Ek het 'n .222 mandrel by Sudami bestel, maar hy het .2215 hier aangekom. Ek moes toe die doppe se nekke rek met dry neck lube en die .222 carbide button in die sizing die, punte seat nou mooi glad.
Ek weet nou nie hoe skeef hy die doppe se nekke druk en trek nie ma ek wil nou net al 300 doppe geskiet kry en dan sal ek met once fired doppe weer dinge ernstig vat.
Ek het ook 'n MDT LSS chassis bestel en wag vir hom voor ek te erg gaan kyk na groepe. Na my Savage LRP my so grys hare gegee het aan die begin oor n kolf wat raak en slegte bedding job daarna wil ek nie weer twyfel of dit my ladings of die kolf is wat groepe affekteer nie.
Ek het QL kalibreer met die 23.2gr lading van die eerste dag geskiet en toe gekom op 23.6 vir 2967fps, ek laai toe ladings en gaan skiet Dinsdag om Moorreesburg maar hy skiet toe als baie hoër as wat ek voorspel het. Ek het toe ook 'n N540 lading probeer. Dankie Gawie vir die hulp met QL.
Ek laai toe Woensdagaand kry toe Donderdag my pa en 'n pel op Riebeek Kasteel, dit was sommer lekker warm maar daar was 'n briesie wat ons gered het. Die 2 ladings sommer net bietjie laer gelaai as Dinsdag. Ek will net bietjie deur die doppe kom.
Groep gewys nog niks spesiaal gekry nie, altwee ladings het darm 5 uit 5 hits op 'n 200mm gong op 335m geklap. Soos ek sê ek sal ernstig raak as ek die chassis het en met once fired doppe begin werk.
130 skote deur die geweer en hier is die data wat ek het sover, alles virgin doppe. Ek gebruik 'n Labradar en BR4 Primers.
https://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=43908&sid=206f3629cd06dc15412dc305bd6e6332
https://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=43909&sid=206f3629cd06dc15412dc305bd6e6332
https://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=43910&sid=206f3629cd06dc15412dc305bd6e6332
Ek sal enige raad waardeer op wat ek volgende kan laai N530 en N540. Ek gaan more my meisie neem om die eerste keer met "haar" geweer te skiet
