies en raad.
Groete
Bruwer

Sent from my SM-N960F using Tapatalk

_________________
22LR HI-Power
357 Ruger P/S 6
9mmP CZ PO7
45 Star
45 Glock 21
Beretta A300
Browning A5
S/S 12g
22LR Rmtn
220 Swift Mauser
223 Howa 20" B/Barrel
6.5 x 47 L Sabatti
7.62 x 39 SKS
7.62 x 51 H&K G3
308 T/C Predator
30-06 Rmtn 700
375 Ruger Howa


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: 220 swift
PostPosted: Sun Aug 11, 2019 8:42 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Posts: 533
Location: Stella
Is die aksie regtig sterk genoeg vir die 220 Swift se drukke? Hy het tot nou toe gehou, maar is dit wys om voort te gaan daarmee?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: 220 swift
PostPosted: Sun Aug 11, 2019 9:07 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 16055
Location: Vereeniging
Jy kan natuurlik laai na die korrekte drukvlakke om nie die aksie te straf nie. Watter looplengte het die geweer?

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: 220 swift
PostPosted: Sun Aug 11, 2019 10:06 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Posts: 533
Location: Stella
Dit sou dalk moontlik wees om die kamer oor te sny, of om n ander 6.5mm kamer te sny.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: 220 swift
PostPosted: Mon Aug 12, 2019 6:22 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Posts: 3022
Location: Boesmanland, Tussen Kliprand en pofadder
Ds J wrote:
Dit sou dalk moontlik wees om die kamer oor te sny, of om n ander 6.5mm kamer te sny.


Dan sal jy dlelkgeval die loop moet vervang as jy n 6.5 wil he.
Bruwer, dit is n lekker kaliber. Ek weet net nie of dot die moeite werd is op n ander loop op te sit nie. As jy dalk n loop kam kry vir goedkoop dan kan dit dalk werk as jy maal soos oom tripod se. Soek dalk vir iemand wat n doner geweer koop soos n howa dukloop. Die lope het n lekker lang knox wat gewoonlik toelaar om n nuwe kamwe en draad te sny.

Groetnis


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: 220 swift
PostPosted: Mon Aug 12, 2019 8:06 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 16055
Location: Vereeniging
Het gou op QL geloer. Het maar min met 220 Swift al gewerk.

Met S365 (of soortgelyk) lyk dit asof 'n lading verkry kan word wat met 50gr Hornady en 44K psi so by 3700vps (24 duim loop)uitkom. Dit is heel bruikbaar en nog vêr onder die maks druk van 51K psi wat vir die Portugese aksie voorgestel word.

My voorstel sal wees dat jy die ou loop 'n probeerslag gee. Maak hom mooi skoon en dan kan ons veilige ladings bereken om te kyk wat sy skietvermoë nog is.

Die ander opsie is sekerlik besnyding door die loop effens voor korter te maak met nuwe kroon. As daar genoeg knox is kan die kamer oorsny ook gedoen word. Derdens is seker 'n nuwe loop. Dit alles in aggenome die "swakker" aksie.

Hoe diep jou sak is gaan nou bepaal watter moeite jy gaan doen om weer 'n akkurate geweer te kry.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 6 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group