JARACAL
https://www.jaracal.com/

2018 Jagte
https://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=62&t=63069
Page 1 of 1

Author:  OomMatt [ Wed Feb 07, 2018 1:57 pm ]
Post subject:  2018 Jagte

Goeie Dag
Nou ja , ........... is mos nou al weer tyd.
Wie van julle het al , of is besig met jag besprekings.
Sal die jaar maar so bietjie minder probeer gaan , maar die laaste bespreking van 4 is nou gedoen , deposits betaal en is vas.
Al wat nou oor bly is die lang gewag , en die lekker oefen op die skiet baan.
1st op Arlington
2de by Rooibokkraal
3de by Ellisras
4de weer by Rooibokkraal omgewing
Kom manne , laat ons begin en mekaar so bietjie lus maak

Author:  heywillie [ Wed Feb 07, 2018 2:01 pm ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

Eerste jag is geboek in Bethulie in die Vrystaat.
Soek nog plek naby Pretoria waar ek en my vrou ook ietsie kan skiet, sy moet haar nuwe geweer nog inlyf.

Author:  JuanVE [ Wed Feb 07, 2018 2:13 pm ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

Julle maak 'n mens vroeg jaloes!!

Author:  ruaanb [ Wed Feb 07, 2018 2:30 pm ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

Droogte kniehalter twee van my beplande jagte nou al. Sien ek gaan bees slag die jaar.

Author:  Chris (vdB) [ Wed Feb 07, 2018 2:44 pm ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

vroeg Mei - 1 ste jag - Petrusburg omgewing - 1 Gemsbok en 1 Rooibok
vroeg Julie - 2 de jag - Petrusburg omgewing - 1 Eland

Author:  Pvdw [ Wed Feb 07, 2018 3:48 pm ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

1. Queenstown
2. Stampriet in Nam
3. Kimberley.

Author:  Born2Late [ Wed Feb 07, 2018 4:52 pm ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

1. Groblersdal
2. Dullstroom.
Tel al die dae af.
Groete.

Author:  Mellies [ Wed Feb 07, 2018 5:17 pm ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

1. Noord-Kaap: Eland, Waterbok en Rooiboktrofees.
2. Oos-Kaap: Vaalribbok.
3. Oos-Kaap: Kudu.
4. In beplanning.

Met n vleisie...

Author:  Parker [ Wed Feb 07, 2018 6:11 pm ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

Tuli blok. Botswana. Soos volg.
1. 22 Mei
2. 20 Junie
3. 15 Aug
4. 9 Julie in DeRust omgewing. Kamanassieberge

Author:  NicoSmit [ Thu Feb 08, 2018 6:54 am ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

die naweek Swartruggens
4 -6 Mei Vrede
en
en

Author:  JuanVE [ Thu Feb 08, 2018 7:06 am ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

Junie - Oos Kaap(Hofmeyr) - Kudu en rooiribbok
Julie - Namibie(Omaruru) - Gemsbok
Augustus - Noord Kaap(Hanover) - Springbok
Hoop daar gaan nog bykom.

Author:  Ajviljoen260rem [ Thu Feb 08, 2018 9:14 am ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

Mellies wrote:
1. Noord-Kaap: Eland, Waterbok en Rooiboktrofees.
2. Oos-Kaap: Vaalribbok.
3. Oos-Kaap: Kudu.
4. In beplanning.

Met n vleisie...


Dagse Mellies, watse deel van die ooskaap gaan jy kudu jag??

Author:  OU VOORSLAG [ Mon Feb 12, 2018 8:37 am ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

More Manne

1. Kalahari Jag - Bespreek vir Junie - Hoofsaaklik springbokke
2. Familie jag nog in beplaning
3. Moontlik nog een in die pyplyn, net sien wat die reen maak.

Author:  NicoSmit [ Mon Feb 12, 2018 10:18 am ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

Ek het nog nooit so baie troffee koedoes bymekaar gesien nie hetdit op 'n plaas naby Swartruggens gesien waar ek gaan skiet het die naweek

Author:  sako 30-06 [ Mon Feb 12, 2018 10:44 am ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

NicoSmit wrote:
Ek het nog nooit so baie troffee koedoes bymekaar gesien nie hetdit op 'n plaas naby Swartruggens gesien waar ek gaan skiet het die naweek

Baie mooi bokke, kondisie lyk ook goed.
Ek neem aan hulle pryse is net so mooi?

My vinger jeuk alklaar.

Author:  NicoSmit [ Mon Feb 12, 2018 10:53 am ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

Daar is geen manier dat daai ou die bokke sal laat skiet nie dis soos sy kinders ek sal nie verbaas wees as hulle nog name ook het nie

Author:  sako 30-06 [ Mon Feb 12, 2018 11:01 am ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

NicoSmit wrote:
Daar is geen manier dat daai ou die bokke sal laat skiet nie dis soos sy kinders ek sal nie verbaas wees as hulle nog name ook het nie

So gedink, hulle lyk sommer mak.
Bly ongelooflik om so iets te sien.

Author:  koos 2 [ Tue Mar 13, 2018 1:38 pm ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

Jipee !!!!!
Eerste jag gebook. Deposito betaal.
11 Mei , Frankfort Vrystaat.

Ek is baie opgewonde, sal my dogter se eerste jag wees, hoop om n mooi blesbok ram vir haar te kry.

Author:  Frederik [ Tue Mar 13, 2018 2:26 pm ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

My planne sover die jaar.

Einde April Buffel koei - Hoedspruit/Phalaborwa
Einde Oktober Njala en Rietbok - Hluluwe

Alles eerstes vir my dan moet ek iewers vleis jag inwerk as ek kan die jaar.

Author:  Koos Barnard [ Tue Mar 13, 2018 3:37 pm ]
Post subject:  Re: 2018 Jagte

Ek was so gelukkig om hierdie jaar al twee jagte te kon hĂȘ. Koedoebul en rooibok naby Musina gejag en koedoebul, rooiribbok en vlakvark naby Rooiberg.

Die eerste week in Mei gaan ek Moordenaarskaroo toe vir die eerste keer in 'n lang tyd. Gaan stoksielalleen. Hoofsaaklik springbok op die spyskaart. Ek besluit nog watter roer ek moet neem. Dalk die nuwe Blaser .270 Win of dalk my Strasser .243
Mooi loop

Page 1 of 1 All times are UTC + 2 hours
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group
https://www.phpbb.com/