Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 2018

CobusMeyer
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Sat Dec 28, 2013 8:57 am

Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 2018

Post by CobusMeyer » Fri Feb 23, 2018 10:10 am

More manne,

Wil graag weet wat is a regverdige prys die jaar vir:

Blesbok
Springbok
Rooibok
Swart Wildebees
Blou Wildebees

Groete

C

J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 544
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Location: Pietersburg Limpopo

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by J le Roux » Fri Feb 23, 2018 10:21 am

Dag Cobus

Area, dagfooie, geriewe ens speel natuurlik 'n rol.

Hier is wat ek sover gesien het itv Rooibokke en BWB.

Rooibok ramme van R1000 Knypkop tot R1800 (trofee prys gaan van plaaseienaar afhang)

Rooibok ooie van R900 tot R1100


BWB van R3200 koeie tot R5000 bulle.

Daar is ook hmmm... optimistiese pryslyste wat nie vir gewone ouens bedoel is nie.

Groete, en laat weet as ek moet kom jag.

Johan
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser

Hardy1957
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Sun Feb 04, 2018 5:51 pm

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Hardy1957 » Fri Feb 23, 2018 11:49 am

Ek wonder soms of daar nog plase is waar ek my tentjie kan opslaan en alles selfsorg wees, tot eie drinkwater daarheen ry en dan van die kamp af loop en jou 1 of 2 bokkies skiet en daar in die veld klaar uitmekaar te haal. Net om weer 'n slag te kan "manmens" word. As my seuns saamgaan is dit die lekkerste "bonding time" ons los die land se probleme op (tong in die kies) praat met mekaar oor enige iets en oor alles sonder enige inmenging van tv, selfone en die vrouens wat jou roep om te kom eet.

Ek wonder ???

Tammeraai
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Sun Jul 08, 2012 7:24 pm
Location: Richards Bay
Contact:

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Tammeraai » Fri Feb 23, 2018 1:11 pm

Jip, sulke plekke bestaan.

Praat met Jack op 0829732958 - Noord Natal

User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 695
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm
Location: Modderrivier Noord kaap

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by william007 » Fri Feb 23, 2018 4:08 pm

Goeie dag
Ons pryse is as volg.
rooibokke R2000 trofee R3200
swartwildebees R3000
blouwildebees R5800
springbokke R1000

Hardy1957
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Sun Feb 04, 2018 5:51 pm

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Hardy1957 » Fri Feb 23, 2018 6:09 pm

Tammeraai wrote:Jip, sulke plekke bestaan.

Praat met Jack op 0829732958 - Noord Natal
Baie dankie sal nog vanaand bel

Gideonviljoen
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Thu Apr 13, 2017 7:13 pm
Location: Stellenbosch

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Gideonviljoen » Fri Feb 23, 2018 6:36 pm

William007, wanneer klasifiseer jul bv rooibok as trofee?
Sako 30-06
Sako Varmint 260 Rem
Sako 22-250 AI
CZ 375 H&H
Miroku 12G
Glock 9mm

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 9405
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Capt. Oblivious » Fri Feb 23, 2018 9:21 pm

Ek sal R5000 vir n bwb betaal as ek n howa saam kry
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 940
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Location: Springs

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by JacquesT (Stompe) » Fri Feb 23, 2018 9:34 pm

Capt. Oblivious wrote:Ek sal R5000 vir n bwb betaal as ek n howa saam kry
Ja nee hulle is veilig as ons daar gaan jag, behalwe daai een pel van ons, maar sy kop vat ook net met elke 2de maan fase.
The easiest part of long range hunting, is pulling the trigger.

KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 798
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Location: Kathu

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by KalahariKlong » Fri Feb 23, 2018 9:36 pm

Blesbok - R1200
Springbok - R1000
Rooibok - R1200
Blou Wildebees - R3500

Alles manlike diere.
Dis wat ons maar in die geweste betaal.
SWB ken ek nie.

Groete
KK

User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1772
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Location: Randburg, Gauteng

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by win270 » Sat Feb 24, 2018 10:00 am

Jou pryse lyk vir my meer aanvaarbaar, KalahariKlong. Die oorspronklike vraag handel oor "regverdige" pryse en daardie stelling beteken natuurlik iets verskillends vir elke jagter.

User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 928
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Location: Paarl
Contact:

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Boesman10 » Mon Feb 26, 2018 10:08 am

Ons pryse in die Karoo naby Beaufort Wes area is as volg. Onthou dit is nie eintlik Rooibok wereld nie so hulle gaan maar duurder wees. Hierdie is vir manlike diere want ons jag nie eintlik die vroulike diere nie en daar is geen trofee kostes nie.

Kalahari Springbok R1 100
Impala R2 500 (net ‘n paar beskikbaar)
Rooi Hartebeest R6 500 (net ‘n paar beskikbaar)
Swart Springbok R3 000
Gemsbok R5 200
Blou Wildebeest R5 000
Swart Wildebeest R4 300
Kudu R7 200
Eland (binnegoed uit & kop af) R35/kg
Vlakvark R1 700
Volstruis R1 700
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble

Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 820
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Dimitri » Mon Feb 26, 2018 11:55 am

Boesman10 wrote: Vlakvark R1 700
I'm not criticizing, just interested to know why the warthog prices are so high? Is it due to the drought that the farmers don't want them shot? Were there always warthogs in that area or is it like many areas in the E Cape where warthogs are fairly recent "invaders" that many crop/livestock farmers consider to be pests?

User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 928
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Location: Paarl
Contact:

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Boesman10 » Mon Feb 26, 2018 12:08 pm

@Dimitri - Vlakvarke is nie eintlik 'n Wes Kaap dier nie. Met die tyd saam het hulle afbeweeg en toe die Port Elizabeth area - Oudshoorn lyn vervuil. Met die tyd saam beweeg hulle Suid en nou kry mens hulle baie in die Mosselbaai omgewing. Hulle beweeg verder Suid en ons begin hulle nou in die Beaufort Wes omgewing kry maar in baie klein getalle. Ek is seker hulle sal eendag in die Kaap rondloop so die paar wat op die plaas is teel nog aan en is in groot aanvraag deur die Kaapse jagters. Ek is seker oor 5 jaar gaan ons hulle vir R500 laat skiet maar op die oomblik is daar nog min van hulle. Hulle geniet nogal die bergagtige area op die 10 000 Ha plaas maar ons het nie binne heinings nie so hulle loop waar hulle wil.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble

Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 820
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Dimitri » Mon Feb 26, 2018 12:20 pm

Thanks Boesman10. A friend of mine has been seeing them on his farm in Harrismith, FS over the last 5 years. He grew up on that farm (he is in his 60's) and there were never warthogs there. Another friend has been seeing them now and again on his farm in Heidelberg, Gauteng. In a few years I think their distribution will pretty much be right across SA.

User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 695
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm
Location: Modderrivier Noord kaap

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by william007 » Mon Feb 26, 2018 8:01 pm

goeie naand
Gideon Viljoen ons klas trofee as die dier volwasse is , en horings mooi gevorm, bv by rooibok sal dit nou van 21 duim en meer wees. Ons skiet voorgestelde trofee van die dier. Ja ons blouwildebeeste is maar biekie duur maar ons het hulle op geskiet al. Hulle nou min. Nou is die swartwitpense weer n problem te veel.

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 1579
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Location: Pretoria Oos

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by jdpretorius » Mon Feb 26, 2018 8:12 pm

william007 wrote:goeie naand
Gideon Viljoen ons klas trofee as die dier volwasse is , en horings mooi gevorm, bv by rooibok sal dit nou van 21 duim en meer wees. Ons skiet voorgestelde trofee van die dier. Ja ons blouwildebeeste is maar biekie duur maar ons het hulle op geskiet al. Hulle nou min. Nou is die swartwitpense weer n problem te veel.
jammer ek hijack en chip hier in want ek het nog altyd verstaan dat "trofee" is wanneer die dier bv. RW maak so vir Rooibok 23 5/8" as ek dit nog reg het
Lyk my ons moet soos Gideon deesdae eers vra

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan

Gideonviljoen
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Thu Apr 13, 2017 7:13 pm
Location: Stellenbosch

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Gideonviljoen » Mon Feb 26, 2018 8:42 pm

William007, dankie, ek vra sommer vir die intressantheid, weet dit wissel van plaas tot plaas. Groete
Sako 30-06
Sako Varmint 260 Rem
Sako 22-250 AI
CZ 375 H&H
Miroku 12G
Glock 9mm

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12539
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Geno » Mon Feb 26, 2018 9:18 pm

'n 21" rooibok 'n trofee? Is n 45" koedoe ook trofee?
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1642
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Location: Boksburg

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by sako 30-06 » Tue Feb 27, 2018 7:30 am

william007 wrote:goeie naand
Gideon Viljoen ons klas trofee as die dier volwasse is , en horings mooi gevorm, bv by rooibok sal dit nou van 21 duim en meer wees. Ons skiet voorgestelde trofee van die dier. Ja ons blouwildebeeste is maar biekie duur maar ons het hulle op geskiet al. Hulle nou min. Nou is die swartwitpense weer n problem te veel.
Dit maak nie sin nie. n Trofee is n dier wat RW maak, nie n dier wat die boer dink is n trofee nie.

Ek het al dieselfde stel afgetrap met manne wat Knypkoppe laat skiet vir n goedkoper prys en dan as die bok le se die boer nee dis nie n knypkop nie so dis nou vol prys. Wel daai plaas sien my nie weer nie.

Maar dis julle keuse hoe julle die diere wil klas.

Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2599
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Location: Centurion

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Jean Marais » Tue Feb 27, 2018 7:36 am

Wannabee trofees vs werklike trofees. Daar is 'n onnodige beheptheid by sommige wildsboere om belaglike horinglengtes sommer as trofee te verklaar. Dis hoog tyd dat daar 'n industrie standaard bepaal word, en dat daarby gehou word. Dan gaan almal weet waar hulle staan rondom wat as trofee kwalifiseer, nie lukraak-duimsuig-sommeropdieplek eie gemaakte trofees nie.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 809
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Location: Kalkbank

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by savage(P Coetzer) » Tue Feb 27, 2018 7:48 am

Ek dink eerder die woord trofee word verkeerd toegepas. Niks fout as n boer verskillende pryse vir verskillende klasse vra nie maar dan moet dit duidelik vooraf gestel word en n trofee is n trofee as dit rowland ward maak.

User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1326
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Location: East Rand, Gauteng

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Hein22 » Tue Feb 27, 2018 8:02 am

Jean Marais wrote:Wannabee trofees vs werklike trofees. Daar is 'n onnodige beheptheid by sommige wildsboere om belaglike horinglengtes sommer as trofee te verklaar. Dis hoog tyd dat daar 'n industrie standaard bepaal word, en dat daarby gehou word. Dan gaan almal weet waar hulle staan rondom wat as trofee kwalifiseer, nie lukraak-duimsuig-sommeropdieplek eie gemaakte trofees nie.
Daar is so 'n standaard, Roland Ward. As iemand vir my se hy het 'n trofee geskiet aanvaar ek van self sprekend dat dit 'n roland ward rooibok was en nie 'n 21" ram nie.

Ek het self so stel af getrap so paar jaar terug. Rooibok pryse was R1500 (wat alreeds hoog was daai tyd) maar as jy oor 22" skiet is hy dan R2500. My ram het 22 en 1/8" duim gemeet. Ek moes maar betaal :'(

Maar ek het wel geleer daaruit. As die pryslys sulke klasse spesifiseer gooi ek hom sommer dadelik in die vullis drom en beweeg aan.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.

User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 268
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am
Location: Waterberg, Limpopo

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Parker » Tue Feb 27, 2018 8:16 am

Daarom jag ek graag net anderkant die Limpopo rivier. Ek is jammer om te sê dat die boere in RSA maar bietjie duur raak met hul biltong jag pryse. Daar word darem nog goeie pryse vir ons manne gegee in ons buurlande, vir hoe lank weet ek nie.
Pryse soos volg.
BWB Bul of koei R3000
Rooibok ooi R850
Rooibok ram R1220
Eland Bul R12000
Eland koei R40/kg
Koedoe bulle R12000
Koedoe koeie en jong bulle R40/kg
Stoot lood!

Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 820
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Re: Blesbok/Springbok/Rooibok/Wildebees(S & B) Jagpryse 201

Post by Dimitri » Tue Feb 27, 2018 9:14 am

The farmer is entitled to create categories for different horn lengths and charge accordingly if he wants. If he calls a certain category >21" then its nice and clear. If a farmer call a category "trophy" then all you need to do is ask him how HE defines a trophy. It's not that difficult.

A trophy is an object kept as a memento. In a hunting sense it can be horns, skins, hooves, tusks, tails etc as in "I kept the elephant's tail as a trophy". If horns and tusks measure a certain length then they qualify to be included in Rowland Ward's records of game animals. But SCI also have a record book with different minimum lengths. So do SAHGCA, Boone & Crockett and just about every other hunting association. So who decides which should be the "official standard" and why do we even need one? I disagree with the notion that a trophy is only a trophy if it qualifies for RW.

Just like you ask the farmer to clarify what his prices are you can simply ask him to clarify what he considers a trophy. And then you decide whether you want to hunt there or not.

Post Reply

Return to “Algemeen/General”