Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1096
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Location: Kroonstad

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by jankraay » Wed Aug 28, 2019 10:18 am

Dimitri wrote:
PWV wrote: ... ek trek hom reeds vroegoggend aan om nie tyd te mors na die bakkiejag nie.
As jy n' camo baadjie het MOET jy hom dra want as jy hom uittrek en neersit dan gaan jy sukkel om hom weer te kry.
Hahahaha


Sent from my iPhone using Tapatalk

Toxxyc
Full Member
Full Member
Posts: 155
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Pretoria

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by Toxxyc » Wed Aug 28, 2019 10:23 am

Capt. Oblivious wrote:Die camo op n cruiser pla my nie maar hoekom trek die manne en vrouens so erg camo aan as hul Saterdag ogend gou by n groot geweer winkel gaan koffie drink?
Ek dink dis maar vir dieselfde rede hoekom jy jou Blou Bul trui dra as jy Loftus toe gaan, al is dit 'n R49 knockoff en jy skree vir die Lions. Jy probeer maar inpas anders lag almal vir jou en 'n random dronkgat gaan jou probeer "fight" in die parking lot.

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6356
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by Wouter Roets » Wed Aug 28, 2019 10:49 am

Eugene wrote:
Wouter Roets wrote:Manne

Lepel roer van die dag; Baie oefen, tegnieke bemeester, groot hoeveelhede geld in die proses spandeer ens. word as stawing gebruik dat n sekere disipline kwalifiseer as jag eerder as skiet? Kom nou boys ek is doodseker julle kan n beter argument na die tafel toe bring.

Groetnis
Wouter
Wouter, ek dink enige argument om 'n verskil tussen jag en skiet te onderskei, gaan geen ander doel hê as onderlinge onenigheid nie. As ons erg tegnies wil raak, kan ons seker gaan kyk na die definisie van jag, maar is hierdie jag vs skiet ding nie maar net weer 'n manier waarop ons onsself wil boost teenoor 'n ander groep nie? En as ons 'n nuwe definisie wil opstel, hoe gaan ons dit kwalifiseer? Die grootte van die kamp/plaas? Die afstand wat geloop moet word? Die gewig van die geweer? Die afstand tussen skut en bok? In elk een van daai senario's, sal een of ander slim ou 'n verskil tussen jag en skiet kan uitmaak!

Kom ek gee 'n paar voorbeelde:

1. Ek is eenkeer 'n Waterbok bul "aangebied" om te kom jag/skiet. Die bul was in 'n 20ha kamp, wat grootliks bestaan het uit 'n dig begroeide koppie. Ek is by die hek afgelaai deur die bakkie en teen 16h00 die middag het ek halt geroep, sonder dat ek op enige staduim 'n skoot op daai bul kon kry. Ek het hom soms gehoor, maar nooit gesien nie. Ek het geloop en geklim en gekruip deur bosse en was die aand dood-op-die-poot. So, was dit 'n jag of 'n skiet?

2. Ek stap die oggend vroeg uit Geelhout se jagkamp en loop 'n wye draai deur die veld op soek na BWB'e. Ek kry niks, dalk oor ek te hard of te vinnig loop en gee moed op en draai terug kamp toe. Net voor die kamp sigbaar is, loop ek toevallig myself vas in 'n ou enkele BWB bul wat onder 'n boom 'n middagslapie vat. Na 'n 3min soektog na ammo en gesukkel om die geweer van my moee rug af te kry, vat ek dooierus oor 'n tak en skiet die bok in sy spore dood. Het ek daai bul gejag of geskiet?

3. Ek loop vir 3 dae saam 'n PH en spoorsnyer en 'n rugsak met kos en water op die spoor van 'n spesifieke olifantbul/leeumannetjie. Elke aand word die spoor gemerk en more oggend tel die spoorsnyer die spoor op en so hou dit ongenadiglik aan tot die bul/leeu gatvol raak en omdraai om te baklei, wanneer ek die doodskoot gee. Was dit 'n jag of 'n skiet?

4. Ek staan 4 uur op om voor lig op 'n spesifieke koppie te wees. Ek dra al my toerusting op my rug teen daai koppie op en lê daar vir die hele dag in die son en wind, net om teen laatmiddag 'n springbok/bergskaap in trefafstand te kry. Ek bepaal die omgewingsfaktore, doen my somme en neem 'n perfekte skoot, wat die springbok in sy spore laat neerval, dood op die plek. Ongeag of die afstand 300m of 1300m was. Was dit 'n skiet of 'n jag?

Verstaan jy wat ek pobeer sê? Niks goeds kan daarvan kom om ons self en ander jagters in boksies te probeer forseer nie. Ons almal maak die prooi dood en as ons dit op die mees effektiefste en "menslike" wyse, sonder onnodige lyding, kan doen, kan ons dit regverdig.

Ek sien skieters as volg: Dis die ou wat nadat sy kwota drank vir die jagnaweek aangekoop is, onthou dat hy eintlik gaan jag en dan die kluis se sleutel begin soek om sy geweer af te stof. Hy het nog 'n sak vol patrone (almal verskillende fabrikate en verskillende gewigte). Hy trek vinnig die aand voor die tyd 'n boresnake deur die loop en vee versigtig sy duur scope af. Hy sal sommer op die plaas "inskiet", want die geweer was mos verlede jaar nog reg. Op die plaas aangekom, word daar 3 skote na 'n bierboks op 70-92m geskiet en die geweertjie print nog mooi. Nou word die samekoms hartlik gevier en more oggend dwaal hy dik babbelas agter 'n "gids" aan en stop elke 20min om water te drink, want gisteraand se dors, word net te bowe gegaan deur vandag se drang na water. In sy voortstrompeling sien of hoor hy niks. Die natuur en veldlewe gaan hom totaal verby en die gids weet dit help nie om hom veel te wys behalwe 'n seker skoot nie. Erens gedurende die dag, wys die gids hom vir die 10de keer waar die BWB'e onder die boom staan, haal die skietstokke uit en plaas dit reg. Die skoot klap en die 3de BWB links van die een wat uitgewys is, se lewe kom tot 'n kortstondige einde weens 'n dwaalkoeel in die nek, wat vir sy ouboet se blad bedoel was. Die gids haal die radio uit die rugsak vol leë waterbottels uit en laat weet die groot jagter was suksesvol.

As hierdie tipe manne as jagters gekwalifiseer word, dan dra ek die naam "skieter" met trots.
Eugene

;D ;D ;D

Net een paragraaf meer en ek sou kon sweer dit was Dimitri wat my geantwoord het.

Groetnis
Wout

User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3727
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Location: Tsumeb, Namibia

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by FHM » Wed Aug 28, 2019 10:52 am

Wouter Roets wrote:
Net een paragraaf meer en ek sou kon sweer dit was Dimitri wat my geantwoord het.

Groetnis
Wout

++>: ++>: LMFGA ++>: ++>:
Francois

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 5796
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by Eugene » Wed Aug 28, 2019 10:53 am

Wouter, ledigheid is 'n onding..... ;)
Aim small, miss small

Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by Dimitri » Wed Aug 28, 2019 10:58 am

Wouter Roets wrote:
Net een paragraaf meer en ek sou kon sweer dit was Dimitri wat my geantwoord het.

Groetnis
Wout
Just let me get passed month-end. Then I might write an essay for you that beats Eugene's.

User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1709
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Location: Randburg, Gauteng

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by win270 » Wed Aug 28, 2019 12:12 pm

Ek wil net vir Wouter gelukwens wat daarin geslaag het om hierdie "thread" weer nuwe lewe te gee, amper soos 'n skieter wat die BWB gekwes het en met 'n ongelaaide wapen op hom afgestap het. ;D

Eugene, jy het jou saak goed gestel . . . min gaan dit waag om n.a.v. jou skrywe met jou spek te skiet.

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 3710
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by Frederik » Wed Aug 28, 2019 1:05 pm

Eugene mooi beskryf

"Ek sien skieters as volg: Dis die ou wat nadat sy kwota drank vir die jagnaweek aangekoop is, onthou dat hy eintlik gaan jag en dan die kluis se sleutel begin soek om sy geweer af te stof. Hy het nog 'n sak vol patrone (almal verskillende fabrikate en verskillende gewigte). Hy trek vinnig die aand voor die tyd 'n boresnake deur die loop en vee versigtig sy duur scope af. Hy sal sommer op die plaas "inskiet", want die geweer was mos verlede jaar nog reg. Op die plaas aangekom, word daar 3 skote na 'n bierboks op 70-92m geskiet en die geweertjie print nog mooi. Nou word die samekoms hartlik gevier en more oggend dwaal hy dik babbelas agter 'n "gids" aan en stop elke 20min om water te drink, want gisteraand se dors, word net te bowe gegaan deur vandag se drang na water. In sy voortstrompeling sien of hoor hy niks. Die natuur en veldlewe gaan hom totaal verby en die gids weet dit help nie om hom veel te wys behalwe 'n seker skoot nie. Erens gedurende die dag, wys die gids hom vir die 10de keer waar die BWB'e onder die boom staan, haal die skietstokke uit en plaas dit reg. Die skoot klap en die 3de BWB links van die een wat uitgewys is, se lewe kom tot 'n kortstondige einde weens 'n dwaalkoeel in die nek, wat vir sy ouboet se blad bedoel was. Die gids haal die radio uit die rugsak vol leë waterbottels uit en laat weet die groot jagter was suksesvol. "

kudu375
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm
Location: CENTURION

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by kudu375 » Wed Aug 28, 2019 3:02 pm

Daar is wel n verskil tussen jagstories en skietstories by n kampvuur.
in my beperkte ondervinding word n jagstorie baie beter ingekleur met emosie en is die verteller baie meer opgewonde , hy kry sommer hoendervleis as hy die bok weer "sien' voor die skoot loop. hy ruik ook die grond en hoor die renostervoeltjie etc...

Skietstories het baie meer wiskunde en clicks.
Court Schilbach

44 Ruger SBH 7.5", 375 H&H Winchester pre64 mod 70, 243 Savage AxxisII, .22 Norinco Jw

User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1551
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Location: Boksburg

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by sako 30-06 » Wed Aug 28, 2019 4:20 pm

Julle het my nou skoon deurmekaar, nou weet ek nie of ek jag of skiet nie.

Maar ag wat, ek het sopas nog n skiet jag bespreek vir Oktober.

Ek gaan wel n biertjie saamvat, loop en jag, bakkiejag en dalk voorsit.
So tel dit nou as jag of skiet? ;D

Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 847
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Location: Randburg

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by Chris Swart » Wed Aug 28, 2019 4:22 pm

sako 30-06 wrote:Julle het my nou skoon deurmekaar, nou weet ek nie of ek jag of skiet nie.

Maar ag wat, ek het sopas nog n skiet jag bespreek vir Oktober.

Ek gaan wel n biertjie saamvat, loop en jag, bakkiejag en dalk voorsit.
So tel dit nou as jag of skiet? ;D
Dit klink vir my soos 'n "Grand Slam" ++>:

Toxxyc
Full Member
Full Member
Posts: 155
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Pretoria

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by Toxxyc » Wed Aug 28, 2019 4:36 pm

Chris Swart wrote:
sako 30-06 wrote:Julle het my nou skoon deurmekaar, nou weet ek nie of ek jag of skiet nie.

Maar ag wat, ek het sopas nog n skiet jag bespreek vir Oktober.

Ek gaan wel n biertjie saamvat, loop en jag, bakkiejag en dalk voorsit.
So tel dit nou as jag of skiet? ;D
Dit klink vir my soos 'n "Grand Slam" ++>:
Jy het "Grand Scam" verkeerd gespel.

Dit genoem, ek ry ook Sat oggend vroeg vir 'n laaste ou daggie in die veld. Hoop maar my ou kwotatjie word gevul.

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 754
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by Eduard Venter » Wed Aug 28, 2019 4:45 pm

sako 30-06 wrote:Julle het my nou skoon deurmekaar, nou weet ek nie of ek jag of skiet nie.

Maar ag wat, ek het sopas nog n skiet jag bespreek vir Oktober.

Ek gaan wel n biertjie saamvat, loop en jag, bakkiejag en dalk voorsit.
So tel dit nou as jag of skiet? ;D
Terwyl die manne baklei of dit jag of skiet is stof ek solank my geweer af en slyp my mes.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

User avatar
Rudiejacobs
Full Member
Full Member
Posts: 183
Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm
Location: Boksburg

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by Rudiejacobs » Thu Aug 29, 2019 9:11 am

Eduard Venter wrote:
sako 30-06 wrote:Julle het my nou skoon deurmekaar, nou weet ek nie of ek jag of skiet nie.

Maar ag wat, ek het sopas nog n skiet jag bespreek vir Oktober.

Ek gaan wel n biertjie saamvat, loop en jag, bakkiejag en dalk voorsit.
So tel dit nou as jag of skiet? ;D
Terwyl die manne baklei of dit jag of skiet is stof ek solank my geweer af en slyp my mes.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Ja wat, ek kon self nog nooit die verskil proe in die biltong of selfs die sondag middag springbok boudjie nie.

Proe vir my ewe lekker. ImageImageImageImageImage

Rudie.

Sent from my LG-X230 using Tapatalk
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi

The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6356
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by Wouter Roets » Thu Aug 29, 2019 10:34 am

Boys

Ek wou eenvoudig net so bietjie lewe inblaas in die gesprek om te sien hoe hierdie langafstand manne die jag en skiet ding gaan hanteer. Ons het die etiek gedeelte mos nou al mooi deurgetrap hier, maar as ek reg is is die jag/skiet gedeelte nog nie gedebateer(lees asb debateer en argumenteer nie, daar is n verskil) nie. Persoonlik vir my is die hele jag vs skiet gedeelte n hengse grysgebied en kon ek nog in elke definisie wat vir die een of vir die ander voorgehou word groot duister areas insien so in my oe kan ons liewer ons tyd spandeer oor wat is vir jou die belangrikste, n mooi agterstewe, bene of boobs?

Ek hoop van harte my skrywe, al is dit n beitjie aan die kort kant, bring tog my gevoel oor die hele saak na vore.

Mooiloop en lekker jag/skiet
Wouter

User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Location: Springs

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by JacquesT (Stompe) » Thu Aug 29, 2019 11:05 am

Hier is maar hoe ek dit sien.

Jag/Skiet is in the eye of the beholder. Ek het so ruk tot die besef gekom dat die lewe regtig m0$r kort is, te kort om net een skiet/jag disipliene te beoefen, te kort om enigeiemand te probeer oorreed of ek 'n jagter of skieter is. Wat saak maak is as ek dit doen, doen ek dit saam mense wat die "tyd" werd is en vir wie ek lief is. As ek nou in iemand se beskeie opinie gaan skiet het, maar ek het herhinderinge saam my belangrikke mense gemaak, kan jy dit noem net wat jy wil, dit maak nie aan my saak nie.

Ek hou van ver jag/skiet, ek hou van bakkie jag/skiet, ek hou van my gat af loop jag/skiet, maar dan hou ek ook van boude, bene EN boobs, en daarmee is daar niks fout nie ;) .

Groete
Jacques
The easiest part of long range hunting, is pulling the trigger.

User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1801
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Location: Bronkhorstspruit

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by Smitstertjies » Thu Aug 29, 2019 11:07 am

Wouter, ek laaik al 3 daai goed wat jy noem. Vir my maak dit regtig nie saak wat jy dit noem nie. Jag of skiet. Solank ek n lekker tyd het en die bok vining dood is en ek myself persoonlik uitgedaag het.

Cheers
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm

toxicsox
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Location: Pretoria East
Contact:

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by toxicsox » Thu Aug 29, 2019 11:17 am

As OP van die thread lyk my het almal die punt bietjie duister geraak :-) Ek het verwys na mak diere - of semi mak diere wat sommer na jou toe aangestap toe kom as hulle jou sien. Die diere wat aangebied word om te "jag" wat so om die huis en plaaswoning rondloop. Dit is skiet - nie jag nie. Ek het nêrens na enige iets van langasftand skiet na verwys nie. Ek kan inelkgeval nie so vêr skiet nie en in my opinie is die kanse dat jy 'n bok gaan seermaak op 800m baie baie groter as op 150m. Ek gun almal hulle sport en hulle opinie - dit is tog wat ons as 'n groep so lekker laat gesels, maar ek verkies jag in die veld, nie op kukuyu gras nie, en ook nie op 'n afstand wat hoe verder jy beweeg hoe groter die kanse is om iets seer te maak, in plaas van om hom eties dood te maak, nie. Die langafstand skiet VS Jag het dalk sy eie thread nodig.

User avatar
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 6367
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Location: Paarl

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by PWV » Thu Aug 29, 2019 11:23 am

Stompe en Smitstertjies, ek stem saam. Die bok is dood, sy vleis is verwerk en ek smul aan die wors en biltong. Of hy nou geskiet of gejag is, maak nie 'n flippen vlenter saak nie.

Kom ons gesels eerder oor die goeie hoedanighede van 'n 270! >:+
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6356
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by Wouter Roets » Thu Aug 29, 2019 11:24 am

Toxxyc wrote:"Jag" het 'n definisie. 'n Vinnige Google gee vir my: "pursue and kill (a wild animal) for sport or food". As die ding mak is, is dit nie jag nie. Dit het sy voordele (veral as jy net vleis soek vir die vrieskas), maar net soos met uitskietgeleenthede vir my, is dit nie jag nie. As jy so ver sit dat die bok nie eers naastenby bewus is van jou nie al gesels jy kliphard met jou tjommies en almal kan oop en bloot sit en met spotting scopes na die bok kyk wat 1.2km ver staan, is dit ook nie jag nie. Dis skiet. Jy skiet 'n bok, jy jag hom nie.

EDIT: Dit krap my eintlik so bietjie, so kom ek sê dit maar. Ons is al gevra of ons nie wil "kom jag" nie. Nee dis reg, ons was mos al daar. Van die 15 bokke wat laaskeer gejag is die naweek was 12 Rowland Ward trofeë. En boer het dit agtergekom. Toe ons opdaag is 90% van die trop getag, en die res "moet af". Jaag heeldag agter hulle aan met 'n bakkie voor ek gatvol is, want die boer weet nie hoe om te ry vir uitskiet om mee te begin nie, die wind waai verskriklik en ons is die dood voor die oë gesweer as ons dit sou waag om 'n tag-bok te skiet. Ons is weg met net een wat geskiet is, want dis 'n gemors. Ek hou van uitskiet en ek sal die uitnodiging aanvaar, maar moenie vir my 'n uitskiet verkoop as 'n jag nie. Dis poef daai.
Lyk my jy moet n draai by die apteek maak en sommer n sak vol van daai geheu pillitjies koop. ;)

User avatar
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 6367
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Location: Paarl

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by PWV » Thu Aug 29, 2019 11:30 am

Google, ala toxcix, beweer: "As jy so ver sit dat die bok nie eers naastenby bewus is van jou nie al gesels jy kliphard met jou tjommies en almal kan oop en bloot sit en met spotting scopes na die bok kyk wat 1.2km ver staan, is dit ook nie jag nie. Dis skiet. Jy skiet 'n bok, jy jag hom nie."

Dit beteken ek het onlangs in Namibie twee gemsbokke, 'n koedoe en twee sprinbokke gejag en een springbok geskiet! (lg. was op 840 meter)
Last edited by PWV on Thu Aug 29, 2019 12:02 pm, edited 1 time in total.
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1096
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Location: Kroonstad

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by jankraay » Thu Aug 29, 2019 11:32 am

Julle het die verkeerde man beet. Hy het dit nie gese nie. Toxxyc het dit gese...


Sent from my iPhone using Tapatalk

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6356
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by Wouter Roets » Thu Aug 29, 2019 11:53 am

Jan ek sien dit nou! Nou hoeveel Tox-se-goed is hier op die forum?! My fout Frotkous!

User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3727
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Location: Tsumeb, Namibia

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by FHM » Thu Aug 29, 2019 12:50 pm

Ek stem oor Wout se 'alternatiewe' besprekingspunte.
Ek wil ook my mening lig op die jag/skiet kwessie - spesefiek tot die vraag van die onderwerp.

As jy n bok jag, beteken dit vir my ek gaan SOEK my bok want nie ek of die plaaseienaar weet waar die bok is nie. Hetsy te voet, met n perd, 2-3-4 wiel of bakkie, bekruip ek hom mos en doen moeite en dit verg ondervinding en kennis ongeag watter mode ek gebruik gedurende die soek proses. Ja die voetslaner doen absoluut die meeste, maar die ander jagters te perd of 2-3-4 wiel en bakkie doen ook moeite met die soekery om by die bok te kom en / of hom onder skoot te kry.

As n bok aangebied word weet die plaaseienaar en jy presies waar die bok is, en word hy dus nie gesoek nie - hy WORD AANGEBIED. Hetsy in n klein kampie naby die huis of ver van die huis, dus staan en wag hy maar soos n bees of skaap om geskiet te word, dan kan hy mos nie as "gejag" beskou word nie.

As familie kom kuier en daar moet bees geslag word, se pa tog nie gaan jag vir my die bees nie, hy se gaan skiet die bees vir ons. ;)
Francois

User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2294
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Location: Limpopo

Re: Jag of skiet ek 'n bok wat aangebied word?

Post by Jake1 » Thu Aug 29, 2019 1:19 pm

Hierdie draad is nou so gehijack, dit laat my begin wonder of bakkie skiet en by water skiet eties is.... ;D
Dan laat dit my weer wonder of glock of cz pistole die beste is...

Jammer vir die Hijack (ek wou eintlik net hoor of 'n 3006 of 308 beter is?)
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."

Post Reply

Return to “Algemeen/General”