Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1313
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Alwin » Mon May 14, 2018 2:33 pm

Dit lyk na 'n 24" loop daai?

Met S321 behoort jy veilig 2900fps te kan haal. Dit sal jou Sg effens opstoot, maar nie genoeg vir gebruik by seevlak nie. Op die hoëveld sal daai kombinasie lekker werk.

Ek sien dat die koeëls met plastiekpunte effens langer is as HPBT tipes van dieselfde gewig. Die HPBT sal dus beter stabiliteit gee. Probeer maar om ten minste 'n Sg van 1,5 te haal vir beste resultate.

User avatar
Dumbluck
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 321
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Location: Bellville / Weskus
Contact:

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Dumbluck » Mon May 14, 2018 3:02 pm

Alwin wrote:Dit lyk na 'n 24" loop daai?

Met S321 behoort jy veilig 2900fps te kan haal. Dit sal jou Sg effens opstoot, maar nie genoeg vir gebruik by seevlak nie. Op die hoëveld sal daai kombinasie lekker werk.

Ek sien dat die koeëls met plastiekpunte effens langer is as HPBT tipes van dieselfde gewig. Die HPBT sal dus beter stabiliteit gee. Probeer maar om ten minste 'n Sg van 1,5 te haal vir beste resultate.
Dankie, ek het my oog op 70gr Nosler RDF, G7 0.211 Teen 2900fps is sy GS 1.44, tyd sal leer of hy gaan saamwerk. Ek weet van iemand by die kus wat 69gr SMK skiet teen 2900fps so ek hoop ek kan ook daar uitkom. Hy se ook hy het sukses met 'n 77gr koeël, so als klink belowend. As ek wel iets ligter moet skiet is dit ook nie die einde van die wereld nie.

Die wag gaan net lank wees, ek het Sondag gevlieg en sit op see vir 6 weke, sal eers aansoek kan ingee as ek weer terug is.
Adri Barkhuizen
facebook instagram youtube

roboman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Sat Mar 28, 2015 6:42 pm

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by roboman » Sat May 19, 2018 6:25 am

I have the howa 1 in 9 223 rem 24. I have tried all the bullet types and weights. I get the best from vmax 55gr on 341 powder. 26.6gr coal 58.


Sent from my SM-G955F using Tapatalk

roboman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Sat Mar 28, 2015 6:42 pm

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by roboman » Sat May 19, 2018 6:26 am

Pls use the load with caution. It's in lapua brass 30.1 h2o capacity. Most other cases are smaller.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

User avatar
Dumbluck
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 321
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Location: Bellville / Weskus
Contact:

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Dumbluck » Fri Aug 17, 2018 8:10 pm

Het vanoggend dies en doppe betaal vir die 223 en vanaand 'n scope ook raakgeloop. Nou kan sy kaartjie ma kom!

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180817/00dab463a58537546eeb45da210ed7e9.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180817/fd6d4c14bee21087e31f76b5845e2545.jpg

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Adri Barkhuizen
facebook instagram youtube

User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 702
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Location: Brackenfell, Kaapstad

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Springkudu » Sat Aug 18, 2018 3:27 am

Baie netjies, nogal klaar met ‘n fluted barrel ook. Hoekom het jy hom nie sommer in daai chassisi gevat nie, is hy maar bietjie duur?


Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7

Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Location: Durbanville

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Andre308 » Sat Aug 18, 2018 6:22 am

Dit is n bul scope daai vir sy geld!!!

User avatar
Dumbluck
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 321
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Location: Bellville / Weskus
Contact:

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Dumbluck » Sat Aug 18, 2018 7:19 am

Baie dankie ouens, ek is al so opgewonde om die geweer aan die skiet te kry.
Springkudu wrote:Baie netjies, nogal klaar met ‘n fluted barrel ook. Hoekom het jy hom nie sommer in daai chassisi gevat nie, is hy maar bietjie duur?
Ja hulle soek 'n MDT se geld vir daai chassis. Ek het ook 'n review op YouTube gesien wat praat oor die play op die buttstock en toe ek hom hanteer toe voel ek dit is so. Ek gaan hom eers net so skiet met die Hogue, dit was van die begin af veronderstel om 'n budget build te wees :) Sal hom graag in 'n kolf wil sit met verstelbare wangstuk op 'n latere stadium, as hy eers aan mekaar is sal ek sien hoeveel dit pla om 'n mooi prentjie in die scope te kry. Of ekskuus, ek sal kyk of my meisie sukkel, dit is mos eintlik haar geweer ++>:
Adri Barkhuizen
facebook instagram youtube

User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 702
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Location: Brackenfell, Kaapstad

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Springkudu » Sat Aug 18, 2018 7:41 am

Jys gelukkig dat jou mooier helfte die sport met jou deel. Kyk mooi na haar, en na die geweer


Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7

User avatar
Dumbluck
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 321
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Location: Bellville / Weskus
Contact:

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Dumbluck » Sat Aug 18, 2018 10:34 am

Springkudu wrote:Jys gelukkig dat jou mooier helfte die sport met jou deel. Kyk mooi na haar, en na die geweer
Thanks ja sy is game vir als, ek is baie gelukkig. Ek is die helfte van die jaar op see so sy doen als saam as ek by die huis is, anders gaan sy my nie sien nie. 'n Jaar terug kon sy skaars swem, nou duik sy in die koue weskus water saam met my en het April 'n freedive kursus ook gedoen in Thailand. As ek nou weer by die huis kom gaan ek haar laat vis skiet :)

Nou moet ek haar nog net leer doppe prep 8)

https://www.facebook.com/adri.barkhuize ... 8267162658
Adri Barkhuizen
facebook instagram youtube

User avatar
Dumbluck
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 321
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Location: Bellville / Weskus
Contact:

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Dumbluck » Thu Aug 23, 2018 9:00 am

Dankie Kurt! Ek het nog toys vir die 223 by The Shooting Guys bestel Maandag en dit is vanoggend afgelewer :)

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180823/7b2050ec296b06a827376c19515b3949.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180823/5975f99b67aa862ec8f5340612fc4ac4.jpg

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Adri Barkhuizen
facebook instagram youtube

User avatar
Dumbluck
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 321
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Location: Bellville / Weskus
Contact:

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Dumbluck » Thu Oct 04, 2018 9:13 am

Aansoek ingehandig 29 Junie in St Helenabaai, Sec16 Dedicated Sport Shooting.
Goedgekeur 28 September. 3maande op die kop, nou die wag vir die kaartjies :(
Adri Barkhuizen
facebook instagram youtube

User avatar
Dumbluck
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 321
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Location: Bellville / Weskus
Contact:

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Dumbluck » Thu Dec 06, 2018 9:18 am

Kaartjies het gekom, geweer opgetel by Gunshop en afgelaai by Gunsmith om die loop te draai, kan Dinsdag gaan optel.
Het gisteraand solank 'n paar toets ladings gelaai wat ek met QL bymekaar gekry het. Volgende week kan ek skietbaan toe.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181206/08e1b96da45b62540de47a693de9b4e1.jpg
Last edited by Dumbluck on Wed Dec 26, 2018 7:43 pm, edited 1 time in total.
Adri Barkhuizen
facebook instagram youtube

User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3028
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Location: Boesmanland, Tussen Kliprand en pofadder

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Armand Steenkamp » Thu Dec 06, 2018 12:24 pm

Baie baie geluk! Met die mooi nooi en met die nuwe roer! Daar is weagtag min dinge so lekker soos n nuwe roer!

User avatar
Dumbluck
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 321
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Location: Bellville / Weskus
Contact:

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Dumbluck » Wed Dec 26, 2018 7:54 pm

O hel ek maak myself nou oop vir baie kritiek en k@khap ma die see was aan toe ek by die huis was en ek was verveeld voor my geweer gekom het. Nou sit ek offshore en het tyd om bietjie videos te edit.

So kyk ma as jy verveeld is en vertel my wat ek als verkeerd doen, ek speel lekker en hou myself uit die bar uit :)
Ek het nou 100 doppe so geprep en sal later akkuraatheid toets tussen hulle en doppe wat nie aan geraak is nie.

Ek het nog nie regtig videos gesien op youtube gesien waar ouens so wys hoe hulle die dinge doen nie. Dis ma hoe ek dit doen. Ek hoor graag wat dink julle.


Adri Barkhuizen
facebook instagram youtube

User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1217
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Location: Nottingham Road, KZN

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by BeesBreet » Thu Dec 27, 2018 8:03 pm

Dumbluck, baie goeie video wat iemand sal help as hy dit as hy die regte goed search op die “google” dis immers hoe baie van ons op Jaracal afgekom het.

Ha ha maar ja ek sou hul eers net laai met n fireform lading en laat waai voor ek so ernstig begin prep, maar ja jy sit die effort in en dit sal vrugte dra.


Sent from my iPhone using Tapatalk

User avatar
Dumbluck
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 321
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Location: Bellville / Weskus
Contact:

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Dumbluck » Thu Dec 27, 2018 9:44 pm

BeesBreet wrote:Dumbluck, baie goeie video wat iemand sal help as hy dit as hy die regte goed search op die “google” dis immers hoe baie van ons op Jaracal afgekom het.

Ha ha maar ja ek sou hul eers net laai met n fireform lading en laat waai voor ek so ernstig begin prep, maar ja jy sit die effort in en dit sal vrugte dra.
Baie dankie, ek het tyd gehad en was eintlik maar verveeld toe speel ek bietjie. Ek het 50 skote deur die geweer en my toets ladings was net so 10fps laer as wat ek verwag het.
Ek het vergeet om dopvolume en looplengte te meet voor ek by die huis weg is so ek was van plan om al daai inligting van die eerste groeperings eers later hier te sit as ek alles het, dan die QL boffins my ook bietjie in die regte rigting help.

Wat ek wel gevind het toe ek begin seat is dat die nuwe doppe se nekke te klein is, 'n gelaaide dop se nek meet 0.250" en die nuwe een 0.248". Daai 2 thou neck tension het veroorsaak dat al die punte 'n ring om het van die seating die. Ek kon ook voel aan die press die seating voel grof en stywer op party patrone as ander, natuurlik daarme was die tpl ook nie baie konstant nie. Ek hoop maar dit is die hoof oorsaak van die slegte ES. Ek het 'n 0.249" bushing gekoop vir as ek begin laai ma soek nou graag 'n expander mandrell om my ander 250 doppe se nekke reg te rek voor ek hulle laai. Anders gaan ek die sizing die se expander moet deurdruk, of 'n carbide button kit kry vir die "die" en hom deurwerk. Sal ma sien. Om die ander 250 net so te laai gaan 'n mors van tyd wees, wil graag die neck tension regkry.

Ek moet ook nog die sprong na die lande meet en sal dit ook aanpas na so 40thou.

Ek gesels nou so lekker gewere met myself ek gooi sommer solank die data wat ek het. Eerste 10 skote is na elke skoot skoongemaak. Ek like my Labradar kwaai en meet sommer elke skoot. Daarna 5 skoot goeperings, die een met 3 skote het ek net vergeet om die LR te arm. Ek wou by 2930fps uitgekom het, as ek nou al die data kry sal ek my somme weer doen op QL en kyk waar ek moet uitkom.
Nuwe Lapua Doppe
VV N530
BR4 Primers
69gr SMK 1380
TPL 2.300"

http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=43258&sid=eb5442f1786576d57d80e7d187656b90

Die teiken is op 100m en ek het ongelukkig nie kop gehou watse series skote by watter groep pas nie. Het daai dag 3 gewere gelyk geskiet, nuwe .22 ook groepe geskiet en tussen deur gonge geklap met die 308 net vir die lekkerte. Ek kry ma min kans vir skiet. Ek weet dis dag 1 ma ek is bietjie teleurgesteld in die groepe, daai blokkies is 7.2mm/0.25moa so my kleinste groep was 3/4moa. Ek moet seker darm eers met once fired doppe skiet, TPL regkry ens voor ek 'n ander kolf gaan koop, ma ek het 'n groot jeuk. Soek so graag 'n Bell & Carlson,ma niemand wil verkoop nie skimp skimp...

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181227/dce8a05313a1a860321a5d7f3ad26a59.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Adri Barkhuizen
facebook instagram youtube

User avatar
Dumbluck
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 321
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Location: Bellville / Weskus
Contact:

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Dumbluck » Fri Dec 28, 2018 11:57 am

Het self bietjie handyman gespeel om die rail op te sit vir my Atlas.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181228/e56d5e2edfa3aa9b872ab37f9fd0e5c5.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181228/165d96478445b25b5cb7cca5f7ac50a9.jpg

Sal graag nog steenvas wil kry en die kolf volmaak, met die Atlas heel voor beweeg daai kolf soos baie as mens gaan lê agter hom.
Ek het redelik aan die kante voor en onder die loop rubber weggesny in die hoop laat hy nie sal raak nie.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181228/d1f5437e676af28d3f13516c08403816.jpg

Rail opgesit, ringe en scope gemount. Het my meisie oor en oor laat opstaan en gaan lê agter die geweer om die eye relief vir haar mooi te kry.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181228/c3e24ef73a3b6103dbd4c96d0793b752.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181228/d632c5df8938a65d6f28d8adf6892fef.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181228/6d8e5d327d3af56e33b3d810455f8125.jpg
Adri Barkhuizen
facebook instagram youtube

User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 1932
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Location: Melmoth

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Nico Harris » Fri Dec 28, 2018 12:26 pm

Hi Adri. Is dit die gewone kort lengte aksie? As jou loop gesettle het en die doppe gefire form is sal die es beter raak- ek sou nie nou teveel worrie nie. Groepe gaan ook beter raak.
Jou neck tension wat 2thou is- is jy seker daaroor? My dasher het 2thou tension en sy koeëls seat baie maklik. Nie dalk iets anders wat dit veroorsaak nie? N gewone fl die gee heelwat meer neck tension as 2thou en dan seat koeëls nog fine.

Ek het vir my n 223 mini aksie gekoop- so ek volg met groot belangstelling. Gaan myne vir n bakkie geweer gebruik.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Howa mini action
6mm Dasher , Howa varmint ss
30-06, Sauer mod 90
300wsm, Tikka T3 super varmint
9.3x62, Mauser Obendorf A graad
12ga, Mossberg boltaction
9mm, PO7 Duty

User avatar
Dumbluck
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 321
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Location: Bellville / Weskus
Contact:

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Dumbluck » Fri Dec 28, 2018 12:50 pm

Nico Harris wrote:Hi Adri. Is dit die gewone kort lengte aksie? As jou loop gesettle het en die doppe gefire form is sal die es beter raak- ek sou nie nou teveel worrie nie. Groepe gaan ook beter raak.
Jou neck tension wat 2thou is- is jy seker daaroor? My dasher het 2thou tension en sy koeëls seat baie maklik. Nie dalk iets anders wat dit veroorsaak nie? N gewone fl die gee heelwat meer neck tension as 2thou en dan seat koeëls nog fine.

Ek het vir my n 223 mini aksie gekoop- so ek volg met groot belangstelling. Gaan myne vir n bakkie geweer gebruik.
Jong ek sal alles weer mooi gaan meet as ek by die huis kom, ma ek is redelik seker.

Hy los defnitief ringe op die koeëlpunte. Ek gebruik 'n Redding Competition seating die so dalk het dit iets te doen met die vorm van die seating stem of die feit dat die hele dop in 'n sleeve sit.
Ek kan wel se ek vind dieselfde met die competition seating dies op my 308 en 260, as die neck tension net bietjie styf is los hy vinnig 'n merk op die koeelpunt. Ek werk op hulle ook net met 1 tot 1.5 thou neck tension.

Ek het nogal gejeuk vir die mini aksie maar was bang ek sukkel met goed soos 'n rail en kolwe. Die kort aksie onderdele is volop. Natuurlik was die een ook beskikbaar en ek was haastig :)

Ek sien Gunwarrior maak 'n mooi trigger guard/bottom metal wat magasyne vat. Wil net in die nuwejaar uitvind of daar 'n 223 magasyn beskikbaar is en of hy mooi werk. Soek 2x 10skoot magasyne.

Ek moet seker die standaard kolf 'n kans gee maar sal verkies om iets te kry met 'n verstelbare wangstuk. Om die scope mooi op te lign is my meisie se grootste probleem as ons gaan skiet. Hoe makliker/lekkerder ek dit vir haar maak, hoe meer gaan sy wil gaan skiet ;)

Hy kan al klaar sy doel verrig waarvoor hy gekoop is. Die geweer skiet mooi genoeg laat ek die ander 250 patrone net kan laai en sy kan heeltyd net lê en gonge skiet. So ek is happy. As daai doppe eers gefireform is en kolf styf gemaak is dink ek hy gaan my nog verbaas :) Ek sien uit.
Adri Barkhuizen
facebook instagram youtube

User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 1932
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Location: Melmoth

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Nico Harris » Fri Dec 28, 2018 1:10 pm

Ok kan dan dalk daai seating stem wees. My dasher het ek seker 50 skote geskiet met die hogue kolf- beste was .75” met fire form. Daarna die kolf geruil en met die volgende batch fire form het hy onder .5” gehou.

Waar het jy die lapua doppe gekoop.

Die mini aksie het n harde plastic kolf- lyk beter as die hoque. My vriend se 223 met die tipe kolf skiet .3”.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Howa mini action
6mm Dasher , Howa varmint ss
30-06, Sauer mod 90
300wsm, Tikka T3 super varmint
9.3x62, Mauser Obendorf A graad
12ga, Mossberg boltaction
9mm, PO7 Duty

User avatar
Dumbluck
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 321
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Location: Bellville / Weskus
Contact:

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Dumbluck » Fri Dec 28, 2018 2:27 pm

Nico Harris wrote:Ok kan dan dalk daai seating stem wees. My dasher het ek seker 50 skote geskiet met die hogue kolf- beste was .75” met fire form. Daarna die kolf geruil en met die volgende batch fire form het hy onder .5” gehou.

Waar het jy die lapua doppe gekoop.

Die mini aksie het n harde plastic kolf- lyk beter as die hoque. My vriend se 223 met die tipe kolf skiet .3”.
Doppe en dies Augustus al by Quenets gekoop, Ockert is op die ball. Jy vra hom net een keer vir 'n ding en hy gee konstant terugvoer oor jou bestelling.

Ja ek sal sien waar ek uitkom met die kolf. Hou ma my oë oop vir 'n bargain.
Adri Barkhuizen
facebook instagram youtube

User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 1932
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Location: Melmoth

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Nico Harris » Fri Dec 28, 2018 2:47 pm

Ek wil uiteindelik n warrior opvou kolf opsit.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Howa mini action
6mm Dasher , Howa varmint ss
30-06, Sauer mod 90
300wsm, Tikka T3 super varmint
9.3x62, Mauser Obendorf A graad
12ga, Mossberg boltaction
9mm, PO7 Duty

User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1248
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Location: Durbanville

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Gian_dP » Fri Dec 28, 2018 2:59 pm

Dumbluck,

Jy kan bietjie grafietpoeier of "Dry neck lube" gebruik om koeels makliker te seat. Met die tweede laaislag sal die bietjie koolstof wat in die dop se nek agterbly ook help.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308

User avatar
Dumbluck
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 321
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Location: Bellville / Weskus
Contact:

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Post by Dumbluck » Fri Dec 28, 2018 6:09 pm

Gian_dP wrote:Dumbluck,

Jy kan bietjie grafietpoeier of "Dry neck lube" gebruik om koeels makliker te seat. Met die tweede laaislag sal die bietjie koolstof wat in die dop se nek agterbly ook help.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Dankie ek sal dit probeer. Ek het aan die begin genecksize daarme ma dit het press so vuil gemaak ek het gestop. Ek sal kyk op hierdie eerste laai slag of dit 'n verskil maak.
Adri Barkhuizen
facebook instagram youtube

Post Reply

Return to “Rifles/Gewere”