Advies/ raad asseblief oor ou 9,3x62

Post Reply
User avatar
Pumba30-06
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am
Location: Bloemfontein

Advies/ raad asseblief oor ou 9,3x62

Post by Pumba30-06 » Tue Jun 04, 2019 9:05 pm

Goeie dag almal

Ek wil graag asseblief advies vra oor n 9,3x62 wat ek n aanbod op moet maak.
Die geweer lees Deutsche Waffen und Munitionfabriken Berlin op die aksie.
Volgens die persoon wat hom verkoop is dit n Mauser Obendorf.
My pa gaan na die geweer vir my kyk en ek sal graag wil hoor vir wat hy moet kyk behalwe die gewone roes merke en die loop?
Dan sal ek wil hoor wat is n regverdigge prys om te maak op die geweer?
Ek het n foto of twee, maar wil dit nie op n publieke spasie plaas nie om rede een met die naam op ook die serial nommer op het.
Ek het probeer google oor die geweer maar kry regtig nie veel nie.
Enige advies sal baie waardeer word.
As iemand kan help en die fotos wil sien stuur asseblief n Watsapp (0845133389) dan stuur ek hulle.
Baie dankie.
Groete
Jurgens

User avatar
Schalk van Wyk
Full Member
Full Member
Posts: 106
Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm
Location: Nelspruit

Re: Advies/ raad asseblief oor ou 9,3x62

Post by Schalk van Wyk » Wed Jun 05, 2019 5:19 am

As hy in Berlyn gemaak is, is hy mos nie ‘n Obendorf nie? So ver ek verstaan is die gewere wat in Berlyn gemaak is, latere modelle


Sent from my iPhone using Tapatalk
Geld maak mens nie gelukkig nie, maar geld kan gewere koop en gewere maak mens gelukkig!

J le Roux
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Location: Pietersburg Limpopo

Re: Advies/ raad asseblief oor ou 9,3x62

Post by J le Roux » Wed Jun 05, 2019 7:52 am

Hallo Pumba

DWM het goeie M98 aksies gemaak. Jy kan ure en dae lank spandeer op navorsing, daar is baie inligting op die internet en 'n hele paar boeke oor die aksie geskryf. 'n Voordeel van die mauser M98 vir grootwild kalibers is dat dit 'n "controlled feed" is, wat help as jy eendag kwaai diere wil jag.

Jy sal na die datums en stempels moet oplet. Dit sal aandui of dit 'n voor (baie goed) of tydens (goed genoeg) 2de wereld oorlog aksie is. Indien jy gelukkig is kan dit 'n siviele sport geweer wees (heel moontlik dan 'n oktagonale loop).

Ten spyte van die wapen se geskiedenis, sal jy ook dat iemand vir jou na die kroon, lande en binne in die loop kyk vir slytasie, pitmerke of roes.

Ook belangrik is of dit nodig gaan wees om geld te spandeer op die kolf, of die aksie gereed is vir moderne teleskoop monterings (of kondisie van visere), skouer kussing, geweerband studs, werking van die veiligheids meganisme, sneller ens.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser

User avatar
HoggerNaut
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Fri Jan 02, 2015 11:06 am
Location: Middelburg, Mpumalanga

Re: Advies/ raad asseblief oor ou 9,3x62

Post by HoggerNaut » Wed Jun 05, 2019 8:51 am

Ook belangrik om te weet is dat as hy nog in oorspronklike kondisie is jy reguit hel toe sal gaan as jy aan hom tap en drill of verander.
MOLON LABE

470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 535
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Advies/ raad asseblief oor ou 9,3x62

Post by 470rigby » Wed Jun 05, 2019 12:12 pm

Schalk van Wyk wrote:As hy in Berlyn gemaak is, is hy mos nie ‘n Obendorf nie? So ver ek verstaan is die gewere wat in Berlyn gemaak is, latere modelle


Sent from my iPhone using Tapatalk
Manne wat weet is van mening dat die DWM aksies wat in 1908 vir Brasilie gemaak is, en in 1909 vir Argentinie, die heel beste Mauser aksies ooit was

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1133
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: Advies/ raad asseblief oor ou 9,3x62

Post by swc-tr » Thu Jun 06, 2019 11:59 am

HoggerNaut wrote:Ook belangrik om te weet is dat as hy nog in oorspronklike kondisie is jy reguit hel toe sal gaan as jy aan hom tap en drill of verander.
Om nie eens van n KD te praat nie........ >:D
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."

User avatar
Pumba30-06
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am
Location: Bloemfontein

Re: Advies/ raad asseblief oor ou 9,3x62

Post by Pumba30-06 » Sat Jun 08, 2019 9:58 pm

Goeie dag almal.

Ek wil n ongelooflike groot dankie sê vir almal wat kontak gemaak het en advies gedeel het.kry.
Dit is baie lekker om te weet ek is deel van n groep mense wat bereid is om mens so te help.
Ek wag nog vir een of twee opinies, maar die geweer is n militere aksie wat iemand n 9,3x62 opgebou het.
Nogmaals dankie vir almal se hulp, ek sal aan hou met soek tot ek een kry.
Groete
Jurgens

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16269
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Advies/ raad asseblief oor ou 9,3x62

Post by tripodmvr » Sat Jun 08, 2019 10:14 pm

Pumba, ek het vir jou 'n PM gestuur wat jy nog nie gelees het nie. Kyk bo links waar die Jaracal teken is en lees daar my boodskap
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16269
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Advies/ raad asseblief oor ou 9,3x62

Post by tripodmvr » Sat Jun 08, 2019 10:15 pm

Ekskuus, sien jy het my boodskap gekry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

User avatar
Pumba30-06
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am
Location: Bloemfontein

Re: Advies/ raad asseblief oor ou 9,3x62

Post by Pumba30-06 » Sat Jun 08, 2019 10:16 pm

Goeie naand oom

Ek het die boodskap gekry en het die persoon gekontak.
Ek sal kan deel wat hy sê sodra ek sy opinie het.

Lekker aand daar.
Groete
Jurgens

Post Reply

Return to “Rifles/Gewere”