Die 30-30

Post Reply
Sekelbos
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Wed Jul 15, 2015 10:42 am
Location: Thabazimbi

Die 30-30

Post by Sekelbos » Sat Oct 19, 2019 7:31 am

Dit is maar min dat mens lees van die 30-30 in SA hoewel die Amerikaaners hom hoog op prys stel. So het ek op n ou Savage/Stevens 340 afgekom en is later huistoe met hom. n lekker kort en ligte geweertjie wat baie gemaklik dra. Ek sal later vir hom ook begin laai maar gebruik eers 170gr boksie ammunisie. Ek was baie verbaas om te sien hoe hard die outjie slaan op kort bos afstande, Koedoe koei, twee Rooibokke en n vark het net daar bly le. Ek glo ook dat hy die werk sal kan doen op n jong bul AS die afstand reg is. Die 30-30 is volgens my n baie lekker bos kaliber en ek sal hom beslis meer inspan. JJ op die forum het my bietjie slim gemaak met herlaai data en ek hoor graag van nog manne?
Elke dag is bef@k

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 554
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Die 30-30

Post by Ds J » Sat Oct 19, 2019 9:21 am

n Goeie vriend het wilde veldbeeste gaan skiet met een.

As ek reg onthou het hy n volwasse bul op 120m met n bladskoot platgetrek sonder enige probleme. Ek weet ongelukkig nie watter ammunisie dit was nie.

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16174
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Die 30-30

Post by tripodmvr » Sat Oct 19, 2019 10:27 am

Praktiese toets tussen 30-30, 308 en 30-06.

Ek dink die groter ontblote loodpunt maak dat die 30-30 se koeël groter blom en dus meer weerstand het. Dit het tog nog 80% van die 308 se penetrasie bereik.

https://www.youtube.com/watch?v=9YIDfZu_rp8
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

Post Reply

Return to “Algemeen/General”