Geno se jag album

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12260
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Geno se jag album

Post by Geno » Wed Jun 26, 2019 2:07 pm

Ek sal van tyd tot tyd my fotos hier kom post.
Ek, my broer en 'n pel het verlede week bietjie Karoo toe gegaan en 30 springbokke geskiet.
My dogtertjie was saam met my (eerste keer wat sy alleen saam gaan) en het dit baie geniet!
My broer se kinders was ook saam en sy dogter het ook saam met my gesit op die voorsit jag vir n ruk.

Die jongspan

https://i.imgur.com/Ao8jCS0.jpg

My meisiekind met een van my bokke.

https://i.imgur.com/NjdoPY7.jpg

https://i.imgur.com/tIoFsUA.jpg

https://i.imgur.com/R3zpPbf.jpg

https://i.imgur.com/DRCosyC.jpg

https://i.imgur.com/VWpakzD.jpg

https://i.imgur.com/XTXKZfT.jpg

My broer se dogter met haar bok. .243win met 80gr PMP pitte.

https://i.imgur.com/spDR8HD.jpg

Vriend Louis met een van sy bokke. .243Ackley met 87gr VMax op 380m op die blad.

https://i.imgur.com/5WoCIHm.jpg
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 702
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Location: Brackenfell, Kaapstad

Re: Geno se jag album

Post by Springkudu » Wed Jun 26, 2019 2:11 pm

Lekker as jou kinders dit saam met jou kan geniet. Sien uit na nog fotos!!
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7

User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2220
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Location: Vanderbijlpark
Contact:

Re: Geno se jag album

Post by henried » Wed Jun 26, 2019 2:12 pm

Te lekker.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure
http://www.lifeca.org

"Deo Valente "

pietskiet
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am

Re: Geno se jag album

Post by pietskiet » Wed Jun 26, 2019 2:15 pm

Mooi Geno.

Waar in die karoo het jul gejag?

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12260
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Geno se jag album

Post by Geno » Wed Jun 26, 2019 2:25 pm

Sondag is ek terug plaas toe om te help bokke klas en uitskiet.
Ons het maandag en gister 92 bokke geskiet.
Nie veel fotos geneem nie. Net van een wat ek op 475m vanuit my voorsit stoel geskiet het.
Ek het my .243Ackley met 55gr Nosler Ballistic Tips gebruik.
Dis die ram wat regs hang. 26.5kg uitgeslag met alles af en uit. 'n Regte Yster!

https://i.imgur.com/KxjVIQa.jpg

https://i.imgur.com/eSKubK8.jpg

https://i.imgur.com/WhTrfBk.jpg

https://i.imgur.com/bn2Xqd6.jpg

https://i.imgur.com/XuSgaqF.jpg
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12260
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Geno se jag album

Post by Geno » Wed Jun 26, 2019 2:27 pm

pietskiet wrote:Mooi Geno.

Waar in die karoo het jul gejag?
Phillipstown distrik.
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 1417
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Location: Weskus

Re: Geno se jag album

Post by Diesel Dog » Wed Jun 26, 2019 6:35 pm

Mooi geskiet , gedink die ballistic tips sou meer skade maak uit daai roer.

DD

User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1248
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Location: Durbanville

Re: Geno se jag album

Post by Gian_dP » Thu Jun 27, 2019 3:37 pm

Netjies Geno. Nog niks kangaroo fotos nie?
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308

User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1805
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Location: Bronkhorstspruit

Re: Geno se jag album

Post by Smitstertjies » Thu Jun 27, 2019 8:38 pm

Lekker Geno! Daai springbok wat heel regs hang lyk of hy n meneer lyf het!


Sent from my iPhone using Tapatalk
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm

Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1067
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Location: Pietersburg

Re: Geno se jag album

Post by Hansieslim » Thu Jun 27, 2019 9:26 pm

Ek haal my hoed af vir alle mans wat sulke jong kinders saamneem veld toe.
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR

Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 272
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: Geno se jag album

Post by Basie2 » Fri Jun 28, 2019 8:33 am

Baie mooi, en goed geskiet. 475m met 55gn bt is wyd- wel vir my


Sent from my iPad using Tapatalk

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12260
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Geno se jag album

Post by Geno » Fri Jun 28, 2019 9:35 am

Gian_dP wrote:Netjies Geno. Nog niks kangaroo fotos nie?
Ek het net een foto geneem van die eerste een wat ek geskiet het. Die ander 55 nie.
Ons was redelik gedruk om getalle af te kry op die betrokke plase dat ons nie tyd wou mors nie.
Die een wat ek foto van geneem het is n wyfie van gemiddelde grootte. Ons het n ram(?) ook geskiet van in die 70kg. Was n massiewe ding.
Dis die eastern grey kangaroo. Hulle rig baie skade aan op lande en weiding.

Hulle maak ook groot gate in die heinings waar die vosse dan deurkom en lammers vang.

https://i.imgur.com/WEtzm4c.jpg

Ons het permit gehad vir 175 (150 eastern greys en 25 wallaroos) op elke plaas (een van 400 akker en een van 300 akker, so dit wys jou hoe die populasie ontplof het!) en het die eerste nag met n pel se bakkie en skiet stoel gery vir so 2 ure voor hy moes ry om n klomp duiwe in n stad te gaan skiet die volgende dag.
Ek het met sy Sako85 Varmint .204Ruger geskiet wat 'n ATN Mars4 thermal scope op het.
Ek het ook 'n rooi vos met sy geweer geskiet.

Precision Varminting, G&G Varminting en C R Lewis Contracting.
https://i.imgur.com/zN9eQ8A.jpg

Toe hy weer gery het, het ek en my ander vriend wat ook voltyds ongediertes jag te voet verder gejag en handheld thermal gebruik om diere te soek.
Ons het sy 20" Howa .223 met n nagsig scope op gebruik en van Viperflex Journey stokke af geskiet. Met die 5de been by kon ek met redelike gemak kangaroos in die kop skiet tot op 300m. Dis fantastiese stokke!


https://i.imgur.com/DQTo4Bq.jpg

Ons het nog n paar vosse en kangaroos geskiet en toe huistoe gegaan na ons deur die plaas gewerk het.

Dit was bitter koud met sneeu in die distrik en ys reen die 2de nag.

Ons is weer uit en het ons nog n paar vosse en maar min kangaroos gekry. Die erge koue het die roos in die berge laat skuil by n naburige reservaat.
Een vos wat ek geskiet het is geskat op 10kg en die grootste wat my pel nog gesien het, so dit was n lekker trofee!

Ek is gewoond aan vinnige kalibers met nagsig so die kortloop .223 met nagsig op het my hier en daar laat stoei wat trajek aanbetref toe skiet ek netnet oor of onder deur op n paar skote, maar na n ruk kon ek reg kom het het in totaal 56 kangaroos en 5 of wat vosse geskiet.

Daar was in die distrik ook om te skiet as ons sou kry:
Red deer, fallow deer, varke, dingos, katte, hase (baie gesien maar ek wou nie skiet nie) en boerbokke.
maar die erge kouefront het alles redelik skaars gehou.

https://i.imgur.com/L8bjGg4.jpg

https://i.imgur.com/BzEqPtO.jpg

https://i.imgur.com/xfIJaPq.jpg

https://i.imgur.com/Y59dpWc.jpg

https://i.imgur.com/of9LWeG.jpg

https://i.imgur.com/GoffgX4.jpg

https://i.imgur.com/I8UpwbY.jpg

https://i.imgur.com/Zha1iz3.jpg

https://i.imgur.com/KHb2ER6.jpg

https://i.imgur.com/ja9TYYv.jpg
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 1265
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Location: Pietermaritzburg

Re: Geno se jag album

Post by Malan123 » Fri Jun 28, 2019 11:34 am

Netjies Geno. Daai Springbok uitskiet sessies is darrem baie lekker. Sal wat gee om so Vos ook om te dop
Tikka 300 Win Mag
Enfield 303
Tikka 243 Ackley
Rem 243 Win

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12260
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Geno se jag album

Post by Geno » Fri Jul 05, 2019 9:26 am

Ek het gister my pa en my vrou gevat vir 'n paar bokke naby Edendburg.
Ons is die eerste kamp in waar daar 3 blouwildebees bulle geloop het waar hul nie hoort nie.
My vrou was eerste aan die beurt, en het 'n mooi groot blouwildebees bul met my .243Ackley (55gr Ballistic Tip teen 4330fps) geskiet so raps oor die 200m.

https://i.imgur.com/9KHpaLl.jpg

My pa was volgende op en het sy .243Ackley (87gr VMax teen 3230fps fireform lading) se eerste bloed getrek op een van die jonger bulle op 200m.

https://i.imgur.com/ZBIhHC4.jpg

Daar was een jong bul oor, en ek het reggemaak met my 6.5Grendel (100gr Ballistic Tip teen 2680fps)
Eersste skoot op 210y, agter die oor en daar hol die wildebees. So 400m verder spring hy los bo oor 'n hek!
Ons is agterna, en ek skiet hom die 2de skoot op 250y voor die kop. Weereens hol hy! Weer agterna en ek skiet hom op 310y tussen die oog en oor. Selfde storie, daar hol hy. Slaan lyndrade en tol in sirkels. Ek kon sien sy horings is al los geskiet.
Ek vat toe my pa se .243Ackley en skiet hom in die oor.

1ste skoot
https://i.imgur.com/mNrBOPp.jpg

2de skoot
https://i.imgur.com/P9osA3A.jpg

3de skoot
https://i.imgur.com/AtVENpb.jpg

Bitter vreemd gewees. So lyk 'n koeel wat middeldeur gesny is:
https://i.imgur.com/IWPSDIj.jpg


Ons is na n ander kamp toe en kon na 'n ruk se kat en muis spel my vrou op 'n wit blesbok kry.
1ste skoot bietjie hoog op die kop maar ons kon darm vinnig die bok plat kry.

https://i.imgur.com/L9rzDkH.jpg

Ek het nog 'n kap horing springbok rammetjie ook geskiet om die oggend af te sluit...

Volgende week is daar bietjie vleis werk wat voor lê!

https://i.imgur.com/BVH66bc.jpg
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1805
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Location: Bronkhorstspruit

Re: Geno se jag album

Post by Smitstertjies » Fri Jul 05, 2019 9:51 am

Mooi gedoen Geno! Wat sou jy reken het fout gegaan met die Grendel se skote? Koeel heeltemal opgebreek?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12260
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Geno se jag album

Post by Geno » Fri Jul 05, 2019 9:53 am

Mater, ek het geen idee nie. Was redelik gatvol toe het ek nie eers gedink om die skedel middeldeur te saag om te sien nie.
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 896
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Location: North Ridiing

Re: Geno se jag album

Post by Rudi Fischer » Fri Jul 05, 2019 10:03 am

Skoot 2 lyk as of die koeel op die skedel gebreek het.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!

Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 1265
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Location: Pietermaritzburg

Re: Geno se jag album

Post by Malan123 » Fri Jul 05, 2019 10:15 am

Mooi gemaak Geno!! Ek het laas jaar 'n SWB 'n tonnel deur sy kop geskiet met 180gr Nosler Ballistic Tip. Nog 2 kopskote later toe le hy eers. Dink dis meer 'n bees as punt ding
Tikka 300 Win Mag
Enfield 303
Tikka 243 Ackley
Rem 243 Win

User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3430
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Location: Kempton Park

Re: Geno se jag album

Post by JPS » Fri Jul 05, 2019 11:02 pm

Malan123 wrote:Mooi gemaak Geno!! Ek het laas jaar 'n SWB 'n tonnel deur sy kop geskiet met 180gr Nosler Ballistic Tip. Nog 2 kopskote later toe le hy eers. Dink dis meer 'n bees as punt ding
Stem saam,

My seun se eerste bwb het hy 2 skote gegee, Na ons rukkie gewag het en gesien het hoe stroom die bloed uit die wond uit is tweede skoot geskiet bloed spuit sommer mooi. Bwb bly Stadig aan wegloop. Na paar minute skiet ek hom toe in die kop met ‘n accubond. Val net daar heel selfondaan met myself, spring die BWB op en stap aan. Nog een innie kop. Hy val weer en ons sê hys nou dood want ons sien hom nie opkom nie.

Loop nader, BwB so wragtag nie dood nie het in sloot ingeval. Gee toe laaste skoot.

Eerste kopskoot was dalk bietjie hoog. Tweede een moes daai bees laat val het, permanent.

Nee wat ek weet ook nie, beide die skote in center mass moes ook daai bwb laat val het. Mooi long skote en by die Accubonds 180gn het mooi gemushroom en onder die vel gesit aan ander kant.

Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 1417
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Location: Weskus

Re: Geno se jag album

Post by Diesel Dog » Fri Jul 05, 2019 11:26 pm

Geno wrote:Ek het gister my pa en my vrou gevat vir 'n paar bokke naby Edendburg.
Ons is die eerste kamp in waar daar 3 blouwildebees bulle geloop het waar hul nie hoort nie.
My vrou was eerste aan die beurt, en het 'n mooi groot blouwildebees bul met my .243Ackley (55gr Ballistic Tip teen 4330fps) geskiet so raps oor die 200m.

https://i.imgur.com/9KHpaLl.jpg

My pa was volgende op en het sy .243Ackley (87gr VMax teen 3230fps fireform lading) se eerste bloed getrek op een van die jonger bulle op 200m.



Daar was een jong bul oor, en ek het reggemaak met my 6.5Grendel (100gr Ballistic Tip teen 2680fps)
Eersste skoot op 210y, agter die oor en daar hol die wildebees. So 400m verder spring hy los bo oor 'n hek!
Ons is agterna, en ek skiet hom die 2de skoot op 250y voor die kop. Weereens hol hy! Weer agterna en ek skiet hom op 310y tussen die oog en oor. Selfde storie, daar hol hy. Slaan lyndrade en tol in sirkels. Ek kon sien sy horings is al los geskiet.
Ek vat toe my pa se .243Ackley en skiet hom in die oor.

1ste skoot
https://i.imgur.com/mNrBOPp.jpg

2de skoot
https://i.imgur.com/P9osA3A.jpg

3de skoot
https://i.imgur.com/AtVENpb.jpg









Julle het n paar mooi beeste geskiet , As ons net die plasing se skote statisties ontleed is daar n korrelasie tussen spoed en DRT (DEAD RIGHT THERE)

DD

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3145
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Location: Agter 'n roer of 'n handlebar

Re: Geno se jag album

Post by tau » Mon Jul 08, 2019 8:52 am

Lekker Geno!!!

Spoed pappie spoed is al wat BWB dood voel dit my.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.

User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 291
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am
Location: Pretoria

Re: Geno se jag album

Post by Hartskoot Hennie » Mon Jul 08, 2019 11:06 am

Baie mooi fotos Geno, welgedaan! Bly maar by die "Karoo Koning" soos jy na die .243AI verwys my maat... ;)
9mm Parabellum - Glock 26 Gen4
12 Gauge - AYA Boxlock Side by Side
.22 Long Rifle - Norinco JW-15A
.243 Ackley Improved - Howa 1500
.375 Holland and Holland - CZ 550 Magnum Lux

User avatar
dawiec
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Location: Durbanville

Re: Geno se jag album

Post by dawiec » Mon Jul 29, 2019 10:38 am

netjies Geno!
30-06 Musgrave K98
375 H&H (custom build on P14 action/Truvelo barrel)
410 Mossberg
.22 Remington
6.5mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
6.5mm Creedmoor Howa 1500 MDT Ess chassis

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12260
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Geno se jag album

Post by Geno » Mon Aug 05, 2019 8:41 am

Ons was die naweek na F.L.A.S.H se plaas in die Ulco distrik.
Ons was 3 paartjies, ons 2 kinders en Frans (Sako Tripple2) wat gekamp het.

https://i.imgur.com/gCd8xf4.jpg

Ek, my vrou en vriend Nolan wou met die boog jag, en Frans, Nolan se meisie Marjone, Francois en Marian sou met die geweer jag.

Die plaas is lekker in 2 gedeel deur n grondpad. As ek reg onthou is dit 1600ha een kant slegs vir boogjag en die res van die 4500ha aan die ander kant vir geweer jagters.
Daar is bitter baie swarthaak bosse, so walk & stalk is uit tensy jy lus het vir bloei.

Daar is 4 boog skuilings aan die boog kant en 4x geweer skuilings aan die geweer kant as ek reg onthou. Dave het ook 'n lekker hoë skiet rak op sy bakkie wat op plekke handig is om bo oor die haakbosse te sien en skiet.

https://i.imgur.com/hjHwCBy.jpg
https://i.imgur.com/Ly7qezw.jpg

Donderdag het my vrou en dogter in die een boog skuiling gesit, terwyl ek ons seuntjie opgepas het.
Ons het gewere gaan check en toe 'n draai gery sonder sukses, alhoewel ons baie koedoes gesien het. Selfs 'n trop van 7x bulle bymekaar.
Marjone het 'n vleisbulletjie met Noaln se 6BR geskiet vanuit een van die geweerskuilings. Die 90gr Accubond het sy werk mooi gedoen.

https://i.imgur.com/HoTT9DD.jpg


https://i.imgur.com/pAU0cso.jpg
https://i.imgur.com/GIv2WjX.jpg
https://i.imgur.com/ruxZGS4.jpg

My vrou het oor die radio laat weet dat sy 'n bobbejaan met die boog geskiet het.
Hy het so 40m gehol voor sy petrol opgeraak het. Sy het haar 40lb Bowtech Eva Shockey boog gebruik met 100gr Viking punte. 350gr totale gewig teen 220fps. Daar het n koedoebul by haar ook ingekom, maar hy het nie 'n skoot gebied nie.

Ek het laatmiddag by 'n ander skuiling gaan sit, maar niks het ingekom nie.

Vrydag oggend is ons oppad gewees om my vrou en Nolan af te laai by boogskuilings toe al haar pyle in haar koker tussen die klap en bak van die bakkie afgeknyp is. Haar boogjag is toe op 'n einde. Ook maar goed so, want die wind het gewaai soos ek lanklaas ervaar het.

Saterdag het ek en Nolan 05h15 in die skuilings geklim en die res is na die geweerkamp toe.
Teen 09h20 het daar 2 groot vlakvark bere ingekom maar op 50y rondgehang en nie wou inkom nie.
09h40 stap daar 'n mooi groot duiker ram by my in en bied 'n skoot op 12y. Die pyl is hoog op sy blad in en laag op die oorkant uit. Hy het agteroor geval en doodgegaan. Dis 'n dier wat ek al lank met die boog wou jag!
Ek het my Bowtech Destroyer 350 gebruik met totale pylgewig van 450gr teen 299fps. 100gr Rage Hypodermic het die snywerk gedoen.

https://i.imgur.com/Ju6SEl4.jpg

Frans is in n geweer skuiling afgelaai en my vrou en Marjone in 'n ander een.
Frans kon toe darm 'n koedoebul met sy .243Ackley (95gr Berger) skiet en my vrou 'n koedoekoei met die .260Ackley met 143gr ELD-X

https://i.imgur.com/htDNeex.jpg
https://i.imgur.com/bUtGkAV.jpg

So is ons jag toe op end, maar ons het reeds bespreek vir volgende jaar!
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2220
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Location: Vanderbijlpark
Contact:

Re: Geno se jag album

Post by henried » Mon Aug 05, 2019 8:52 am

Te lekker.
Vriend van my was ook vroeër die jaar daar het baie lekker gejag.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure
http://www.lifeca.org

"Deo Valente "

Post Reply

Return to “Trofee Kamer/Trophy Room”