JARACAL
https://www.jaracal.com/

Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?
https://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=62&t=62772
Page 1 of 1

Author:  Chevvy SS [ Thu Jan 25, 2018 10:38 am ]
Post subject:  Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

Baie manne het al jagte vasgemaak vanjaar en baie, soos ek, nog nie.

Watter prys per kilogram gaan julle betaal of is julle is bereid om te betaal? Dit sluit nie die manne in wat per kop skiet of spesies en nie omgee wat hulle vleis kos nie. Ek praat ook nie van pryse wat vervoer, verblyf en kos insluit nie, slegs skoon karkas aan die haak.

Author:  RUPERT [ Thu Jan 25, 2018 10:47 am ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

Ek luister maar saam. Ek het my jag vasgemaak maar het gevint dat daar n helse styging in Eland koeie se pryse was die jaar
op die spesifieke plaas R 6000 - R 8000 en BWB R 3000- R 3500. Ek het eers gedag dat die plaas se pryse begin rof raak tot
ek begin besef het hoe swaar die manne in Limpopo getrek het met die droogte die afgelope twee jaar.

Ek het nou al baie plase se pryselyste gesien op FB en hel daar is van daai manne wat nie speel met hulle pryse nie en ja ek verstaan en ken die storie nou al van hoeveel dit hulle kos om die plaas te onderhou maar hel van hulle is belaglik.

Author:  Harambe [ Thu Jan 25, 2018 11:19 am ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

Die titel laat my dink aan 'n Gunsite thread oor 9mm hollowpoints.

Author:  Pappabeer [ Thu Jan 25, 2018 12:04 pm ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

SovĂȘr 2 Nyalas geskiet vir R3500 per bul.

Blesbokke geboek teen R1500/ ram. Ek sal maar kyk wat bied die res van die seisoen.

Author:  jooste [ Thu Jan 25, 2018 12:28 pm ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

Prys per kg - R35.00

Author:  Nella [ Thu Jan 25, 2018 12:55 pm ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

Mense pappa beer....ek kan maar net droom van n nyala bul....die kant kan jy maklik daai prys met 5 maal

Author:  tripodmvr [ Thu Jan 25, 2018 1:00 pm ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

Klink my Dewald het daardie boer met 'n skalpel naby 'n strategiese plek gedreig om daardie pryse vir Nyalas te kry.

Author:  NicoSmit [ Thu Jan 25, 2018 1:55 pm ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

gaan 'n eland koei skiet teen R8000 maar geen dag fooie nie dit vat darem so bietjie van die pyn op die beusrsie weg

Author:  Nella [ Thu Jan 25, 2018 2:27 pm ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

Skiet elke jaar n eland koei vir huis vleis. .eks gelukkig my hele huis gesin verkies wilds vleis
Plaas se eland koeie is die jaar nog steeds op R6500
Ligte een tot dusver was 270kg gewees...so ja hulle is rerig duk hier en hul prys werd

Author:  ruaanb [ Thu Jan 25, 2018 3:39 pm ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

so ruk terug is daar n rakker Wat op vleisboek noem dat daar binnekort vir die kaapse manne iets naders en bekostigbaar gaan wees. jy moet jou email los en sodra hulle reg is stuur hy.

so kom email gister. ....sy naby aan die kaap is reddersburg. ....

R1490 vat excl vir n springbok. .....

Author:  Harambe [ Thu Jan 25, 2018 4:06 pm ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

ruaanb wrote:
so ruk terug is daar n rakker Wat op vleisboek noem dat daar binnekort vir die kaapse manne iets naders en bekostigbaar gaan wees. jy moet jou email los en sodra hulle reg is stuur hy.

so kom email gister. ....sy naby aan die kaap is reddersburg. ....

R1490 vat excl vir n springbok. .....


Hulle kruis hom seker met 'n Koedoe of 'n ding.

Author:  Kolhasie [ Thu Jan 25, 2018 4:29 pm ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

Harambe wrote:
ruaanb wrote:
so ruk terug is daar n rakker Wat op vleisboek noem dat daar binnekort vir die kaapse manne iets naders en bekostigbaar gaan wees. jy moet jou email los en sodra hulle reg is stuur hy.

so kom email gister. ....sy naby aan die kaap is reddersburg. ....

R1490 vat excl vir n springbok. .....


Hulle kruis hom seker met 'n Koedoe of 'n ding.

Ons pryse.

Sprinbok R1000
Blesbok R1500
Gemsbok R4000
Geen ander kostes
Res van die wild word nie gejag nie weens redes.

Vol geboek.

Groete KH

Author:  ruaanb [ Thu Jan 25, 2018 5:00 pm ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

dit is billik.

Author:  J le Roux [ Thu Jan 25, 2018 5:40 pm ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

In die bosveld kry jy nie sommer R/kg jagplek nie. Maar as ek so kyk gaan dinge so R40/kg uitwerk.

Author:  william007 [ Thu Jan 25, 2018 8:07 pm ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

ons het in Augustus maand so 1 plekkie oop vir

springbok , gemsbok, swartwildebees,rooibok ooi,blouwildebees koeie R38 / kg.

Author:  Geno [ Fri Jan 26, 2018 7:51 am ]
Post subject:  Re: Tot watter prys is jy bereid om te betaal vanjaar?

Ek skiet Springbok ek rooiribbok teen R30/kg

Page 1 of 1 All times are UTC + 2 hours
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group
https://www.phpbb.com/