Hulp asb met eerste haelgeweer!

Moderator: Global Moderator

Post Reply
Pierre1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Thu Mar 17, 2016 9:52 am
Location: Wellington

Hulp asb met eerste haelgeweer!

Post by Pierre1 »

Middag almal,

Ek is in proses om my eerste haelgeweer te koop, hoofsaaklik vir die jag van voëls. Opsies waarna ek al gekyk het:

1) Lanber (Spanje):
* Over & Under
* Interchangeable chokes
* 1 sneller
* baie mooi geweer, MAAR die kolf is opgeneuk deur iemand wat dit loop "engrave" het. Iemand wat altans probeer het en die geweer totaal en al vermink het.

FIAS (Italië):
* Over & Under
* Set chokes (3/4 en vol)
* 2 snellers
* Geweer is in soortgelyke kondisie as Lanber, behalwe dat kolf in uitstekende kondisie is. Hier en daar 'n paar skrape wat maklik uitgehaal kan word.
* Hy is effe goedkoper as die Lanber

My voorkeur is maar O/U, maar ek is oop vir voorstelle van die manne wat ken en meer hiermee te doen het.

Lekker middag en ek sien uit na jul kommentaar.

Groete
.300 Weatherby Win Mag
.243 BB HOWA 1500
.22 BRNO Mod 2
9mm CZ PO9
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2548
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Location: Upington

Re: Hulp asb met eerste haelgeweer!

Post by alecjohnson »

Ek weet nog heeltemal te min, wa ek wel weet is om goeie O/U te kry wat bekostigbaar is met "interchangeable" chokes is duur! as die prys van die kolf afgetrek word by opsie een sal jy dit op jou eie tyd kan vervang met 'n mooi kolf van jou keise en pasmaak vir jou. Dis nou as die Lanber meer jou oog vang; dis my 2c en nou volg ek saam.
Forester
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 473
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Location: Paarl

Re: Hulp asb met eerste haelgeweer!

Post by Forester »

Vir my is die enkel sneller belangriker as 'n multi-choke (veelsydige wurg???) geweer, maar daar is geen rede hoekom jy nie met dubbel snellers lekker en goed kan skiet nie. As die lope driekwart/half of naby aan dit is, kan jy dit vir enige iets gebruik. Die meeste mense kry 'n stel chokes wat mooi werk en 'pattern', en bly dan daarby. Ek is nie seker van jou begroting nie, maar sal in so 'n geval eerder 'n meer bekende handelsmerk probeer koop.
Wynand

404Jeff; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
Pierre1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Thu Mar 17, 2016 9:52 am
Location: Wellington

Re: Hulp asb met eerste haelgeweer!

Post by Pierre1 »

Middag Alec,

Wat ek vergeet het om by te voeg, die Lanber het 28" lope en die FIAS 26.5". Die prys verskil tussen die 2 is volgens my baie min. Die mannetjie in die geweerwinkel het wel genoem dat Lanber self nie meer bestaan (ek het self ook bietjie gaan oplees en dit is op verskeie plekke ook genoem) nie, en dat parte (as iets sou fout gaan) moontlik 'n probleem kan wees. FIAS gaan blykbaar meer beskikbaar wees omdat hulle deel vorm van Sabatti - hoop ek verstaan die geskiedenis reg. Ek het ook die opsie oorweeg om die kolf op 'n latere stadium te vervang...maar het of kon nog nie finaal besluit nie:-).

Ek het nagelaat om die BRNO se info by te voeg waarna ek ook so ruk terug na gekyk het, die ZH202:
* Set chokes (3/4 en vol)
* 2 snellers
* 23.5" lope
* Baie goeie kondisie

Pierre
.300 Weatherby Win Mag
.243 BB HOWA 1500
.22 BRNO Mod 2
9mm CZ PO9
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 974
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Location: Middelburg Mpumalanga

Re: Hulp asb met eerste haelgeweer!

Post by Rasmus »

Pierre

In watter prysklas val die twee gewere?
Pierre1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Thu Mar 17, 2016 9:52 am
Location: Wellington

Re: Hulp asb met eerste haelgeweer!

Post by Pierre1 »

Rasmus wrote: Mon Apr 12, 2021 7:15 pm Pierre

In watter prysklas val die twee gewere?
More Rasmus,

Die Lanber is R7500 en beide die FIAS en BRNO is R6000. Dit is dus nie baie geld nie...

Pierre
.300 Weatherby Win Mag
.243 BB HOWA 1500
.22 BRNO Mod 2
9mm CZ PO9
Pierre1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Thu Mar 17, 2016 9:52 am
Location: Wellington

Re: Hulp asb met eerste haelgeweer!

Post by Pierre1 »

Forester wrote: Mon Apr 12, 2021 4:48 pm Vir my is die enkel sneller belangriker as 'n multi-choke (veelsydige wurg???) geweer, maar daar is geen rede hoekom jy nie met dubbel snellers lekker en goed kan skiet nie. As die lope driekwart/half of naby aan dit is, kan jy dit vir enige iets gebruik. Die meeste mense kry 'n stel chokes wat mooi werk en 'pattern', en bly dan daarby. Ek is nie seker van jou begroting nie, maar sal in so 'n geval eerder 'n meer bekende handelsmerk probeer koop.
More Forester,

Ek het met 'n paar vriende gesels wat ook kwaai haelgeweer skiet en kry gemengde terugvoer omtrent die 1 vs die 2 snellers. Op die ou einde het jy keuses m.a.w soos jy sê leer skiet met dubbel snellers - dit gaan maar oor oefening. Iemand het ook genoem dat hy eers met sy agterste sneller skiet (onderste loop) en dan het hy nog die opsie van die laaste skoot/voorste sneller wat natuurlik die boonste loop is. Ekself is nuut met haelgewere, so toets maar eers die waters. Rondom die wurg, jip met dit wat ek nou al gehoor en gelees het, gaan ek alles kan doen wat ek wil met die "set chokes" van 3/4 en vol. Min mense verander dit glo, maar dit hang af wat jy wil doen met die geweer m.a.w "skeet", jag ens. Met die winkels hierrondom my, is die gewere wat ek nou genoem het, beskikbaar as tweedehands.

Nuut is natuurlik 'n ander storie t.o.v kostes - ek aanvaar Beretta en Benelli is waarna ek moet/kan kyk...?

Groete
.300 Weatherby Win Mag
.243 BB HOWA 1500
.22 BRNO Mod 2
9mm CZ PO9
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 974
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Location: Middelburg Mpumalanga

Re: Hulp asb met eerste haelgeweer!

Post by Rasmus »

More Pierre

Jy is reg dit is nie baie geld nie. Mens hoef nie met n Benelli of Beretta te skiet nie. Loer maar bietjie rond. Dave Sheer het nou die dag Turkse haelgewere gehad vir R 10000 splinternuut. Hulle tick al die boksies, single selective trigger, multichokes ens.

Baie mense gaan sê jy gaan nie parte kry nie, maar wat is die kans dat jy die geweer in 5 jaar gaan los skiet? Die manne met Silver Pigeons tel ook probleme op en gaan praat maar met n paar handelaars en hoor of jy party kry vir n Silver Pigeon.

By Werner op die forum kan jy n Bettinsoli kry vir n goeie prys. Dit is ook n Italiaanse haelgeweer.

Maak seker die gun pas jou en vir die kleingeld koop soveel ammo jy kan
Pierre1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Thu Mar 17, 2016 9:52 am
Location: Wellington

Re: Hulp asb met eerste haelgeweer!

Post by Pierre1 »

Rasmus wrote: Tue Apr 13, 2021 7:37 am More Pierre

Jy is reg dit is nie baie geld nie. Mens hoef nie met n Benelli of Beretta te skiet nie. Loer maar bietjie rond. Dave Sheer het nou die dag Turkse haelgewere gehad vir R 10000 splinternuut. Hulle tick al die boksies, single selective trigger, multichokes ens.

Baie mense gaan sê jy gaan nie parte kry nie, maar wat is die kans dat jy die geweer in 5 jaar gaan los skiet? Die manne met Silver Pigeons tel ook probleme op en gaan praat maar met n paar handelaars en hoor of jy party kry vir n Silver Pigeon.

By Werner op die forum kan jy n Bettinsoli kry vir n goeie prys. Dit is ook n Italiaanse haelgeweer.

Maak seker die gun pas jou en vir die kleingeld koop soveel ammo jy kan
Baie dankie,

Jy slaan die bal raak. Ek glo ook vir dit wat ek gaan doen, gaan die gewere die doel dien. Ek gaan nie elke dag of elke naweek met hom skiet nie, so lewensduur gaan nie so gou 'n rol speel nie. Dankie vir die verwysing na Werner en Dave Sheer, ek gaan my beste probeer om via die forum kontak te maak (Werner) - ek stoei soms met die tegnologie saam ;D. Ek is haastig om te koop, maar gaan natuurlik ook nie vir my eie gat 'n lat pluk en "oorhaastig" koop nie. Ek steun jou voorstel omtrent die ammo :laugh:
.300 Weatherby Win Mag
.243 BB HOWA 1500
.22 BRNO Mod 2
9mm CZ PO9
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 501
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Hulp asb met eerste haelgeweer!

Post by Methos »

Hi Pierre

Ek het onlangs dieselfde gevra

viewtopic.php?f=1&t=79771

Ek het op die einde gegaan vir 'n Khan - 'n Turkse geweer. Ek is heel gelukkig met hom. Moet nog net 'n cheek raiser vir hom koop om oog mooi met loop opteline.
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 592
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Location: Pretoria

Re: Hulp asb met eerste haelgeweer!

Post by obasch »

Om 'n kolf te laat maak gaan jou meer kos as 'n nuwe geweer. Laat maar eerder daardie opsie uit.
23.5" loop op 'n O/U klink vir my verdag, wees maar versigtig daar. Meeste looplengtes is 26", 28", 30" vir jagdoeleindes en met die enkele 32" vir kleie skiet. Oor hoe so 'n kort loop hanteer wil ek nie eers spekuleer nie.
As jou begroting in die R15k prysklas is kan jy kwalik beter doen as 'n Bettinsoli. Wat hulle pryse is weet ek nie maar Huglu (by Kruitvat) en Yildiz, beide Turkse gewere, word hoog aangeskryf in Britanje.
Wat tweedehandse O/U aan betref is daar bitter min "goeie" gebruikte gewere vir minder as R10k.
Jy noem dat dit hoofsaaklik vir jag is. Dit beteken dat jy net so goed met 'n SxS oor die weg kan kom en dit maak vir jou 'n baie groot mark van gebruikte gewere oop. Goeie SxS is vollop en goedkoop, ongeveer R5k kan vir jou 'n baie goeie geweer koop en vir R8k kan jy 'n puik en selfs besondere geweer koop.
Wees verseker as die haelgeweergogga jou eers gebyt het sal dit nie lank wees nie of jy sal iets anders wil aanskaf vir kleie, en dan vir wat ookal jou eerste geweer nie heeltemal geskik is nie.
Gaan maak 'n draai by Valley Gun Club in Paarl en praat met die mense, hulle hou blykbaar ook gebruikte gewere aan en die haelgeweer skuts is mense wat graag hulle kundigheid deel.
Post Reply

Return to “Shotguns/Haelgewere”