JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Oct 16, 2019 9:02 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 6 posts ] 
Author Message
PostPosted: Thu Oct 10, 2019 7:18 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Sun Mar 26, 2017 8:01 pm
Posts: 2
hi

hier is n vraag vir die manne wat weet. jul hulps sal grootliks waardeur word

het onlangs n 308 lee collet die gekoop. aanvanklik 200 pmp brass geneck size met hom en is ongelooflik gelukkig. draai n 1/4 draai na die eerste crimp dan n tweede keer. doppe lyk sommer asof hul raak wil skiet.

Vanoggend het ek gou my lapua palma brass gegryp en wou selfde doen ter voorbereiding vir n groepering skiet die naweek. wel ek was verbaas toe die eerste dop krimp en met die terugsak net na die cam over, haak hy vas dan release hy. klein merkies op die neck dui natuurlik die collet se 4 groewe maar geen definitiewe diep merke nie. dus kan ek nie aflei of die collet n bur het, en of die doppe n probleem het nie.

ek worstel so deur 20 doppe (met net 1 wat deur is sonder n hakkirigheid) en besluit om net weer pmp doppe gou deur te sit. dalk is dit mos die dop en nie die die nie.

tot my verdere vebasing stoot die pmp doppe baie makliker deur sonder enige probleme.

hier is die vraag. kan die lapua brass te sag wees, of doen ek iets verkeerd op die die.

ek stel hom korrek op, maak deeglik skoon en lube die taper bo die collet. het die binne rante van die collet nagegaan en net vlugtig met n 1500grit water papier om die decapping pin die binne rande van die collet gepolish. Tog gebeur dit steeds.

het verder besluit om te kyk van waar die haak plaas vind. het die uitgeskroef waarna ek die dop opgebring het. stadig afgeskroef tot die neck kontak maak met collet. wel met so min as 1/4 draai begin die haerigheid weer. Dus op die punt van die nek.

het n lyman crusher press met die cam over. ek maak redelik gebruik en het n egalige werking met hef om konstante druk te verseker.

help asb sodat ek die Collet Die tot sy volle potentiaal kan gebruik. vanselfsprekend wil ek die Lapua brass uitsorteer vir ordentlike groperings.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Oct 10, 2019 9:32 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Posts: 3570
Location: Tulbagh
Ongelukkig nie raad nie, maar my Collet loop sonder probleme met Lapua doppe...


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Oct 10, 2019 11:13 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Posts: 902
Location: Windhoek
Klink vir my die "die" is te diep ingedraai. Meet n gevuurde dop se nek diameter, dan as dit deur die " die" is en laastens as die koeël geseat is.

Op my 25-06 (nekke is gesny) is dit as voorbeeld die volgende:
Gevuurde dop = 0.291"
Na Collet die = 0.282"
Na Koeël seat = 0.283"

Let ook op dat PMP doppe baie harder is as Lapua en verskillende nekwanddiktes gaan ook n rol speel.

_________________
Groete, Willie


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 11, 2019 5:20 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Wed Apr 11, 2018 11:37 am
Posts: 72
Location: Jhb Suid
Stem saam met Willie, kyk wat jou wanddiktes is op die Lapua. Sal miskien moet skil

Sent from my SM-G930F using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 11, 2019 6:42 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Posts: 1233
Location: Pretoria Oos
2 dinge om te try....
1)Lube die doppe effens binne in die nek (nylon skoonmaak borsel met spray & cook op) en buite om..... was my oplossing met die 338
2) kyk of die vingertjies nie dalk toe gedruk het nie. Die net het ook info hier oor

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

_________________
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Oct 11, 2019 7:32 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Posts: 1302
Location: Noord-Transvaalse Bosveld
My 2c se opinie:

1. Die Lapua en PMP doppe se nekwanddiktes verskil. Die matrys moet dus oor ingestel word vir elke maak dop.

2. Ek sou nie die "cam-over" funksie gebruik met die Lee Doolet matrys nie. Dit sit te veel druk op. Stel die matrys dieper in sodat jy die drukking op die hefboom kan voel. Druk net hard genoeg om die nek te vorm, niks meer nie. Die meer puntenerige manne sit 'n "torque wrench" op die pers om die drukking meer eweredig te kan beheer.

3. As jy die doppie 1/4 draai aandraa, dan sit die riffie weer in die collet se gaping. Stel hom net 1/8 draai aan vir beste resultate. 2 keer se druk is gewoonlik voldoende.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 6 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group